Werkloosheid en ’n swak geskoolde arbeidsmag ondermyn ekonomiese groei in Suid-Afrika. Die SBA bied daarom bepaalde programme vir halfgeskoolde en werklose volwassenes aan wat hulle met geletterdheids-, lewens- en entrepreneursvaar-dighede bemagtig. Dit is die SBA se doelwit om hulle toe te rus met vaardighede wat hulle sal help om selfonderhoudend te wees.
Suksesse
Minstens 1 000 volwassenes word jaarliks bemagtig met vaardighede wat hulle sal help om ’n selfonder-houdende lewe te lei.
“Al die dinge of lesse in die handleiding is op my lewe van toepassing en nou kan ek dit oordra aan my kinders en kleinkinders.” – Volwasse kursusganger





