• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Jou brugjaar is om jou vlerke te sprei en jou voete te vind.

brug2Brugjaar of gatjaar?

Sommige jongmense sien die eerste jaar na skool as 'n soort gatjaar (gap year) of joljaar en wil ná matriekeksamens net blaaskans vat en speel vir 'n vale. Seker goed só as jy of jou ouers dit kan bekostig, maar vir die meeste bied 'n brugjaar 'n vryheidsfantasie en strawwe werklikheidstoets. 

Vir jou ouers of voogde is jou brugjaar ook 'n groot aanpassing – van jou kindwees na volwassenheid. Wat is jy?

 

 

brug3Eerste solovlug

Die sukses van jou brugjaar hang af van jou gesindheid, jou talent en aanleg, jou skoolpunte, die beskikbaarheid van geld en jou vermoë, al dan nie, om suksesvol te kan grondvat na jou eerste solovlug.

 

Vlinder of mot?

As daar een kans is wat jy het om die skoolstof af te skud en jou vlerke te vind, is dit nou, maar as dit 'n soort kokonjaar word, is dit een van groot metamorfose. Dis jou keuse en verantwoordelikheid om aan die einde van hierdie periode te verskyn as óf 'n vlinder óf  'n mot. Jou transformasie kan bepaal  hoe jy self en ander oor jou voel vir 'n baie lang tyd daarna.

 

brug4Beste keuse

Dis heel natuurlik om ná skooljare te wil stokkiesdraai en rondkuier, maar om te jag na blote avontuur as jy nie universiteitstoelating of matriek het nie, gaan al jou planne gou en erg in die wiele ry. 

Jy kan genoeg tyd maak om te speel, maar as jy nie matriekvrystelling het nie, doen  beslis 'n goeie formele brugkursus by 'n universiteit of kollege. Dit word 'n stewige fondament waarop jy kan voortbou. 

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree