Zoë-tuisleesprojek
Die vermoë om te lees vorm die grondslag van leer. Dit is dus noodsaaklik dat kinders op ’n vroeë ouderdom aan voorlesings, storievertellery en geskikte boeke blootgestel word. Nie alle 4- tot 9-jariges is egter so bevoorreg nie, want armoede, werkloosheid en ander negatiewe faktore ontneem hulle die geleentheid om ’n liefde vir lees en basiese leesvaardighede te ontwikkel. Die SBA het om dié rede besluit om die Zoë-tuisleesprojek in armer gemeenskappe van stapel te stuur.
Suksesse
Die Zoë-tuisleesprojek, waarby daar reeds 1 000 kinders betrokke is, word deur 17 fasiliteerders en 143 vrywilligers bestuur.
“Daar is 12 leesmammas in my area. Voordat ons met die voorlees begin, doen ons speel-speel higiëne en leer ook van die versorging van boeke.” – Beulah Nero, leesfasiliteerder





