sba loopbaangids vir leerders en hul ouers

loopbaangids aftrekking

algemene dokument inligting - lees voor jy aangaan

Die dokument is beskikbaar in .PDF (Portable Document Format). Adobe Reader® is nodig vir besigtiging en druk. Volg die skakel op die prentjie na die Adobe Reader aftrek bladsy by www.adobe.com as jy nog nie die leser geinstalleer het nie.
loopbaangids vir leerders en hul ouers
Die SBA bemagtig volwassenes met geen of lae vlakke van geletterdheid met hierdie vaardighede. Die SBA ondersteun leerders en studente in die ontdekking van nuwe kulturele en ekonomiese moontlikhede in en deur Afrikaans.
lêer inligting: :6,680KB   :70

joernalistiek

Een van die mees gewilde loopbaangeleenthede in Afrikaans is die van nuusverslaggewer by ′n gemeenskapskoerant en meer spesifiek TygerBurger, vlagskip gemeenskapskoerant van Media24 wat die hele noordelike voorstede of genaamd die Tygerberg bedien met twaalf verskillende uitgawes en ′n totale verspreiding van bykans 284 000.

Die vaardighede van ′n joernalis ontwikkel sterk en vinnig by ′n gemeenskapskoerant, aangesien van die joernalis verwag word om eienaarskap te neem van ′n spesifieke gebied, byvoorbeeld Kuilsrivier of Elsiesrivier, en dan oor alles wat plaaslik in daardie gebied gebeur verslag te doen – van harde nuus en misdaad tot menslike stories, teepartytjies, skolenuus ensovoorts. Gemeenskapskoerante bied aan die voornemende joernalis die ideale leerskool en grondslag vir bevordering na die hoofstroom koerante, soos byvoorbeeld die dagblad Die Burger en selfs tydskrifte.

Die gebruik van internskappe is gemeenskapskoerante se vernaamste bron van werwing. WP-Koerante het ′n noue band met CPUT (Cape Town University of Technology) en bied jaarliks altesame vyf joernalistieke internskappe aan studente van dié instelling aan. Dié studente doen dan hul jaar prakties/internskap by WP-Koerante se verskillende publikasies. Studente kry daar die geleentheid om soos ′n ware joernalis te opereer, soveel so dat wanneer die studente terug gaan vir hul laaste paar maande, hulle deeglike kennis het van die bedryf.

Blootstelling aan joernalistiek

Verder is gemeenskapskoerante ook ontvanklik vir hoërskoolleerlinge wat vir ′n paar dae gedurende die skoolvakansie wil kom “job shadow” om te probeer vasstel of joernalistiek die rigting is. Hierdie leerders beweeg dan soos ′n skaduwee saam met ′n permanente verslaggewer buite in die veld en op kantoor en kry so eerstehandse ervaring van die uitdagings wat ′n gemeenskapsjoernalis daagliks moet hanteer.

WP Koerante se missie is: “Om deur middel van gemeenskapskoerante die inligtingsvennoot van keuse te wees vir elke gesin in die Kaapse Skiereiland”. Dit sluit uiteraard die groot Afrikaanse gemeenskappe in die noordelike voorstede in vir wie die TygerBurger ook in Afrikaans bedien.

Die Afrikaanse drukmediabedryf is enorm en gesond en bied ′n wye verskeidenheid bevorderingsgeleenthede vir die toekomstige joernalis.


ander inligting
Hierdie vouer is leeg. Daar is geen spesifieke inligting gelaai nie.

Vir meer inligting oor loopbane in Afrikaans laai gerus die SBA se loopbaangids hierbo af.