Die SBA strewe daarna dat elke spreker van Afrikaans ’n funksionele en selfstandige bestaan voer.
Wat is die missie van die SBA?
Die SBA bemagtig leerders, vroeë skoolverlaters en volwassenes met behulp van geletterdheids- en vaardigheidsaksies en bou aan die hoër funksies van Afrikaans.
Wat is die motivering vir die SBA se visie en missie?
Ons lewe in ‘n kennisgemeenskap waarin die skep, verspreiding en aanwending van informasie die mees belangrike ekonomiese, kulturele en opvoedkundige aktiwiteit is. Ons diverse en dinamiese inheemse taalerfenis wat Afrikaans insluit, is ‘n belangrike bemagtigingsbron vir ekonomiese, kulturele en opvoedkundige groei in ontwikkelende gemeenskappe.
Wat is die SBA se waardes?
Inklusiwiteit, nie-rassigheid, sosiale samesyn, geregtigheid, gelykheid en kwaliteit.
Wat is die wette van toepassing op die administratiewe en regulerende raamwerk waarbinne die SBA funksioneer?
Grondwet van die Republiek van Suid Afrika 108 van 1996
Wet op Organisasies sonder ‘n Winsoogmerk 71 van 1997
Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995
Wet op Vaardigheidsontwikkeling 97 van 1998
Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997
Watter programme bied die SBA aan?
Program 1: Bevorder basiese geletterdheid geïntegreer met lewenvaardighede. Program 2: Bevorder gevorderde lees-, skryf- en rekenvaardighede geïntegreer met vaardighede vir die dienstesektor. Program 3: Bevorder leerders se leesvaardighede. Program 4: Maak die jeug bewus van die opvoedkundige, kulturele en ekonomiese moontlikhede in Afrikaans. Program 5: Bied onderrigsteun aan onderwysers en bestuursteun aan skole. Program 6: Bevorder en handhaaf Afrikaans as wetenskaptaal.
Wat wil die SBA deur die programme bereik?
School
Grade 10
Grade 11
Grade 12
School O
542
261
148
School C
459
234
116
School P
323
220
142
School L
270
189
139
Hoe sal donateurs baatvind deur die SBA se aktiwiteite te befonds?
Die SBA bevorder die doelwitte van die verskillende donateurs deur Afrikaans op die akademiese, letterkunde- en ekonomiese terreine te bevorder en Afrikaanse gemeenskappe sodoende te bemagtig.
Watter waarde bied die SBA aan donateurs?
Korttermynwaarde:
Bevorder basiese en gevorderde geletterdheid geïntegreer met persoonlike ontwikkeling, selfbestuur en vaardighede by volwassenes.
Verbeter die leesvaardighede van leerders.
Verbeter onderwysers se leesonderrigvaardighede.
Verlig die nood vir gefokusde leesvaardigheidsontwikkelings- materiaal in arm skole.
Bemagtig hoërskoolonderwysers met kennis van die Afrikaanse vakgebied.
Fasiliteer netwerking tussen kundiges en onderwysers om die Afrikaanse letterkunde op kreatiewe wyses vir leerders te ontsluit.
Belig die waarde van moedertaal en moedig taaltrots in skoolgemeenskappe aan.
Rus skoolbesture toe met die beste leierskap- en bestuurspraktyke.
Maak leerders bewus van die ekonomiese geleenthede in Afrikaans en skakel met sake-entiteite en kundiges om leerders praktiese blootstelling te gee.
Langtermynwaarde
Moedig volwassenes aan om ‘n selfonderhoudende bestaan te voer.
Moedig ’n leeskultuur in ons skole en ’n liefde vir lees by leerders en selfs onderwysers aan.
Verbeter akademiese prestasie van leerders omdat hulle kan lees.
Help om die uitvalkoers van leerders op skole teen te werk aangesien leerders met selfvertroue lees en akademies presteer.
Lewer ‘n bydrae tot beter leierskap- en bestuurspraktyke in ons skole.
Help om die persepsie dat Afrikaans minderwaardig is en geen ekonomiese waarde het nie teen te werk.
Stimuleer die plaaslike ekonomie deurdat mense meer Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte koop, kultuurfeeste ondersteun, films en televisiereekse kyk en toetree tot die verskeidenheid loopbaangeleenthede wat Afrikaans bied.
Lewer ’n bydrae tot die handhawing en uitbreiding van die poel van studente wat in Afrikaans op tersiêre vlak wil studeer.
Skep vennootskappe met anderstaliges om ons diverse inheemse taalskatte verder te ontwikkel en dit as instrument vir gemeenskapsontwikkeling te benut.