• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Hoe om my loopbaan te kies?

A18Jou keuse van werk is die belangrikste besluit wat jy ooit sal neem. Baie mense verander van loopbaan in hul lewe, maar die eerste keuse het altyd ’n impak op die res. Dis soos dominoes, as die eerste een bly staan, kan die res ook regop bly. 

Jou eerste keuse bepaal die rigting waarin jy jou vaardighede ontwikkel, die tipe instansies en mense wat jy in jou lewe gaan betrek asook die soort geld wat jy gaan verdien. Lees meer…

 

Hou die volgende stappe in gedagte:

A11 

STAP 1: Ontwikkel selfkennis deur jou opsies te bespreek met iemand vir wie jy respek het.

STAP 2: Skryf jou opsies neer en omskryf dit kortliks. Stel eerlik vas of jy ’n aanvoeling vir jou keuses het. 

STAP 3: Doen navraag by inligtingskantore van Kolleges en Universiteite oor wat die verskillende loopbane behels en watter verskillende werksoorte in elke loopbaan moontlik is. 

STAP 4: Vra oor betaling. Maak seker watter skoolvakke en verdere opleiding nodig is.

 ONTHOU - Gesels met mense wat reeds jou droomwerk doen.

 STAP 5: Oorweeg elke opsie. Met die basiese inligting oor beroepskeuses kan jy elke loopbaan fyner bekyk en moontlikhede teen mekaar opweeg.  Jy bou nou jou lewe. 

STAP 6: Kies die beste wat jou pas en bou voort. Jy plant wortels vir ’n belegging waarvan jy lewenslank die vrugte kan pluk.

STAP 7: Ontwerp jou plan van aksie: Nou kan jy ’n stewige riglyn bou om jou droom te bereik. 


 

’n Plan van aksie

Vra jouself die volgende…

  • Watter inligting of hulp het ek nodig om my plan van aksie (PVA) deur te voer?
  • Water probleme moet ek wegwerk en hoe gaan ek dit doen?
  • Watter stappe is nodig om die plan suksesvol uit te voer?
  • Hoe begin en eindig ek elke beplande stap?  

 Hierdie sif van idees is baie belangrik. Moenie dink dis maklik om jou lewensdroom neer te skryf nie. Skryf die moontlikhede oor en oor neer tot jy die kern raakvat. Hou altyd ’n uitveër by jou potlood en papier. Nou mag jy maar foute maak. 

Hou dit eers privaat. En kies daarna geselskap wat jou aanmoedig – mense wat ook drome het en daaraan werk. Vermy almal wat jou terughou, ondermyn of agteraf verkleineer, omdat jou vooruitgang hulle bedreig. Trouens, as jy agterkom sommige mense is jaloers, omdat jy werk aan jou droom, weet jy jy is op die regte pad.

 
Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree