• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Brugbou

Jou brugjaar is inderdaad 'n brug wat gebou moet word en nie 'n terloopse kokon wat onwillekeurig gespin word nie. En jy is die argitek van jou brug  – as jy entoesiasties saamwerk met almal wat vir jou omgee – insluitend groter gemeenskappe wat jou talent nodig het. 

Ja, natuurlik mag jy vir 'n wyle eers net jou vlerke sprei om 'n wyer blik van bo te geniet – saam met vriende by die see of elders. Weet net waar jy gaan land as jy grondvat, en wat daarna gaan gebeur sodat jou eerste vrye vlug nie op jou gesig land nie. Dis 'n pynlike storie wat wel kan gebeur, maar maklik voorkom kan word deur vooraf te beplan wat jy graag wil doen en hê – of om uit te vind wat dit is.

Jy kan tuisbly en los werkies doen – kelnerwerk, modelwerk, enigiets. Maar solank jy nog tuisbly en jou ouers jou kos, petrol en klere betaal, is jy nog glad nie op 'n solovlug nie. Eerder 'n slonsvlug want jy ry op iemand anders se rug. So sal jy kuiken bly tot jy afgeskud word – en almal sien dit en onthou dit.

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree