As vrywilliger kan jy die wêreld sien en leer ken deur klasgee, versorging van oues, sorg vir diere, groepswerk met geloofsgroepe, sport- en speelklasse by vakansie-oorde, tot nutsman op plase of seiljagte in ruil vir kos en die kans om beroemde see-oorde te besoek.
Baie kerkgroepe soek altyd na vrywilligers om oral ter wêreld te help met verligtingswerk. Kyk ook na Habitat for Humanity, Lifeline en dies meer.










