Beskermhere en -vroue

 

Adam Small: Taalmens en filosoof (21 Desember 1936 – 25 Junie 2016)

Reeds van baie jonk af het Adam Small geweet hy sou eendag ’n skrywer word. Die digter en dramaturg word op Goree groot, ’n klein nedersetting aan die buitewyke van Robertson. Sy pa was die skoolhoof daar, en 'n gemeenskapsleier.  Hier op die Bolandse platteland het Adam Small reeds skouers geskuur met armoede. Sy pa het later na ’n skool in Retreat op die Kaapse Vlakte verskuif, waar die jong Adam kennis gemaak het met Kaaps, die spreektaal van die werkersmense wat hy so treffend in sy skryfwerk gebruik. Nadat hy sy basiese graad in Taal en Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, volg hy dit op met ’n MA-graad in Filosofie. Hy studeer ook aan die Universiteite van Londen en Oxford.

Lees meer