Kos

Hoe proe Afrikaans?

Daar is 'n lekkerkryonthou in die mond wanneer ons in Afrikaans oor kos gesels – miskien help die ie’s en kie’s en tjie’s of miskien proe mens die kos in die klank. Ons het met koskenners gaan gesels en SJA de Villiers se Kook en Geniet gefynkam vir hierdie proesels wat enige smulpaap se smaakkliere sal laat wip. Hier deel ons 'n paar, maar kom gesels saam en laat weet ons wat gaan aan in jou kospotte en hoe proe jou Afrikaans.  

Op die kosfront

Hier deel ons graag gebeure van die maand op die kosfront. Kom gesels saam en vertel ons van uitskieters en gebeure waarvan ons moet weet. 

Terug hok toe!

Vickie de Beer help kosblik pak....

Lees meer ...

Kook saam Kaaps ryg die pryse in

Kook saam Kaaps, wenner van ’n Woordtrofee, spog nou ook met ’n Gourmand – Oscar van die koswêreld.

Lees meer ...

 

Resepte en kosblogs

Kom gesels saam en vertel ons van jou blog of 'n nuttige webtuiste waarmee ons die lysie kan aanvul.

  Blognaam/webtuiste Skakel Wie en wat?
ATKV In en Om die Huis inenomdiehuis.blogspot.co.za/
 
Twee vroue deel inligting oor kos, resepte en nuttige “goeters en katoeters” wat hulle raakloop. Lede is welkom om op Facebook by die groep aan te sluit.
Errieda du Toit huiskok.com RSG se huiskok en Kokkedoor/Koekedoor se inhoudskonsultant deel mildelik resepte uit haar eie, indrukwekkende argief en dié van haar bekende kosvriende; met 'n goeie skeut kuier- en kosstories en foto’s.

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

https://toortsie.wordpress.com/

Toortsie gesels en gee raad oor Banting en deel ook haar Banting-resepte.  

Sout en Peper

https://soutenpeper.com/

Niël is 'n kosskrywer, fotojoernalis, restaurantkonsultant, versamelaar en reisiger, en die koning van erfeniskos. Hy deel sy resepte-met-stories en kosrubrieke.

Kuier, Kook, Klets

http://kuierkookklets.weebly.com/

‘n Groep bloggers deel wenke en hul eie resepte, asook die van hul vriende. Vir jou gerief is inskrywings alfabeties volgens kategorie (kossoort en metodes) en met onderafdelings, gerangskik.

Watertandresepte vir oud en jonk

http://www.watertandresepteviroudenjonk.com/

Henriëtte Wessels en vriende en familie deel 'n allemintige lys resepte wat alfabeties gerangskik is. Gerieflike skakel na 'n gepaardgaande Facebook-blad met byna 52 500 vriende.

Lekker resepte vir die jonger geslag

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/

Helena Kruger en haar medewerkers deel 'n swetterjoel resepte (ook weeklikse spyskaarte), met skakels na versamelings. Die Facebook-groep (https://www.facebook.com/groups/200852016836 ) het meer as 100 000 lede.

Lekker resepte

http://lekkerresepte.blogspot.co.za/

'n Blog met min gesels en baie resepte; en 'n bykomende lekkerte vir diegene met Engelssprekende vriende – daar is Engelse (en buitelandse) weergawes van feitlik al die resepte, wat jy maklik kan deel.

Kos se Storie

http://www.kossestorie.co.za/

Kokkedoor-beoordelaar, Hetta van Deventer, grawe in die skatkis van ons erfeniskos; deel die stories, boeke en resepte. Met skakels na haar sosiale media-netwerk.

Die Kos Vos

http://diekosvos.co.za/

Ilse van der Merwe is ma, kok, kosskrywer en spysenier. Haar kombinasie van blog en webtuiste is netjies opgedeel in video’s, resepte en kosplekke/ervarings wat sy raakgeloop het.

Kreatiewe Kosidees

https://kreatiewekosidees.com/

Rentia Pretorius bedryf haar blog uit Middelburg in die Oos-Kaap en dit sluit heelwat bydraes in vanaf die meer as 160 000 volgelinge op Kreatiewe Kosidees se Facebook-blad (skakel op die blog).

Só maak mens!

http://www.onsdorp.com/

Retha Kruger se blog bring hulde aan die goue jare van Esmé en Jan se gelyknamige program op die toenmalige Springbokradio. Sy deel resepte, gee raad en wenke en verskaf skakels na oplossings op die kosfront.

 

Hou jou pot aan die prut!

    Skakel Wie en wat?

Kookkuns

http://www.kookkuns.com/

Seker een van die mees omvattende webtuistes wat uitsluitlik op die kookkuns fokus; met 'n magdom resepte (Suid-Afrikaans en internasionaal) volgens gereg en geleenthede ingedeel, definisies en kookterme en handige tabelle en verwysings. Daar is ook 'n afdeling oor wyn en wyngeleenthede.

Liplekker

http://www.liplekker.co.za/

Bydraes ('n paar in Engels) deur verskeie tuiskokke, met heelwat resepte vir onthoukos. Selfs 'n paar resepte vir op grootmaat kook, Banting en vinnige etes.

Boerekos.com Kook met Nostalgie

http://www.boerekos.com/

Soos die naam aandui, is die fokus van hierdie gemeenskap-gedrewe webtuiste (wat reeds nege jaar lank bestaan) oorwegend op ordentlike en keurige boerekos. Al die resepte is gegradeer, met pragfoto’s geïllustreer en daar is ook nuttige wenke en handige verwysings (soos 'n vleissnit-kaart). Met 'n meegaande Facebook-blad (met 114 000 aanhangers).

Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte

http://peterjasie.co.za/

‘n Vyftienstuks afdelings met 'n goeie verskeidenheid resepte wat sterk steun op die tradisionele kookkuns. Ook 'n nuusbrief-argief met bykomende resepte.

Food Lovers Recipes

http://www.foodloversrecipes.com/

Die naam is dalk Engels (en die slagspreuk ook: Made with love to share), maar daar is heelparty bydraes van Afrikaanse resepte. Ook skakels na resepteboekies en kosvideo’s deur die medewerkers.

Ask Ives? Egte Afrikaanse resepte

https://docs.askiven.com/

Eintlik 'n aanlyn-resepteboek, eerder as 'n webtuiste. Die dokumente-soekenjin laat jou toe om die resepteboek (met meer as 200 resepte, alfabeties gerangskik en wisselend van aarbeitert en koffielikeur, tot orrelpoeding en visbrood) groter te maak op jou skerm en dan die aanlyn-PDF uit te druk. Jy kan nog resepte soek in Askives? se soekveld.

Resepte wat mans ook verstaan

http://www.saoutdoors.co.za/

Die manne dra hier die voorskoot. Heelwat resepte vir die buitelewe en vir buite of by die kampplek kook.

Tiaan Langenegger op YouTube

https://www.youtube.com/

Voormalige Kokkedoor-wenner en beoordelaar van Koekedoor se YouTube-kanaal waar hy jou die fyner kunsies van kosmaak leer. Video’s is in Afrikaans en Engels. Die meeste van die bekende sjefs het kanale op YouTube – tik net jou gunsteling se naam (of 'n gereg se naam) in by die soekveld en leer by die bestes in die bedryf.

Better Eat

http://bettereat.net/

Mariza van Zyl is 'n bekende dieetkundige. Hierdie is haar bydraes oor gesond eet vir die tydskrif SARIE se kosblaaie.

Litnet: Kos en Wyn

http://www.litnet.co.za/

Hierdie afdeling binne Litnet se Leefstyl-afdeling fokus op resensies, artikels en kosrubrieke vir fynproewers.

 

Kyk en kook

Facebook en Pinterest is albei 'n skatkis van bronne vir lekker resepte kry en uitruil, plekke vir saamgesels oor kos en mooi prentjies en gesegdes deel. Omdat Pinterest baie visueel is en jy internasionaal kan soek en aflaai, is baie van die resepte op die borde in Engels. Maar tussen die twee sosiale media-platforms is daar letterlik iets vir almal; of jy nou allergies is vir gluten, resepte vir diabete soek, of net inspirasie om jou tafel mooi te maak vir gaste. Tik bloot “resepte” of “mooi tafels” in by die soekveld, druk op die vergrootglas en begin die kosreis.  Die meeste kosprogramme, soos Kokkedoor en Koekedoor, het ook borde op Pinterest of ;n Facebook-blad. Hier is 'n paar voorbeelde om jou soektog te begin.

  Facebook/Pinterest  Skakel

Bak en Brou-resepte

https://www.facebook.com/

Vleisland se maklike resepte

https://www.facebook.com/

Mareli Visser - Koekedoor

https://za.pinterest.com/

Cornelia Wessels se resepte

https://za.pinterest.com/

Koekversiering-inspirasies

https://za.pinterest.com/

Resepte vir almal

https://www.facebook.com/

 

Kostydskrifte

In die tydskrifte-wêreld is resepte en kosstories vir die meeste titels 'n baie belangrike redaksionele pilaar. En die voordeel vir jou is dat al die resepte deur 'n professionele span getoets is. Boonop is dit sonder foefies; als is aangepas met die gedagte dat lesers die geregte in 'n tuiskombuis maak. Hier is 'n paar skakels na 'n paar bekende tydskrifte se kosafdelings op hul webtuistes, party met video’s en amper almal met skakels na hul blaaie op sosiale media. Soms is tydskrifte die gedrukte media-vennote van kosprogramme op TV (soos Huisgenoot en Koekedoor); wees op die uitkyk vir skakels na die resepte uit daardie programme.

  Tydskrif  Skakel

Vrouekeur: Resepte en Kos

http://www.vrouekeur.co.za/

Huisgenoot se Wenresepte

http://huisgenoot.com/

Netwerk24: Ontspan – Kos & Wyn

http://www.netwerk24.com/

Rooi Rose: Kos

http://www.rooirose.co.za/kos/

Goeie Huishouding: Resepte

http://www.goodhousekeeping.co.za/

Finesse se Resepte

http://www.voelgoed.co.za/

Weg se Werf: Resepte

http://weg.netwerk24.com/

Sarie se Kos

http://www.sarie.com/

Maroela Media se Koolstoof: Kook (en drink) in Afrikaans

http://maroelamedia.co.za/

Landbouweekblad: Leefstyl - Resepte

http://landbou.com/leefstyl/

Kuier: Kortpadkos

http://minikuier.co.za/

Tuis: Resepte op jou selfoon

http://tuis.co.za/

Idees: Resepte op jou selfoon

http://idees.co.za/
http://tuis.co.za/

 

Kosinsetsels - radio en televisie

Radio en televisie: Kosinsetsels is 'n ewe gewilde afdeling van radio-uitsendings en televisieprogramme. Televisiekanale kan beswaarlik voorbly om nuwe kos- en kookprogramme vir uitsending te vervaardig. Almal het webtuistes met skakels na die resepte uit die insetsels wat hul uitgesaai het, of na hul kosprogramme. Hier is 'n paar skakels na die jongste resepte, maar krap gerus in die argiewe vir resepte uit programme wat nie meer op die lug is nie. 

  Insetsels  Skakel

Via TV

http://www.viatv.co.za/

kykNET se resepte-argief vir al sy kook- en kosprogramme

http://kyknet.dstv.com/

Pasella se resepte-argief vir al sy kosinsetsels

http://www.pasella.com/

Die resepte in RSG se argief

http://www.rsg.co.za/

 

Lippelekker-idiome

Idioom Betekenis

Jy kon 'n aartappel in hom gaarmaak

Hy was woedend

Jy skil nie aartappels in jou voorkamer nie

Onvanpas in geselskap optree

Eet met jou Adamsvurk

Eet met jou hande

'n Appeltjie met iemand skil

Iemand berispe

Drink 'n afsakkertjie

Drink likeur ná ete

So suur soos asyn

Onvriendelik

Nie uit een bak eet nie

Nie vriende nie

Gou by die bak, maar lui by die vak

Eerste by vir ete, maar traag om te werk

Mosterd ná die maal

Bietjie te laat, maat

'n Appel en 'n ei betaal

Baie goedkoop

Dis botter by die vis

Kontant betaal

Bak en brou

'n Geknoei

Dis botter op sy brood

Dit sterk hom in sy kwaad

Sy druiwe is suur

Hy is jaloers en praat dan verkleinerend

Hunker na die vleispotte van Egipte

Verlang na beter tye van vroeër

'n Halwe eier is beter as 'n leë dop

Beter om deel van iets te hê as niks

'n Eierdans doen

Liggies trap tussen moeilikhede deur

Boontjie kry sy loontjie

Kry wat jy verdien vir jou dade

Frikkadel maak van iets

Iets heeltemal stukkend slaan

Honger is die beste kok/sous

As jy honger is, proe alle kos lekker

Die gort is gaar

Nou begin die moeilikheid

Die kool is nie die sous werd nie

Die moeite regverdig nie die uitkoms nie

Kluitjies verkoop/bak

Leuens vertel

Koffie drink soos die kan hom skink

Tevrede wees met wat jy kry

Van Koerland se vleis geëet

Baie lui

'n Laatperskegesig

Suur en onvriendelike gesig

Jou ouma die paplepel leer vashou

Iemand probeer leer wat meer weet as jy

Met die paplepel voer

Iemand bietjie-vir-bietjie leer

Sit met die gebakte pere

Met iemand anders se probleme sit

Dieselfde poeding met 'n ander sous

Dieselfde ding in 'n ander vorm

Brood in die sweet van jou aangesig eet

'n Moeilike bestaan maak

Vis nog vlees

Kies nie kant nie

Wie heuning uithaal, moet steke verwag

Goeie goed kom nie maklik/vanself nie

Nie vir koue pampoen skrik nie

Vir min goed bang wees

Jou sout werd wees

Iets nuttig doen/waarde vir geld

Met 'n knippie sout neem

Nie iets as volle waarheid aanvaar/glo nie

Met spek skiet

Nie die waarheid praat nie/nonsens praat

Hy het haasvleis geëet

Hy is 'n lafaard

Mooi broodjies bak

Vol komplimente/vlytaal gebruik

Helder wyn skink

Openlik vorendag kom met iets

Vir spek en boontjies

Sommer net

Alles vir soetkoek opeet

Alles glo

In Tamatiestraat

In die moeilikheid

Soveel weet as 'n kat van saffraan

Niks weet van iets nie

 

Nuttige terme - bestanddele en snitte

Afrikaans Beskrywing Engels

Bakpoeier

‘n Mengsel van koeksoda en kremetart wat koolsuurgas in deeg of beslag vrylaat en as rysmiddel dien.

Baking powder

Balsamiese asyn

Italiaanse produk: Druiwe-mos wat afgekook is, dan gefermenteer word en in vaatjies verouder.

Balsamic vinegar

Bruismeel

Fyn, wit mengsel van koekmeel en bakpoeier.

Self-raising flour

Droë gis

‘n Gis met ‘n growwer tekstuur wat eers in (louwarm) water opgelos word om die aktiewe bestanddele te aktiveer, voor dit by die res van die bestanddele gevoeg word.

Active dry yeast

Hawermout

Graan/hawersaad wat gemaal, uitgerol en in vlokkies gesny is. Meestal as pap geëet.

Oatmeal / rolled oats

Kitsgis

‘n Gis met ‘n fyn tekstuur wat direk by die droë bestanddele gevoeg kan word.

Instant yeast

Knolgroente

Groente waarvan die eetbare deel onder die grond groei.

Root vegetables

Koeksoda

Rysmiddel: ‘n Sout van natrium en bikarbonaat.

Bicarbonate of soda / baking soda

Kremetart

Gesuiwerde wynsteen wat tydens die wynmaakproses onder in vaatjies vorm. ‘n Stabiliseerder vir bv. eierwitte en voorkom ook dat klonte vorm.

Cream of tartar

Kruie

Die groen dele van geurplante (blare en/of stingels): word vars of gedroog gebruik vir geur.

Herbs

Kruisskyf

'n Snit uit die bokant van waar die bees se boude begin.

Rump steak

Lendeskyf

'n Snit uit die rugkant van die bees se agterkwart, net voor die boude.

Sirloin steak

Lendestuk

'n Snit uit die bokant van die dier, met of sonder die ribbebene. Indien in tjops opgesny: lendetjops. 'n Lamsrak is ook hierdie snit.

Loin of (pork/lamb)

 

 

 

Beeshaas/filet

'n Snit uit die onderkant van die ribbe en langs die rugstring, aan die lendekant van die bees.

Fillet/tenderloin

Blad

'n Snit uit die boonste deel van die voorkwart, teenaan die rug. 

Shoulder

Maaskaas

'n Suiwelproduk wat gemaak is van melk-wrongel  wat van die wei geskei word.

Cottage cheese

Mootjie vis

'n Porsie vis sonder grate wat of in die lengte langs die ruggraat gesny is, of in die breedte.

Fish fillet

Stampkoring

Grofgemaalde, harde koring.

Crushed wheat

Plathoender

'n Hoender wat van krop tot kruis langs die rugstring oopgesny is en dan plat gespalk word vir braai of rooster.

Spatch cock

Roomkaas

'n Vars, sagte, wit kaas met 'n hoë melkvet-inhoud.

Cream cheese

Skenkel

Snit tussen die knie en die begin van die boud. Heel en opgesny - albei bekend as skenkel.

Whole: Shank
Pieces: Knuckles

Spekrepies

Stroke vleis gesny uit varklies (“pork belly”), vars of soms gerook.

Pork rashers

Speserye

Sade, bas, bessies/vrugte of wortel van plante; gewoonlik gedroog en gemaal vir geur.

Spices

 

 

 

Varklies

'n Snit uit die pens van die vark; met heelwat vet en die vel en soms met die been in. Gewoonlik stadig gerooster.

Pork belly

Volkoringmeel

Witbroodmeel met growwe koringsemels bygevoeg.

Nutty Wheat/whole wheat flour

Kook en Bak - tegnieke, metodes en nuttige terme

Afrikaans Beskrywing Engels

Aftreksel

Die vloeistof waarin vleis en/of groente vir 'n geruime tyd afgekook is om geur en voedsaamheid te behou. Vir sop of bredies.

Stock

Beslag

'n Slap deegmengsel vir koek, pannekoek of as deegkombersie vir diepgebraaide vis of vleis.

Batter

Blansjeer

Kos (gewoonlik vrugte of groente) word in kokende water geplons en kort daarna uitgehaal en in yswater gedompel om kookproses te stop. Om kos te versag of deels te kook.

Blanch

Broskorsdeeg

'n Deeg sonder rysmiddel (hoewel dit ook van bruismeel gemaak kan word) wat vir tertkorse (soet en sout) gebruik word.

Short-crust pastry

Deeg

'n Stywe deegmengsel (gewoonlik geknie en met/sonder gis) vir brood, beskuit, koekies. Ook die naam vir tertdeeg vir fyngebak of pasteie.

Dough
Tarts/pies: Pastry

Diepbraai

Kos word in houer vol vet/olie gebraai wat die rou kos heeltemal bedek. Kos rys boontoe wanneer gaar.

Deep fry

Gestoom

Kos word in stoom gaargemaak; in houer met gaatjies onderin, bo-op kokende water sonder dat kos aan die water raak.

Steamed

Hutspot

'n Bredie met vleis en groente (of net groente).

Casserole

Invou

Om sagkens 'n delikate mengsel (bv. geklitste eierwitte) met 'n swaarder beslag te meng; doel is om die lugborrels te behou.

Folding in

Krummelkors

'n Krummelrige deeg van botter, meel en suiker wat gewoonlik bo-op 'n vrugtetert gefrummel of gerasper word. Ook vir soutgeregte.

Crumble topping

Leeg bak

Om 'n tertkors vooraf, sonder vulsel te bak; bakpapier tussen die kors en droë bone om kors in plek te hou.

Blind bake

Pansappe

Die vloeistof wat in die skottel agterbly nadat vleis daarin gerooster is. Word gewoonlik met meel of mielieblom verdik vir 'n vleissous.

Pan juices

Posjeer

Kos prut gaar in 'n klein bietjie vloeistof.

Poaching

Prut

Kos word in warm vloeistof gekook, net onder kookpunt.

Simmer

Roerbraai

Chinese metode, waar die bestanddele in 'n klein bietjie, baie warm, olie gaargemaak word terwyl dit deurentyd geroer word.

Stir fry

Rooster

Kos met hoë, droë hitte gaargemaak (of afgerond).

Roast

Skilferkorsdeeg

'n Baie ligte deeg bestaande uit twee lae: deeg en botter. Wanneer dit bak, smelt die vet in die botter en die water in die botter word stoom wat die gapings tussen die lae boontoe druk en dit laat pof en in lagies afskilfer. Vir terte en pasteie.

Puff pastry

Soteer

Kos word liggies en teen hoë temperatuur vinnig in 'n bietjie botter/olie/vet in 'n pan gekook of verbruin.

Sauté

Stoof / Gestoofde

'n Kombinasie van twee metodes: kos word eers vinnig teen hoë temperatuur geseël en dan in pot met deksel teen laer temperatuur in 'n bietjie vloeistof gaargemaak.

Braise

Vanielje-ekstrak

Gemaalde vanielje word in 'n mengsel van etanol en water geperkoleer vir 'n skoner, sterker, suiwerder geurmiddel.

Vanilla extract

Vanielje-geursel

'n Geurmiddel wat sinteties vervaardig word.

Vanilla essence

Vlakbraai

Kos word gebraai in dun lagie vet/olie onder in die pan/kastrol.

Shallow fry

 

Nuttige woordelys - kossoorte, produkte en toerusting

Afrikaans Engels

Akkertamaties

Jam/Rosa tomatoes

Appelliefie

Gooseberry

Bakpapier

Parchment/baking paper

Basiliekruid

Basil

Beskuitjie (meestal sout, maar kan ook soet wees)

Biscuit

Bokmelkkaas

Chevin

Borrie

Turmeric

Bosbessie

Cranberry

Botterskorsie

Butternut

Brandrissie

Chilli

Bronkors

Watercress

Dille

Dill

Dragon

Tarragon

Eiervrug

Aubergine / eggplant

Fillodeeg

Phyllo pastry

Foelie (dop van die neutmuskaat)

Mace

Forel (varswatervis)

Trout

Franse brood/langbrood

Baguette

Framboos

Raspberry

Gapermossels

Clams

Garnaal

Shrimp

Grasuie

Chives

Inkvis

Squid

Jongertjie

Petit pois

Karweisaad

Caraway seeds

Kammossels

Scallops

Kapokaartappels

Mashed potatoes

Karringmelk

Buttermilk

Kersietamaties

Cherry tomatoes

Kekerertjies

Chickpeas

Klapper

Dessicated coconut

Knoffel (toontjie)

Garlic (clove)

Koekie (soet)

Cookie

Kolwyntjie

Cup cake

Komkommerkruid

Borage

Komyn

Cumin

Korente

Currants

Korrelmosterd

Grainy mustard

Kwartel

Quail

Lamsrak

Rack of lamb

Lourierblare

Bay leaves

Maaskaas

Cottage cheese

Marjolein

Marjoram/origanum

Mielieblom

Cornflour

Moerbei

Mulberry

Murgpampoentjie

Baby marrow/courgette

Neutmuskaat

Nutmeg

Pansappe

Pan juices

Pantoffelbrood

Ciabatta

Peperwortel

Horseradish

Pêreluie

Pickle/baby onions

Peulertjie

Mange tout peas

Piepkuiken

Baby chicken/Petit Poulet

Pikantrissie

Peppadews®

Pimperneute

Pistachio nuts

Plat/oop omelet (vulsel bo-op)

Frittata

Poffertjies

Fritters

Preie

Leeks

Roket

Rocket

Rolkoek

Swiss roll

Roomkaas

Cream cheese

Roosmaryn

Rosemary

Salie

Sage

Salm (seewatervis, broei uit in vars water)

Salmon

Seekat

Calamari

Skuinsspaan

Egg lifter

Soetrissie

Sweet / Bell peppers

Spatel/Slaplemmes

Spatula

Sprietuie

Spring onions

Spruitkool

Brussel sprouts

Steurgarnaal

Prawn

Stokbroodjies

Bread sticks

Strooisuiker

Castor sugar

Tongvis

Sole

Vars koljander

Cilantro/Dhania

Vergiettes

Strainer/sieve

Vinkel

Fennel

Vlapampoentjie

Yellow button squash/Pattypan

Waspapier

Waxed/Greaseproof paper

Winterblomkool

Broccoli

Witloof/Brusselsloof

Endive/chicory

Witsous

Béchamel

Wonderpeper

Pimento/All spice

 

Bronne:
http://gelofteland.org/index.php/ons-taal/32-afrikaanse-idiome-en-gesegdes/233-afrikaanse-idiome-en-gesegdes-1.html
http://www.andiquote.co.za/idiome.html
http://maroelamedia.co.za/kategorie/afrikaans/idiome-en-uitdrukkings/
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2311.0
http://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/8470/BylaagB.pdf?sequence=19