As jy jou brugjaar lank voor jou matriekeksamens reeds goed en realisties beplan, het jy baie meer dryfkrag om jou beste op skool te doen – sodat jy met die beste moontlikeresultate kan wegbreek na vars lug.
Jy kan reis, na 'n natuurparadys in Suid-Afrika of 'n groot stad oorsee en so meer uitvind van wie jy regtig is – terwyl jy bruikbare nuwe vaardighede aanleer. Maar dis nooit gratis en verniet nie. Al betaal pa daarvoor, dra dit altyd emosionele skuldrente ook. Altyd.










