Hierdie werkswinkels word in samewerking met Kaapstad se Kunstekaap-teater en kunstefeeste soos die Suidoosterfees aangepak. Dit gee leerders ’n geleentheid om deur middel van dramaproduksies ‘n beter begrip van die letterkunde te ontwikkel. Voorts bied dit ’n praktiese illustrasie oor die kreatiewe aanwending van taal in die kunste. Dit gee hulle ook insig in die verskeidenheid beroeps- en entrepreneurs-moontlikhede wat taal bied.
Suksesse
Sowat 3 000 hoërskoolleerders kry geleentheid om die dramaproduksies jaarliks by te woon.
Daarmee saam bied die akteurs werkswinkels aan wat verband hou met loopbane in die uitvoerende kunste.





