Feestelik

Afrikaans vier fees

In Suid-Afrika is daar talle feeste en nou kan jy jou kalender aanpas volgens plekke wat jy wil sien, dinge wat jy wil beleef en feeste wat vir jou saakmaak. Hier volg ’n bietjie agtergrond oor Suid-Afrika se grootste Afrikaanse feeste en die redes waarom jy hulle nie kan misloop nie. Laat weet ons van feeste wat ons dalk miskyk of nuwe belewenisse wat op ons kalender hoort. 

Gesels saam ... 

 

Feesfokus

 

US Woordfees – waar soveel meer as jou siel verryk word.

Die US Woordfees bied ’n platform vir die kunste. “Ons wil ons beywer vir die ontwikkeling van nuwe gehore en kunstenaars en die bevordering en uitbouing van Afrikaans binne ’n inklusiewe, meertalige, verwelkomende omgewing. Ons is verbind tot die skep van ’n gesonder gemeenskap ...” aldus Saartjie Botha, Direkteur US Woordfees.

Lees meer ... 

 

'n Viering van feestalent.

Soms word die grootste juwele die diepste weggesteek. Dít was vanjaar by die Fiëstas, die enigste toekenning van sy soort in Suid-Afrika, weer ooglopend.

Lees meer ... 

 

Adam Small – Van Wellington tot Pniël.

My ma se groen Volkswagen Kewer was ‘n teater in transito. Sodra die wiele rol, het die konsert begin. Dit was die vroeë 70’s, Apartheidsjare en ook die tyd waarin my ma vir ons, so in die ry, Afrikaanse gedigte geleer het. Twee van my gunstelinggedigte was A.G. Visser se Amakeia en Oppie Parara van Adam Small. 

Lees meer ... 

 

KKNK 2017 – Waar jy die kunste kan beleef.

In 2017 sal dit die 23ste keer wees dat die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn aangebied word. Vanaf Saterdag, 8 tot Saterdag 15 April 2017 gaan oud en jonk vermaak word deur die room van die Suid-Afrikaanse kunste met ‘n program boordensvol met drama, humor, musiek, diskoers en vermaak.

Lees meer ... 

Feesnuus 2016!

Wil jy nou al jou feeskalender beplan vir volgende jaar? Afrikaans.com fees seder Mei vanjaar saam! Kyk hier na die hoogtepunte.

 

 

Maak 'n knoop in jou oor ...

Lees meer oor die grootste Afrikaanse feeste en beplan jou jaarkalender! 

Klik op jou gunsteling fees en lees meer ...