As jy skool verlaat sonder graad 12 of met lae matriekuitslae beteken dit nie dat jy nie verder kan studeer nie. Daar is baie maniere om matriek te haal óf verder te leer sonder matriekvrystelling.
Wil jy ná matriek studeer vir ’n tersiêre kwalifikasie soos ’n graad of diploma, of liewers direk gaan werk? Wil jy deeltyds studeer terwyl jy geld verdien? Lees meer…
Vrae om jouself af te vra:
Is jou skoolpunte goed genoeg vir toelating tot tersiêre studie?
Benodig jy tussen-studie, soos kort kursusse, om te help om die nodige toelating te kry?
Kyk na die afdeling Hoe bou ek my brugjaar in hierdie gids.










