• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Diploma in landbou: keldertegnologie

G8Spesialisprogram vir wynmakers of dié wat 'n loopbaan in die wynbedryf oorweeg. 

Die program word aangebied by Elsenburg se Opleidingswynmakery, waar studente formele teoretiese lesings sowel as praktiese opleiding in wynmaak en wynmakery-operasies ontvang.

 

Verpligte vakke

Wynkunde Teorie III
Wynkunde Prakties III
Wynwetgewing III
Wynskeikunde Teorie III
Wynskeikunde Prakties III
Wynbemarking III
Wynmikrobiologie Teorie III
Wynmikrobiologie Prakties III.


Toelatingsvereistes

Studente wat beplan om aansoek te doen vir die Diploma in Landbou: Keldertegnologieprogram moet enige twee van die volgende vakke op Senior Sertifikaatvlak geslaag het:

  • Wiskunde
  • Biologie
  • Natuurwetenskap

Aansoekers moet ook die Hoër Sertifikaat in Landbouprogram voltooi het, met Wynmakery en Wynwetenskap as keusevakke, of 'n gelykstaande kwalifikasie hê. 

Vir meer inligting

Stephan van der Merwe
Tel: 021 808 5491
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of 

Elsenburg-kollege
Posbus 54, Elsenburg, 7607
Tel: 021 808 5450/1
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

Aansoekvorms beskikbaar hier op die  Elsenberg-webwerf www.elsenburg.com/ciat/downloads/HEapplication.pdf


B.Agric.-graad 

Die student word toegerus met die produksie-, tegniese en bestuursvernuf wat nodig is in landbou en agri-verwante bedrywe.

Die graad bestaan uit verpligte kernvakke, keusevakke en opsionele vakke wat nog gefinaliseer moet word. 

Die kursus  word so saamgestel dat studente nie net teoretiese kennis oor boerdery opdoen nie, maar ook prakties sal leer hoe om te boer. 

Skakel vir meer inligting:
Stephan van der Merwe
Tel: 021 808 5491
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

of

Elsenburg-kollege
Posbus 54, Elsenburg, 7607
Tel: 021 808 5450/1
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Aansoekvorms beskikbaar op die Elsenburg-webwerf www.elsenburg.com/college/registrationinfo.html

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus.

Studiegeld

Raadpleeg asseblief instansie

 

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree