• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Erkenning

Met hierdie loopbaangids wil die SBA jongmense prikkel om talent raak te vat en gepaste opleiding te kry in eie en ander tale.

Ons wil jongmense wys om 'n koers te kies wat die pad loop van hul drome maar met meer as sand onder die voet. 

Ons werk graag met ander gidse en webwerwe, leerders en kenners saam nie net om ons jeug bewus te maak van nuwe loopbane nie, maar ook om ouers, onderwysers en opleidingsinstansies te steun. En om te leer.

Jy moet in jou eie taal eers 'n vraag kan vra voor jy dit in 'n ander taal probeer antwoord. Ons begin hier. Ons soek saam met jou antwoorde.

Soms neem ons die vrymoedigheid om antwoorde te soek van bronne wat reeds die pad ken – met erkenning waar nodig.  En met respek.

Ons glo wedersydse skakelwerk help bou aan 'n goeie saak en wil graag versoek dat enige foutiewe of verouderde inligting, of enige klagtes of voorstelle vir verbeteringe, of enige glips aan erkenning van bronne aan ons uitgewys word by   Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Met opregte dank
Webgidswerkers

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree