• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Hoe kwalifiseer ek vir opleiding na skool?

  • A19Kies skoolvakke in lyn met wat jy eendag wil doen. Vind deeglik uit wat dit is. As jy skoolvakke het wat nie meer rym met wat jy wil doen nie, kry jy altyd kans om iets daaraan te doen. Moet nooit voel dat jy jou kans op sukses verbeur het nie. Nuwe moontlikhede bestaan altyd.
  • Kies vakke uit die nuwe vaklys hierondervir toelating tot Nasionale Senior Sertifikaat (NSS). 
  • Die NSS is ’n voorvereiste tot alle naskoolse Hoër Sertifikaat-, Diploma- en Graad-programme.     
  • Om ’n NSS te verwerf, moet ’n minimum van 40% in drie vakke behaal word, waarvan een ’n amptelike taal op huistaalvlak moet wees. Die ander twee vakke kan enige uit die vaklys hieronder wees en die minimum vir elk is ook 40%. 
  • Indien Lewensoriëntering een van die eerste drie vakke is, moet jy minstens 40% daarin behaal, maar as dit as ’n verdere vak gekies word, is die slaagsyfer 30%. 
  • Jy moet verder minstens 30% behaal in drie ander vakke uit die lys hieronder. 
  • Sekere vakrigtings mag verdere toelatingsvereistes stel. Maak seker of jou keuse daaronder tel.
  • Om oor die minimumvereistes te beskik, bied geen waarborg dat die leerder noodwendig tot verdere studies in hoër onderwys toegelaat sal word nie. 
  • Minimumvereistes vir toelating tot die Hoër Sertifikaat: ’n NSS. 
  • Minimumvereistes vir toelating tot ’n Diploma: ’n NSS met ’n prestasieaanslag van 3 (Matige Prestasie, 40% – 49%), of  beter in 4 erkende NSS 20-kredietvlakke. 
  • Minimumvereistes vir toelating tot ’n BA-Graad: ’n NSS met ’n prestasie-aanslag van 4 (Matige Prestasie 50% – 59%) of beter in 4 erkende vakke gekies uit die volgende vaklys: 
    • Rekeningkunde 
    • Landbouwetenskap
    • Besigheidstudies 
    • Dramatiese Kunste 
    • Ekonomie 
    • Ingenieursgrafika- en ontwerp 
    • Aardrykskunde 
    • Geskiedenis 
    • Verbruikerstudie 
    • Inligtingstegnologie 
    • Tale (een taal van leer en onderrig soos gebruik by ’n instansie vir hoër onderwys) 
    • Lewenswetenskappe
    • Wiskunde     
    • Wiskundige geletterdheid 
    • Musiek 
    • Natuurwetenskap 
    • Godsdiensstudie 
    • Visuele kunste

Die volgende vakke vir die NSS word erken vir toelating tot die Hoër Sertifikaat, Diploma of BA-Graad. Elk van die vakke het ’n kredietwaarde van 20, behalwe Lewensoriëntering (10). Let wel: Nie al die vakke word in die Wes-Kaap aangebied nie:

GROEP A

Amptelike tale 

Word onderskei op die vlak van huistaal of as eerste- of tweede addisionele taal, waaronder:

  • Afrikaans • Engels • Ndebele • isiXhosa 
  • isiZoeloe • Sepedi • Sesotho • Setswana 
  • Seswati • Tshivenda  • Xitsonga

 

Wiskundige wetenskap 

  • Wiskundige geletterdheid  
  • Wiskunde

 

Menslike- en sosiale wetenskappe

  • Lewensoriëntering

 


 

GROEP B

Kuns en kultuur

  • Dansstudie
  • Ontwerp  
  • Dramatiese kunste  
  • Musiek  
  • Visuele kunste

 

Sake-, handel- en bestuurstudies

  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie

 

Amptelike tale 

Op die vlak van tweede addisionele taal en nie-amptelike tale:

  • Al die reedsgenoemde tale van Groep A asook:
  • Arabies • Frans • Duits • Goedjarati • Latyn
  • Hebreeus • Hindi • Italiaans • Portugees 
  • Spaans • Tamil • Teloegoe • Oerdoe  

 

Dienste

  • Verbruikerstudie
  • Gasvryheidstudie
  • Toerisme

 

ONTHOU - Die geselskap en vakke wat jy kies op skool is die basis van jou lewe. Dit kan jou hele lewensstyl, jou vriendekring, jou inkomste en verwagtinge vir baie jare bou of breek. Maak seker jy kies nie net die maklikste en lekkerste terwyl jy jonk is nie, maar ’n pad wat kan bly staan as jy alleen moet loop.

 Vir verdere inligting besoek  www.onderwys.pwv.gov.za

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree