Liefdadigheidswerk kan meer karakter bou as enige ander, maar al klop jou hart op die regte plek, sal jy dalk meer as vliegkaartjies en sakgeld moet beplan om jouself te beskerm. Verblyf en kos kan jy verdien waar jy as vrywilliger werk, maar sorg altyd dat jy 'n plan B het en fondse om dit deur te voer – voor jy vrywilligerswerk ver van jou huis aanvaar.
As jy vrywilligerswerk nie oopkop beplan en plan in die hand raad soek by universiteite, kerkgroepe of hulpsentrums nie, kan jy vasbrand:
- Jy kan oorsee ontdek jy het te veel werk en te min tyd of geld om te reis.
- Vreemde tale, vreemde landskap, vreemde kulture en vreemde gewoontes van ander kan meer probleme as plesier skep. Vra vooraf by wie reeds daar was wat om te verwag.
- Jy kan vind dat jy nare werk moet doen wat jy glad nie geniet nie.
- Verblyf kan glad nie wees wat jy verwag het nie.
- Jy kan die gerief en ondersteuning van familie en vriende meer mis as wat jy ooit sou dink.
- Jy kan voel jy is 'n jaar agtergeblewe teenoor vriende wat direk universiteit of kollege toe is.
- Jy kan vroeër as beplan terugkeer huis toe en voel jy pas nêrens in nie en het niks om te doen nie.
'n Kort tyd van beproewing – terwyl jy minder bevoorregte mense help oorleef – kan meer karakter bou, meer geduld aanleer, meer deernis, insig, kennis en liefde skep as enige plesier.
Vrywilligerswerk kan soms moeilik en selfs skokkend wees, maar sal jou nie net help om 'n beter perspektief op armoediges en jouself te kry nie, maar ook op die waarde van ouerliefde wat jy moontlik tevore as kritiek ervaar het.










