Afrikaans het ritme

Taal is die bron waaruit die kunste ontspring en lirieke wat die hart raak, bring mense bymekaar - 'n gemeenskaplike liefde vir musiek en dit in jou eie taal of 'n taal wat jy verstaan, het duidelik saambindende krag.

Met internasionale erkenning en 'n aanvraag na Afrikaanse kunstenaars se musiek het sommige begin om Engels tussendeur die Afrikaanse lirieke te gebruik. Ofskoon hul sommige aanhangers vervreem het, het hul ook talle bygekry.

“Afrikaans is Groot”-konserte het sowat 100 000 aanhangers op Facebook. Hoewel Pick n Pay en Jaguar Land Rover nog in 2015 die konserte geborg het, het Steve Hofmeyr se politieke agenda, as een van die hoofkunstenaars, volgens Beeld veroorsaak dat hulle die 2016-fondse onttrek het.
http://www.enca.com/south-africa/aig-loses-sponsors-over-hofmeyr-comments

Ten spyte van verskeie opinies oor die kunstenaars as individue, bly Afrikaanse musiek gewild. Dit is interessant om die temas in die musiek te sien herhaling vind en dat ou treffers vandag weer nuwe lewe vind deur die vernuwende klanke van jong en opkomende musikante.

Hieronder is musiekvideo's wat die verskillende genres van Afrikaans opsom