• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Druk

Tegniese Kolleges

Kuns en tegniek – hand-op-die-wiel


Tegniese Kolleges bied beroepsgerigte, hand-op-die-wiel opleiding aan vanaf graad 10 tot graad 12, asook hoër onderwys tot sover as 3 jaar ná graad 12. 

Die kolleges spesialiseer in praktiese vakopleiding en jy kan registreer vir voltydse of deeltydse klasse, asook afstandsonderrig. Graad 9 is ’n minimum vereiste.

Leerprogramme by Tegniese Kolleges kombineer praktiese onderrig met toepaslike teorie. Dit beteken jy leer ’n werk aan waarvoor daar ’n aanvraag is, en as jy klaar geleer het, is jy reg om in te val om te werk. Vakleerders verwerf sertifikate of diplomas – afhangend van die tipe en duur van die kursus. 

Tegniese Kolleges bied onderrig in uiteenlopende studierigtings aan, waaronder die Kunste (Dans, Drama, Musiek, Kuns, ens), Sosiale Dienste (EDUCARE, Kindersorg, Bejaardesorg), Landbou (Besproeiing, Landskapsargitektuur), asook Tale en Kommunikasie.


ONTHOU - Jy kan jouself binne enige van hierdie rigtings vind, oriënteer, oplei en voorberei op ’n sinvolle lewe. Dis net ’n keuse en ’n besluit ver.


Media24 Naspers culturalaffairs DGMT Rupert Stigting Die Burger Het Jan_MArais_Nationale_Fonds dagbree