Voorskools - My slimkind

ʼn Mengelmoes rympies sorg vir ure se genot

Is dit nie wonderlik hoe ʼn mens nog die heel eerste kleuterrympies wat jy kleintyd geleer het, kan onthou nie? Een van daardie rympies wat my steeds woord vir woord bybly, is my pa wat ons hande kleintyd gevat het en die name van ons vingers afgetel het: “Duimpie, Duimpie se maat, Langeraat...” Wanneer hy dan uiteindelik by “Piepie in die Kooi” gekom het, het ons gekraai van die lag en vinnig gevra om dit weer ʼn keer te hoor.

Opvoedkundiges is dit eens dat rympies, of dit nou as liedjies gesing word of bloot opgesê word, geweldig belangrik is in die ontwikkeling van ʼn kind in sy of haar totaliteit. Op hierdie manier leer kinders speel-speel nuwe woorde, dit ontwikkel kinders se taalvermoë en vaardighede, hulle leer meer oor klank en ritme, selfs wiskunde en dit help hulle ook om sekere sosiale vaardighede te ontwikkel. Boonop kan die tyd wat ʼn ouer gebruik om vir sy kind rympies voor te lees, ʼn belangrike bousteen vorm in die vestiging van ʼn goeie ouer/kind-verhouding. 

Lees meer ...

 

Voorskools

Neem die voortou en vind inspirasie vir jou voorskoolse kind se leer- en leesontwikkeling. Dit is die era van tablette, slimfone en sosiale media. Span gerus dié handige tegnologie in - daar is volop nuttige en praktiese idees, speletjies en bystand vir ouers van voorskoolse kinders.

Onder die opvoedkundige afdeling vind jy ’n lys van oulike toeps, webtuistes, werkboekies en werkkaarte nommerpas vir jou kind om sommer speel-speel lekker te leer. Die tydskrif Baba & Kleuter het ’n volledige soektog gedoen oor watter media ouers vir hul voorskoolse kinders kan gebruik, van skoolgereedheidswerkstukke tot idees vir snoephappies en publiseer ook nuttige aktuele artikels oor kwessies waarmee ouers daagliks te doen kry.

Onder leespret vind jy ’n lys oulike toeps om ’n liefde vir lees by jou kind te kweek. Huisgenoot het ook ’n lys van sewe boek-toeps wat stories vir selflees of voorlees insluit.

Ons ouerskap-afdeling bevat blogs, FB-blaaie en so meer – waar mense hul gedagtes en wenke uitruil en met mekaar gesels oor hul kinders se doen en late.

Kom gesels saam en help vul ons lyste aan. Vertel vir ons as jy ’n oulike boek of speletjie raakgeloop het of deel jou ouerskapwenke met ons.

 

Opvoedkundig

Speletjies, werkkaarte en werkstukke te kies en te keur sodat jou kind speel-speel kan leer.

Klik hier ...

Leespret

Hier vind jy inspirasie vir jou kleuter se leesontwikkeling.

Klik hier ...

 

Ouerskap

Om kinders groot te maak, is nie kinderspeletjies nie! Gelukkig is jy nie alleen nie.

Klik hier ...