Op skool

Blink uit op skool

Hier kry jy inligting oor interessante selfhelpkursusse, kompetisies en slypskole wat jou kan help skitter op skool. Vind eksterne skakels na interessante hulpmiddels en toeps. Klik hier … en kom gesels saam oor wat maak leer lekker!

Vlam brand vir Afrikaans

Op 21 Februarie (Internasionale Moedertaaldag) het die ATKV Centurion se Afrikaansforum, toppresteerders in Afrikaans vereer. Hulle het elkeen ’n Prestige Prestasie Skouerband ontvang en is onderskeidelik as “Mnr Afrikaans” en “Mej. Afrikaans” aangewys. Elkeen ontvang ook ’n prestasiesertifikaat.

Lees meer ...

“Help: my kind wil nie lees nie!”

Ons leef in ʼn era waar boeke met televisie, Playstation, YouTube, Facebook en wie weet wat nog moet meeding. Maar moenie moed opgee nie – dit is steeds moontlik om lesende kinders te hê. Deur Ilse Salzwedel.

Lees meer ...

Onderwysers wat inspireer

Kwêla (kykNET, kanaal 144) is op soek na onderwysers in ons land wat kinders inspireer en op buitengewone of unieke maniere aanspoor tot nuwe hoogtes. As jy so ’n onnie ken, stuur vir Kwêla 'n e-pos van 500 – 1 000 woorde oor wie jy is, wie die onderwyser is en waar hulle skoolhou. Onthou ook om te sê hoekom jy jou onderwyser nomineer. As Kwêla dink jou inspirerende onnie is tops, kom hulle kuier!

Lees meer ...

#Matriek2016 –

‘n Fantastiese hulpmiddel as jy wil presteer in jou matriek-eindeksamen. Vind vorige jare se vraestelle, als op een plek, én volgens die eksamenrooster gelys sodat jy dit moeiteloos kan aflaai. Dankie, Huisgenoot en sterkte aan al die leerders!
http://www.huisgenoot.com/skoolsake-opvoedkundig/matriek2016-laai-vorige-vraestelle-af-vir-maklike-hersiening/.

Nuttige toeps

Daar is 'n heelparty woordeboek-toeps beskikbaar vir Apple en Android en vir die meeste is die basiese weergawe gratis. Ongelukkig is almal se inhoud nie van dieselfde gehalte nie. Probeer gerus 'n paar basiese of bekende woorde en toets hulle maar uit. Dieselfde geld vir die toeps wat jou help om Afrikaans aan te leer; probeer eers die basiese weergawe voor jy hand in die sak steek vir ‘n toep van minderwaardige gehalte.

  Naam Skakel Wie en wat?
50 Languages 50 Languages: Afrikaans play.google.com/store/
(Android-fone of -tablette)
 
Dié toep kombineer teks en klank om deur middel van 100 lesse 'n basiese Afrikaanse woordeskat aan te leer; die gratis weergawe het 30 lesse, daarna betaal jy vir die res.
Afrikaans – Engels Woordeboek Afrikaans – Engels-woordeboek play.google.com/store/
(Android-fone of -tablette)
'n Woordeboek met uitsprake wat ook vanlyn gebruik kan word.

Afrikaans – Engels Woordeboek

Afrikaans – Engels-woordeboek

https://itunes.apple.com/za/

Die databasis het 80 000 Engels-Afrikaans-vertalings en 140 000 Afrikaans-Engels-vertalings; met frases, betekenisse en uitsprake.

Afrikaanse e-Boeke op jou slimfoon

Afrikaanse e-Boeke op jou slimfoon

http://myafrikaans.com/

Met hierdie toep kry jy tjoef-tjaf toegang tot Afrikaanse e-Boeke wat jy op jou slimfoon kan lees. Handige skakels na talle uitgewers wat Afrikaanse e-Boeke uitgee, asook ‘n paar skrywers se webtuistes en resensies.

Afrikaanse Radio: Nuus en Musiek

Afrikaanse Radio: Nuus en Musiek

https://play.google.com/
(Android-fone of -tablette)

Toegang tot 35 Afrikaanse radiostasies en -kanale. Gratis.

Beter Afrikaans

Beter Afrikaans

https://play.google.com/
(Android-fone of -tablette)

Kinders leer speel-speel Afrikaanse spel- en skryfreëls. Gratis.

Speak Afrikaans (ATi Studios)

Speak Afrikaans (ATi Studios)

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Android-fone of -tablette:
https://play.google.com/

Interaktiewe toep om Afrikaans as gesprekstaal aan te leer; die basiese weergawe is gratis, maar jy begin betaal vir toegang tot die meer gevorderde afdelings.

VivA se vanlyn-woordeboekportaal

VivA se vanlyn-woordeboekportaal

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Sekerlik die mees omvattende toegang tot ‘n rits bestaande woordeboeke en woordelyste, insluitend ‘n entrepreneurswoordeboek, asook afkortings, gesegdes en idiome. Gratis beskikbaar.

Maroela Media: Nuus

Maroela Media: Nuus

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Maroela Media se toep vir die jongste nuus, in Afrikaans.

Netwerk24: Nuus en artikels

Netwerk24: Nuus en artikels

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Media24 se aanlyn-nuuskanaal. Die toep kan gratis afgelaai word en gee toegang tot enkele berigte, maar vir premie-inhoud moet jy inteken.

Transparent Language se Byki for Mobile

Transparent Language se Byki for Mobile

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/
Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Die maatskappy spesialiseer in taalkursusse, nou uitgebrei om ook Afrikaans in te sluit. Met taallyste, woordeskat, klank vir uitsprake deur 'n moedertaalspreker en ‘n vasvra vir elke afdeling, volg die program 'n drie-stap-metode om Afrikaans as vreemde taal aan te leer.

Virseker-versekering se Afrikaanse Lekkerlees-toep

Virseker-versekering se Afrikaanse Lekkerlees-toep

https://www.virseker.co.za/

https://play.google.com/
(Net vir Android-fone en -tablette)

Leesstukke vir leerders van graad 4 – 12, wat elkeen volgens moeilikheidsgraad in agt vlakke verdeel is. 'n Graad 4-leerder behoort Vlak 1 te kan doen, en Vlak 8 se ingewikkelde leesstof is vir graad 12 bedoel, maar die kleintjies sal dit ook interessant vind.

Wiskunde vasvra-toep

Wiskunde vasvra-toep

http://dmcsoftware.co.za/

Dié toep het 10 afdelings, van algebra en vergelykings, tot statistieke, waarskynlikheid en trigonometrie. Volg die skakel onderaan die webblad om die toep teen 'n koste van R10, af te laai.

 

Nuttige opvoedkundige webtuistes

  Naam Skakel Wie en wat?
ATKV Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging www.atkv.org.za
 
Die ATKV is reeds jare lank sinoniem met die omvattende, inklusiewe uitbou en bewaring van Afrikaans as lewende erfenis. Hulle bied jaarliks 30 kultuurprojekte aan en is ook nou betrokke by onderwysontwikkeling met toegang na hulpbronne vir skole, onderwysers en leerders.
Afrikaanse Taalraad Afrikaanse Taalraad afrikaansetaalraad.co.za  Die ATR is ʼn inklusiewe organisasie wat alle mense saamsnoer rondom Afrikaans; gerig op die bemagtiging van die Afrikaanse taalgemeenskap en die bevordering en beskerming van Afrikaans. Die organisasie bied toegang tot heelparty taal-, letterkundige en akademiese hulpbronne – ook 'n fdeling spesiaal vir onderwysers. Die skakels na 'n paar kalenders en nuus hou jou op hoogte van die jongste gebeure en programme vir deelname.


  Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

http://www.fak.org.za/

Die FAK bestaan reeds sedert 1929, en het ook 'n program vir die bevordering van Afrikaans onder die jeug. Benewens die jaarlikse Afrikaanse Skole-ekspo, bied My Klaskamer op hul webtuiste toegang tot gratis hulpmiddels vir onderwysers, organiseer hulle jaarliks 'n Oorsprong van Afrikaans-toer na Europa en bied skole toegang tot 'n Jeugplaas.

FEDSAS: Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole

FEDSAS: Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole

http://www.fedsas.org.za/Home/

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van skole-beheerliggame. Die organisasie se grootste doelwit is om die hoogste, internasionaal-erkende onderwysstandaarde in openbare skole wat lid van die organisasie is, te handhaaf en uit te bou. Hul uitgebreide jaarprogram bied ontwikkelingsprogramme vir skole, onderwysers en leerders aan. Daar is 'n magdom tegniese en regulatoriese hulpbronne, danksy vennootskappe met die grootste rolspelers in die bedryf – insluitend op Regeringsvlak. FEDSAS is ook die tuiste van SAOOT (SA Onderwysontwikkelingstrust), wat hom beywer vir onderwysontwikkeling in voorheen benadeelde gemeenskappe.

SA Onderwysersunie

SA Onderwysersunie

http://www.saou.co.za/

Die SAOU is sekerlik een van die mees gevestigde onderwysorganisasies in die land. Benewens finansiële en ander steundienste en skakeling met ander onderwysersunies, is die aandag sterk op professionele verryking vir onderwysers en beroepsteun in uiteindelik ook die beste belang van leerders. Danksy die unie se wye netwerkaffiliasies, is daar toegang tot ontwikkelingskursusse op alle vlakke en alle vakgebiede.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

http://helpendehand.co.za/sos/

Solidariteit Helpende Hand se SOS bied praktiese opleiding en hulpmiddels vir Afrikaanse onderwysers wat Wiskunde en Afrikaans aanbied. Die programme sluit uiteenlopende werksessies en slypskole vir leerders en onderwysers in en 'n aanlynwinkel (Die Markplein) waar vraestelle en werkkaarte gekoop en verkoop kan word.

Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans

Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans

https://www.facebook.com/
en
http://www.afrikaans.com/

Die SBA se hoofdoel is die bemagtiging van arm gemeenskappe om deur geletterdheidsontwikkeling 'n pad na selfonderhouding te kan stap. Die programme wissel en is gemik op kinders tussen 4 – 19 jaar oud. Daar is ook werksessies vir ouers van die leerders, vir onderwysers oor die ontwikkeling en bestuur van geletterdheid, en die opleiding van skoolverlaters om hul taalvaardighede te verbeter. 

Virtuele Instituut vir Afrikaans

Virtuele Instituut vir Afrikaans

http://viva-afrikaans.org/

VivA is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste wat hom daarvoor beywer om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou. Hul programme en omvattende (digitale) hulpbronne word deurentyd aangevul en is gerig op die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang en in alle kontekste, om platforms en hulpmiddels te skep vir gesproke en geskrewe Afrikaans en 'n tegnologie-gedrewe Afrikaanse taaldiens te bied.

Vriende van Afrikaans

Vriende van Afrikaans

https://www.facebook.com/
en
http://www.vriendevanafrikaans.co.za/

Die VVA beywer hom vir die beskerming en behoud van Afrikaans in al sy vorme. Die grootste projek is die boektrommels vir verdienstelike skole en kleuterskole en 'n voorleesprojek. Hulle bied landwyd slypskole aan om onderwysstudente te help om tweedetaalsprekers van Afrikaans te inspireer, asook voorleeswerksessies vir ouers.


Hulp in die klaskamer en vir skooltake

  Naam Skakel Wie en wat?
Aanlyn-speltoetser Aanlyn-speltoetser

http://blog.tiaan.com/
Aanlyn-speltoetser: http://blog.tiaan.com/

Volg hierdie maklike stappe om Tiaan Geldenhuys se gratis speltoetser vir Afrikaans af te laai wat jy altyd byderhand kan hou. Of jy kan sy aanlyn-speltoetser op sy blog gebruik.
Afrikaans-Afrikaans

Afrikaans-Afrikaans

http://afrikaans-afrikaans.weebly.com/

 

'n Taalonderwyser en assesseerder in die matriek-eindeksamen deel vraestelle, lesplanne, assesseringsrubrieke en -riglyne vir Afrikaans vir graad 10 – 12. Ook raad en wenke oor eksamens.

SkryfGoed

www.spel.co.za

Elektroniese hulpmiddels vir beter skryfwerk, insluitend 'n speltoetser, grammatikatoetser, tesourus en woordafbreker.
Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) se skryfhulpmiddels help Suid-Afrikaanse rekenaargebruikers al ʼn geruime tyd om beter te skryf. Die speltoetser is ook die amptelike speltoetser van Microsoft® Office.

Afrikaanse Skoolprojekte

Afrikaanse Skoolprojekte

www.afrikaanseskoolprojekte.co.za

Hier kan jy inteken of spesiale pakkette koop om studiemateriaal (insluitend vraestelle) vir alle vakke, af te laai. Materiaal word gereeld bygewerk en elke pakket het 'n afdeling met beroepsvoorligting. As jy die CD koop, kry jy gratis toegang tot die aflaaibare dokumente. Spesiale afslag vir 'n intekening vir meer as een leerder uit 'n gesin. Tans net vir graad 1 – 10.

Allegaartjie

Allegaartjie

http://allegaartjie.weebly.com/

Gerig op die onderrig van letterkunde vir hoërskoolleerders in privaatskole wat die kurrikulum van die Onafhanklike Onderwysraad (IEB) volg. Besprekings, vraestelle en memorandums volgens die titel van die boek, of die gedig, gerangskik.

Departement van Basiese Onderwys

Departement van Basiese Onderwys

http://www.education.gov.za/

Dis dikwels die beste om by die oorspronklike bron om hulp aan te klop. Die Departement van Basiese Onderwys se webtuiste het skakels na verskeie hulpbronne, onder meer ook die afgelope paar jaar se matriekvraestelle (en antwoordstelle) vir alle vakke.

Dei Ekonomie Blog

Die Ekonomie Blog

https://ekonomieblog.me/    

Dr Waldo Krugell van die NWU se Skool vir Ekonomie op die Potch-kampus se blog vir leerders van graad 10 -12. Hy deel handige skakels na ekonomiese nuus uit koerante, tydskrifte en internetbronne (‘n aanvullende vereiste vir leerders) en bespreek aparte temas (volgens die kurrikulum) vir elke graad.

E-Classroom

E-Classroom

http://e-classroom.co.za/

'n Versameling e-leer-hulpbronne (belyn met die KABV) vir graad R-12, van werkkaarte en lesplanne tot aanvullende materiaal. Werkkaarte is gratis en toetse/eksamenvraestelle is teen R30 elk te koop.

Edmodo

Edmodo

https://www.edmodo.com/

'n Opvoedkundige webtuiste (ook op tablette en selfone beskikbaar) in die formaat van 'n sosiale netwerk. Onderwysers skep hul eie rekening en kan bv. video’s, dokumente, ou vraestelle en lesse vanaf hul rekenaar oplaai en dit aan leerders beskikbaar stel. Leerders kry toegang met ’n wagwoord en ouers kan per e-pos op hoogte gehou word.

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

http://www.fanieviljoen.co.za/

Die webtuiste van die skrywer Fanie Viljoen, wie se boek, Onderwêreld, vanaf 2017 die voorgeskrewe werk vir matriek is, het agtergrondinligting, besprekings, resensies en video’s. Ook met skakels na slypskole en werksessies.

Huisgenoot in die Klaskamer

Huisgenoot in die Klaskamer

http://klaskamer.huisgenoot.com/

Die oudste tydskrif in die land is bekend vir die uitstekende opvoedkundige materiaal wat in die tydskrif verskyn. Al hierdie artikels, infografika en werkkaarte is een-een in die aanlynwinkel op die Klaskamer-afdeling van die webtuiste, te koop.

  Klasgids vir Afrikaans- onderwysers

Klasgids vir Afrikaans-onderwysers

https://www.facebook.com/

'n Gesamentlike projek van Lapa Uitgewers en die ATKV. 'n Lewendige Facebook-blad met nuus oor gebeure, wenke en ruimte om vrae en hulp te vra of te beantwoord.

KlasKamer (Litnet)

KlasKamer (Litnet)

http://www.litnet.co.za/

Litnet se KlasKamer is propvol skakels vir almal wat betrokke is of belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. Die inhoud is nie tot taalonderrig of net hoërskoolleerders beperk nie. Daar is ook skakels na bv. Geskiedenis-blokraaie en hulp met Wiskunde vir laerskoolleerders en hul onderwysers. Met skakels na notas, vraestelle en toetse.

Lapa Uitgewers

Lapa Uitgewers

https://www.lapa.co.za/

Dié uitgewer maak klasgee en klas loop baie maklik met omvattende gidse vir onderwysers en leerders, sommige daarvan gratis beskikbaar. Jy kan op hul nuusbrief inteken om op hoogte van spesiale aanbiedinge te bly en kry ook nuus oor slypskole, werksessies, resensies en besprekings. 

Mieliestronk

Mieliestronk

http://www.mieliestronk.com/

Die moeder van Afrikaanse ensiklopedieë dek letterlik elke, liewe onderwerp onder die son – alles in Afrikaans. Gelaai met hulpbronne en inligting vir skooltake, nalees, oplees en sommer net lekkerlees.

Mr V’s Classroom Companion

Mr V’s Classroom Companion

http://mnrvermeulen.blogspot.co.za/

Nog 'n omvattende webtuiste propvol (gratis) hulpbronne; van vraestelle en les-idees, tot werkkaarte en video’s om klasgee makliker en interessanter te maak. Ook met handige skakels na ander onderwys-hulpbronne.

My klaskamer

My klaskamer

https://juffer.wordpress.com/

Die blog van 'n laerskoolonderwyseres (met ervaring van leerders op die Outisme-spektrum), waar sy lesplanne en -idees deel en jy werkkaarte kan aflaai en uitdruk. Gerig op die Grondslagfase.

Onderwysblad (SBA)

Onderwysblad (SBA)

http://spa.lumidevx.co.za/

Nuus oor die onderwys en skakels na verskeie hulpbronne om gehalte-onderrig te bevorder en onderwysers en leerders se lewe te vergemaklik.

Onnies Online

Onnies Online

http://www.onniesonline.co.za/

Die tuiste van 'n omvattende reeks hulpbronne, idees en inspirasies vir onderwysers op alle vakgebiede, ook in Afrikaans. Vraestelle, werkkaarte, video’s – noem maar op, jy kan dit hier aflaai of aankoop.

Quanta Books-studiegidse

Quanta Books-studiegidse

http://quantabooks.co.za/

Studiegidse te koop vir Fisiese Wetenskappe, graad 10 – 12, met ook DVD’s beskikbaar waar die meer ingewikkelde begrippe verder verduidelik word. Saamgestel deur ‘n oudonderwyser en -dosent in Fisika en Wetenskap wat voorheen ook matriekvraestelle nagesien het.

Quizlet

Quizlet

https://quizlet.com/subject/afrikaans/

Vasvrae waaraan die hele klas kan deelneem. Die Afrikaanse taalafdeling het meer as 500 vasvrae. Onderwysers kan ook hul eie inhoud skep en oplaai. Ook as 'n toep beskikbaar, maar dié is net in Engels.

  SparkleBox – Teaching Resources

SparkleBox – Teaching Resources

http://www.sparklebox.co.uk/

'n Reeks plakkate, baniere en infografika vir laerskoolklasse wat teen betaling afgelaai kan word. Dek onderwerpe soos beroepe, hulpbronne, diere en die omgewing.

ATKV

Storiewerf

http://www.storiewerf.co.za/

'n Kuierplek vir jong skrywers en lesers, met lekker leesstof, nuus oor boeke en stories. En die grootmense hoef nie uitgesluit te voel nie – daar is ook vir hulle 'n aparte ruimte met inligting oor skrywers, boeke, resensies en ander hulpbronne.

Taalsentrum van die Universiteit van Stellenbosch

Taalsentrum van die Universiteit van Stellenbosch

http://www0.sun.ac.za/

Dié webtuiste is eintlik gerig op taalpraktisyns, maar die magdom hulpbronne en skakels (o.m. tegniese woordeboeke en 'n Taal-stylgids) is handig vir onderwysers en leerders.

ATKV

Teacha!

https://teachingresources.co.za/

'n Digitale markplein waar onderwysers hulpmiddels kan koop en ook hul eie werk kan verkoop. Al die grade word gedek, insluitend Grondslagfase. Hulpmiddels is beskikbaar vir Afrikaans, Engels, Natuurwetenskappe Sosiale Wetenskappe en Verbruikerstudies.

WorksheetCloud

WorksheetCloud

http://www.worksheetcloud.com/

'n Stewige versameling tweetalige werkkaarte en toetse in Wiskunde, Natuurwetenskappe, Afrikaans en Engels haal die kopseer uit hersiening. Alles is op die KABV-kurrikulum gebaseer met materiaal vir laer- en hoërskoolleerders. Netjies volgens graad ingedeel en maklike stappe hoe om in te teken. Ook handig vir tuisonderrig.

Wspel – gratis speltoetser vir Microsoft Office

Wspel – gratis speltoetser vir Microsoft Office

https://wspel.wordpress.com/

Met meer as 526 000 woorde in die woordelys en nog duisende ander in die Autocorrect-funksie, is hierdie sekerlik die grootste speltoetser vir Afrikaans. Gebruikersvriendelik (met duidelike aanwysings hoe om dit te gebruik) en dit word gereeld bygewerk. Geskik vir Windows en Mac.


Slyp jou kennis en vaardighede

  Naam Skakel Wie en wat?
Beter Afrikaans

Beter Afrikaans

http://www.beterafrikaans.co.za/

Dié webtuiste is vir almal wat probleme met alledaagse spelling het, of sommer net daarvan hou om op hul spellingtone gehou te word. Gewone en moeilike woorde en algemene foute word getoets. Doen die daaglikse toets en verbeter jou puntestand.

Language Apps: Afrikaans

Language Apps: Afrikaans

http://languageapps.org/

Gratis aanlynlesse vir jonger kinders of diegene wat basiese Afrikaans wil aanleer om hulself daarbuite te kan help. Dit dek woordeskat, taal en frases en daar is deurgaans klank met die regte uitsprake.

Open Languages: Afrikaans

Open Languages: Afrikaans

http://www.openlanguages.net/

'n Volledige kursus om Afrikaans gratis aanlyn aan te leer, saamgestel deur dr Jacques du Plessis, wat verbonde is aan die Universiteit van Milwaukee in Wisconsin in die VSA. Die program is in blokke verdeel, wat benewens taal ook kommunikasie en kultuur insluit.

Wiki How to do anything… Learn to speak Afrikaans

Wiki How to do anything … Learn to speak Afrikaans

http://www.wikihow.com/

Stuur gerus aan vir jou anderstalige vriende wat dit oorweeg om Afrikaans aan te leer. Riglyne (in 23 wenke en verduidelikings in ligte trant) oor wat hulle te wagte kan wees van die taal en van Afrikaanssprekendes.

 

Wys jou staal!

  Naam Skakel Wie en wat?
ATKV

Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

Kultuurprojekte:
https://www.atkv.org.za/


Afrikaans-Olimpiade:
https://www.atkv.org.za/

Bykans 'n derde van die ATKV se magdom kultuurprojekte is spesifiek gerig op skole en leerders; en sluit 'n paar kompetisies in. Die fokus is musiek, sang, toneel, debat en taalvaardigheid: Applous, Komposisie-kompetisie, Rapport Kore-kompetisie, Tienertoneel, Handevat, Redenaars, Debat, Animato en die Afrikaans-Olimpiade. Benewens die Olimpiade, wat sy eie skakel het, is meer inligting (ook oor hoe om in te skryf) oor al die ander kompetisies op een blad beskikbaar.

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

http://www.fak.org.za/

Die FAK bied jaarliks die Afrikaanse Skole-ekspo aan vir leerders in Suid-Afrika en Namibië. Dit is 'n elektroniese kompetisie wat op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans fokus.

Litnet: Kuberklas Kreatief

Litnet: Kuberklas Kreatief

http://www.litnet.co.za/

Vir diegene wat nog altyd daarvan gedroom het om hul skryfwerk te publiseer, bied Litnet 'n kuberklas vir talentvolle leerders aan. Jy handig jou skryfwerk in en dan word dit gelees en dalk gekeur vir publikasie.

Nasionale Skynhofkompetisie vir Skole

Nasionale Skynhofkompetisie vir Skole

http://www.up.ac.za/

'n Redelike jong kompetisie (in 2012 vir die eerste keer gehou) wat aan leerders geleentheid bied om hul navorsings-, skryf- en mondelinge forensiese vaardighede te ontwikkel. Die kompetisie is daarop gemik om bewustheid en begrip van die Grondwet en die waardes wat dit beliggaam, in skole en gemeenskappe te verskerp. Debatte kan in enige van die amptelike tale gevoer word.

Suid-Afrikaanse Taalbond

Suid-Afrikaanse Taalbond

http://www.sataalbond.co.za/

Die welbekende jaarlikse Taalbond Tweetaligheidseksamen bestaan reeds sedert 1953. Benewens inligting oor hoe om vir die eksamen in te skryf, is daar ook skakels na vorige eksamenvraestelle. Die name van vorige jare se toppresteerders word ook op die webblad gepubliseer.

US Woordfees: Woorde Open Wêrelde

US Woordfees: Woorde Open Wêrelde (WOW)

http://www.sun.ac.za/

'n Uitvloeisel van die US se Woordfees op Stellenbosch, met 'n kompetisie in spelvaardighede as hooffokus om taalvaardigheid in veral armer gemeenskappe te bevorder. WOW sluit ook ander projekte in, soos die ontwikkeling van skoolkoerante, verf-en-vers-werksessies en gesprekke met skrywers. Die program strek oor die hele jaar.

 

Pinterest-snuffellys

Die sosiale media-platform Pinterest is 'n visuele plesierrit, en Afrikaans staan ook daar sy plek vol. Tik Afrikaans in by die soekveld en toer gerus deur die borde. Wees op die uitkyk vir lekker prente, inspirasie en materiaal om die klaskamer, lesse en take nuwe lewe te gee. Hier is solank vier voorbeelde om die bal aan die rol te sit.

  Naam Skakel

Afrikaans in Europa

Afrikaans in Europa

https://za.pinterest.com/

Afrikaanse klaskamer-hulpbronne

Afrikaanse klaskamer-hulpbronne

https://za.pinterest.com/

Jy is in matriek

Jy is in matriek

https://za.pinterest.com/

Letterkunde, lirieke, digkuns

Letterkunde, lirieke, digkuns

https://za.pinterest.com/

Tuisonderrig

Daar is heelwat ouers wat deesdae tuisonderrig vir hul kinders verkies. Hierdie vier webtuistes bied toegang tot hulpbronne wat die taak dalk net 'n bietjie kan vergemaklik - tuisonderwysers soek nes dié in skole se klaskamers ook soms ekstra hulp, idees en inspirasie.

  Naam Skakel
Homeschooling Curriculum Guide

Homeschooling Curriculum Guide

http://www.homeschooling-curriculum-guide.com/

Kieswetter Klaskamer

Kieswetter-Klaskamer

https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/

Monsters Ed Homeschooling Academy

Monsters Ed Homeschooling Academy

http://www.monstersed.co.za/

Nukleus-onderwys

Nukleus-onderwys

http://www.nukleusonderwys.co.za/

 
Jong stemme vir Afrikaans!

Meer as 100 jongmense het in video- en stemboodskappe hul liefde vir Afrikaans betuig as deel van die eeufeesviering van Afrikaans as skooltaal (2014) en die 90ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal. Hierdie materiaal is versamel deur Kraal Uitgewers en is op Maroela Media beskikbaar.


Dié boodskappe is vir bewaring aan die Afrikaanse Taalmuseum oorhandig. Lees meer oor die projek hier