Afrikaanse Akademiese organisasies

Naam Skakel Kort omskrywing Meer besonderhede
Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
www.viva-afrikaans.org VivA is 'n webtuiste waar alle taalvrae oor Afrikaans en die gebruik van Afrikaans beantwoord word. Lees meer ...
Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans (SBA) http://spa.lumidevx.co.za/ Die SBA bemagtig leerders, vroeë skoolverlaters en volwassenes met behulp van geletterdheids- en vaardigheidsaksies en bou aan die hoër funksies van Afrikaans. Geletterdheid en kritiese denke onder Afrikaanssprekendes is SBA se hoofdoel.  Lees meer ...
LitNet Akademies www.litnet.co.za LitNet is 'n aanlyntuiste vir mense met 'n hart vir Afrikaans. Oorspronklike Afrikaanse materiaal, menings en bydraes word gepubliseer en 'n oopheid vir 'n wyer leefwêreld en kultuur word aangemoedig. Lees meer ...
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
www.akademie.co.za Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) is 'n multidissiplinêre organisasie. Die doel van die SAAWK is die bevordering van wetenskap, literatuur en kuns, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans.Die SAAWK staan in diens van almal wat die belange van Suid-Afrika dien. Lees meer ...
Die Afrikaanse Taalraad

www.afrikaansetaalraad.co.za

Die Afrikaanse Taalraad werk saam met lidorganisasies om Afrikaans te bevorder en te beskerm en om alle sprekers en gebruikers van Afrikaans te bemagtig.

Lees meer ...