Leer om raak te vat.
Korter kursusse werk vir studente wat nie vir lang periodes voltyds kan studeer nie.
Korter kursusse werk goedkoper uit en bied wyer keuses asook vinniger resultate.
Privaat kolleges is sterk gerig op praktiese toepassing van kennis en vaardighede.
Die kolleges werk nou saam met die gepaste bedryf en hou direk tred met markbehoeftes.
Onderrig skep werkers wat dadelik by die werksplek kan inspring en raakvat.
Vir ’n lys van geregistreerde, erkende en geakkrediteerde Privaat Kolleges besoek www.saqa.org.za en bestudeer die afdeling “Higher Education Institutions”.
Kry ook meer inligting oor Privaat Kolleges by (012) 312 5695 of publieke kolleges by (012) 312 5316.










