Baie buitelandse agentskappe bied brugjaarkursusse in Suid-Afrika aan wat van een tot tien weke duur. Jy kan baie spaar op reiskostes omdat jy reeds hier woon. Dit sluit in vrywilligerswerk met diere en mense, asook sportafrigting, gemeenskapsprojekte en avontuurbestuur.
Klik op skakels hieronder vir opwindende leidrade na vrywilligerswerk met wilde diere in Afrika:
www.realgap.co.uk/south-africa
Warriors
Die WARRIORS-program is 'n strawwe oorlewingskursus wat jonges blootstel aan 'n wye spektrum van opwindende uitdagings. Selfontdekking en selfverwesenliking is waarom dit gaan. Pret, pyn en plesier is die res. Dis soos Survivor.
Nie almal sal die pas kan vat nie, en nie almal wat inskryf word aanvaar of maak die kursus klaar nie. Jy woema of jy waggel. En jy waggel tot jy woema. Of jy's uit.Die WARRIORS-program is 'n strawwe oorlewingskursus wat jonges blootstel aan 'n wye spektrum van opwindende uitdagings. Selfontdekking en selfverwesenliking is waarom dit gaan. Pret, pyn en plesier is die res. Dis soos Survivor.
Karakterbou deur fisieke, intellektuele en geestelike toetse – met 'n sterk morele grondslag – word jaarliks tussen Februarie tot Augustus in Limpopo aangebied:
Veertig jongmense tussen 17 en 23, uit byna alle wêreldkulture en taalgroepe, ontmoet in die bergnatuur by Magoebaskloof. Hier is die natuur baas. Maar hier leer jy ook om baas te wees oor jouself, jou liggaam en jou emosies.
Emosionele fiksheid word net so sterk soos sportmansgees op die proef gestel. Selfondersoeke, selfuitdaging, selfmotivering, selfontdekking, selfverdediging en energieke selfskepping – binne 'n spanverband – is waarom alle aktiwiteite draai.
Stamina, deursettingsvermoë en 'n gesonde selfbeeld is die doel. Maar ook die bou van sterk nuwe vriendskappe, leierskap, voorbeeldstelling, en die krag van plesier put uit positiewe aksie eerder as passiewe ontvlugting. Nie te praat van die nuwe natuurlandskappe wat jy intiem ontdek nie.
Dié pretkursus dek besoeke aan Mosambiek, Graskop, Naboomspruit, Sabie, Durban, verskeie wildtuine, Kaapstad, die Drakensberge en sluit in staptoere, bergfietsritte, swem van die Ebenezermyl en vele meer adrenalien-gevulde avonture.
Alles gaan hier oor balans
Oorlewingstegnieke wat gedril word, sluit ook in:
- die korrekte beplanning en pak van rugsaktoere
- swem met dolfyne
- knoop van toue vir verskillende uitdagings in die natuur
- perdry
- bergklim
- bos-oorlewing
- organiese tuinbou
- kleinsakebestuur
- basiese motorversiening
- dans
- kosmaak
- seksualiteitsberading
- loopbaankeuses
- liefdadigheidswerk
- seiljagtegnieke
- sweefduik
- toespraaktegnieke
- diepsee-duik
- eerstehulp
- waterski
- kennis van voëls en plante
- kommunikasievernuf
- kajakroei (river rafting)
- selfverdediging
- kabelsweef oor kranse en valleie, en talle meer.
Klik op hierdie skakel en kyk goed na WARRIORS se www.warriors.co.za/, of volg die aksie op Facebook.
Moenie te gou verlei word deur die lagfoto's nie. Dis geen pretkamp wat skemerkelkies bedien aan bedorwe brokkies nie. Hier leer jy oorlewing, samewerking, wedersydse begrip, natuurbetowering en bowenal jouself ken.
Leer om 'n individu te wees wat kan saamspan, saamdoen en saam beplan aan 'n beter lewe en beter planeet.
www.i-to-i.com/gap-year-south-africa.html
i-to-i gee jou kans om as vrywilliger te werk met dierebeskerming in die natuur en om Engels oral in Suid-Afrika aan ander te leer.
Jou brugjaar is jou oorstap van skooldae deur droompaaie na volwassenheid. Sorg dat jy spel en opleiding kombineer om jou lewe te verbreed, maar beplan dit binne jou perke.
www.southafrica.info/about/education/education.htm











