Voorskools

Hier vind jy inspirasie vir jou kleuter se leer- en leesontwikkeling. Klik hier en kom gesels saam oor jou kleuter se behoeftes en watter hulp daar buite beskikbaar is.

Klik hier, klik daar en siedaar ...

Die tydskrif Baba & Kleuter het ’n volledige soektog gedoen oor watter media ouers vir hul voorskoolse kinders kan gebruik. Dit is immers die era van tablette, slimfone en sosiale media. Span gerus dié handige tegnologie in - daar is volop nuttige en praktiese idees, speletjies en bystand vir ouers van voorskoolse kinders. Kom gesels saam en help vul hierdie lys aan.

Sewe lekker boek-toepassings vir kleuters

Daar is wonderlike boek-toepassings beskikbaar wat kinders van kleins af lief vir lees sal maak. 
Huisgenoot het 'n lekker lys - klik hier.10-plus Afrikaanse opvoedkundige toeps vir voorskoolse kinders

Afrikaans 123, Afrikaans ABC en Afrikaans Vorms en kleure
Dié prettige toeps leer jou kleinding die wonderwêreld van syfers, letters en klanke en bied ook vermaaklike maniere om die basiese vorms en kleure te leer. Daar word deurlopend van legkaarte en geheuespeletjies gebruik gemaak.
Klerekas
Om vir kinders die naam, uitspraak en doel van die verskillende liggaamsdele en kledingstukke te leer, is dié toep tops. Daar is wonderlike aantrek-speletjies wat kinders vir ure sal vermaak.
Xander
Om vir slim kinders reg oor Afrika in hul moedertaal vorms en syfervaardigheid te help onder die knie kry. Hier leer jy in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Swahili en Engels. Daar is boonop 'n Xander knuffelspeelding wat saam met die toepassing leer nóg lekkerder maak.
Pienkvoetpret
Dié toep het hope oulike idees vir vakansiepret. Dit bied ook inligting oor kinders se ontwikkelingsmylpale en het ouderdomsgepaste speletjies.
My Pretplaas
Dit is ’n toep gemik op kinders onder sewe jaar. Hiermee kan jou kind leer-leer pret hê met speletjies, saamlees-stories en saamsing-liedjies - alles uniek in Afrikaans en met die hulp van ’n arbeidsterapeut asook bekendes in die musiek- en kinderteaterbedryf.
Leer om tyd te lees
Dié unieke toep is ontwikkel om jou kind te leer hoe horlosies werk en hoe om tyd te leer lees. Tyd is vir klein kindertjies ’n moeilike konsep en daarom is die toep ’n goeie idee.
Vrugte en groente
Dié een is perfek om jou kind sommer van kleins af aan die verskillende soorte vrugte en groente bekend te stel en sal help dat hulle ’n liefde daarvoor ontwikkel.
Liedjie
Dié musiekstroomdiens bevat speellyste vir elke bui en geleentheid en spesifiek ook vir mammas om vir die kleinspan te speel. Ou treffers wat liefs nie verlore moet gaan nie, soos Jakkals en Wolfstories deur Dana Niehaus en nog vele meer is beskikbaar.
Olke Bolke
Met dié toep leer jou kleuter ritme hou saam met ses van Elizabeth Fourie se lekkerste luisterliedjies.  Jou kleuter kan instrumente verander soos hy speel en selfs die foon skud om die klank voort te bring.
Kleuterpret
Dié opvoedkundige Afrikaanse toep wat vir drie-  tot vyfjariges ontwerp is, se doel is om skoolgereedheidsvaardighede speel-speel te ontwikkel.
Waarvoor is seerowers bang?
Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Of is dit? Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is ’n opwindende eerste – dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot ’n interaktiewe storie-toep verwerk is.

Al die bogenoemde toeps kan in die verskillende afdelings van die toepassingsaankope op jou slimfoon of tablet gevind word.

Te kies en te keur: Webtuistes met opvoedkundige materiaal vir voorskoolse kinders

  Naam Webtuiste Wie en wat?

My Slimkind

www.myslimkind.co.za

My slimkind is ontwerp deur ’n paneel van deskundiges en verskaf hulpmiddels vir vroeë kinderontwikkeling wat jou help om jou kind die beste begin in die lewe te gee. Die prettige aktiwiteite wat jy saam met jou kleinding kan geniet, sal hom of haar help om tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.

Bazoo

www.bazoo.co.za

Dié oulike stories en aktiwiteite vir kleuters is geskep sodat kleuters noodsaaklike vaardighede betyds kan ontwikkel. Bazoo is boonop ’n vriendelike skilpad met ’n voorliefde vir stories luister en lees.

FAK Elektroniese Sangbundel

www.fak.org.za/elektroniesesangbundel

Op dié webtuiste kan jy al die lekker liedjies se woorde en die klavierbegeleiding vir kleuters in die eerste sangbundel, aflaai.

Annaemm kinderstories

www.annaemm.co.za

AnnaEmm is die grootste vervaardiger van Afrikaanse kinderstories in die land, met meer as 2000 stories op CD, DVD en in boekvorm. Kindertjies is almal gaande oor die stories. 

Reg vir Skool, Baba & Kleuter se Reg vir Skool digitale gids en werkstukke

www.mysubs.co.za/magazine/reg-vir-skool

Dié digitale gids is spesiaal vir Afrikaanse ouers wat hul kinders op ’n prettige manier wil toerus met al die vaardighede wat nodig is vir graad een, sodat hulle die jaar met entoesiasme en selfvertroue kan begin. Die proses begin tydens die babajare, want ontwikkelingsmylpale bou op mekaar.

Depicta.co.za

www.depicta.co.za/

Hierdie webtuiste verkoop plakkate, flitskaarte, borde, plakkers en groot- en werkboeke.

Storiewerf

www.storiewerf.co.za

Hierdie oulike webtuiste is ’n tuiste vir alle kinders wat hou van lees in Afrikaans.

Kinderwerf

www.kinderwerf.co.za

Kinderwerf is ’n Afrikaanse opvoedkundige webtuiste wat unieke Afrikaanse opvoedkundige gehalteprodukte aan ouers en skole verkoop. Die produkte is gebaseer op die nasionale kurrikulum en daar is heelwat gratis drukstukke.

Practica

www.practicakids.co.za

Hier vind jy ’n volledige program met meer as 4 000 speletjies en aktiwiteite om saam met jou kind te doen, vanaf babastadium tot op sewe jaar. Die speletjies is deur terapeute en kenners saamgestel en fokus op al 50 vaardighede wat ’n kind nodig het om gereed te word vir skool.

Edublox

www.edublox.co.za

Edublox lees- en leerklinieke is toonaangewende spesialiste in kognitiewe ontwikkeling. Daar is 22 lees- en leerklinieke regdeur Suidelike Afrika. Edublox bied multi-sintuiglike, kognitiewe onderrig aan wat daarop gemik is om die fundamentele vaardighede van lees, spel en wiskunde te ontwikkel en te outomatiseer.

 10 Lekker Facebookblaaie vir voorskoolse kinders en hul ouers

Speelkamer
Om te speel is vir kinders baie belangrik en dit is grootliks deur spel dat hulle alles wat hulle sien, hoor en ervaar oefen en bemeester. Dié tuiste help ouers om hulle kinders te laat floreer deur spel.

Storiemuis
Dié gewilde en geliefkoosde Afrikaanse kinderboeke het byna geen bekendstelling nodig nie. Besoek die tuiste en herontdek gunstelingstories. Die stories bevat puik voorlesings deur bekende stemkunstenaars. Op die tuiste word jy ook verwittig van nuwe Afrikaanse kinderboeke.
Peuter-Stimuleringsgroepie
Die ontwerp van opvoedkundige leermateriaal vir babas tot vyfjariges word hier gekry. Hier is ook baie inligting oor die verskillende produkte wat in die tuiste se aanlynwinkel, Little One, gevind kan word. 'n Klomp nuwe idees word daagliks hier gedeel.
Peuter-Kleuterpret
Voel jy soms ouerskap is ’n eensame ding? Dan is dié kletsblad vir jou. Hier gee raadop mammas idees om hulle kleingoed op 'n prettige manier besig te hou.
PreKinders
Kreatiwiteit is dié tuiste se nommer een doel. Hier is hope aktiwiteite en idees wat veral onderwysers in kleuterskole kan gebruik.
Skoolskatkis
Besoek die tuiste wat baie nuttige opvoedkundige materiaal ontwerp en maak.
Kinders speel en leer
Kreatiewe aktiwiteite vir kinders word bespreek en ma’s kan mekaar ook raad gee en lekker grawe na wonderlike idees oor ’n wye reeks onderwerpe.
Peuters en Kleuters
Nog ’n blad vir ma’s om mekaar te ondersteun en om met mekaar te gesels. Sommer oor al daai klein dingetjies ...
Juffer Juffrou
’n Puik blad vir ouers wat wil weet wat binne klaskamers aangaan en graag hulle haasbekkies wil voorberei.
Voorskoolse en grondslagfaseonderwys
Hierdie blad is in besonder vir onderwysers ontwerp sodat hulle vir mekaar kan raad vra en idees kan uitruil. 'n Klomp nuttige idees vir ouers is egter ook hier te vind.
Vind al hierdie blaaie deur die soekfunksie op Facebook te gebruik. Soek ook hier na Baba & Kleuter se Facebookblad, die grootste gemeenskap van Afrikaanse ouers wat saamgesels en raad uitdeel.

 

Lekkerlees blogs vir ouers van voorskoolse kinders

  Naam Webtuiste Wie en wat?

Die Moomie

www.moomie.co.za

Moomie is Suid-Afrika se grootste aanlyn-ouerskapsforum. Hier gesels jy met ander ma's vandat jy besluit jy wil swanger word tot in die middel van die nag as jy borsvoed. Die webtuiste het ook iets vir ouer kinders, die oulikste Afrikaanse kinderstories wat jy per e-pos ontvang.  

Juffer.wordpress.com

www.juffer.wordpress.com

Hierdie wonderlike blog word geskryf deur ’n laerskoolonderwyseres wat tans as remediërende opvoeder vir gr. 1 – 3 werk. Sy het ’n liefde vir graad R, 1, 2 en 3 en deel wonderlike lesse, idees en drukstukke, alles gratis. Sy noem haar blog haar "klaskamer – idees en gedagtes uit ’n juffrou se pen". 

Lomi

www.lomi.co.za

Lizelle Rademeyer is ma van drie "woelige spruite" wat sy tuis onderrig. Volg hulle doen en late op haar blog, waar sy ook oulike idees en hulpmiddels deel.

Kieswetter-klaskamer

www.kieswetterklaskamer.wordpress.com

Janet  Kieswetter deel die lesse en aktiwiteite wat sy saam met haar kinders in hulle tuisklaskamer doen. 

Kreatiewe kleuter

www.kreatiewekleuter.blogspot.com

Dié oulike blog het tonne idees vir aktiwiteite vir peuters en kleuters vanaf twee tot vyf jaar (ook vir voorskoolse haasbekkies en skoolbeginners). Dit word geskryf deur ’n ma wat al 10 jaar lank fasilitering van kreatiewe programme vir kinders doen, en self ’n mamma van ’n kleuter is. Meeste van die aktiwiteite kan gedoen word met dit wat in en om die huis is.

Tuisskolers

www.tuisskolers.org

Die blog is reeds gevestig as die mees omvattende webtuistes oor ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed.

Pienkvoete

www.pienkvoete.co.za

Vind hier alles oor swangerskap, geboortes, babas, peuters, kleuters, pienkvoete, moddervoete, groot voete en pappas, familie, en julle gesondheid.

Sanet se blog

www.sanetseblog.wordpress.com

Sanet Deysel is ’n ma van twee “pragtige kinders”, ’n deeltydse teologiestudent en is passievol oor ma-wees. Sy gesels oor alledaagse ouerskapdingetjies.

Slimkoppe

www.slimkoppe.co.za

Vind hier ’n wonderlike reeks om jong kinders se vaardighede in tale en wiskunde op ’n prettige, interaktiewe manier te ontwikkel.

Kleuters

www.kleuters.co.za

Hoe hou ek my kleuter tuis besig? Dit is waarskynlik een van die algemeenste vrae wat mammas en pappas elke dag vir hulself vra. Kom lees gerus hier vir baie idees, van resepte tot speletjies.

Kry jou kind aan die lees!

Lees is die grondslag vir sukses, nie net op skool nie, maar ook vir latere sukses in jou beroep. Daarom is dit belangrik om ’n liefde vir lees van kleins af by jou kind te kweek ... en is dit een van die grootste geskenke wat jy aan jou kind kan gee. 

Lees meer ...

 

ABC met Vuurhoutjie

Vuurhoutjie is 'n lewenslustige, energieke en vurige mannetjie wat brand om jou te leer. Die alombekende stem van Magda van Biljon bring nuwe lewe aan die alfabet en sy klanke! Vuurhoutjie is die eerste in 'n reeks opvoedkundige Afrikaanse toepassings. Deur middel van herhaling, assosiasie en die opwindende animasie sal jou kleuter die alfabet op 'n speelse manier baasraak. Beskikbaar vir Android-toestelle op Google Play en iOS (iPhone/iPad) op Apple se App Store. Soek onder “Vuurhoutjie" op Google, Apple iTunes, en YouTube-voorskou.

Lees meer ...

 

Leespret - Die eerste Afrikaanse lees-toepassing vir kinders

Solidariteit Helpende Hand het onlangs by sy hoofkantoor in Centurion oulike Afrikaanse toepassings, Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret vir Android-fone en -tablette bekendgestel. Die boekie, geskryf deur Jaco Jacobs, kan saam met die toepassing gebruik word. Bv. V staan vir vark. En hoe maak 'n vark – hy snork. Terwyl kinders leer hoe om te klank, kan hulle ook sien hoe die varkie beweeg en terselfdertyd luister na die snorkgeluidjies wat hy maak. Dit is die eerste leestoepassings wat vir Afrikaanse leerlinge ontwikkel is. Anette Taljaard, projekbestuurder van Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum, sê die Helpende Hand LeesApp is 'n poging om lees 'n positiewe en moderne ervaring vir kinders te maak.

“LeesApp bestaan uit drie afsonderlike toepassings en is spesifiek vir graad-eens ontwikkel en bied die voorlesing van 'n alfabetboek, speletjies vir die skryf van letters en selfs 'n platform vir opwindende realiteit,” sê Taljaard. Volgens Taljaard is LeesApp 'n kreatiewe poging om geletterdheid te help bevorder. Die toepassings kan gratis afgelaai word. Lees meer ...

 

 

Afrikaanse toepassings vir kleuters

Met oulike animasie, kleure en klanke en kleurvolle illustrasies leer hierdie toeps jou kinders basiese voorskoolse vaardighede. Van tydlees tot tel, patroonherkenning, algemene skoolvaardigheid en nog baie meer is hier te vind. 

 rrr! Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van 'n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk één ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee …

Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is 'n opwindende eerste – dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot 'n interaktiewe storie-toep verwerk is.
 

Die heerlike storie deur die bekroonde skrywer-illustreerder-span Jaco Jacobs en Chris Venter kry lewe op jou iPad – danksy innoverende animasie, prettige musiek en hope interaktiewe elemente. Kies tussen 'n selfleesopsie vir beginnerlesers, of 'n lees-en-speel-opsie waarin jy kaptein Kalamari, sy bemanning en die avontuurlustige skeepsmuise speel.

Die wêreld van interaktiewe lees en speel. Lees meer ,,,