• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Studente- en kampusdienste

A25Op akademiese front word die heel nuutste tegnologie voorsien – van internet en rekenaarfasiliteite tot die produksie van eie kampuskoerante en uitsaai van radioprogramme. Hoe meer studente kan leer en hoe beter ingelig hulle is, hoe beter vir almal wat daarin belê en die wêreld wat op ons almal wag.

Jou uitdaging is om die balans te hou tussen speel en leer, ontdek en presteer. 



ONTHOU
- Die begin  van elke jaar of kursus bied oriëntasieprogramme om jou op jou gemak te stel en vertroud te maak met wat en waar alles is - en hoe jy by die reëls moet hou. Vir elke vraag is daar ’n antwoord en hoe gouer jy leer om te vra, hoe gouer kry jy rigting.

 

Studente geniet ook uitstekende 
gratis gesondheidsdienste
gratis geestelike en sielkundige berading
steun vir diegene met gebreke
raad met geld
strukturering van sport administrasie
en vestiging van studentedissipline 
– om net ’n paar te noem.

Dié gratis dienste word deur studenteliggame en voltydse mentors onderhou. Gerig op die ontwikkeling van ’n veilige kampus-omgewing wat studente maksimaal onderskraag, fokus die ondersteuning nie net op akademiese vordering nie, maar ook ontwikkeling op verskeie ander vlakke – om die jong mens vir ’n vol en fyn genuanseerde volwasse lewe voor te berei.


 

Universiteit van die Vrystaat

Wees wie jy is deur dienskragtigheid, innovasie en ontwikkeling. Studente leer akademiese én sosiale lewenskrag ken met alles-in-een kampusgeriewe.

Kampusse: Hoofkampus, Bloemfontein * Qwaqwa-kampus

Kontakbesonderhede:
Tel: 051 401 9111

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.ufs.ac.za


 

Universiteit van Johannesburg

“Die ganse doel van opvoeding is om spieëls tot vensters te omskep” – Die UJ is so dinamies as dié stad self en bied die saamgesnoerde energie van twee kranige hoër leerkragte.

Kampusse:Aucklandparkse Kingsway-kampus * Aucklandparkse Buntingweg -kampus * Doornfontein-kampus * Soweto-kampus * Oos-Randse kampus

Kontakbesonderhede:
Tel: 011 559 4555
Faks: 011 559 2191

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.uj.ac.za


 

Universiteit van KwaZulu Natal

Maak geskiedenis – kies UKZN. Die Universiteite van Durban-Westville en Natal staan nou saam as die Universiteit van KwaZulu-Natal en bied studente die gesamentlike vernuf van deeglike navorsings- en opleidingstegnieke. UKZN staan gereed om die nommer een posisie in te neem as dié Universiteit van Afrika-leerkrag. 

Kampusse:Edgewood-kampus * Howard College-kampus * Nelson Mandela Mediese Skool-kampus * Westville-kampus * Pietermaritzburg-kampus

Kontakbesonderhede:
Tel: 031 260 1111
Faks: 031 260 2201

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.ukzn.ac.za

 

Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Omring deur asemrowende natuurskoon is Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit ’n droomplek om te studeer en bied dit loopbaangerigte en akademiese kursusse om aan studente se toekoms-ideale te voldoen.

Kampusse: Nelson Mandela Metropole, Port Elizabeth en George * Summerstrand-kampus, Noord * Summerstrand-kampus, Suid * Birdstraat-kampus * Vista-kampus * Algoa-kampus * Saasveld-kampus, George * Yorkstraat-kampus, George * Missionvale-kampus

Kontakbesonderhede:
Port Elizabeth kampusse:
041 504 2111 / 504 3911 / 408 3111

George:
044 801 5111

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.nmmu.ac.za


 

Noordwes Universiteit

Kampusse: Mafikeng-kampus * Potchefstroom-kampus *Vaaldriehoek-kampus

Kontakbesonderhede:
Mafikeng-kampus
Tel: 018 389 2111

Vaaldriehoek-kampus
Tel: 016 910 3111

Potchefstroom-kampus
Tel: 018 299 1111

Webwerf: www.nwu.ac.za


 

UNISA

Mega-universiteit met globale impak – UNISA bied die kombinasie-krag van die voormalige UNISA, Technikon SA en Vista-Vudec om Suid-Afrika se eerste Omvattende lang-afstand universiteit te vestig. Derduisende studente leer teen eie tyd, teiken en tempo terwyl hulle voltyds werk.

Kampusse: Hoofkampusse in Pretoria en Florida, Gauteng * Streeksfasiliteite in: Oos-Kaap-provinsie * Wes-Kaap-provinsie * Noord-Kaap-provinsie * Noord-Wes-provinsie * Vrystaat-provinsie * Limpopo-provinsie * Gauteng-provinsie * KwaZulu-Natal-provinsie * Mpumalanga-provinsie

Kontakbesonderhede:
Tel: 0861 670 411

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.unisa.ac.za


 

Universiteit Stellenbosch 

Wêreldwyd geken vir voortreflikheid met die bou van wetenskaplike-, tegnologiese en intellektuele vernuf in Afrika. En dit teen ’n ryk sosiale en kultuurlewe.

Ligging: Wes-Kaap

Kampusse: Hoofkampus in Stellenbosch * Bellvillepark-kampus * Tygerberg-kampus * Saldanha-kampus * 

Kontakbesonderhede:
Tel: 021 808 9111
Faks: 021 808 3822

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.sun.ac.za


 

Universiteit van die Wes-Kaap

Groei van hoop na krag deur kennis – een van die jongste bronne van kennis-aksie in Suid-Afrika wat spog met ’n kranige reputasie vir voortreflikheid in onderwys, opleiding en navorsing.

Kampusse: Hoofkampus in Bellville * Mitchellsplain en Tygerberg, Parow (Fakulteit Tandheelkunde)

Kontakbesonderhede:
Tel: 021 959 3900 
Faks: 021 959 3668 

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.uwc.ac.za


 

Universiteit van die Witwatersrand

Verander jou toekoms deur jou denke uit te daag – Wits is internasionaal bekend vir die hoogste gehalte in verreikende leerkrag, opleiding en navorsing.

Kampusse: Wes-kampus * Oos-kampus * Parktown-kampus * Education-kampus

Kontakbesonderhede:
Tel: 011 717 1030 
Faks: 011 717 1299

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.wits.ac.za


 

Universiteit van Pretoria

Tuiste van die innovasie generasie. Wêreldklas navorsing en opleiding en bied intellektuele tuiste aan ’n ryk verskeidenheid Suid-Afrikaanse talent.

Kampusse: Hoofkampus in Hatfield * Mamelodi-kampus * Onderstepoort-kampus (Veeartsenykunde) * Prinshof-kampus (Gesondheidswetenskappe)* Groenkloof-kampus (Onderwys)

Kontakbesonderhede:
Tel: 012 420 4111
Faks: 012 420 4555

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.up.ac.za


 

Rhodes Universiteit

Leerplek van leiers – Rhodes Universiteit geniet wêreldwyd ’n kragtige reputasie as kern van opvoedkundige voortreflikheid.

Kampus: Grahamstad

Kontakbesonderhede:
Tel: 046 603 8111
Faks: 046 603 5049

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.ru.ac.za


 

Universiteit van Kaapstad

Ons bied opvoeding vir lewe – vir meer as 175 jaar. Die Universiteit van Kaapstad is van die oudste in Suid-Afrika en een van die voorste onderwys- en navorsingsinstansies in Afrika. 

Kampusse: Hoofkampus, Rondebosch * Mediese kampus, Observatory * Hiddingh-kampus, Kaapstad * Breakwater-kampus, V&A Waterfront, Kaapstad

Kontakbesonderhede:
Tel:021 650 9111
Faks:021 650 3736

E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webwerf: www.uct.ac.za

 

Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree