Saketaal

Met raad en daad ... bestuur jou geld

Sportliefhebber, bemarkingsghoeroe en tegnologieverslaafde in een pakkie, dit is Reinard du Plessis. Reinard, die Hoofbestuurder Bemarking en Kommunikasie by ATKV-Sake, is boonop ook iemand met ’n doelgerigte belangstelling in die politiek en finansies. Hy het ’n Bcom-graad in Bemarkingsbestuur aan Unisa behaal en daarna het hy sy kennis aangevul met verskeie ander diplomas en kwalifikasies in digitale bemarking, die advertensiewese en mediabeplanning. Tegnologie, spesifiek verbruikerselektronika, is ’n veld wat Reinard geweldig interesseer. Sy reeks oor hoe om jou geldsake te bestuur begin hier ...

Fnuik kuberkrakers en sosiale sluipers  Rek jou Rand

Ses hulpbronne vir klein sakeondernemings.

Welkom klein sakeonderneming eienaar! Jy’t die sprong gemaak na finansiële onafhanklikheid waar jy meer ure gaan werk vir minder geld (hopelik net aanvanklik). Nou kan jy jou eie werksure bepaal, wat beteken dat jy in jou japon in die studeerkamer sit en staar na ‘n leliewit Word-dokument ...
Ek grap. Net ‘n bietjie. So, jy’t jou sakeplan gefinaliseer, jy weet presies wie jou klante is en wat die produk of diens is wat jy gaan bemark en verkoop. Al wat jy nou moet doen is 'n E-posadres kry, ‘n webwerf ontwikkel, ‘n handelsmerk skep, ‘n databasis bou van potensiële verskaffers en dan jou produk of diens bemark aan jou teikenmark. Nie ‘n slegte begin vir Dag een nie, né?
Nou, ek gaan aanneem dat jy nie die Lotto gewen het, belegging ontvang het van Whitey Basson of jou Oom Koos Bekker is nie. Dit beteken dat jou grootste uitdaging, aanvanklik, kontantvloei gaan wees. Daarom is dit belangrik om jou vaste, oorhoofse uitgawes so laag as moontlik te hou vir die eerste jaar, minimum. Maar steeds moet jy kan besigheid doen, gelukkig leef ons in die Internet-era waar daar menigvuldige hulpbronne is wat jy gratis kan gebruik om jou besigheid op sy voete te kry.
Ek bied aan: Die Kleinsake-eienaar Gereedskapkas! Hieronder lys ek ses hulpbronne wat jou sommer gou-gou aan die gang sal kry:

  1. Registreer jou webwerfnaam by www.registerdomain.co.za. Vir slegs R75 per jaar het jy jou eie werf op die web. Deur Register Domain kan jy ook jou eie eposadres registreer van so min as R45 per maand.
  2. Nou vir die moeilike deel, die webwerf self. Gelukkig vir jou is daar baie bekwame mense wat die bou van ‘n webwerf tot ‘n paar muisklikke vereenvoudig het. Besoek www.strikingly.com en vir so min as per maand kan jy ‘n professionele, volledig-toegerusde webwerf bou in ‘n dag.
  3. As jy nodig het om ontwerpwerk te doen vir jou webwerf of sosiale media kanale, klik deur na www.canva.com. ‘n Gratis, kragtige ontwerppakket, als aanlyn!
  4. Microsoft bied baie bekostigbare pakette vir klein sakeondernemings om hul sagteware te gebruik. Dit beteken dat jy jou nuwe e-posadres kan gebruik in Outlook, jou begrotings kan bou in Excel, mooi voorleggings kan maak in PowerPoint en Word kan gebruik vir... vir wat ookal mense Word voor gebruik. Dit als van so min as R176 per maand. Besoek Office 365 se blad hier vir meer inligting.
  5. Jy gaan wil bemark aan jou potensiële klante en jou goedkoopste manier om dit te doen is om vir jouself ‘n gratis Facebook-besigheidsblad oop te maak. Jy kan die stappe hier kry. Na jy dit gedoen het, loer gerus na hul goedkoop advertensie-opsies om mense in jou geografiese area te teiken en bewustheid van jou besigheid te verbeter. Sodra jy ‘n goeie databasis opgebou het, gebruik iets soos MailChimp om jou klante per e-pos, op hoogte te hou van jou nuutste produkte, dienste of promosies.
  6. As jy aanlynverkope gaan doen, is daar nie ‘n makliker manier as met Shopify nie. Hulle bied die opsie om jou verkope deur Facebook te hanteer vir lae-risiko transaksies, of jy kan begin met hul webwerf-gebasseerde produk vanaf slegs per maand.
  7. Nou ja toe, waarvoor wag jy? Hierdie ses hulpbronne sal jou aan die gang kry, maar van daar af is jou besigheid afhanklik van net een ding, JY.

Doen sake in Afrikaans

Afrikaanssprekendes tree toenemend toe tot die arbeidsmark as entrepreneurs, finansiers en werkskeppers. Daar is ʼn regstreekse verband tussen die ekonomiese sukses van die Afrikaanse gemeenskap en die ekonomiese welvaart van Suid-Afrika.

Die miljardêr-sakeman Patrice Motsepe sê die manier waarop Afrikaanse sakelui hul sukses met hul eie gemeenskap verweef het, moet na die hele Suid-Afrika uitgebrei word. Motsepe is die stigter en voorsitter van die mynboufirma African Rainbow Minerals en het laasjaar die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Kaapstad toegespreek. Die filantroop het op sy passie vir jong entrepreneurs in Afrika gefokus. Lees meer...

Die Afrikaanse sake-sektor

Wie volgens jou is Afrikaanse sakepersone wat presteer en ‘n positiewe bydrae plaaslik of oorsee lewer? Deel met medeverkenners skakels oor interessante sakegeleenthede, raad vir entrepreneurs, die ekonomie en gesonde finansiële besluite. Klik hier … en kom gesels saam! 

Sakegeleenthede

Lees meer oor Akademia se sakeplankompetisie hier.

Deelname

AfriSake is ʼn sakeregtewaghond wat in 2011 deur sakelui tot stand gebring is. Dié organisasie is gerig op deelname. Lees meer ...

Saketaal

Gebruik die Ekonomiese en Bedryfswoordeboek saamgestel deur W.F.J. Steenkamp en H.J.J. Reynders. Pharos, Kaapstad, 2004. (Hardeband, 1 213 bladsye, ISBN 1868900312).

Dié lywige woordeboek, met meer as 100 000 woorde, bied verligting vir Afrikaanssprekendes wat sukkel om in 'n snel-veranderende sakewêreld voortdurend nuwe woorde vir Engelse saketerme te vind.

Die Ekonomiese en Bedryfswoordeboek (EBW) dek die breë spektrum van saketerme (onder meer in bemarking, produksie, finansiering en kosteberekening), maar strek selfs wyer. Terme uit die mielie- en veebedryf, mynbou, die bou- en staalbedryf, tekstielbedryf en ander bedryfstakke uit die nywerheid word ook vertaal.

Die versekeringswese en groot- en kleinhandel uit die dienstesektor word gedek. Daarby is 'n verskeidenheid terme uit verwante vakgebiede ingesluit, soos vakwoorde uit die wiskunde, statistiek, handelsreg en rekenaarkunde. Die woordeboek het 28 jaar na sy voorganger, die Ekonomiewoordeboek, die lig gesien.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het reeds in 1985 opdrag gegee dat 'n hersiene weergawe saamgestel moet word om vir nuwe terme voorsiening te maak.

Lees meer ...

 

Nuttige skakels oor Suid-Afrika se ekonomie

Menings