 |
|
|
| 7/19/2007 |
|
|
| 8/16/2007 |
|
|
| 10/4/2007 |
|
|
| 10/25/2007 |
|
|
|
 |
 |
 |
|
Dit is ′n wêreldwye tendens dat kinders al hoe minder lees en daarom gaan leesvaardighede agteruit. Die SBA ondersteun die Nasionale Onderwysdepartement se oproep om die leeskrisis op konstruktiewe wyse aan te spreek. In samewerking met die WKOD, Die Burger en leesspesialiste het die organisasie ′n strategie ontwikkel wat ten doel het:
- voortgesette leesonderrig na die grondslagfase,
- volgehoue opleiding van opvoeders,
- die volgehoue ontwikkeling van ′n leeskultuur,
- die bevordering van geletterdheids- en geletterdheidsverwante vaardighede en
- die verskaffing van relevante onderrig- en leermateriaal.
|