Boeke

“Boeke is die stilste en mees konstante vriende, die mees toeganklike en wysste raadgewers en die geduldigste onderwysers.”

(Charles William Eliot)

En is Afrikaanse mense lief vir lees! Nielsens Bookscan, ʼn wêreldwye ontleder van boekverkope, het in Augustus 2016 bekendgemaak dat daar ʼn yslike 10,5 miljoen boeke in Suid-Afrika verkoop is. Hiervan was sowat 80% nie-fiksie, insluitend resepteboeke, inspirasieboeke, handboeke, memoires, godsdienstige boeke en kinderboeke. Omtrent 2, 5 miljoen (20%) was volwasse fiksie, maar net ʼn fraksie hiervan was deur Suid-Afrikaanse skrywers. En hier lê die lekker verrassing: van die 550 000 fiksie-titels wat in 2015 in Suid-Afrika verkoop is, was 450 000 Afrikaanse boeke.

Nielsens het dus bevestig wat Afrikaanse skrywers lankal weet: Afrikaanse lesers is uiters lojale, ywerige lesers wat nie skroom om geld op boeke in hul taal uit te gee nie.

Op hierdie blad wil ons die jongste nuus rondom boeke, skrywers en die letterkunde met jou deel. Kom blaai gerus deur: Hier is iets van alles vir boekwurms van alle ouderdomme.

Erns Grundling – 1025 km te voet

“Jy kan ‘n seer knie weg stap … jy kan ‘n seer hart reg stap …” So gesels Erns Grundling oor sy boek Elders, die Camino (NB Uitgewers). Dit is aangewys as die gewildste onder boekwurms in die leefstyl-afdeling by vanjaar se WoordTROFees. Pryse is toegeken vir die topverkopers in die afdelings vir fiksie, poësie en leefstyl, en ʼn spesiale nuwe toekenning is ook vanjaar ingestel. Kyk hier hoe gesels Erns oor sy boek en lees meer oor vanjaar se trofees.

Lees meer ...

 

 

Wat's nuus 

ʼn Kykie na boeke en skrywers wat hoofopskrifte haal.
Klik hier ...  

Aan die woord 

Ons gesels met Afrikaanse skrywers.
Klik hier ... 

Nuut op die rak

ʼn Kykie na die jongste Afrikaanse boeke.
Klik hier ... 

Wat lees jy?

Wat lees skrywers, boekklubs, leeskringe, en – natuurlik – wat lees jý?
Klik hier ... 

Wetens-
waardighede

Interessanthede oor skrywers en die Afrikaanse letterkunde deur die jare.
Klik hier ...

Ek wil skryf

Uitgewers, skryfkompetisies en -werkswinkels – hier kry jy inspirasie en hulp!
Klik hier ... 

Skrywers en boeke

In Skrywers en Boeke (Woensdagaande 20:00 op RSG, 100 tot 104 FM) word daar elke week interessante onderhoude met skrywers gevoer, en die program is ook propvol inligting oor alle aspekte van die boekbedryf. ʼn Weeklikse insetsel deur Johan Myburg sorg ook dat lesers op hoogte bly van die internasionale letterkunde. Die gesprekke met skrywers en ander kenners oor Afrikaanse boeke is ʼn handige hulpmiddel by leeskringe, en bied ook ʼn broodnodige perspektief op die Afrikaanse boekbedryf, wat springlewendig en gesond is. Dis ʼn program wat boekliefhebbers nie behoort mis te loop nie.

Gaan kyk gerus of daar nie ʼn gesprek met jou gunstelingskrywer in die afgelope paar jaar se argiewe is nie. Gaan na http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp en gaan na gevorderde soek. Tik Skrywers en Boeke in by die blokkie waar daar program staan, en by sleutelwoord tik jy die skrywer se naam in. Potgooie kan afgelaai word op jou selfoon of tabletrekenaar sodat jy dit later rustig kan luister

Boekeuitskieterslys

Die Afrikaanse letterkundeskatkis maak dit voorwaar 'n moeilike taak om 'n lys van 100 belangrike boeke wat die grootste impak gehad het, saam te stel. Die beginpunt bly natuurlik die opinies van lesers!

Ilse Salzwedel het 'n Afrikaans.com-uitskieterlys van 'n 100+ boeke wat oor die afgelope eeu 'n indruk gelaat het, saamgestel. Deelnemers aan hierdie eerste opname het gewissel tussen akademici, resensente, lesers en skrywers. Die 100 boeke op ons lys het tussen 1925 en 2015 verskyn. Na ‘n stemproses stel ons hier bekend: 'n Boekeuitskieterlys saamgestel uit die gunsteling klassieke Afrikaanse boeke wat die grootste indruk gelaat het. Waardige, tydlose en immer-relevante verteenwoordigers van die Afrikaanse letterkunde die afgelope honderd jaar. Klik hier, lees so 'n bietjie agtergrond om jou geheue te verfris. Gesels saam en laat weet ons as daar 'n boek is wat jy dink hier hoort en vertel ons waarom jy so dink.