Na skool vooruitsigte

Vakkeuse bepaal jou kind se toekoms

Graad 10 is ’n belangrike jaar, want dit is wanneer leerders (en hul ouers) moet skoolvakke kies. ’n Besluit wat die leerder se loopbaankeuse en toekoms kan beïnvloed. Maar hoe gemaak as die kind nog nie eers seker is wat hy/sy eendag wil doen nie? Hoe kies ’n mens die regte vakke? En is wiskunde regtig so belangrik? Moenie paniekerig raak nie – daar is baie geleenthede en hulp daarbuite.

Lees meer ...

Die Taalraad en Akademia span saam

Die drie gelukkige studente wat vanjaar met behulp van beurse van die Afrikaanse Taalraad met hul BCom-grade by die private universiteit Akademia kon begin, is:

Ilana Swart van Pretoria

Izelle Meyer van Gauteng

Marilee Nel van Bloemfontein


“Die Taalraad help hiermee om presteerders uit die Afrikaanse taalgemeenskap toegang tot kwaliteit tersiêre opvoeding in Afrikaans te gee,” sê dr Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Taalraad.

Die Taalraad bied jaarliks drie beurse aan vir BCom-studies deur Akademia. Hierdie beurse dek studiekoste vir ’n tydperk van drie jaar. 2017 beurswenners kon vir enige van Akademia se BCom-kursusse inskryf, te wete Ondernemingsbestuur, Bestuursrekeningkunde, Ekonomie en Regte, of Finansiële Beplanning. Studente kon ook die na-uurse kontaksessies by enige van Akademia se goedtoegeruste studiesentrums landswyd bywoon.
Hou gerus die Taalraad se webtuiste dop oor inligting rakende beursaansoeke vir 2018.

Kyk ook hier vir meer oor die Afrikaanse Taalraad se beursprogram.

“…dit is vir ons verskriklik belangrik om in al sy vorme ook hande te neem en omdat ons ook saam met die Afrikaanse Taalraad ’n beursfonds begin, juis om seker te maak, dat dit vir meer mense toeganklik is… en, wêreldwyd is die konsep dat mense die vinnigste begrip vorm in hulle eie moedertaal.“ Akademia se bemarkingshoof: Chris du Plessis aan die woord.

‘n Wenner – Ilana Swart gesels oor moedertaalonderrig en wat dit vir haar beteken.

  Lees meer ...

Hoe om ’n wen-CV op te stel

’n Curriculum Vitae kan klink na ’n moeilike ding, maar eintlik is ’n CV net ’n advertensie en vertel jy maar net vir ’n moontlike werkgewer waarom jý die beste persoon vir die werk is. Want jy is mos! Dis die eerste indruk wat ’n werkgewer van jou kry en die doel daarvan is om vir jou ’n onderhoud los te slaan. Daarom moet dit so professioneel moontlik gedoen word.

Op Solidariteit se webblad gee Adelle Roux, stap-vir-stap-riglyne wat beslis kan help.

Die Noordwes-Universiteit se loopbaansentrum gee ook wenke en raad en heelwat moets en moenies met nuttige voorbeelde.

Lees meer ...

 

Na skool

Hier kry jy as voornemende student inligting oor watter instellings in Afrikaans klas gee, ongeag die studierigting, waar jy Afrikaans as vak kan neem en waar om aan te klop as jy ’n beurs of studielening nodig het. Ons verskaf ook ‘n lys van instellings in die buiteland waar Afrikaanse taal- en/of letterkunde en kultuur as vak aangebied word. Vind meer uit oor mentorskapprogramme en leerlinggeleenthede by maatskappye, asook werksgeleenthede vir Afrikaanssprekendes.