Die SBA bied ’n hele reeks programme aan om dié mikpunte in die praktyk te realiseer:
• Lees-vir-genotprojekte vir 4- tot 9-jariges
• Lees-vir-leerprojekte vir 10- tot 15-jariges
• Lees-vir-suksesprojekte vir 16- tot 19-jariges
• Werkswinkels oor taal in die uitvoerende kunste vir hoërskoolleerders
• Werkswinkels oor lees-, letterkunde- en taalonderrig vir onderwysers
• Werkswinkels oor taalbeleidontwikkeling en bestuur vir skoolbeheerliggame en onderwysers
• Geïntegreerde taalvaardigheidsopleiding vir vroeë skoolverlaters en werklose volwassenes




