Bou ’n lewe presies soos jy daarvan hou. Kampusse verskil hemelsbreed maar almal sorg om te voldoen aan die behoeftes, belangstellings en gerief van studente – van koffiewinkels, kafeterias en restaurante tot boekwinkels, modeboetieks, flieks en kroeë vir musiek. As als nie op die kampus self is nie, is dit baie naby.
Nuwe leer- en speelplekke
Biblioteke, videoteke, sportklubs, gimnasia, gesondheidsklinieke en beradingsfasiliteite, alles is gewoonlik binne stap-afstand van die kampus of koshuis. As jy iets nodig het, is dit net om die draai, want elke leerplek skep ’n balans tussen die buitelewe en die leerprogram – gemeenskappe wil só lede bou met kennis én sosiale afronding.
Iets vir elke smaak en styl
Studenteverenigings en -klubs sorg vir ’n ryk verskeidenheid van bedrywighede om jou belangstellings op hoë vlak te ontwikkel. Dit sluit in akademiese-, godsdienstige-, politieke-, kuns- en kultuuraktiwiteite.
Aan die politieke, kulturele en godsdientige fronte, is daar gevestigde organisasies gesout om studente te help met aanpassing, deelname en ontwikkeling van kennis en vaardighede. Raak betrokke.
Geestesontwikkeling
Godsdienstige groepe is in die meerderheid en betrek nie net Christelike-, Hindoe- en Moslemdienste nie, maar vele meer.
Akademiese groepe
Akademiese organisasies dek talle vakgebiede soos Biologie, Geskiedenis, Geografie, Fisioterapie, Mediese- en Rekenaarwetenskappe. Om net ’n paar vakrigtings te noem.
Van hip hop tot skilder en meer
Kultuurgroepe is aktief oor ’n wye spektrum heen - fotografie, vliegkuns, debat, joga, wynproewery, hip-hop, skilderkuns, poësie…noem maar op. Wat ookal jou seile span, iewers sal iets jou prikkel. Speel saam!
Ontdek reisgroepe
Die aksiegroepe hou nie net vergaderings, klasse en saamtrekke nie, maar gaan op reis en werk ook met buitelandse kampusse saam.
Lewenslange vriende
Byna alle beroepe vereis ’n goeie algemene kennis. Studente wat nie aan kampusklubs deelneem nie verloor ’n kosbare kans om opwindende intellektuele aksie te geniet en dinamiese, lewenslange geselskap te bou.
Jy kry kans op kans om van tekortkominge en onsekerhede ontslae te raak en plek te maak vir bereikbare drome.










