Fliekvlooi

Die Afrikaanse rolprent het in 1916 begin met De Voortrekkers, maar dit was die storie van 'n nooi onder 'n groen doringboom in die ou Transvaal, Sarie Marais in 1931, wat saam met Moedertjie kop en skouers uitstaan as baanbrekerrolprente wat 'n trotse Afrikaanse rolprentkultuur laat ontstaan het.  Hier was Afrikaanse stories oor Afrikaanse mense en hul Afrikaanse leefwêreld. “Estelle: O, Johan. Ek het jou lief en ek sal jou altyd liefhê. Ek sal altyd net jou Sarie wees ...” En toe ... 'n wagkamer ... 'n stasie ... twee bedroefde ouers ... 'n vrou van skynbaar losse sedes ... 'n polisieman ... en die verlore seun wat terugkom ... almal wag vir ... Die Trein ...

Sedertdien het baie water spreekwoordelik in die see geloop. Die fliek is gebore. Die Jamie Uys-era, die jare 60 … toe Jans Rautenbach, Manie van Rensburg, die bloeitydperk in die sewentigs en toe Katinka Heyns met Fiela se Kind. Vandag het Afrikaans die een lokettreffer na die ander – die mees onlangse  'n Pawpaw vir my Darling, 'n film van Jeanne Goosen se boek wat gehore in beswyming had. Klik hier en kom gesels saam oor jou gunstelingfliek en help ons om Afrikaans.com se vyf beste Afrikaanse films van die jaar te kies.

Nuwe flieks 

Krotoa – 'n merkwaardige en intelligente vrou. 

Vanaf 4 Augustus 2017 ...

Tot onlangs het min mense geweet van Krotoa (of Eva soos die Hollanders haar genoem het) se bestaan. Intussen was sy ’n karakter in Dan Sleigh se roman Eilande en is daar nou ook ’n rolprent oor hierdie Khoi-vrou wat Jan van Riebeeck se kinders opgepas het, gemaak. Uiteindelik neem die wêreld kennis van hierdie merkwaardige en intelligente vrou van die Goringhaicona-stam (die Strandlopers) wat nie net Nederlands nie, maar ook Engels en Portugees kon praat.   

Lees meer ...

 

Nul is nie niks nie – Die somtotaal van hoop. 

Vanaf 7 Julie 2017 ...

’n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee kinders gevind kan word.   

Lees meer ...

 

Johnny is nie dood nie – 2016 Silwerskermfeeswenner 

Vanaf 5 Mei 2017 ...

'n Storie oor vriendskap en verraad, seksuele en politieke bevryding, jeugdige idealisme en middeljarige ontnugtering, die verlies aan onskuld en die aanvaarding van kompromieë ter wille van oorlewing.  

Lees meer ...

 

Kampterrein – verskillende kulture sorg vir skreeusnaakse vakansie-chaos... 

Vanaf 24 Maart 2017 ...

In hierdie eietydse Suid-Afrikaanse familiekomedie is vakansie-chaos aan die orde van die dag. Wanneer die Afrikaanse gesin, die Fouchés, by die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord opdaag, sien hulle dat die karavaanstaanplek waar hulle elke jaar kampeer, deur die Khumalo’s beset word.  

Lees meer ...

 

Tess – Reis van genesing en oorwinning... 

➢ Vanaf 24 Februarie ...

Tess word vertolk deur Christia Visser, wat reeds naam gemaak het in flieks soos Ballade vir ’n Enkeling en Hollywood in my Huis.
Die storie volg vir Tess (Visser) wat in amper elke toneel van die fliek verskyn, op haar reis van genesing en oorwinning. Die waarheid word stelselmatig aan jou ontbloot en dan tref dit jou soos ’n kolskoot reg tussen die oë ... 

Lees meer ...

 

Jagveld – ’n aksieriller in Afrikaans.  

➢ Vanaf Maart 2017 ...

Jagveld pak ’n genre aan wat dekades laas in Suid-Afrika, en spesifiek in Afrikaans, gesien is, naamlik die “aksieriller”. Met hierdie rolprent het die span agter Jagveld baanbrekerswerk gedoen en nuwe moontlikhede geskep vir die Suid-Afrikaanse filmbedryf, en in die besonder vir die aksieriller.  

Lees meer ...

 

 Hoener met die rooi skoene
– ’n riller-komedie met ’n kinkel ... of twee. 

➢ Vanaf 27 Januarie ...

Regisseur Koos Roets se nuwe riller-komedie, Hoener met die rooi skoene, draai vanaf 27 Januarie 2017 in teaters landswyd. Die fliek, geïnspireer deur ’n Franse teaterdrama uit die 1950’s en die suksesvolle fliek, Babbelkous, uit die sewentigs, met Katinka Heyns en Tobie Cronje in die hoofrolle, vertel die storie van ‘n bisarre en terselfdertyd skreeusnaakse moord wat deur ’n babbelkous ontvangsdame aanskou word. Sy probeer dan self speurder speel terwyl sy terselfdertyd met ’n karakter uit haar verlede gekonfronteer word. Die verhaal kry ’n groter impak deur die fyn balans tussen humor, spanning en patos. 

Lees meer ...

 

 Vir die Voëls 

➢ Vanaf 25 November ...

Vir die Voëls is gebaseer op die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was sy vasbeslote dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag. Vir die Voëls speel in die laatsewentigs af en is propvol liefde, lag en trane. 

Lees meer ...

Lees meer oor flieks

Oor die geskiedenis van die Afrikaanse fliek:

http://peterjasie.co.za/afrikaanse-rolprent.html

  Beginjare van die rolprent - Mieliestronk
'n Viering van die Afrikaanse fliek:

Die bekroonde woordkunstenaar Leon van Nierop se boek, Daar doer in die fliek, is 'n viering en verering van die Afrikaanse rolprent die afgelope 117 jaar. Hy gesels  met Christiaan J de Swardt oor die Afrikaanse rolprent en sy liefde vir woorde, klank en beeld.
http://www.litnet.co.za/us-woordfees-2016-daar-doer-in-die-fliek-deur-leon-van-nierop/

Lys van Afrikaanse flieks: Lys van Afrikaanse rolprente - Wikipedia
Nuwe flieks: http://maroelamedia.co.za/kategorie/vermaak/flieks/
Flieks vanjaar: Daar is nie minder nie as 14 nuwe Afrikaanse flieks vanjaar op die grootskerm.  Afrikaanse flieks laat die rekords spat en die verskeidenheid word al groter. As jy die kamera kon laat rol wat sou jy jou fliek noem en waaroor sal dit gaan? Laat weet ons wat jy kyk en watter flieks sal jy 'n tweede keer wil sien. Klik hier … en kom gesels saam! 

Volgens Maryke Allers, publisiteitsbestuurder van kykNET, is die televisiekanaal betrokke by die vervaardiging van 12 Afrikaanse rolprente wat vanjaar uitgereik sal word.
Die eerste fliek, ’n Pawpaw vir my Darling, was reeds op die grootskerm, terwyl die romantiese avontuurfilm, Vir altyd, net betyds uitgereik is voor die dag van die liefde.
’n Paar rolprente met swaarder temas word ook vanjaar uitgereik, onder meer SinkModder en bloedVerskietende ster en Uitvlucht.
’n Afrikaanse animasieprent, Die Sneeukoningin 2, word ook uitgereik en die omstrede Twee grade van moord, wat die tema van genadedood aanraak, sien ook later die lig.

Lees meer ...

Nuus oor nuwe flieks:

 
  Nuwe Afrikaanse Rolprente en Musiek - Facebook
  Afrikaanse Films - Facebook
 

Afrikaanse Flieks Op DVD
Bioskoop

 
Lees Leon van Nierop se fliekrubriek by RSG: RSG - Dis die een! || Leon Se Flieks || BABALAS
Kyk video's oor Afrikaanse flieks hier: Video's oor “Afrikaanse flieks” op Vimeo
Kyk wat gaan aan agter die skerms en kry die nuutste inligting:

Anna-Marie Jansen van Vuuren, Dee Theart en Gerhard Ehlers se Bioskoop-webtuiste het pas sy eerste verjaardag gevier. Lees meer oor die nuutste flieks waarna jy kan uitsien by www.bioskoop.co 

Anna-Marie Jansen van Vuuren
 
Dee Theart
 
Gerhard Ehlers