Vir die man met die plan en die dame met die drome.
Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) oftewel ‘Further Education and Training’ (FET), voorheen bekend as ‘Tegniese Kolleges”:
Bied formele en informele beroepsgerigte kursusse aan wat verskil in aard en duur.
Vanaf N1 tot N3, asook studievlakke ná matriek of graad 12 (N4 – N6), bied VOO-Kolleges leergange aan wat teorie direk met praktiese opleiding koppel.
VOO-Kolleges lewer werkers wat onmiddellik werk kan kry en produktief in die bedryf kan staan.
Entrepreneurskursusse skep deeglike grondslag om eie besighede te begin.
Baie gekwalifiseerde beroepslui doen opnuut VOO-kursusse om op peil te bly in vinnig-ontwikkelende werksterreine.
Meer as 50 verskillende VOO-Kolleges bestaan in Suid-Afrika. Bel die VOO-afdeling van Departement Onderwys by (012) 312 5303 vir die nuutste lys van instansies aktief in jou provinsie.










