• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Meer inligting vir ouers oor kampuslewe & akkommodasie

A26Gemoedsrus vir ouers

Kampuslewe bied baie meer as net leer en speel. Terwyl jy studeer kan jy ook persoonlike vraagstukke uitstryk. Dis ’n plek en tyd om ook persoonlike probleme op te los. Sielkundige beraders verskaf  gratis dienste om persoonlike, akademiese en ander studieverwante kwessie te takels. 

Wedersydse steun tussen kampusdienste skep só die grondslag vir ’n gesonde interdissiplinêre omgewing waarbinne die student mbv korttermyn persoonlike terapie – insluitend verhoudings-, groeps- en gesinsterapie – kan ontwikkel tot ’n groter aanwins vir die gemeenskap.


Ook ouers kry só gemoedsrus dat hul kinders nie aan hulself, die onbekende en aan radeloosheid oorgelaat word nie. Die een hand was die ander, maar hoe omvattend en genesend die instelling se kampuslewe ookal mag wees om ’nverantwoordelike mensdom te help bou– deelname bly opsioneel. Met ander woorde, die student moet self besluit om deel te neem. Sorgstelsels bied ondersteuning, maar kan nie verantwoordelik gehou word vir die vordering al dan nie van studente nie.

 

Sielkundige kwessies

Vraagstukke is die ontwikkeling van leervaardighede, hipnose, HIV/Vigs-terapie, angsbeheer, seksualiteit, seksterapie, loopbaan-beplanning, doelwitstelling, psigometriese toetsing, psigo-opvoedkundige groeps-werkswinkels, ensomeer. Leer om jouself en ander te help.

 

Skoolverlaters kry hulp selfs voor studies begin

Aktiwiteite fokus hier op die identifisering, voorkoming en behandeling van velerlei studentekwessies om in die algemeen ’n gesonder samelewing te skep. Ook skoolverlaters kan om hulp en riglyne aanklop.

 

Individuele leiding

Ervare studente-mentors help eerstejaars om akademies en op ander vlakke te presteer asook om doelwitte so gou doenlik te bereik. Gereelde weeklikse kontak bou aan gelyke een-tot-een kommunikasie – met respek vir diversiteit. Die Health Professions Councilvan Suid-Afrika hou ’n waaksame oog op die werkinge en instandhouding van studente-ontwikkelingstegnieke. 

 

Internskappe

Internskappe word gemonitor deur erkende liggame wat nie net plaaslik nie maar internasionaal uitruil en wisselwerk doen. Interne sielkundiges moet almal opleidingsprogramme slaag en beklee merendeels ná afstudie verantwoordelike professionele poste binne die dissipline van sielkunde. 

Eie dryfkrag bly die ideaal – jy word geleer om jouself en jou lewe genotvol, verantwoordelik en produktief te bestuur.

 

Gestremdes met gemak verwelkom oral op die kampus

Persone met fisieke en ander gebreke word so ver moontlik bemagtig om afhanklik te kan wees. Blindheid, doofheid en ander vorme van gestremdheid word lank voor die aankoms van die voornemende student reeds individueel aangespreek – so vroeg as graad 10 reeds word die persoon gehelp om die regte keuses, planne en besluite te maak om gemaklik by kampuslewe in te skakel. Gestremdes kan ook vooraf by die departement van arbeid om ’n beurs aansoek doen.

 

Sportveld

Op die sportveld word studente op elke moontlike vlak en terrein ondersteun om die beste moontlike plesier en resultate uit speloefening te put. Van administrasie en terrein-onderhoud tot die naspeur en aanstelling van afrigters – sportaktiwiteite word maksimaal ondersteun sodat studente letterlik die hoogste sport op enige speelveld kan bereik. 

Die gewildste sportsoorte wat op kampus aangebied word, is aerobiese sport, watersport, atletiek, pluimbal, basketbal, liggaamsbou, boks, skaak, krieket, dans, tennis, rugby, gholf, wandelsport, hokkie, karate, netbal, biljard, sagtebal, muurbal, tafeltennis en vlugbal. 

 

Oefening en liggaamsbou

’n Kampusgimnasium met die beste geriewe teen uiters billike tariewe is gewoonlik tot alle studente se beskikking.

Akkommodasie en geld

As jy by kampus-akkommodasie soos ’n koshuis wil inwoon, moet jy dikwels vooraf ten volle daarvoor betaal. Die geld dek verblyfruimte, maaltye en die instandhouding van netjiese woongeriewe. Dis ook moontlik – en goedkoper – om self maaltye in toegeruste eenhede te berei. Koshuislewe bou gemeenskapsgees asook lewenslange vriendskappe en sakekontakte.

Studente woon dikwels saam in privaathuise en woonstelle en deel die fasiliteite, onkostes en onderhoud daarvan. Reiskostes beloop ekstra en duur uitgawes. 

Hoe nader aan die klas, hoe ligter op die sak.

Beplan ook reisgeld vir vakansies

 

Onderverdeling van leerplekke

Universiteite word saamgestel en onderverdeel in verskillende kolleges, fakulteite, skole en departemente. Sulke ‘skole’ of ‘kolleges’ is anders as wat ons dit tevore leer ken het en verwys na die samestellings van groepe studierigtings wat in soortgelyke velde spesialiseer – só word die wetenskappe, ingenieurswese en tegnologiese wetenskappe dikwels tot fakulteit of  kollege saamgesnoer.

Die meeste universiteite groepeer die vakgebiede as volg:
Geesteswetenskappe, Regte en Onderwys;
Wetenskappe, Ingenieurswese en Tegnologie;
Sake- en Ekonomiese Wetenskappe; en Gesondheidsdienste.

 

Boeke

Boeke en ander kursustoerusting kan, as jy nie beplan nie, jou geldsake kwaai knou. Vind vooraf uit watter materiaal jy moet hê en sorg dat jy goeie boeke by tweedehandse boekwinkels bekom. Nuwe, veral ingevoerde boeke, is baie duur. 

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree