• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Lekker werk en goeie rolmodelle

In ’n wêreld waar Paris Hilton en die Kardashian-susters rolmodelle is, kan dinge net skeefloop. Of het jy reeds genoeg geld om soos hulle te leef? Watter rolmodel sou jy onder Suid-Afrikaners kies? Of, nader aan die huis, onder suksesvolle mense met Afrikaans as taal?

Tammy-Anne Fortuin

B6

"Deur Afrikaans het ek ’n loopbaan in televisie uitgekerf. Dis ’n voorreg om in een van my moedertale ’n bestaan te kan maak en dis iets waarop ek baie trots is. Afrikaans is in my bloed en deel van wie ek is…"

 

Anastacia de Vries 

B7

“In Ravensmead het ek met Afrikaans in alle vorme leer speel, van straattaal tot handboektaal. Met my vrypas tot die wêreld van woorde verdien ek vandag my daaglikse brood. Heerlik! Afrikaans is my sleutel tot my werk, en omdat ek my in my moedertaal kan uitleef, is my werk ook my speelplek. Ek kan met my taal speel soos ’n kind met verf – en die wêreld vol woordprentjies skilder.”

 

Eben Venter

B8

“Afrikaanse woorde en die Afrikaanse manier van ’n ding sê, Afrikaanse letterkunde (die Sestigers, die liefdesgedigte van Breytenbach en Ingrid Jonker) maak ’n deur oop op jou afkoms en op jouself. As jy jouself en jou moedertaal goed ken, is jy toegerus om ander tale (Engels, Nederlands, Duits) te bemagtig, is jy gereed vir die uitdaging om die ‘taal’ van ander dissiplines te ontsyfer.”

 

Kay Karriem

B9

"Ek verdien my brood en botter met woorde. Woorde is my lewe. Eers as joernalis by Beeld, later as sub- en nuusredakteur by Die Burger. Ek wil graag my liefde vir woorde met jongmense deel – want skryf of praat, ons stories moet uit."

 

Amoré Bekker

B10

“Jy is sterstof….eksperimenteer met jou talente!”

 

Riaan Visman

B11

"Moenie dat omstandighede ’n struikelblok wees in jou proses tot sukses nie. Deur pligsgetrouheid bereik jy jou ideale."

 

Daniëlle Wass

B12

“Om in jou moedertaal te werk, is soos om in jou moedertaal te droom, eet en speel. Afrikaans het so ’n ryk geskiedenis en is so groot deel van my en jou agtergrond. Wie sal dit vir ons bewaar as ons dit nie self doen nie?”

 

Anoeschka von Meck  

B13

“Dis my vaste oortuiging dat die Skepper God elke persoon spesifiek vir ’n sekere kultuurgroep en tydvak uitverkies het. Jou lewe, jou konteks, jou taal en politieke era waarin jy gebore is, is presies nodig vir jou ontwikkeling om jou goddelike lewensdoel te bereik. As Afrikaans een van  jou tale is, laat waai!”

 

Jaqui January

B14

"'n Loopbaan as radio-joernalis is beslis elke sekonde werd. Die verskeidenheid bring balans – soms ernstige, harde nuusstories, soms prettige, ligte stories en ander kere sielsrakende hartseerstories. Dit noop jou om wyd te lees en nuusgebeure dop te hou, maar dit hou jou ook nederig as jy besef hoe min jy weet – ek leer elke dag."

 

Fanie Viljoen

B15

“Afrikaans is gebore en genestel in Afrika. Dis ’n lewende taal, ons erfenis. Laat jou verlei deur Afrikaans.”



Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree