By Hoër Onderwys Spesialis Kolleges in Kreatiewe Media en die Kunste word bedryfsgerigte kursusse aangebied soos Film & Televisietegnieke, Professionele Fotografie, Multimedia Ontwerp en Produksie, Joernalistiek, Rolprentgrimering en Spesiale Effekte, Professionele Spel-opleiding vir Kamera asook Klank-ingenieurswese. Hierdie kursusse bied praktiese opleiding gekoppel aan werkondervinding in die toepaslike bedrywe, gerugsteun deur teoretiese toeligting. Graad 12 is ’n minimum vereiste.










