Die SBA bied deur die loop van die jaar ’n verskeidenheid werkswinkels aan Afrikaanse onderwysers aan. Dit begin met die jaarlikse Afrikaanse Letterkunde-kongres (LOK), wat in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en plaaslike universiteite aangebied word. Afrikaanse vakkundiges word genooi om werksessies aan te bied en leermateriaal te ontwikkel. Dit dra daartoe by dat gehalte-onderrig in Afrikaans bevorder word en ouers, leerders en onderwysers se vertroue in Afrikaans as onderrigtaal versterk word.
Suksesse
Ongeveer 2 000 onderwysers woon jaarliks dié werkswinkels by.
“’n Paar woorde om baie dankie te sê vir 'n puik LOK-program. Ek het dit inderdaad geniet en soveel geleer van al hierdie wyse mense.” – Ansie Bailly, Parklands College





