Skitter op skool

Hier kry jy inligting oor interessante selfhelpkursusse, kompetisies en slypskole, skakels na vraestelle en notas wat jou kan help skitter op skool. Vind eksterne skakels na hulpmiddels en toeps. Die inligting is in vyf afdelings verdeel vir laerskool en hoërskool – met handige slagwoorde sodat jy vinnig kan vind wat jy nodig het. Klik hier … en kom gesels saam oor wat maak leer lekker en vertel ons as jy iets nuttig vind wat ons kan byvoeg!


Dou Kleefstra – haal die probleem uit wiskunde

WISKUNDE! Menige leerder en ouer se nagmerrie. Gelukkig is daar mense soos Dou Kleefstra wat die nagmerrie in ’n mooi droom verander.

Hierdie onbaatsugtige, oudwiskunde-onderwyser help en verduidelik moeilike en onverstaanbare wiskundebegrippe – alles sonder vergoeding.
Graad 0 -12, enige tyd, enige dag – Dou is altyd aanlyn en reg met ’n verduideliking. Jy verduidelik jou kind se probleem en Dou maak ’n video waarin hy die probleem op verskillende maniere en boonop eenvoudig verduidelik. Volgens Bernice Dannhauser, ma van ’n 14-jarige wat sy tuis onderrig, red Dou lewens en is die tranedal en ligte histeriese aanvalle en slapelose nagte in hulle huis iets van die verlede.

Dou se video’s is op YouTube onder Mathdou en daar kan jy ook sy selnommer kry. WhatsApp jou wiskundeprobleem na 072-409-7505 en Dou help. Kyk ook hier: https://www.youtube.com/user/OPENMINDSMATHS


Dou Kleefstra verduidelik die meetkunde van lyne en hoeke, ooreenkomstige hoeke, verwisselende hoeke en hoeke op ’n reguit lyn - graad 9 Dou se Facebook-blad.


Fokus: Tegnologie in die klaskamer

Heelwat navorsing word deesdae gedoen oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer, maar watter impak het dit op die leerders? Daar word gesê dat die hedendaagse kind, of sogenaamde Z-generasie, meer visueel leer omdat hulle meer toegang tot tegnologie het en ook baie meer kundig in die gebruik daarvan is as kinders wat voor 2000 gebore is. Daarom moet die tradisionele manier van onderrig en leer hierby aanpas en is die doeltreffende gebruik van tegnologie vir innoverende onderrig en leer belangrik.

So laat die gebruik van tegnologie in die klaskamer diversiteit in leertegnieke toe en is die leerders meer betrokke by die leerproses, juis omdat leer meer visueel is. Leerders kan konsepte nou beter visualiseer omdat tegnologie dit moontlik maak. En dit het tot gevolg dat hulle meer vrae vra, meer ontleed, probleme oplos en kritiese denke toepas. Sodoende kan tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig wees. Maar help dit werklik vir breinontwikkeling, of maak dit juis die brein lui?

Lees meer ...


Huisgenoot se virtuele klaskamer

Hier kan jy soek deur verskillende inhoud wat ons kenners vir leerders saamgestel het. Dit is perfek vir skooltake, vir leerders wat hul kennis wil verbreed of as jy net nuuskierig is oor 'n spesifieke onderwerp. Ons het 'n veilige betaalproses en jy kan binne minute die onderwerp van jou keuse aflaai.

Die aflaaibare materiaal is van toepassing op Grondslag- en Seniorfaseleerders. Hierdie hulpbron word mettertyd uitgebrei, dus hou hierdie spasie dop!  

Lees meer ...


Wat jy moet weet ...

 


Het jy geweet ...

As skooltake jou kopseer gee

Het jy al gehoor van Mieliestronk? Hier vind jy omvattende inligting oor allerlei onderwerpe wat jou skooltaak ‘n bietjie woema kan gee ... van die geskiedenis van die skeermes tot die Franse Revolusie ... van Robbeneiland tot die Richtersveld. Hierdie skatkis van inligting sluit ‘n wêreld van kennis oop.

Klik hier.  

Jong stemme vir Afrikaans!

Meer as 100 jongmense het in video- en stemboodskappe hul liefde vir Afrikaans betuig as deel van die eeufeesviering van Afrikaans as skooltaal (2014) en die 90ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal. Hierdie materiaal is versamel deur Kraal Uitgewers en is op Maroela Media beskikbaar.

Lees meer ...

 

Terug na Lekker leer!