Tydskrifte

Van hart tot hart – Die tydskrif

Die Afrikaanse tydskrif bly gewild. Hou ons op hoogte oor Afrikaans in jou tydskrif of vertel ons van ‘n interessante vaktydskrif waarsonder jou lewe maar saai sou wees. Hierdie is net 'n oorsig van die Afrikaanse tydskrifte wat gereeld op die rak verskyn; daar is nog ‘n magdom enkeltydskrifte of spesiale uitgawes oor reis, kook en onthaal, selfdoen, kreatiewe projekte, tuinmaak, diëte, troues, mooimaak en inspirasie. Gaan loer gerus by plaaslike intekenplatforms soos Mags at Home en MySubs of die buitelandse Magzter en Zinio vir die jongste en vorige (oorwegend net digitaal) uitgawes.

Klik hier … en kom gesels saam oor Afrikaans in druk!

Afrikaanse tydskrifte

Voorblad

Tydskrif

Webtuiste

Beskrywing

Baba & Kleuter

http://baba-en-kleuter.netwerk24.com/

‘n Afrikaanse tydskrif oor ouerskap tot op die kleuterstadium.

Bruidgids

http://www.weddingguide.co.za/

Raad, wenke en inspirasie om jou mooiste dag sonder haakplek te laat verloop.

De Kat

http://dekat.co.za/

‘n Glanstydskrif met omvattende artikels oor die Afrikaanse leefwêreld, glanspersone, kuns en fotografie.

Finesse

http://www.voelgoed.co.za/

Finesse fokus op die moderne vrou. Dit is ‘n voelgoed-tydskrif vir vroue wat hul vrouwees ten volle vier.

Finweek

https://www.mysubs.co.za/

‘n Finansiële weekblad wat hom op beleggings toespits, met ontledings van sake- en beleggingskwessies.

Goeie Huishouding

http://www.goodhousekeeping.co.za/

‘n Tydskrif met inspirasie vir vroue wat ‘n besige lewe lei - van gesondheid tot kos en fiksheid, skoonheid en mode tot tuisteskepping en ouerskap.

Huisgenoot

http://huisgenoot.com/

‘n Allegaartjie van nuus, vermaak, resepte en leefstyl. Hierdie ikoniese weekblad is die oudste Afrikaanse tydskrif in die land en vier in Mei sy eeufees.

Idees

 

Vir die kreatiewe vrou, met praktiese riglyne en ’n vars kykie na ’n moderne leefstyl. Vanaf Maart 2017 tweemaandelikse gedrukte en digitale uitgawes in Afrikaans en Engels, met ’n sosiale media-aanbod.

Intiem

http://www.intiem.co.za/

‘n Tydskrif oor hoe om jou huwelik sterk te hou, met die klem op intimiteit.

Kook en Kuier

 

Die kleinhandelaar Pick ‘n Pay se kostydskrif met resepte, kosnuus, nuwe produkte en idees vir onthaal.

Kuier

http://minikuier.co.za/

‘n Tweeweeklikse tydskrif vir vroue met raad oor leefstyl, finansies, ouerskap en artikels oor bekendes.

Landbouweekblad

http://landbou.com/

Die ikoniese Afrikaanse landboutydskrif met nuus, artikels, tegniese inligting en profiele van die vroue wat sterk staan op ons plase.

Leef

 

Slegs digitaal en op sosiale media. Inspirerende leesstof en pragfoto’s wat jou met nuwe oë na jou verhouding met jouself, ander en met God sal laat kyk. ’n Lekkerlees-bederf vir die vrou op soek na geestelike diepte en betekenis in haar lewe.

LIG

http://lig.bybelmedia.org.za/

’n Afrikaanse Christelike tydskrif wat vir en oor almal in die huis skryf.

Die Oewerhengelaar

http://www.thebankangler.com/

Die maandelikse tydskrif met nuus en artikels vir sosiale en mededingende varswaterhengelaars.

Plaastoe

http://www.plaastoe.co.za/

‘n Maandelikse tydskrif oor als wat met die landbou te doene het, ook die plattelandse leefstyl.

Rooi Rose

http://www.rooirose.co.za/

Die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat luister na die klop van haar eie hart.

SA Jagter

http://www.sahunters.co.za/

Die lyfblad van die SA Jagtersvereniging bied nuus en inligting vir jagters en wildbewaarders.

Sarie

http://www.sarie.com/

Die langslewende glanstydskrif vir eietydse Afrikaanse vroue, met tipies Suid-Afrikaanse stories en uiteenlopende inspirasie-idees.

SarieKos

 http://www.sarie.com/kos/

‘n Twee-maandelikse tydskrif gerig op smulpape en tuis-onthalers. Hier lees jy als oor Suid-Afrikaanse kos en styl.

Sonder Seëls

 http://sonderseels.co.za/

'n E-tydskrif wat elke tweede maand gratis uitgestuur word na intekenare. Onderwerpe sluit in gesondheid, geldsake, reis, boeke, kos, troeteldiere en humor. Elke uitgawe bevat ook ‘n leersame taalrubriek waar taalkwessies kort en kragtig bespreek word. Klik op die skakel oor hoe jy moet maak om in te teken om elke tweede maand saam te lees.

Stywe Lyne

http://stywelynetightlines.co.za/

Al sedert 1960 die staatmaker-tydskrif wat hengelaars op hoogte hou van die jongste nuus en toerusting.

Taalgenoot

https://www.atkv.org.za/
https://af-za.facebook.com/taalgenoot

Die amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die ATKV is gelaai met interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook ‘n omvattende kyk na die werk van die ATKV.

Die Tuinier

http://www.thegardener.co.za/

Praktiese raad en inspirasie vir tuiniers, met heelparty stap-vir-stap tuinprojekte en advies vir elke seisoen.

Tuis

http://tuis.co.za/

’n Praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers help om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite.

tvplus

https://www.facebook.com/tvplus/

Die jongste nuus oor en ‘n kykie agter die skerms van televisie-programme en die klein kassie se glansmense.

Veeplaas

http://agriorbit.com/veeplaas/

Die tydskrif vir veeboere, met nuus, tegniese inligting en artikels.

Vrouekeur

http://www.vrouekeur.co.za/

‘n Leefstyltydskrif gerig op die moderne vrou.

Weg

http://weg.netwerk24.com/

‘n Reistydskrif vir buitelug-entoesiaste, met die fokus op bekostigbare gesinsbestemmings.

Weg! Platteland

https://af-za.facebook.com/Platteland

Die plattelandse leefstyl kry kwartaalliks spesiale aandag met doendinge en stories oor ons dorpe en hul mense.

WegRy

http://weg.netwerk24.com/

‘n Reis- en ry-tydskrif vir 4x4- en grondpad-entoesiaste; met bestemmings en roetes.

WegSleep

http://weg.netwerk24.com/

‘n Tydskrif vir diegene wat hul vakansieplek eerder agter die vuurwa saamsleep as om ‘n selfsorghuisie te bespreek.

Wild en Jag

http://wildlifehunt.co.za/

‘n Tydskrif propvol inligting oor jag, wildsboerdery, die wildslewe en natuurbewaring.

Die geskiedenis van die Afrikaanse tydskrif

Ons Klyntji was die eerste en by sy verskyning die enigste tydskrif in Afrikaans. Ons Klyntji het Afrikaners in hulle eie taal aangespreek. Deur hierdie houding het die tydskrif 'n teenwig vir die verengelsingsbeleid gevorm. Op taalgebied het die tydskrif baie bygedra tot die gebruik – veral lees en skryf – van Afrikaans, aangesien dit in eenvoudige taal verskyn het wat mense kon verstaan. Die redakteur het gereeld lesers aangemoedig om bydraes in te stuur.
Wedstryde, wat oor Afrikaanse taalgebruik gegaan het, is ingespan om mense meer belangstelling in hulle taal en die suiwere gebruik daarvan te gee. Deur taalbewusmaking het Ons Klyntji gedien as 'n skakel tussen die eerste en tweede Afrikaanse taalbewegings.
Lees hier oor die begin https://af.wikipedia.org/wiki/Ons_Kleintji

Die eerste Afrikaanse intellektuele tydskrif, Standpunte, het in Desember 1945 die eerste keer verskyn. Die broers NP van Wyk Louw en WEG Louw het hulle lank vir so ’n blad beywer.