sba besoekerskommentaar
Die ontstaan van burgerlike bewegings of nie-regeringsorganisasies het ‘n lang historiese aanloop, maar het veral met die uitbreiding van burgerregte gedurende die agtiende en negentiende eeu in Europa en Amerika met rasse skrede toegeneem. Hulle het spesifiek gefokus op die verbetering van die burgerlike gemeenskap se lewensomstandighede en om die regering van die dag te dwing om onmenslike regeringsbeleid te hersien.
Die anti-slawerny bewegings van die laat 18de eeu in Engeland, die Rooi Kruis en vele ander bewegings of organisasies wat hulle beywer het vir basiese menseregte, munisipale hervorming, armoedeverligting en alkohol-en dwelmmisbruik het gedurende die tyd tot stand gekom. Die teenwoordigheid van nieregeringsorganisasies in Suid-Afrika is dus geen uitsondering nie en in dié opsig speel aksiegroepe soos die TAC (HIV/VIGS behandeling), FASFACTS (Alkoholmisbruik), Project Literacy (Geletterdheidsbevordering) ‘n belangrike rol om mense op te voed, in te lig, te mobiliseer en te bemagtig.
Die Stigting vir Bemagtiging van Afrikaans of SBA maak dus deel uit van hierdie segment in ons samelewing en word as ‘n belangrike rolspeler op die gebied van taalbemagtiging en –gelykberegtiging geag.
Graag nooi ons u uit om hier kommentaar oor die webwerf óf oor die werksaamhede van die SBA te lewer. Moenie skroom om foute uit te lig of aanbevelings te maak nie. U terugvoering is vir ons belangrik.
|
|