Nuwe vaardighede, nuwe tale, nuwe kontakte en nuwe verwysings maak nuwe kennis, nuwe moontlikhede en nuwe drome wakker. Dis die doel van 'n brugjaar!
'n Brugjaar word net nóg beter as jy 'n kort kursus doen in enigiets waarin jy belangstel. Al is dit houtwerk, skildertegnieke, sushi-style of padstalbestuur – enigiets wat jou prikkel, plesier gee of iets leer is goed. Al lê dit los van jou groot belangstelling, byvoorbeeld 'n kort kursus in joernalistiek tydens jou brugjaar teenoor 'n graad in volkekunde daarna.
Jy kan leer om onafhanklik en meer verantwoordelik te wees.
Jy kan sorg dat jy jouself ontdek terwyl jy jonk en energiek is, eerder as om dit later te doen as jy vassit met verantwoordelikhede wat nie gekies het nie – soos werk wat jy haat maar aanvaar net ter wille van geld Jy kan stap-vir stap leer geld verdien met jou belangstellings.
Jy kan jou losmaak van jou ouers en selfstandig voortbou – terwyl jy hul liefde en ondersteuning des te beter verdien. Met jou ouers, veral, kan jy 'n sterker en beter verhouding skep deur na jouself om te sien.
Sonder planne volg teenspoed en dwaalpaaie
Jy kan skeeftrap en val sonder 'n plan, en boonop stof proe terwyl jou vriende reeds vlieg.
Jy kan agterbly tussen lamvlerk dwelmdromers wat jou geld soek.










