In gesprek

Gesels saam

 

Afrikaans se verskillende kulture

Die ATKV het op Saterdag 18 Februarie by die Kunstekaap 'n werkswinkel oor die verskillende kulture van Afrikaans aangebied.

Volgens Danny Titus, uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV, vorm hierdie werkswinkel deel van ’n groter projek waarbinne die verskillende Afrikaanse kulture saam met alle ander Suid-Afrikaanse kulture sal kan gedy. 

 

 

Die bruin gemeenskap en Afrikaans

“Afrikaans is nie net die taal van apartheid nie; Afrikaans is ook die taal van die struggle en versoening. Dit is ook ’n aanduiding dat Afrikaans deel is van ons swart- en bruinwees, maar dat dit ons ook vasbind aan ons wit taalgenote.” – Franklin Sonn na aanleiding van die boek: Ons kom van vêr (redakteurs: Wannie Carstens en Michael le Cordeur). 

Lees meer ...

 

Taaldebat

Wat is op die spel in die taaldebat? 

Lees meer ...

 

Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal

Die vernaamste standpunte in die huidige aktuele debat oor Afrikaans het 'n konteks en 'n agtergrond. Dit kan nie in isolasie gesien word nie. Die gebeure by die Universiteit van Stellenbosch het die debat oor die plek van Afrikaans in Suid-Afrika op die spits gedryf - nie net as onderrigtaal nie, maar ook of die taal gaan oorleef.

Lees meer ...

Afrikaner, Afrikaan en/of Afrikaans?

Daar is nie vandag ’n klinkklare antwoord op die vraag wie Afrikaners of Afrikaanssprekendes is nie. Hulle het uiteenlopende politieke standpunte en geloofsoortuigings, maar op elke kaart is hul teenwoordigheid en bydrae onmiskenbaar. 

Lees meer ...

Moedertaalonderrig, meertaligheid of nie?

In die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks was taal nog altyd 'n sentrale kwessie. Moedertaalonderrig en meertaligheid in Suid-Afrika ontlok 'n verskeidenheid debatte en menings.

Lees meer ...

Menings

Die menings en standpunte wat hier staan, is die menings en standpunte van onafhanklike persone en weerspieël nie noodwendig die mening van Afrikaans.com se redaksie of aandeelhouers nie.

Lees meer ...

 

Wat sê jy?

Dink jy Afrikaanssprekendes het ‘n sekere beeld en word almal oor een kam geskeer?

 Wys resultate