Vir onnies en ouers

Vir onnies en ouers

Die internet is ‘n skatkis van hulp vir onderwysers en ouers; van lesplanne, storiewerwe en vraestelle vir hersien tot netwerke vir idees uitruil en hulp met tuisonderrig. Die skakels hier onder is net ‘n breukdeel daarvan (loer gerus ook na die afdeling vir leerders vir vraestelle, studiegidse, ens.) en jy kan ons help om dit uit te brei. Klik hier en laat weet asseblief vir ons van enige nuttige webtuistes of aanlynhulp wat jy raakloop.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-Onderwysers

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-Onderwysers (VAW) ondersteun Afrikaanssprekende wiskunde-onderwysers deur middel van opleiding in die nuutste onderrigmetodes en tegnologie. Hier vind jy navorsing oor die vlak van wiskunde-onderrig in skole, gereelde nuusbriewe en inligting oor onderwyskongresse, wiskundeprobleme en oplossings en interessante wiskundebrokkies.

Lees meer ...

 

Aanlynspeltoetser

http://blog.tiaan.com/

Aanlynspeltoetser:

http://blog.tiaan.com/ 

Speltoetser
Gratis speltoetser vir Afrikaans met aanlynspeltoetser op die blog beskikbaar.
Afrikaans – Engels-woordeboek play.google.com/store/
(Android-fone of -tablette)

Woordeboek
'n Woordeboek met uitsprake wat ook vanlyn gebruik kan word.

Afrikaans – Engels Woordeboek

Afrikaans – Engels-woordeboek

https://itunes.apple.com/za/

Woordeboek
Die databasis het 80 000 Engels-Afrikaans-vertalings en 140 000 Afrikaans-Engels-vertalings; met frases, betekenisse en uitsprake.

Allegaartjie

http://allegaartjie.weebly.com/

Studiehulp. Afr Letterkunde.
Letterkunde vir hoërskoolleerders in privaatskole wat die kurrikulum van die Onafhanklike Onderwysraad (IEB) volg. Besprekings, vraestelle en memorandums.

Beter Afrikaans

https://play.google.com/
(Android-fone of -tablette)

 

Spel. Afrikaans. Speletjie
Kinders leer speel-speel Afrikaanse spel- en skryfreëls. Gratis.

DinkNet

https://www.youtube.com/
channel/
UCsaQUEL2Df5h35UWZOkmYrQ

DinkNet is 'n reeks opvoedkundige films vervaardig volgens die Suid-Afrikaanse KABV vir Graad 4-7 vir 'n verskeie reeks onderwerpe.

E-Classroom

http://e-classroom.co.za/

Onderwyshulp. Alle vakke. Gr 10-12
'n Versameling e-leer-hulpbronne (belyn met die KABV) vir graad R-12, van werkkaarte en lesplanne tot aanvullende materiaal. Werkkaarte is gratis en toetse/eksamenvraestelle is te koop.

Edmodo

https://www.edmodo.com/

Onderwyshulp. E-netwerk
'n Opvoedkundige webtuiste (ook op tablette en selfone beskikbaar) in die formaat van 'n sosiale netwerk. Onderwysers skep hul eie rekening en kan bv. video’s, dokumente, ou vraestelle en lesse vanaf hul rekenaar oplaai en dit aan leerders beskikbaar stel. Leerders kry toegang met ’n wagwoord en ouers kan per e-pos op hoogte gehou word.

Fanie Viljoen

http://www.fanieviljoen.co.za/

Onderwyshulp. Leerderhulp. Letterkunde. Gr 12
Die webtuiste van die skrywer Fanie Viljoen, wie se boek, Onderwêreld, vanaf 2017 die voorgeskrewe werk vir matriek is, het agtergrondinligting, besprekings, resensies en video’s. Ook met skakels na slypskole en werksessies.

Groeipyne op RSG

www.johanvanlill.co.za/
groeipyne-op-rsg/

’n Program op RSG aangebied deur Johan van Lill, vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige iemand wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim. Gaan kyk by die skakel vir ’n volledige argief oor programme wat aangebied is. Luister RSG op Donderdae om 11:30 – 12:00

Impak Onderwys

www.impak.co.za

Leeroplossings.
Verskaf uitgebreide opvoedkundige produkte en akademiese ondersteuning volgens KABV-kurrikulum vir graad R tot 12 in Engels en Afrikaans.

Klasgids vir Afrikaans-onderwysers

https://www.facebook.com/

Onderwyshulp
'n Gesamentlike projek van Lapa Uitgewers en die ATKV. 'n Lewendige Facebook-blad met nuus oor gebeure, wenke en ruimte om vrae en hulp te vra of te beantwoord.

KlasKamer (Litnet)

 

http://www.litnet.co.za/

 

Onderwyshulp. Leerderhulp. Taal. Ander vakke.
Skakels vir almal wat betrokke is of belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. Skakels na notas, vraestelle, leerhulp en toetse dek ook ander vakke; ook vir laerskool.

Lapa Uitgewers

https://www.lapa.co.za/

Onderwyshulp. Leerderhulp. Taal. Alle grade.
Omvattende gidse vir onderwysers en leerders, sommige daarvan gratis beskikbaar. Jy kan ook inteken vir nuus oor slypskole, werksessies, resensies en besprekings.

Mr V’s Classroom Companion

http://mnrvermeulen.blogspot.co.za/

Onderwyshulp. Alle vakke.
Omvattende webtuiste propvol (gratis) hulpbronne; van vraestelle en les-idees, tot werkkaarte en video’s. Ook met skakels na ander onderwys-hulpbronne.

My klaskamer

https://juffer.wordpress.com/

Onderwyshulp. Grondslagfase.
Die blog van 'n laerskoolonderwyseres (met ervaring van leerders op die Outisme-spektrum), met lesplanne en -idees vir Grondslagfase en werkkaarte vir aflaai en uitdruk.

Onderwysblad (SBA)

https://www.lapa.co.za/

Onderwyshulp.
Nuus oor die onderwys en skakels na verskeie hulpbronne om gehalte-onderrig te bevorder en onderwysers en leerders se lewe te vergemaklik.

Onnies Online

https://www.lapa.co.za/

Onderwyshulp. Gr 1-12. Alle vakke
'n Omvattende reeks hulpbronne, idees en inspirasie vir onderwysers op alle vakgebiede; met vraestelle, werkkaarte, video’s.

Ons en die onderwys - RSG

www.johanvanlill.co.za/ons-en-die-onderwys/

Die program op RSG aangebied deur Johan van Lill fokus op aktuele sake in die onderwys wat kan dien as inspirasie vir onderwysers, leerders en ouers. Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys. Luister Sondae op RSG: 16:30 – 17:00.

Quizlet

https://quizlet.com/subject/afrikaans/

Klashulp. Afrikaans.
Vasvrae waaraan die hele klas kan deelneem, met meer as 500 in die Afrikaanse taalafdeling. Onderwysers kan ook hul eie inhoud skep en oplaai. Ook as 'n toep beskikbaar, maar dié is net in Engels.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

http://helpendehand.co.za/sos/

Onderwyshulp. Afrikaans. Wiskunde.
Praktiese opleiding en hulpmiddels vir Afrikaanse onderwysers wat Wiskunde en Afrikaans aanbied. Met 'n aanlynwinkel waar vraestelle en werkkaarte gekoop en verkoop kan word.

SkryfGoed

www.spel.co.za

Taalhulp. Toetsers.
Elektroniese hulpmiddels vir beter skryfwerk, insluitend 'n speltoetser (amptelike een van Microsoft® Office), grammatikatoetser, tesourus en woordafbreker.

SparkleBox – Teaching Resources

https://www.lapa.co.za/

Onderwyshulp. Laerskool.
'n Reeks plakkate, baniere en infografika vir laerskoolklasse wat wye onderwerpe dek en teen betaling afgelaai kan word.

Speak Afrikaans (ATi Studios)

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Android-fone of -tablette:
https://play.google.com/

Taalhulp. Afrikaans.
Addisionele taal. Interaktiewe toep om Afrikaans as gesprekstaal aan te leer; die basiese weergawe is gratis, maar jy betaal vir meer gevorderde afdelings.

Storiewerf

http://www.storiewerf.co.za/

Leeshulp. Afrikaans.
'n Kuierplek vir jong skrywers en lesers, met lekker leesstof, nuus oor boeke en stories, en ‘n aparte afdeling met hulpbronne vir volwassenes.

Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch

http://www.sun.ac.za/

Woordeboeke. Taalhulp. Gevorderd.
Eintlik gerig op taalpraktisyns, maar die magdom hulpbronne en skakels is handig vir onderwysers en leerders.

Teacha!

https://teachingresources.co.za/

Onderwyshulp. Gr 1-12. Taal. Ander vakke.
'n Digitale markplein waar onderwysers hulpmiddels vir alle grade kan koop en ook hul eie werk kan verkoop. Vakke: Afrikaans, Engels, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Verbruikerstudies.

Transparent Language se Byki for Mobile

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Taalkursus. Addisionele taal.
Gerig op mense wat Afrikaans as vreemde taal aanleer. Met taallyste, woordeskat, uitsprake deur 'n moedertaalspreker en ‘n vasvra vir elke afdeling.

Thinking caps

http://www.thinkingcaps.org.za/

Tegnologie in die klaskamer en lesplanne.

VivA se vanlyn-woordeboekportaal

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Woordeboek. Afrikaans. Ander vakke.
Sekerlik die mees omvattende toegang tot ‘n rits bestaande woordeboeke en woordelyste, insluitend ‘n entrepreneurswoordeboek, asook afkortings, gesegdes en idiome. Gratis beskikbaar.

WorksheetCloud

http://www.worksheetcloud.com/

Leerhulp. Alle grade. Taal. Ander vakke.
'n Groot versameling tweetalige werkkaarte en toetse in Wiskunde, Natuurwetenskappe, Afrikaans en Engels haal die kopseer uit hersiening. Alles is op die KABV-kurrikulum gebaseer met materiaal vir laer- en hoërskoolleerders. Ook handig vir tuisonderrig.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

http://skoolwiskunde.co.za/

Om Afrikaanssprekende wiskunde-onderwysers te ondersteun deur middel van opleiding in die nuutste onderrigmetodes en tegnologie.

 Nota: Daar is 'n heelparty woordeboek-toeps beskikbaar vir Apple en Android en vir die meeste is die basiese weergawe gratis. Ongelukkig is almal se inhoud nie van dieselfde gehalte nie. Probeer gerus 'n paar basiese of bekende woorde en toets hulle maar uit. Dieselfde geld vir die toeps wat jou help om Afrikaans aan te leer; probeer eers die basiese weergawe voor jy hand in die sak steek vir ‘n toep van minderwaardige gehalte.

 

Tuisonderrig

Baie ouers verkies deesdae tuisonderrig vir hul kinders. Hierdie webtuistes bied toegang tot hulpbronne wat die taak dalk net 'n bietjie kan vergemaklik. Klik hier en laat weet asseblief vir ons van enige nuttige webtuistes of aanlynhulp wat jy raakloop of dalk gereeld gebruik.

 

Hoe om ’n kurrikulum te kies

 

Een van die voordele van tuisonderrig is dat die kurrikulum by jou kind se leerbehoeftes aangepas kan word. Die meeste tradisionele skole volg formele kurrikula, maar dit beteken nie jy moet dieselfde doen nie. Omdat dit ’n groot uitdaging kan wees om ’n geskikte kurrikulum te kies, het ons vyf punte hier gelys wat jy in ag kan neem wanneer jy ’n kurrikulum vir jou kind kies.

 

1. Skryf ’n visie- en missiestelling
’n Visie- en missiestelling kan jou help om ’n kurrikulum te kies wat geskik is vir jou gesin se behoeftes, lewenstyl en waardes. Skryf neer hoekom jou gesin tuisonderrig gekies het en watter uitkomste julle graag wil bereik. Maak die uitkomste spesifiek en meetbaar, byvoorbeeld om ’n spesifieke werkboek in ’n spesifieke tyd deur te werk.

2. Wat is jou omstandighede
Jou keuse van kurrikulum kan ook van julle omstandighede afhang. Nie alle kurrikula is gratis nie, en jy sal dalk verskeie handboeke moet aankoop. Dit is verder belangrik dat jy eerlik is oor jou eie beperkinge. Die tyd wat jy byvoorbeeld beskikbaar het vir lesvoorbereiding is dalk beperk, maar beperkinge kan in voordele omskep word. As jou tyd vir voorbereiding beperk is, kan jy jou kind help om ’n meer onafhanklike leerder te word.

3. Wat is jou kind se leerstyl?
Neem jou kind se sterk- en swakpunte in ag, asook die manier waarop hy of sy leer. As die materiaal vir jou kind aangebied word op ’n manier wat sy of haar leerstyl aanvul, kan sy of haar sterkpunte gebruik word om swakker aspekte te verbeter. Toepaslike toetse kan van tuisonderrig-webtuistes afgelaai word om jou te help bepaal waar jou kind se gawes lê.

4. Kies ‘n geskikte onderrigmetode
Daar is verskeie onderrigmetodes waaruit jy kan kies. Neem jou visie- en missiestelling, jou kind se leerstyl en ’n onderrigstyl waarmee jy gemaklik voel, in ag. ’n Geskikte onderrigmetode sal jou help om ook ’n geskikte kurrikulum te kies.

5. Navorsing
Jy sal meer selfvertroue kry namate jy navorsing doen en verskillende kurrikula en onderrigmetodes gebruik. Met tuisonderrig ontwikkel jy nie net jou kind se vaardighede nie, maar ook jou eie.

Lees meer:
Impak tuisonderrig 
Sarie: Skool by die huis. 
• Is tuisonderrig die oplossing vir oorvol skole? Vind uit wat sê Tuisskolers
• Tuisonderrig, ja of nee? Maroela Media
• Alles wat jy moet weet oor tuisonderrig: Huisgenoot 

Hierdie webtuistes bied toegang tot hulpbronne vir tuisonderrig wat die taak dalk net 'n bietjie kan vergemaklik.


  Naam Skakel
Homeschooling Curriculum Guide

 

http://www.homeschooling-curriculum-guide.com/

 

Kieswetter-Klaskamer

 

https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/

 

Monsters Ed Homeschooling Academy

 

http://www.monstersed.co.za/

 

Nukleus-onderwys

 

http://www.nukleusonderwys.co.za/

 

Tuisskolers

 

http://www.tuisskolers.org/entry/is-tuisonderrig-die-oplossing-vir-oorvol-skole.html

 

  Lees meer ...

 

Terug na op skool