sba bestuur
Gemeenskapsontwikkeling is ′n komplekse vraagstuk wat voortdurend onderwerp moet word aan multi-dimensionele en kritiese ondersoek. Beamptes en akademici gemoeid met die samestelling van ontwikkelingsbeleid, dit sluit in ekonomiese, maatskaplike, kulturele, politieke, opvoedkundige en bewaringsbeleid moet dus ernstige vrae begin stel as ontwikkelingsbeleid gemeenskapsontwikkeling belemmer en projekte en programme nie daarin slaag om selfonderhoudendheid en selfstandigheid op die langtermyn te verseker nie.
bestuurder standpunte
Die SBA speel dus ′n leidende rol om die verband tussen moedertaal as betekenisdraende en betekenisgewende instrument en selfstandige en volhoubare gemeenskapsontwikkeling wetenskaplik te ondersoek en vanuit ′n akademiese perspektief te motiveer.
U is welkom om kommentaar te lewer of terugvoering te gee oor my standpunte.
Datum geplaas: 1/8/2008
Toon begrip vir moedertaal
“ONS wil verstaan en verstaan word.” Dít is die noodkreet van doodgewone Afrikaans-, Sotho-, Xhosa- en Tswanasprekendes in die Wes-Kaap, Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap.
In my omswerwinge in hierdie provinsies en in gesprekke met mense is dit duidelik dat hul klagtes en frustrasies oor dienste, vorms en inligting wat slegs in en deur Engels beskikbaar is, op dowe ore val.
Wat in die praktyk gebeur is: Staatsdepartemente, die besigheidsektor, finansiële instellings, siekefondse, versekeringsmaatskappye, plaaslike rade, die SABC, politici, nie-regeringsorganisasies en selfs ons kunstenaars veronderstel dat almal Engels verstaan, ongeag die feit dat 4,7 miljoen mense in ons land totaal ongeletterd is, 4,9 miljoen funksioneel ongeletterd is (voor en in gr.7 die skool verlaat het) en miljoene ander maar net ’n basiese begrip van Engels het.
Waarom hierdie instellings en individue nie besef dat miljoene mense in ons land graag die beskikbaarstelling van vorms, oordra van inligting, verskaffing van dienste en opleiding en kommunikasie ook in hul moedertaal verlang nie, is onverklaarbaar.
Van die belaglike redes wat aangevoer word, is dat veeltaligheid te duur en die toepassing daarvan te veeleisend is.
Baanbrekerswerk deur die Wes-Kaapse Taalkomitee onder leiding van Michael le Cordeur en die Wes-Kaapse onderwysdepartement onder leiding van Cameron Dugmore bewys dat bogenoemde argumente aan blote onkunde, gebrek aan begrip, blatante arrogansie en luiheid grens.
Internasionale taalwetenskaplikes soos Neville Alexander en Francois Grin is dit eens dat die bevordering van veeltaligheid hand aan hand gaan met die herstel van mense se menswaardigheid, die erkenning van diversiteit, die versterking van die demokrasie en, belangrikste van alles, die skep van hoop.
In ’n land en op ’n kontinent waar hoop ons dikwels beskaam, berus daar dus ’n morele verantwoordelikheid op ons sakelui, politici, gemeenskapsleiers, staatsamptenare en veral ons onderwysmense en akademici om groter begrip te toon vir moedertaal X omdat dít die taal is wat natuurlik inhoud gee aan mense se denke, persepsies, begrip, intensies en handelinge.
Die veronderstelling dat ons kinders, studente en die miljoene ongeletterde en semi-geletterde volwassenes verstaan en verstaan word, word te gemaklik aanvaar as ’n gegewe.
Die skep van ’n beter lewe vir almal begin immers by die begryp waaroor dit gaan.
C.O. van der Rheede Uitvoerende hoof: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans Kaapstad
Datum geplaas: 2/8/2008
SA situasie kán omgekeer word
WAT is verkeerd met ons gemeenskap? Ten spyte van die feit dat ons ’n demokratiese bestel het, 1.3 miljoen staatsamptenare en ’n addisionele 300,000 munisipale amptenare in diens het, meer belasting ingesamel het as waarvoor daar begroot is en ons oor infrastruktuur en hulpbronne beskik, slaag ons nie altyd daarin om die doelwitte te bereik wat vir menslike ontwikkeling en dienslewering gestel word nie.
Ongeag al die pogings wat die regering tot dusver aangewend het om die lewensomstandighede van ons mense te verbeter, bly die fisiese en geestelike agteruitgang in baie gemeenskappe ’n bron van kommer. Waarom? Lê die fout by die kultuur van uitsigloosheid en afhanklikheid waarin so baie van ons gemeenskappe vasgevang is, of lê die fout by die kultuur van middelmatigheid en eiebelang wat die werksaamhede en aksies van staatsamptenare en politici kenmerk?
Waar het dinge dan in ons gemeenskappe begin verkeerd loop? Is dit dalk die gevolg van die afwesigheid van sterk leierskap? Gedurende die jare van apartheid was daar tog sterk en dinamiese leiers in ons gemeenskappe teenwoordig. Hierdie leiers het nie geskroom om die voortou te neem om die ongeregtigheid van die apartheidsisteem te takel nie. Hul leierskap was gekenmerk deur passie, kreatiwiteit en energie X en dít wat hulle gedoen het, het hulle in belang van die gemeenskap gedoen.
Om bepaalde doelwitte te bereik, is politieke organisasies, straatkomitees, gemeenskapsorganisasies, forums vir godsdiensleiers, studenteorganisasies en sport- en kultuurorganisasies in die lewe geroep. Nie-regeringsorganisasies het nie net ’n belangrike rol gespeel om geletterdheid te bevorder of mense vaardighede aan te leer nie, maar het ook ’n uiters belangrike rol gespeel om sosiale en politieke bewustheid te bevorder.
Dit was ook veral onderwysers, akademici, vakbondleiers, studenteleiers en godsdiensleiers wat aan die voorpunt van die stryd teen ongeregtigheid gestaan het en ’n belangrike rol gespeel het om ons gemeenskappe te mobiliseer en te lei.
Kan ons die situasie omdraai? Deur ’n burgerlike beweging ter bevordering van sosiale geregtigheid te skep, kan dit gedoen word. Maar dít verg doelgerigte samewerking, wedersydse vertroue en toegewyde aktivisme deur gemeenskaps- en godsdiensleiers, sakemanne, staatsamptenare én politici.
C.O. van der Rheede Uitvoerende hoof: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans Kaapstad
Datum geplaas: 3/8/2008
Dis tyd om nuut te dink
EK reageer op prof. Richard van der Ross se artikel (DB, 17/4). Dit het tyd geword dat ons wegdoen met kwetsende begrippe soos Kleurling en H—t, en ons moet verstaan wat ons met die term “bruin” bedoel. Want as ons die onregte van die verlede wil regstel en die daders sowel as die slagoffers met mekaar wil versoen, moet ons nuwe verwysings ontwikkel wat aanvaarbaar is vir die huidige konteks waarin ons onsself bevind.
Wat die eerste aspek aanbetref, kan ons nie langer voortgaan met die gebruik van uitgediende verwysings soos Kleurling en H—t nie. Deur dit te doen handhaaf ons nie net die ongelykhede van die verlede nie, maar dis teenproduktief vir ons strewe om ’n nie-rassige Afrikaanse gemeenskap te skep.
Rondom die tweede aspek is dit noodsaaklik om die oorsprong van die verskillende verwysings te ontrafel. Die begrip Afrikaner was ’n generiese en inklusiewe beskrywing vir vry slawe en arm koloniste, maar is mettertyd weens ’n sameloop van omstandighede toegeëien deur ’n bepaalde sektor van ons gemeenskap. Ook is dit deur die magshebbers van daardie tyd misbruik om die grondslag te lê waarop die apartheidsideologie gebou kon word.
Die begrip Kleurling het in dieselfde tydperk sy ontstaan gehad om die apartheidsideologie te regverdig. Daarom word die term Kleurling deur baie as uiters vernederend en kwetsend ervaar, en verkies die meeste om bruin of swart genoem te word. Dit beteken nie dat daar algemene konsensus is wat hierdie terme aanbetref nie. Die meeste wil slegs gereken word as Suid-Afrikaners, maar verstaan dat kategorisering vir statistiese doeleindes en fisiese beskrywing noodsaaklik is.
Die term bruin kan dus as ’n oorkoepelende en inklusiewe term benut word vir die verskillende subgemeenskappe wat ’n historiese en gemeenskaplike verbintenis het, soos die Griekwa, San, Nama, Baster, Moesliem, Rastafari, Afrikaans- en Engelssprekendes. In dié opsig verskil ek van Van der Ross.
Wat ons nie uit die oog moet verloor nie, is dat ons in die eerste plek almal mens is, geskape na die beeld van ons Skepper, die toonbeeld van medemenslikheid wat oor hemel en aarde heers. Om dié rede alleen kan ons nie anders nie as om nuut te dink oor wat ons van onsself en andere dink.
Dít is nodig om, soos die groot Afrikaanse digter Breyten Breytenbach dit stel, “verby die skisofreniese politieke en historiese gemeenskapsafbakenings” te kom om mettertyd gestalte aan ’n nie-rassige Afrikaanse gemeenskap te gee.
C.O. van der Rheede Kaapstad
Datum geplaas: 4/8/2008
Taal gee toegang tot beter kanse
BRUIN mense se apatiese houding teenoor Afrikaans kan nie losgemaak word van hul stryd om as volwaardige burgers erken te word nie. Om die verskynsel beter te verstaan moet mens kyk na die rol van politieke bewegings in die bruin gemeenskap wat sedert 1890 geveg het vir gelyke regte. Dit was veral die African Political Organization (APO) onder leiding van dr. Abdullah Abdurahman wat ’n leidende rol gespeel het.
Toe wetgewing ter ondersteuning van rasse-segregasie deur die Suid-Afrikaanse Party (SAP) onder leiding van genl. Hertzog ter tafel gelê is, het die APO begin om bruin gemeenskappe op groot skaal daarteen te mobiliseer. Terselfdertyd het Hertzog gevra dat Afrikaans verhef word tot een van die land se amptelike tale. Teen dié agtergrond het die APO Afrikaans begin assosieer met Afrikaner-rassisme en onderdrukking. Abdurahman het geen geheim gemaak van sy afkeer van Afrikaans nie en dit beskryf as ’n barbaarse Kaaps-Hollandse dialek. Dít ondanks die feit dat die meerderheid van die bruin werkersklas Afrikaans gepraat het.
Vandag kan baie se apatiese houding teenoor Afrikaans dus nie losgemaak word van die letsels van rassistiese wetgewing en gedwonge verskuiwings van die verlede nie.
Die apatie teenoor Afrikaans vertel ook ’n ander verhaal. Dié van ’n groeiende kloof tussen die bruin middelklas en werkersklas. Vir die werkersklas is Afrikaans die primêre instrument waarmee hulle sin maak van hul leefwêreld. Ook stel dit hulle in staat om beter sosio-ekonomiese geleenthede te bekom. Indien dit nie die geval is nie, word ’n groot deel van ons samelewing tot armoede en onderontwikkeling verdoem.
Dit skep ’n teelaarde vir misdaad, bendebedrywighede, die onwettige handel in en misbruik van dwelms en alkohol en die verspreiding van TB en MIV/vigs. In kort X moedertaal lê die fondament vir enige gemeenskap se politieke, kulturele, religieuse, maatskaplike en ekonomiese vooruitgang.
Die APO, NEUM en vele ander wat hulle beywer het vir geregtigheid in ons land, het ook bygedra tot die totstandkoming van ons demokratiese bestel. Deur “stil” te bly misken ons hul nalatenskap om ons demokrasie tot voordeel van al ons mense uit te bou. In die praktyk beteken dit om krities te besin oor hul standpunt oor Afrikaans van ’n eeu gelede en juis nóú die taal te gebruik om ook die werkersklas en hul nageslag toegang tot beter geleenthede te gee.
C.O. van der Rheede Uitvoerende hoof: SBA Kaapstad
Datum geplaas: 5/8/2008
Afrikaans in diens van dié lewens
Stigting probeer op alle terreine werk
MARELIZE BARNARD
KAAPSTAD. – “Sal julle dit kan verkoop? Het julle sukses?”
Dié vrae van mnr. Conrad Sidego, voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se raad van trustees, aan vroue wat deelneem aan een van die stigting se volwasse verrykingsprojekte, vat die kern vas.
Hoe slaag die stigting met sy talle projekte daarin om mense te help om hul eie lewens te verbeter?
Met ’n besoek aan twee van die projekte kom die antwoorde nie van die baie besige mev. Adri Meadon, projekbestuurder van volwasse geletterdheid en verryking nie. Die antwoorde kom ook nie van mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die stigting nie. Die antwoorde lê by die vroue.
“Ek het sewe teddiebere verkoop. Vir R30 elk,” antwoord me. Cornelia Strydom (37) van Belville-Suid.
“Maak jy goeie wins? Hoeveel kos dit jou om dié te maak?” wil Sidego seker maak.
Strydom antwoord dat dit haar R17 kos. Ja, sy maak ’n wins.
Die SBA-programme sluit in:
Basiese lees-, skryf- en numeriese vaardigheidsprogramme vir volwassenes;
Lewensvaardigheidsprogramme vir volwassenes;
Beroepsgerigte vaardigheidspro-gramme vir volwassenes wat wil toetree tot die arbeidsmark;
Die Funda-program op laer- en hoërskoolvlak om leesprobleme te oorkom en ’n liefde vir lees te ontwikkel;
Die Bravo-program om leerders se kreatiwiteit te ontsluit en hulle bloot te stel aan die beroepsmoontlikhede met Afrikaans;
Afrikaans-onderrigsteun aan onderwysers;
Kulturele programme om leerders se belangstelling in musiek, drama en die voordrag van poësie aan te wakker; en
Spesiale programme soos komediantfeeste, taalkonferensies, jeugleierskapkampe, veldtogte teen dwelmmisbruik, lesings en loopbaan-ekspo’s.
Vir Meadon is die uitdaging baie groter as bloot volwasse geletterdheid, beroepsgerigte kursusse en volwasse verryking. Dit gaan daaroor om mense te kry wat toegewy daaraan is om elke week die klasse by te woon, buig of bars.
Sy moet besige seisoene op plase in ag neem wanneer plaaswerkers nie aan die programme kan deelneem nie. Ook die sosiale omstandighede van die mense wat met die programme bemagtig word, het ’n groot impak.
En dan, natuurlik, moet Meadon talle ander se arms draai om hul kundigheid te deel teen ’n so ’n klein as moontlike uitgawe vir die SBA.
Van der Rheede het gesê 100 vroue is vanjaar opgelei as au pairs en meer as 300 volwassenes (waarvan baie glad nie kon lees of skryf nie) is gehelp met geletterdheid. Ongeveer 200 mense is ook met lewens- en handvaardighede bemagtig.
“Ons is ook betrokke by meer as 300 skole. Hier is leerders met skryf- en leesvaardighede gehelp. Baie onderwysers het ook baat gevind by die leesmetodologie-werksessies,” het Van der Rheede gesê.
Met spesiale projekte soos taalberade, winterlesings, ’n somerkonsert en die Afrikaanse loopbaanekspo, asook die borg van plaaslike koerante en musiekblyspele, word die breë Afrikaanse gemeenskap betrek, het Van der Rheede gesê.
Datum geplaas: 6/8/2008
Bfn-leerling se drama-droom bewaarheid
seugnet mpondo
’n MATRIEKLEERLING aan die Hoërskool Heatherdale in Heidedal in Bloemfontein se droom is bewaarheid toe sy die naweek ’n sertifikaat vir spraak en drama op die jaarlikse sertifikaatplegtigheid van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans ontvang het.
Anisha Deelie sê sy het baie geleer en ontwikkel tydens die opleiding.
“Die opleiding was fantasties. Ek hou baie van drama.
“As ek toneelspeel, voel ek gemaklik, want ek kan myself wees. Ek is nie meer so skaam soos voorheen nie.
“Ek kan van al my probleme vergeet.
“Die opleiding sal my beslis baie help as ek later ’n loopbaan in drama volg,” sê sy.
Sertifikate is uitgereik aan 18 werklose vroue en 13 leerlinge van die Hoërskool Heatherdale.
Die leerlinge en vroue het opleiding in onder meer spraak en drama, kralewerk en lewensvaardighede ontvang.
Me. Adri Meadon van die stigting, wat betrokke is by volwasse geletterdheid en volwasse verryking, sê die projek is vanjaar die tweede jaar agtereenvolgens aangebied.
Die kralewerkprojek en lewensvaardighede word deur Cecile Strauss, fasiliteerder van die projek, in Botshabelo aangebied en die spraak en drama en danstegnieke deur me. Maria de Koker.
Die leerlinge se toneelstuk, Oos, Wes, Tuis..., is ook vanjaar op die Volksblad-kunstefees opgevoer.
In die toneelstuk word onderwerpe soos verkragting, huismoles en die mishandeling van bejaardes aangeraak.
ALTESAAM 18 vroue en 13 leerlinge het die naweek sertifikate van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans ontvang. Voor is Emmerentia Vaaltyn (links) en Erica Sherbet, gr.11-leerlinge aan die Hoërskool Heatherdale. Agter van links is me. Maria de Koker, fasiliteerder, mev. Atie Kamper van Volksblad, me. Adri Herbert, organiseerder van die Volksblad-kunstefees, en me. Adri Meadon van die stigting. Foto: maradine whitehorn
VAN die leerlinge aan die Hoërskool Heatherdale, in Heidedal, wat aan die spraak- en drama-opleiding van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans deelgeneem het, is van links Willy Collins (gr. 10), Anisha Deelie, Obed de Koker en Veron Links (al drie gr. 12-leerlinge), Allister Wymers (gr. 11) en Magdalena Afrika (oudleerling van die Hoërskool Dr. Blok in Heidedal. Hulle het die afgelope naweek sertikate ontvang. Foto: maradine whitehorn
Datum geplaas: 7/8/2008
Nie soos stootskraper
VAN al die wonderlike bedrywighede en liefdeswerk van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) bly die ruggraat-funksie die stryd teen ongeletterdheid.
Ons pogings pas in by die regering se nasionale geletterdheidstrategie wat byna ’n jaar gelede bekend gemaak is en daarop gemik is om binne vyf jaar by elkeen van die 4,7 miljoen ongeskoolde mense in hierdie land uit te kom.
Voorwaar ’n steil bult, maar beslis ’n uiters lofwaardige mikpunt.
Ondanks die regering se soms twyfelagtige geskiedenis van dienslewering moet ons liefs maar ons sinisme en wantrouigheid opsy skuif en geesdriftig help om hierdie Nasionale Geletterdheidsveldtog een van die uitsonderings te maak – ter wille van die nagenoeg 5 miljoen “geletterdheidsblindes” in ons land.
Blind omdat hulle nie ’n toekoms vir hulself kan sien nie. En wat in hierdie blindheid ook dikwels nie die leiding aan hul kinders kan gee nie. ’n Uitsiglose toekoms is normaalweg hul voorland.
So lewensbelangrik soos hierdie taak van geletterdheid vir die skep van ’n wen-nasie is, so onverstaanbaar is die traagheid en stiksienigheid waarmee ons pogings by die SBA gesteun word deur instansies wat kan help, indien hulle sou wou. Ons is nietemin dankbaar vir die enkeles wat vanjaar weer bygedra het. Teen hierdie agtergrond het ons hoë waardering vir die gehalte werk wat ons personeel gelewer het met die middele tot hul beskikking.
Nou, egter, met hierdie nasionale projek, het die regering net meer as R6 miljard bewillig om “geletterdheidsblindheid” te besweer.
Hier is vir ons ’n groot geleentheid om ’n rol te speel, en ons sien daarna uit.
ONDERTUSSEN is ons baie in ons skik met die nuwe grond wat ons op plase gebreek het, waar duisende ongeskooldes daagliks ’n bestaan probeer maak.
Hierdie arbeiders se kinders trek nou al voordeel uit die nuwe bestel, maar vir die meeste van hul ouers het die geleentheid ietwat laat aangebreek.
Desondanks rapporteer ons veldwerkers verhale van opgewondenheid onder hierdie volwasse plaasmense. Dit is veral hul nuut ontdekte sin vir eiewaarde en selfrespek wat ontsluit word, wat ons pogings daar oor en oor die moeite werd maak. Elke sertifikaat wat op plegtighede oorhandig word, is ’n belofte van hoop op ’n beter lewe.
Die bemagtigingsproses strek verder as die aanleer van lees, skryf en numeriese vaardighede. Ons skep lewenskanse deur ’n verskeidenheid van basiese kursusse soos entrepreneurskap, handvaardighede, gesondheidsorg, noodhulp, ’n bewustheid van die gevare van MIV/vigs en omgewingsbewustheid.
Hierdie mense is deel van die sowat 235 000 Afrikaanssprekende ongeletterdes in die land – ongeveer 5% van die totale getal mense wat nog nooit skoolopleiding gehad het nie.
Dit is ’n uitdaging groot genoeg om ons nog etlike jare besig te hou. Ons is darem ook nie van plan om ons taak binne ’n eng gedefinieerde terrein van “slegs Afrikaans” af te baken nie. Byna 50% van die ongeletterdes van Suid-Afrika kom uit die Zoeloe- en Xhosasprekende gemeenskappe. Ons werk reeds saam met anderstaliges binne ’n meertaligheidsomgewing, waar ons kundigheid uitruil en waarvoor daar groot waardering is.
Dit is ook ’n ideale geleentheid om welwillendheid vir Afrikaans en sy sprekers op te bou.
DIT bring ons by die ander vorm van ongeletterdheid in ons nou-nie-meer-so-jonk-nie demokrasie: die onvermoë om te versoen.
Van ons politieke leiers laat ons dikwels onder die indruk dat hulle politieke analfabete is wanneer dit oor die onderwerp versoening gaan.
Die meeste van hierdie onbeholpenheid het nog altyd hoofsaaklik voorgekom in die omgewing van kultuurgoedere – taalkwessies, plek- en straatname, vakansiedae en geloofsake.
Afrikaans, weens sy noue verbintenis met die geskiedenis van gister, was ook al in verskeie skermutselings, en ons het sekerlik nog nie die laaste daarvan gesien nie.
Die land se leiers moet hulle van stootskraper-politiek weerhou. Nie oor mense se sensitiewe aarde loop en sonder oorlegpleging links en regs veranderinge aankondig nie. Dit is en bly onaanvaarbaar.
Aan die ander kant is ook ons as Afrikaanssprekendes se styl in die stryd vir ons regte van kardinale belang. Veglustigheid en arrogansie en ’n stootskraper-mentaliteit aan die ander kant sal ons nêrens bring op die pad na versoening nie.
Daar is niks of bitter min wat nie deur gesprek opgelos kan word nie.
Ons moet praat. Beskaafd in gesprek tree met belangegemeenskappe oor wat hulle na aan die hart lê. Dit is hoe die nuwe Suid-Afrika tot stand gekom het. Ons het destyds die grondslag gelê vir ’n onderhandelingskultuur en in die proses topklas-brugbouers opgelewer wat die res van die wêreld ons beny. Dít is die gees waarop ons nog ’n lang ruk sal moet voortbou.
Die beplande Nasionale Braaidag wat gewone burgers nou gereël het as ’n inisiatief om alle Suid-Afrikaners, oor grense heen, aan die kuier en gesels te kry, spreek van ’n gebrek wat op voetsoolvlak aangevoel word. Daar is klaarblyklik by die volk ’n behoefte om in gesprek te tree. Die leiers kan gerus volg.
Laat ons dan nou doelbewus geletterd raak in die taal van die hart. Die taal van wedersydse begrip en respek. So sal ons kan koester wat vir ons kosbaar is en andere gun wat vir hulle spesiaal is.
DIT is hierdie ander geletterdheid waarvoor die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans hom toenemend en met oorgawe moet beywer, sonder om sy helpende hand aan die behoewendes ’n oomblik terug te trek. Mnr. Sidego is die voorsitter van die SBA.
Datum geplaas: 8/8/2008
Van Orania tot Symphonia
Oftewel: Die harts-tog van ’n egte Afrika-‘cocktail’
Ben Zander, dirigent van die Bostonse Filharmoniese Orkes, vertel onlangs van sy eerste ontmoeting met oudpres. Nelson Mandela ’n paar jaar gelede.
Met die bymekaarkomslag het hy aan Madiba gesê: “U is die leier van Symphonia.” Mandela het hom ietwat onseker aangekyk, waarop Zander verduidelik: “U is die leier van die land waar die stemme van al sy mense nou saamgevoeg en almal nou gehoor word.”
Met sy kenmerkende glimlag en vonkel in die oog het Mandela geantwoord: “Ek hou daarvan, ek hou daarvan...”
Met dít in gedagte is my tema “Van Orania tot Symphonia”.
Hoekom Orania?
Oor jare het ons uitmekaar gedryf. Die hoofverdeling was tussen wit en swart. Alles was ondergeskik aan dié ideologie. So het taalgenote ook in teenoorgestelde kampe beland en vervreemding het ingetree. Elkeen op sy eiland. Persepsies van minderwaardigheid en meerderwaardigheid het ontstaan en ons het dienooreenkomstig met mekaar gehandel.
Toe kom die Nuwe Suid-Afrika. Vrye assosiasie as ’n basiese reg word gewaarborg. Nou kan taalgenote byeen kom soos hier en saam oor ons kulturele lot besin.
Die ATKV is al meer as ’n driekwarteeu ’n indrukwekkende nasionale rolspeler op kultuurgebied wat doeltreffend omsien na Afrikaanse kultuurbelange. Ongelukkig, vir jare, in die gees en patroon van die ou bedeling, was dit “slegs blankes”.
Die uitdaging is nou om die groter Afrikaanse familie te betrek.
Hierin lê ’n kernfokus van die ATKV se leierskap en lede, naamlik die daarstelling van ’n inklusiewe kultuurinstrument wat die totale Afrikaanse taalgemeenskap dien.
As dié doelwit suksesvol deurgevoer kan word, sal ’n belangrike stukkie legkaart gelê word ter bevordering van ons nasionale droom, naamlik: Vele stemme, een nasie.
Soos ons bewus is, woed dié gesprek vurig in soortgelyke Afrikaanse belangegroepe – sommige baie gemaklik met die hervormingsproses, ander redelik sleepvoet. Sommige organisasies laat mens onder die indruk van ’n oordrewe besitlikheid en van voortdurend in beheer wil wees.
Die suksesvolle proses van inklusiwiteit vereis gespreksgenote met selfvertroue. Ook vertroue in die opregtheid van gespreksgenote. Daar is nie plek vir “slim” skuiwe en verskuilde agendas nie. Ons moet met onbevangenheid en eerlikheid die Afrikaanse droom najaag.
My waarneming is dat daar nog hard gewerk moet word aan die bou van vertroue aan beide kante van die kleurgrens.
Versoening is ook nog glad nie op ’n vlak waar dit moet wees nie. Ek sê dit na aanleiding van anekdotiese belewenisse wat ek van tyd tot tyd ervaar.
Die onttrekking en terugbeweeg na ’n geestelike Orania is nie ’n opsie nie. Iemand het eens gesê: Die deur na sukses maak na buite oop. Nie na binne nie.
Politici en sakeleiers spook net so hard met transformasie. Dikwels struikel hulle ook maar. Hoekom sal die geswoeg op die kulturele akker nou enigsins makliker wees?
Aan die anderkant hoef ’n mens darem nou ook nie die netbalbase se transformasieplanne wat onlangs bekend geword het, na te volg nie! Stel jou voor daar’s skielik druk dat die Kaapse Klopse nou ook meer verteenwoordigend gemaak moet word...
Laat ons nou ook nie goed bedoelde (en noodsaaklike) veranderinge tot die punt van belaglikheid dryf nie.
Ons moet van beide kante van die tradisionele kleurgrens kopskuiwe maak. Of ons dit nou altyd besef of wil erken, het die meeste van ons politieke breinskade opgedoen wat moeilik genees.
Ons kyk na mekaar met aannames en persepsies wat ons daaglikse handelinge en uitsprake rig. Dis dinge wat nie maklik in die openbaar gehoor word nie, maar wat maklik in private eetkamers en om die braaivleisvure na vore kom en deur enersdenkende vriende gevoed word.
Ons is vasgevang in die raspatrone en gepaardgaande vooroordele wat met die geringste provokasie na vore kom. Instellings en groepe kan nie veel daaraan doen nie. Ons het “transformasie-modelle” in groeiende getalle nodig wat ons kan help om nuwe denkraamwerke te ontwikkel. Mense soos die Mandelas, die F.W.’s en Helen Zilles wat dinge doen en sê, maar veral doen, wat buite die tradisionele rolle val.
Sulke “transformasie-modelle” stuur boodskappe uit wat sê: Ons is nie almal so nie.
Ewe belangrik is gesprekke. Ons moet harts-togte onderneem, ’n “reis” na jou gespreksgenoot se hart. Mense moet tyd maak om met mekaar te gesels. Só word begrip ontwikkel. Stel jou voor ’n projek genaamd “The nation in conversation”, in samewerking met die ATKV.
Natuurlik hoef alles wat die ATKV doen, nie net in Afrikaans te wees nie.
Hoe gaan jy byvoorbeeld persepsies oor die Afrikaner verander deur nooit by Engelssprekende landgenote uit te kom nie?
Ek glo as ons as mense werklik mekaar beter verstaan, sal baie van die onsensitiwiteite wat ons daagliks beleef, nie gebeur nie. Kyk maar hoe ons tekere gaan met pleknaamveranderinge. Ek dink dit spreek dikwels van geniepsigheid, van politieke moedswilligheid
Dieselfde geld die houding teen die Afrikaanse taal.
Sulke houdings lyk vir my na die grootste enkele struikelblok in ons poging om vir Afrikaans, sy sprekers en hul kultuurgoedere die regmatige ruimte te gee wat hulle in hierdie diverse samelewing verdien.
Ons sal van beide kante hard hieraan moet werk.
Ons sal soms ’n grootse statement moet maak om te wys ons is nie wat julle dink ons is nie.
Dit laat my dink aan die man wat sy hond se stert moes afkap, maar hy kon dit nie oor sy hart kry nie. Toe kap hy uit liefde vir sy hond die stert stukkie vir stukkie af.
Ons moet nadink oor van watter sterte ons in ons organisasies flink ontslae moet raak. Stadige veranderinge word soms uitgerekte pyn.
Ek staan hier voor u as een van die buite-stemme wat met groot empatie kom deel in jul besinning oor ’n instelling wat, sonder om mooi tradisies en waardes oorboord te gooi, by die kruispad van transformasie nuwe rigtings moet oorweeg.
Ek het begrip daarvoor. Ek is Afrikaans. Ek kan niks anders wees nie. Daarom, as Afrikaans seerkry, bloei ek ook.
Juis daarom was ek, en ander soos ek, in die verlede nogal nukkerig vir wit mense wat die taal eensydig opgeëis het en agter die mure van eksklusiewe kultuurorganisasies probeer vertroetel het.
Ons ander-Afrikaanses is na die randakker van die taalbedding geskuif terwyl julle Die Wonder van Afrikaans gevier en besing het.
Vandag deel ons almal in die wel en wee van ons taal en kultuur. Soos julle word ek steeds verleë elke keer as die Soweto-onrus en ons taal so nou gekoppel word. Vandaar my baie spesiale agting en waardering vir die jong mense wat ’n ATKV-tak in Soweto gestig het.
Die randakker-mense het volle burgers geword. Die mense van die rand-dorpe (townships) het voortgegaan om in Afrikaans te bly leef. Van die randakker-figure het hooffigure vir versoening geword – vir ons land en vir Afrikaans. Mense soos die Jakes Gerwels, Russel Bothmas, Edna van Hartes en Allan Boesaks.
Laat ons nie onrealisties wees in ons verwagtinge nie. Ons het as historiese groepe en individue langs baie verskillende paaie gekom tot waar ons vandag byeen kom.
Bruin mense is ’n uiters beduidende groep van die Afrikaanse taalgemeenskap, maar die dieper emosionele, geskiedkundige en kulturele aanloop verskil drasties van hul wit landgenote.
Op die Kaapse Vlakte woon derduisende wat Afrikaans praat, ja, dikwels in die idioom wat Adam Small, onder meer in protes-gedigte en oor die lewe in Distrik Ses, so goed gebruik het. Daar is ook die nou al hoe skaarser humor van die straatsmouse en die gegeurde, vry-vloeiende vloektaal wat menige matroos soos ’n apprentice sal laat voel!
Nog ’n stukkie van die Afrikaanse lappieskombers kry koers langs die Weskus op, verby Upington tot by Klein Mier en Groot Mier. Op pad daarheen is die Swartlanders en Namakwalanders ingeweef.
En so kan ons liries voortborduur oor ons bonte Afrikaanse versameling. Ons is ’n egte Afrika-cocktail, ’n liefdevolle vermenging van die inheemse en hulle wat van ver met die skip gekom het.
Die armer deel van die Afrikaanse familie is in ’n oorlewingstryd. Dit gaan oor brood op die tafel, ’n dak oor die kop en die wete dat die begrafnisboekie opbetaal is.
Dis juis weens hierdie hand-tot-die-mond leefwyse dat hulle bitter min uit te waai het met petisies vir moedertaalonderrig. Ironies is dit veral húl kinders wat nog verder benadeel kan word.
Met hierdie werklikhede sal dit instellings soos die ATKV en sy vennote soos die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) moet wees wat die fakkel vir die hoër funksies van ons taal dra, sonder om ooit die ernstige behoefte aan bemagtiging na te laat.
Ek is gevra om my siening te gee van hoe die Afrikaanse kultuuromgewing tot 2010 en daarna daar sal uitsien, maar ek sal dit vriendelik van die hand moet wys.
Ek sou my verbeelding vrye teuels kon gee en u gemoedere probeer sus met rooskleurige prentjies oor hoe goed dit met ons taal en kultuur sal gaan. Ek kan u ook verontrus met nagmerrie-prentjies. Nie een van die twee scenario’s pas my nie.
Wat ek wel met selfvertroue en oortuiging kan sê, is dat wat ons vandag en môre doen, beslis die grondlegging sal wees van die wêreld waarin ons oormôre sal leef.
Ek kan ook met veiligheid sê dat, ongeag wat uit die onsekerheid van oormôre sal vloei, ons dit sal kan hanteer as ons daardie toekoms met die regte ingesteldheid tegemoet loop – as mense wat die lesse van gister geleer het en die insigte met hulle saamdra.
As ons weet ons toekoms is tot groot hoogte in ons eie hande, hoekom doen ons nie die nodige nie? Waarvoor wag ons?
Die toekoms wat ons soek, sal gebou word deur mense met selfvertroue wat glo in in ’n wêreld met oneindige moontlikhede.
Watter vertroue en selfvertroue moes F.W. de Klerk nie aan die dag gelê het om die nuwe, grootse visie vir ons die land in die parlement aan te kondig nie. Dink aan die staatsman-optrede van Mandela vandat hy sy voete by die gevangenisdeur uitgesit het en met ’n hand van vergewensgesindheid na sy landgenote uitgestrek het.
Laat ons hierdie belewenisse in die DNS van hierdie nasie bewaar. Ons het dit in ons. Laat ons die volle pad van bevryding loop. Suid-Afrika is ’n droom onder konstruksie. Moenie die opwinding van die nasionale wonderwerk nou prysgee nie.
Ek sien in my geestesoog ’n visie van die ATKV-jaarkongres in Augustus 2020, waar die voorsitter op die openingsaand aankondig dat die kantoor van die staatspresident ’n skrywe gerig het dat die ATKV vereer gaan word vir die verskeie suksesvolle inisiatiewe wat hy die afgelope jare geneem het om die Afrikaanse gemeenskap oor alle grense heen te verenig.
Ook vir die wyse waarop hy uitgereik het met sy kundigheid en goedgesindheid om ander kultuurgroepe in hul strewes te help.
Dat die ATKV in Oktober 2020 deur die Afrikaanse Handelsinstituut vereer gaan word met die voorsitterstrofee vir sy programme van entrepreneurskap wat gemik is op armoedeverligting en bemagtiging.
En dat daar in die voorsittersverslag genoem sal word dat die direksie van die ATKV al 40% bruin en swart lede het...
Hierdie is bloot ’n visie. Ons hoef nie te bespiegel oor die toekoms van ons kultuurgoedere nie: dis in ons eie hande wat ons daarmee gaan maak. Moenie die droom verloor nie.
So sal ons taal uiteindelik bevry word en sal Suid-Afrika bowenal ’n beter plek word vir ons almal en sal ons die pad kan loop van ons onderskeie Oranias na Symphonia, waar almal se instrumente hoorbaar en in harmonie sal opklink.
Conrad Sidego, voorsitter van die SBA, is ’n gewese ambassadeur van Suid-Afrika in Denemarke wat daarna ’n leiersrol in verskeie sakeondernemings en ander organisasies gespeel het.
Datum geplaas: 9/2/2008
Anderkant die kleurdenkbeelde van gister
Anderkant die kleurdenkbeelde van gister
Is die stigting van etniese bewegings gebaseer op velkleur die maklike keuse eerder as die regte keuse? Ek vra die vraag omdat gemeenskapsbou my na aan die hart lê en dit nodig is om ’n kritiese ontleding van veral bruin en wit etniese bewegings te doen en hul oproep om etniese publieke instellings, soos skole, radio- en televisiestasies en gedrukte media krities te ondersoek.
Want postuleer sosiale wetenskaplikes - enige konteks wat gekenmerk word deur sosio-maatskaplike, ekonomiese en politieke onstabiliteit bied ’n vrugbare teelaarde vir die spontane mobilisering van mense of gemeenskappe op grond van gemeenskaplike belange. Rasionele oordeel verdwyn soos mis voor die son omrede mense bedreigd voel en persepsies van marginalisering, miskenning en ondergeskiktheid die oorhand begin neem. Intussen begin die eerste krake in die onderbou van sosiale eenheid toon soos die ‘ons’ versus ‘hulle’ spanning opbou. Morele verantwoordbaarheid teenoor landsbelang word vervang met morele regverdiging van groepsbelange sonder inagneming van die langtermyn implikasies daarvan. En die herverbeelding en herlewing van ons nasionale identiteit kom onder skoot, want dit is die maklike keuse om eerder op groepsidentiteit te fokus.
Dus van die belangrike vrae wat gevra moet word voordat ’n oordeel gefel kan word óf die stigting van etniese bewegings die maklike óf die regte keuses was, hou verband met die strategie wat die leierskorps van sulke etniese bewegings ontplooi om dit van die grond af te kry. Eerstens was daar deeglik besin oor die morele, strukturele en politieke implikasies van so ‘n inisiatief óf is dit deur ’n valse etniese geborgenheid gedryf? En as dít so is, hoekom het niemand onthou dat hierdie etniese geborgeheid ‘n argetipe is van ons koloniale en apartheidsverlede, dit wil sê ’n oorgeërfde denkbeeld van wat wás. Óf is dit allerweë aanwesig in die kollektiewe onderbewuste van elkeen wat hierdie geknelde land hul tuiste noem? Daarom spring ons geredelik op die wa as die behoefte in ‘n paar individue manifesteer om vir watter rede ookal inhoud te gee aan die denkbeelde van gister?
As kind het ek reeds tot die verrassende slotsom gekom dat bruin, wit en swart tiperings maar net in die verbeelding bestaan – iets wat my liewe pa ons van kleinsaf van oortuig het. Vir etniese bewegings om inhoud te gee aan die kleurdenkbeelde van die verlede, strook dus na my mening nie met die morele verpligting wat die grondwet op ons almal plaas om nie-rassigheid in ’n diverse konteks na te streef. So ’n konteks vra vir versigtig trap - die handhawing van balans en vindingrykheid - om die voortdurende spanning tussen die strewe na nie-rassigheid en die eise wat diversiteit stel, te ontlont.
Diversiteit soos in ons Grondwet gestel, impliseer egter nie die herskepping van bruin, wit of swart denkbeelde nie, maar verwys eerder na ons verskillende tale, kulturele en godsdienstige praktyke, seksuele voorkeure, geslagsverskille, historiese bevoordeling of uitsluiting, gestremdhede en tradisionele sisteme. Hierdie diverse werklikhede is die grondslag vir gemeenskapsvorming en dien as belangrike vertrekpunte vir volgehoue opvoedkundige, ekonomiese, maatskaplike, kulturele en spirituele bemagtiging. Dit vereis ‘n konteksspesifieke aanslag, dus projekte en programme in ons moedertale en van ‘n bepaalde kulturele, tradisionele en godsdienstige karakter.
Waarteen ons egter moet waak om dit nie as ‘n dekmantel te gebruik om anderstaliges of ander kultuurgroepe opsetlik uit te sluit nie. En dit is presies wat etniese publieke instellings, soos skole, radio- en televisiestasies, gedrukte media tot gevolg het. Dit is egter teenstrydig met wat die Grondwet van ons verwag. Hierdie dokument wat die grondslag is vir die herskepping van ons nuwe demokratiese bestel plaas ‘n belangrike verantwoordelikheid op ons om toe te sien dat bemagtigingsaksies en instellings nie verdere verdeeldheid tot gevolg het nie - daarom die premie wat dit plaas op nierassigheid – maar dat dit d ie verdeeldheid van die verlede heel en ook ’n betekenisvolle bydrae lewer tot die herskepping van ons samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte. En hierin lê die kruks.
Hoe pak ons die saak aan sonder om romdom die b ruin, wit of swart denkbeelde - simbole van ’n erg verdeelde en verskeurde samelewing - te mobiliseer , want ons gemeenskappe is in krisis. Onderwys gaan die kreeftegang, dwelmhandelaars en misdadigers neem die oorhand, ons inheemse tale en kulturele praktyke word bedreig, die kloof tussen ryk en arm word groter, die tronke bars uit hul nate en wetteloosheid is aan die orde van die dag.
Dit vereis ’n herverbeelding van wat anderkant die kleurdenkbeelde van die verlede moontlik is, die herdefiniëring van die begrip gemeenskaplike belang, identifisering van vennote en die loodsing van projekte en programme.
Dus om anderant die denkbeelde van die verlede iets nuuts te skep, is dit in die woorde van Breyten Breytenbach nodig om verby die skisofreniese politieke en historiese gemeenskapsafbakenings te kom. Gesprekke in die verband in die Afrikaanse taalgemeenskap tussen ’n reeks organisasies is reeds ’n geruime tyd aan die gang en is die Afrikaanse Taalraad as ’n eerste stap geskep om ’n koördinerings- en netwerkskeppende rol te vervul in die ontsluiting van Afrikaanse kundigheid, effektiewe benutting van infrastrukture en hulpbronne. Verder bied die taalraad ’n ongelooflike platform waar Afrikaanssprekendes (eerste en tweedetaalsprekers) vanuit verskillende gemeenskappe mekaar leer ken en begin om as gelyke vennote saam die pad stap om nuwe bemagtigings- en hoër funksie moontlikhede in en deur Afrikaans te skep en te ontgin.
’n Mens sou wou sien dat naas die taalraad ook ’n netwerk van organisasies wat ’n belang het by sosio-maatskaplike opheffing in die Afrikaanse gemeenskap aan die gang gekry word. Wat ons dus nodig het is nie etniese mobilisering en etniese instellings in die Afrikaanse gemeenskap nie, maar netwerking, die vorming van vennootskappe, beter koördinering om duplisering en wedywering uit te skakel, die versterking van bestaande organisasies en instellings se kapasiteit en transformasie van instellings wat nog nie verteenwoordigend is van die totale Afrikaanse gemeenskap se mense en hul aspirasies nie.
Organisasies met ‘n etniese karakter sal ernstig moet besin oor die implikasies wat dít inhou vir ons onderlinge verbondenheid. Want soos Albert Einstein dit stel “A human being is a part of the whole called by us universe, a part limited in time and space. He experiences himself, his thoughts and feeling as something separated from the rest, a kind of optical delusion of his consciousness. This delusion is a kind of prison for us, restricting us to our personal desires and to affection for a few persons nearest to us. Our task must be to free ourselves from this prison by widening our circle of compassion to embrace all living creatures and the whole of nature in its beauty.” Dis die regte keuse.
Christo van der Rheede
Uitvoerende Hoof
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Datum geplaas: 9/2/2008
Die Krag van Hefbome
Vyftien jaar gelede het ons kerk onderneem om ‘n nuwe koraalboek saam te stel. Wyle Pat Johannes, bestuurder van die eertydse Genadendal Drukkery, het my versoek om die taak aan te pak. In samewerking met Duitse gemeentes is die nuutste Apple Macintosh rekenaars, Roland klawerbord en Finale sagteware aangeskaf. Wat ‘n leerervaring was dit nie? My musiekkennis en klavierspel was op peil, maar ek het geen kennis van rekenaars, musiektegnologie en die sagteware gehad nie. Wyle Pat was gelukkig bevriend met ene Vurl Bland, ‘n Tubaspeler van die VSA wat ‘n lid was van die eertydse Kaapse Filharmoniese Orkes. As dit nie vir sy hulp en leiding was nie, sou ek tot vandag toe nog nie eens geweet het hoe om die spulletjie aanmekaar te koppel nie.
Na baie ure se gevroetel het ek uiteindelik daarin geslaag om met die elektroniese klawerbord wat gekoppel was aan die rekenaar, die note van die korale in te speel. Kort voor lank het ek ander musiekskole gehelp om die handgeskrewe musiek op rekenaar te plaas en dit in boekvorm te druk. Met ons eie kerk se koraalboek het ek besluit om die fermatas of pouses in baie van die korale weg te laat om die kerksang te laat vloei. Want na die eerste fermata raak die pas langsamer en teen dié tempo – dit is nou rus-rus - sou weinig van ons ooit die hemelpoorte haal. Fout!
Met die nuwe koraalboek het die ouer garde hul weinig gesteur aan die afwesigheid van die fermatas en die korale gesing soos hulle dit oor dekades heen sing... deur na elke frase te rus. Dit het my persoonlik frustreer, maar soos dit ‘n deurwinterde optimis betaam het ek geglo dat die eenvoudige besluit om die fermatas weg te laat, wel eendag sou neerslag vind en dit die grondslag sou lê vir ‘n nuwe sangkultuur in ons kerk. En dít is wel aan die gebeur. Soos nuwe orreliste en leiers van blaasorkeste begin toetree, word die musiek uiteindelik gespeel soos dit in die nuwe koraalboek geskryf staan en is die impak daarvaan opmerklik. Deur ‘n eenvoudige handeling of hefboomaksie is verandering bewerkstellig. Sang in die kerk is aaneenvloeiend, beslis meer opgewek en nootvas.
James Martin sê in sy boek getiteld The meaning of the 21st Century dat ons in ongewone tye leef. Tye van uiterstes wat die mensdom op die snelweg van vooruitgang en vrede kan plaas óf wat ons in ongekende konflik kan laat dompel en ons terugplaas na die middeleeue.
Dominant ideas, challenge boundaries, and challenge polarisation
Datum geplaas: 9/2/2008
Intellektueles moet die Afrikaanse dialektiese tradisie lewend hou
Intellektueles moet die Afrikaanse dialektiese tradisie lewend hou
Tydens ‘n onlangse besoek aan Ampie Coetzee, my oudlektor te UWK en goeie vriend druk hy ‘n doktorale tesis van Andrew Nash in my hand wat handel oor die dialektiese tradisie in Suid-Afrika. Die Dialektiek hou verband met kontroversiële en kritiese denke, ondersoek, bevraagtekening en logiese redenering van buite die establishment . Hierdie tesis is in 2000 by die Universiteit van Kaapstad ingedien en is ‘n boeiende en puik nagevorste navorsingstuk wat my vir ‘n paar dae aan die lees gehou het.
Ek is nie van plan om ‘n resensie te lewer oor die tesis nie, maar wil van die belangrikste temas of aksente uitlig en dit in verband bring met die standpunte van Abraham Philips, Richard van der Ross , Leopoldt Scholtz en Hein Willemse oor bruin mense en Afrikaans wat die afgelope maande in Die Burger verskyn het en so ‘n nuwe gedagtegang te ontplooi wat hierdie gesprek betref.
In sy studie oor die Afrikaanse dialektiese tradisie verwys Andrew Nash na die impak van die Nederlandse intellektuele nalatenskap, hoe dit die intellektuele lewe in die Kaapse Kolonie geduerende die 19de eeu beïnvloed het en gevolglik tot konflik tussen die liberale en konserwatiewe intellektuele strominge in die Departement van Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch en die Nederduitse Gereformeerde Kerk gelei het.
Hierdie onderstrominge het veral in 1926 in felheid toegeneem met ‘n sinodale besluit om ene Johann es Du Plessis, Professor in Teologie aan US sedert 1916 van hierdie pos in 1932 te onthef. As redakteur van Het Zoeklicht, ‘n maandelikse teologiese joernaal met ‘n krities-ondersoekende aanslag betreffende die Christelike godsdiens, die Wetenskap, die kerk, die politiek en die sosio-maatskaplike omgewing, het hy nie geskroom om die Afrikaanssprekende en Christengelowige tot morele verantwoording te roep nie. Dit was sy afkeer in dogma, rassisme en konformiteit, sy progressiewe filosofiese denke en argumente teen die skeiding van Wetenskap en Godsdiens wat hom die argwaan van die konserwatiewes op die hals gehaal het. Laasgenoemde was daarop toegespits om du Plessis se invloed te ondermyn en het deur middel van die joernaal, getiteld ‘Die Ou Paaie’ hom fel gekritiseer. Hulle versoek aan die Teologiese Seminarie te US om stappe teen hom te neem het uiteindelik gelei tot sy finale ontheffing van sy pos in 1932.
Daar is geen twyfel dat die du Plessis-sage die gang van die Afrikaanse dialektiese tradisie en oop gesprek ‘n knou gegee het nie en dat dit deel was van ‘n georkestreerde poging deur sekere kerkleiers, politici, burgerlike instansies soos die Afrikaner Studentebond en Broederbond en akademici om veral die andersdenkende Afrikaanse stem te isoleer, te veroordeel en selfs te verban. Apartheid moes ten alle koste slaag.
Dié andersdenkende Afrikaanse stem kon egter nooit egter heeltemal stilgemaak word nie, want die grondslag vir die Afrikaanse dialektiese tradisie te US was stewig gelê en is volgens Nash lewend gehou deur intellektueles soos James Oglethorpe, Daantjie Oosthuizen en Johan Degenaar wat veral kritiesdenkend gefokus het op die verband tussen die Filosofie en die wêreld van die politiek, letterkunde, ekonomie, godsdiens, kultuur en die sosio-maatskaplike. Nash beskryf Degenaar se filosofiese werk as aktivities van aard met ‘n sterk uitwaartse en wêreldfokus.
Hierdie stroom van denke het in samehang met die intellektuele aktivisme van die ANC, NEUM en die swart bewussynsbeweging die grondslag gelê van die denke en handelinge deur persoonlikhede soos Beyers Naude, Breyten Breytenbach , Van Zyl Slabbert , Adam Small, Jakes Gerwel, Peter Blum, Randall van der Heever en Alan Boesak om maar enkeles op te noem. Die meeste van hulle was Afrikaanssprekende plattelanders wat nie geskroom het om die Afrikaanse dialektiese tradisie op sy kop te draai om die sosiale ongeregtighede van die Apartheidsstaat kaalvuis aan te pak en veral die Afrikaanssprekende massas dienooreenkomstig te mobiliseer. Die bydrae van UWK se intellektueles tot die Afrikaanse dialektiese tradisie word ongelukkig nie in detail bespreek in Nash se tesis nie, dus ter ondersteuning van my argument deel ek graag my persoonlike ervaring.
Tydens my deeltydse studies te UWK was ek bevoorreg om saam met ander jong Afrikaanssprekendes kennis te maak met ‘n reeds goedgevestigde dialektiese tradisie en was dit nie ‘n absolute openbaring en intellektueel verrykend ervaring om deur Afrikaanse intellektuele reuse soos Jakes Gerwel, Tony Links, Hein Willemse, Ikey van de Rheede en Ampie Coetzee in die dialektiese tradisie geskool te word nie? Vir die eerste keer het ons te doen gekry met die Feministiese, Humanistiese en Marksistiese denkskole en is ‘n heel nuwe wêreld van kritiese denke en bevraagtekening vir ons deur middel van Afrikaans geopen. Dié lesings is deur ‘n mengelmoes van oorwegend bruin Afrikaanssprekende Chateriste, Trotskieste, Nasionaliste, Afrikaniste en Marksiste bygewoon wat aktief deelgeneem het aan die klasbesprekings en die lektore moes behoorlik bontstaan om die verskillende perspektiewe te hanteer.
Teen hierdie agtergrond het Abraham Philips se vraag oor waarom veral bruin intellektueles nie die kwessie van Afrikaans se agteruitgang opneem nie, dus meriete. Deur dié vraag te stel vestig hy die aandag op ‘n aantal kwessies:
· die historiese rol van UWK as alternatiewe tuiste vir die Afrikaanse dialektiese tradisie,
· die intellektuele ontmagtiging van ‘n groot deel van die bruin en swart gemeenskap deur hul taal tot omgangstaal te reduseer,
· die gebrek aan intellektuele aktivisme in en deur Afrikaans wat direk verband hou met die lojale ondersteuning aan die nuwe establishment daarom eksklusief Engels, en
· die kwynende Afrikaanse dialektiese tradisie in veral bruin intellektuele geledere wat gedurende die sewentigers en tagtigers ‘n bloeitydperk by UWK beleef het.
Van die enkeles met ‘n sterk verbintenis met UWK wat die Afrikaanse dialektiese tradisie voortsit is Hein Willemse - lees gerus sy SBA- Winterlesing en NALN-lesing, asook Alan Boesak en Danny Titus. Maar waar is die res?
Intellektuele aktivisme vereis egter baie meer as net kritiese onledings en daag die intellektuele uit om ‘n balans te handhaaf tussen die globale neiging om intellektuele idees en aktiwteite te belyn met die behoeftes en die taal van die kapitalistiese mark deur die kontroversiële ding te doen en die kapitalistiese sisteem en sy agentskappe tot verantwoording te roep vir die toenemende verarming, vervreemding en ontmagtiging van plaaslike gemeenskappe.
In dié opsig bied die Afrikaanse dialektiese tradisie nie net ‘n tuiste vir die Afrikaanssprekende intellektuele aktivis en ‘n geleentheid om ‘huis toe’ te kom nie, maar bied dit ook ‘n unieke geleentheid om saam met anderstaliges ‘n leidende rol te speel in die kulturele, intelektuele, ekonomiese, politiese en opvoedkundige bemagtiging van die armstes van die armes. Watter denksprong sal dit nie wees as hierdie denkrigting die vertrekpunt is vir ons toekomsgesprekke oor die rol en plek van Afrikaans nie?
C.O. van der Rheede
Uitvoerende Hoof
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Datum geplaas: 9/2/2008
Prioriteite en operasionalisering van hoofdoelstellings van ATR: Mnr. Christo van der Rheede (Uitvoerende Hoof van die SBA)
Prioriteite en operasionalisering van hoofdoelstellings van ATR: Mnr. Christo van der Rheede (Uitvoerende Hoof van die SBA)
Powerpoint aanbieidng tydens die loodsing van die Afrikaanse Taalraad gestig op 23 Mei 2008 te Wellington
Dames en here, my taak is om te bepaal of ons ’n nuwe enjin, óf tweedehandse enjin in hierdie ‘taalkar’ gaan sit. Ons het basies een van drie keuses: óf ons volhard met die ou enjin, óf ons sit, soos die Engelse sê, ’n reconditioned enjin in, óf ons sit ’n splinternuwe enjin in. Maar as die taalraad se toekoms hiervan afhang, sou ek voorstel dat het ons geen ander keuse het as om die oue met ‘n splinternuwe enjin te vervang nie. ‘n Skeppende taalnetwerk wat alle Afrikaanssprekendes opgewonde maak, omdat dit soos ‘n boom skaduwee bied in tye van spanning oor taalaangeleenthede, stewig geanker is om die verdringing deur Engels te weerstaan, vrugte dra op sy tyd sodat alle Afrikaanssprekendes dit kan geniet en kan bemark en omdat dit vir alle groeperinge in die Afrikaanse taalgemeeenskap ruimte gee om nes te skop. Ter illustrasie wil ek my betoog bou rondom die die pragtige gedig van Louis Eksteen se gedig “Bome” en as vertrekpunt my betoog met die volgende aanhaling “Die lied van lewe wat bome sing/laat my leer ken ’n boom se taal” inlei..
Hierdie boom het ons ’n paar jaar gelede al geplant, en ek hoop dat dit oor 100 jaar stewig sal staan as ‘n simbool van Afrikaans se hernuwing en vooruitgang.
Dit is my taak om te gesels oor die operasionalisering van die ATR se hoofdoelstelling. Dus ter inleiding die hoofdoelstelling: Die Afrikaanse Taalraad stel ten doel die beskerming, die handhawing en die bevordering van Afrikaans as ’n hoëfunksietaal en taal van bemagtiging in die breë gemeenskap.
Voortvloeiend uit die hoofdoelstelling verwys die eerste doelstelling na die ATR as ’n konfederale liggaam wat ‘n tuiste is vir outonome individuele organisasies wat dieselfde doelstellings nastreef. Om die implikasies van hierdie stelling te verwoord het ek dit goed geag om dit te vergelyk met die simboliek van ’n boomstam wat as ’n stut dien om alle lede-organisasies met gemeenskaplike waardes te koppel, om alle lede-organisasies met gemeenskaplike doelstellings te verbind, om lede-organisasies in hulle lotsgebondenheid te verenig en natuurlik om lede-organisasies te mobiliseer tot aksie. Vir lank het elkeen van ons - dit is maar ’n Afrikaanse ding - op sy eie mishoop te sit en kraai. Dit het tyd geword dat ons tot aksie oorgaan. Wat kan ons saamdoen om Afrikaans vorentoe te neem? En dit is die doel van die ATR, om as stut te dien, as ’n boomstam, om uit die grond waarin dit geanker is die ryke voedingstowwe te put of kundigheid te ontsluit sodat ons as lede-organisasies dinge kan doen vir Afrikaans en deur Afrikaans.
Die tweede doelstelling verwys na die ATR as ‘n inisiërende, koördinerende, netwerkskeppende liggaam. Dit moet dus sy funksie so vervul op dat dit nie inbreuk maak op die outonomie van die individuele organisasies nie. Die ATR kan dus nie die SBA se rol, nog minder die ATKV of Solidariteit oorneem. Dit het eenvoudig nie die kapasiteit nie, want ons is immers almal lede van verskillende organisasies. Máár ons kan as ’n netwerkskeppende organisasie gesprekvoeringe stimuleer om organisasies te mobiliseer om geletterdheid in Afrikaans óf ander projekte te bevorder óf te ondersteun. Die ATR is ‘n platform vir organisasies om met projekte vorendag te kom in terme van vaardigheidsopleiding; tegniese opleiding; voorgraadse/nagraadse opleiding; programme vir die laerskole, vir die hoërskole, vir die bejaardes; in terme van geestelike musiek? Dis ongelooflik wat veral op die Kaapse Vlakte gebeur. Dit was maar ’n tendens om die Amerikaanse gospelmusiek te sing, maar meer en meer mense begin in Afrikaanse geestelike musiek te skryf en te sing. Hierdie samewerking moet ook uitgebou word in terme van Afrikaans se hoër funksies en Afrikaanse taal- en kultuurprogramme vir die sekondêre sprekersgemeenskap. Ook wat kan ons saamdoen in terme van terminologie-ontwikkeling; tersiêre omgewing; die drukmedia; elektroniese media; Afrikaans en sy erfenis; regswêreld; die sakesektor; die kunste en die beroepslewe?
Ons kan op elke vlak waarop elkeen van ons ’n bepaalde kundigheid het, saamspan en ‘n bydrae lewer. En dit is nie nodig om met groot goed te begin nie, begin klein óf soos Ria Olivier dit stel: voetjie vir voetjie, stap vir stap. Ons is immers ‘n magdom organisasies wat toegewy is tot die verwesenliking van hierdie ideaal. Dit sluit die Geneeshere-vereniging, die Skrywersvereniging, die Taalmuseum, Afrikanerbond, ATKV, Dames Aktueel, Dameskring, Voortrekkers , FAK. Ons het ook ’n afvaardiging van die Griekwa-beweging, iMag, Afrikaanse taalskakelforum, PanSAT, Rapportryersbeweging, die SA Akademie , die SA Onderwysersunie, die SA Vertalersinstituut, SBA, Sentrale Universiteit vir Tegnologie in die Vrystaat. En natuurlik is daar Solidariteit, Tabema, Universiteit Wes-Kaapland, Universiteit Stellenbosch (jammer vir die ander universiteite wat ek nou nie gelys het nie), Voortrekkermonument, Vriende vir Afrikaans , Praesa, Kommissie vir Godsdiens-, Kultuur en Taalregte. Ook het ons die Vryheidsfront, die DA en dan is daar ook lede van die ANC wat vandag hier is en ook lede wat uit die swart bewussynsbeweging kom wat Afrikaanse mense is, wat hier teenwoordig is.
Ons volgende doelstelling praat van ’n inisiërende koördineringsrol om Afrikaanse kundigheid te ontsluit en die infrastruktuur van die Afrikaanse gemeenskapnetwerk effektief te benut om finansiële en menslike hulpbronne te werf en te ontsluit. En vir wie doen ons dit dames en here? Ons doen dit vir die jeug, want ons wil vir Afrikaans ’n toekoms gee. Ons wil nie Afrikaans saam met ons graf toe neem nie. Vir die doel wil ek dit wat ek probeer oordra aan die hand van die hierdie prent van die jong mannetjie wat met die verkyker na die boomtoppe staar, illustreer. Hy stel nie belang in die vrelede nie óf die bagasie van Afrikaans nie, maar wil weet wat gaan die nalatenskap van hierdie magdom organisasies wees. Daarom is dit so belangrik vir ons om ’n skeppende netwerk te vestig. Ons moet vir onsself ’n toekomsvisie uitstippel, ’n nasionale taalaksieplan waarin ons Afrikaans ‘n toekoms gee. Ons moet steun daarvoor mobiliseer deur middel van ’n gefokusde befondsingsaksie en duidelike afbakening van die werksterreine. Een van die groot probleme in die Afrikaans wêreld is die konsentrasie van Afrikaanse organisasies in die stede, terwyl die wêreld braak lê in die Noord-Kaap en duplisering van projekte in ‘n bepaalde gebied.
Ons moet dus ons werksterreine duidelik afbaking, kundigheid uitruil van en mekaar ondersteun in die implementering van beste praktyke. Dít is wat hierdie land nodig het. Ons kan die beskikbare kundigheid aanwend om sosio-ekonomiese ontwikkeling en welvaartskepping vir die breë Afrikaanse gemeenskap en Suid-Afrikaanse gemeenskap te bewerkstellig. As ons praat van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap, praat ons nie net van eerstetaalsprekers nie, ons praat ook van tweedetaal- en derdetaalsprekers. Ons moet daardie oortuiging in ons gemoed hê dat die wêreld van Afrikaans is nie net ons wat hier sit nie. Ons wil ’n wêreld van kundigheid deur middel van Afrikaans skep sodat almal kan trots wees op ons bydrae tot hierdie land. Ons het ongelooflike vraagstukke: armoede, werkloosheid, MIV/Vigs, nasiebou, behuising, misdaad, onderwys, derdeklasprodukte en -dienste. En ek is oortuig dat taal ‘n absoluut kritiese rol te speel het om inisiatiewe van die regering soos hul Versnelde Gedeelde Groei-Inisiatief, te laat slaag. Dus net ‘n jammerte dat die regering dit nie altyd besef nie. Die onderwys en die skeppende industrie is maar twee fasette waarin taal ’n ongelooflike rol speel om die Versnelde Gedeelde Groei-Inisiatief te laat slaag.
Ter illustrasie: Die skeppende industrie omvat ’n reeks sektore. Daar is die reklame-sektor, die advertensiebedryf van Afrikaans, argitektuur, die kunste en die kunsvlyt, ontwerp, mode, feeste, rolprent en video, inheemse disse, gedrukte media, elektroniese media, musiek, teater, erfenis en toerisme, die uitvoerende kunste, uitgewery, sagteware-ontwikkelings, TV en radio. Dis maar ’n paar industrieë waarin taal ‘n deurslaggewende ekonomiese rol vervul. In die privaatsektor het ons besighede soos PriceWaterhouseCoopers met ’n afdeling wat ouditeurswerk doen in Afrikaans. So ook Sanlam, Media24, SABC en vele ander maatskappye en regeringsektore. Taal is dus ‘n primêre drywer van ekonomiese of opvoedkundige aktiwiteite in hierdie sektore.
Die SABC het gou hul fout agtergekom toe hulle wou peuter aan die Afrikaanse nuusslot, want dit is ’n inkomstegenererende tydgleuf. Hierdie ekonomiese potensiaal van Afrikaans moet ons verder ontgin sodat die taal ook vir mense brood en botter op die tafel kan sit. Ook moet ons die konsep van Afrikaans as ‘n ekonomiese bemagtigingsmodel vir ons inheemse tale voorhou. Ons sit met ’n situasie waar ons tussen ‘85 en ‘95 ons 75% van ons akademiese handboeke in hierdie land geproduseer het. Ons voer nou al amper 80% in. By implikasie raak ons afhanklik van ’n Oxford en ’n Harvard se intellektuele kapasiteit, terwyl ons dit deur middel van ons eie tale kan bou. Ons moedertale bied vir ons nismarkte wat as teenvoeter kan dien om werkloosheid te bekamp en werksgeleenthede vir mense te skep deur middel van hulle eie tale. En ek dink aan dit moet ons baie aandag aan gee. Waar is hierdie Afrikaanse ekonomiese ruimtes? Hoe kan ons dit handhaaf? Hoe kan ons dit versterk en verder uitbou?
Dit beteken ons moet strategieë ontwikkel om die funksies van Afrikaans op die verskillende lewensterreine te bevorder, soos deur die volgende doelwit vereis. Afrikaans as ’n opvoedkundige medium, as ’n ekonomiese medium, sosio-maatskaplike medium, kulturele medium en ’n spirituele medium. En ook as ’n politieke medium. Hoe kan die Afrikaanse gemeenskap homself op so ’n manier mobiliseer dat hy ’n politieke faktor word waarvan die regering kennis moet neem? Dit is vir my belangrik. Dit help nie ons sit hier nie en die regering steur hom nie eens aan wat hier gebeur nie. Ons moet ’n stem word, maar ons moet ook rekening hou met die realiteite wat Dr. Franklin Sonn uitgestippel het. Dit wat ons in Afrikaans doen, moet ons ook vir die regering in ’n taal sê wat hy verstaan. Ons moet kunstig begin werk, kreatief begin raak en dit ook as ’n virtuele medium benut. Dit is ongelooflik wat op die webwerwe gebeur in Afrikaans. Ek dink op Wikipedia is Afrikaans een van die grootste gebruikerstale. Die skep van Afrikaanse gemeenskappe op Facebook dui daarop dat Afrikaans ‘n dinamiese taal is. En hierdie ankering van Afrikaans op alle terreine van die samelewing wil ek vergelyk met die wortels van die boom wat diep loop en voedingstowwe nie net in die onmiddellike omgewing absorbeer nie, maar wat ander terreine verken om gestalte aan ‘n nuwe Afrikaanse gemeenskap te gee.
‘n Verdere vraag hou verband met die planting van die boom by standhoudende waterstrome, want ’n boom sonder water, is ’n boom wat sal vrot en sal doodgaan. Dus soos ons volgende doelwit vereis moet ons ’n omvattende geïntegreerde Afrikaanse taalstrategie opstel en dit deurlopend aanpas. Om die boom aan die lewe te hou beteken dan ons die taallandskap voortdurend moet moniteer. Ons moet weet wat gaan aan in ons taallandskap. Ons moet ons taalstrategie dienooreenkomstig aanpas. Ons moet wyd konsulteer met alle belanghebbendes. Ons moet besin oor die implikasies en natuurlik, dit ten alle tye empiries ondersoek en deur middel van ons navorsing oplossings probeer bied.
Dit bring my by die volgende doelwit van die ATR en dit is om deur netwerkskepping en samewerking doelgerig inhoud te gee aan die ontwikkeling van die breë Afrikaanse taalgemeenskap . Dames en here, hierdie boom gaan vrugte dra, maar vir wie is daardie vrugte toeganklik? Dit help nie ons wil ’n Afrikaanse boom plant nie en net sekere mense, die Afrikaanse elite, kan van daardie vrugte eet. Dit is presies wat ons volgende doelwit van ons verwag. Ons moet deur netwerkskepping en samewerking’n nuwe taalgemeenskap skep, met ander woorde dit moet toeganklik wees vir almal. Dit moet inklusief wees. Ons kan nie mense meer uitsluit nie op die basis van klas, ras, geloof of gender. Omdat ’n persoon van Mitchell’s Plain en ‘n ander van Welgemoed kom, daarom is hy nie goed genoeg vir die saak nie. Dit is die grootste fout wat ons in die verlede gemaak het en wat ons kan maak. Dit moet nierassig wees en dit moet waardegedrewe wees. Ons moet diensbaar wees. Ons moet relevant wees. Ons moet uitnemendheid nastreef in dit wat ons doen. Ons moet sosiale geregtigheid bevorder en ons moet menswaardigheid voorop stel. Dit is my ideaal vir die nuwe Afrikaanse gemeenskap.
Ons volgende doelwit verwag van die ATR o m die belange van die Afrikaanse taalgroep as 'n selfrespekterende gemeenskap te bevorder en te beskerm. Ons moet dus ’n volhoubare en regsgeldige strategie ontwikkel, met ander woorde as daar probleme ontstaan, moet ons na PanSAT toe, na die regeringsinstansie kan gaan en met hulle praat. Ons moet volhoubare skakeling tussen die Afrikaanse Taalraad en ander taalrade verseker deur meganismes te skep om konflik oor taalterreine kollektief te besleg. Dit geld ook vir internasionale skakeling.
Die volgende doelwit meld ook die reël van ’n gereelde Afrikaanse taalberaad. Oorweeg die moontlikheid om dit tweejaarliks, te hou en versoek ondersoekende referate van internasionale kundiges, fokus op die aanbevelings, publisering van referate en natuurlik die implementering van hierdie aanbevelings.
Kenmerkend van die Afrikaanse taalgemeenskap is sy diversiteit. Daar is diegene wat hulself identifiseer as Afrikaners, as bruin mense, as Suid-Afrikaners, as Khoisan-mense, as Griekwas en ons is op verskillende terreine besig. Dit is dus belangrik om bestekopname te doen oor wat elkeen op sy spesifieke terrein doen. Ons moet die studie befonds, en natuurlik die risiko’s profileer, met ander woorde wat is die risiko’s of struikelblokke vir samewerking, die volhoubaarheid van die verskillende aksies van die verskillende groeperinge en wat is die struikelblokke wat ons verhinder om verby die historiese en etniese afbakenings te kom?
Om dié rede is Afrikaans nie net ’n brugtaal tussen die verskillende Afrikaanse groeperinge nie, maar is dit ‘n brugtaal na anderstaliges. Ons volgende doelwit vereis dat ons in terme van Artikel 185 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika as die Afrikaanse spreekbuis met die Regering van die dag optree . Dus moet ons begin met ’n nasionale aksie om mense te wys wat ons as Afrikaanssprekendes bied. Indien ons wil uitreik na ander, moet ons begin met provinsiale aksies, plaaslike aksies en kan ons as verskillende organisasies buurtaksies loods om aktiewe nasiebouers te wees. As jou buurman, isiXhosa- of isiZulusprekend is, laat hom welkom voel, laat hom tuis voel en nooi die gesin uit vir ‘n braai.
Gun my ook die geleentheid om simbolies te kyk na die kokosneut in hierdie aanbieding. Dit is ‘n simbool van sommige se houding in politieke kringe en in die regering. Ons sal die spreekwoordelike kokosneut moet begin kraak deur die welwillendheid wat daar is te ontgin. Dit impliseer gereelde kontak met die nasionale, provinsiale en plaaslike regering, met ander organisasies, hoflikheidsbesoeke, natuurlik verslaggewing, nie net in Afrikaans nie, maar in Engels, sodat hulle kan weet wat ons in die Afrikaanse omgewing doen. Dus sal dit ons goed doen om ’n bemarkingstrategie in die verskillende tale te formuleer. Ander projekte kan ook veeltaligheidsveldtoge, skakeling met Afrika-eenhede, skakeling met die privaat sektor, vertaling van Afrikaanse werk in Afrikatale, onderwysprojekte, projekte vir die skeppende industrie, strategieë, taalberade, taaloudits, uitreikaksies en veldtogte insluit.
Ek sluit af met die pragtige gedig:
“Ek merk in lower van die woud die seisoene en hul spel / sommige bring sy digte groen / die herfs bot uit in goud / en winters bêre diep en koud die sap wat lenteboom... / Ek sien my land se enkelbome wat wagstaan in die veld/ soetdorings en donker...... ’n treurwilg met sy wyse drome en taaibos aan die vlei se some wat in die aand versmelt. Die lied van lewe wat bome sing, ’n sterk stam wat voedsel haal diep uit die ryk bruin aarde/die stadige groei wat ring na ring die insig van die jare bring, laat my jou ken/ ’n boom se taal.”
Kom ons leer ken mekaar se taal, dit is ons enigste hoop op oorlewing en ’n beter toekoms vir al ons mense.
Ek dank u.
Christo van der Rheede
Datum geplaas: 9/8/2008
Afrikaans: Die keiser is kaal
IN Bartho Smit se drama Die Keiser neem hy die Andersen-sprokie van die kaal keiser en plaas dit op ’n uiters verbeeldingryke wyse in die konteks van ’n moderne Afrika-land.
Die eerste toneel word ingelui deur die jong diplomaat en minister van buitelandse sake wat hom driftig uitlaat oor die 17de-eeuse Franse kleredrag wat hulle verplig word om daagliks te dra. Dít nogal in die 20ste eeu en in ’n land wat op die ewenaar geleë is. Toe hy die dra van safaripakke en kaftans aanbeveel om aan die hitte te ontsnap en aan te pas by die “tyd en omgewing”, word hy deur kollegas, die ministers van kultuur en van verdediging, daarvan beskuldig dat hy onpatrioties teenoor sy land en die keiser is. Volgens die minister van kultuur is dit dan juis dié “antieke” klere wat “hul borswering is teen die barbarisme wat hulle van alle kante uit die bosse bedreig”.
Die verhaal neem ’n interessante wending toe die minister van buitelandse sake die keiser inlig dat twee wonderwewers opgedaag het om sy kostuum vir die halfeeufees-optog te maak. Ná veel gewik en geweeg stem die keiser in dat die wewers aan die werk moet spring.
Nou ja, diegene wat die drama ken, sal weet dat die keiser met die eerste aanpasslag slegs in sy onderbroek paradeer, terwyl die amptenary, wetend dat hy niks aan het nie, met lofspraak sy kostuum skaamteloos besing.
Die stomme hofnar, die enigste een wat die moed gehad het om “die waarheid in sy Kroon se ore te fluister”, is op bevel in die kerker gegooi.
In hierdie drama verdiep ’n eenvoudige en komiese verhaal stelselmatig tot ’n diep filosofiese vlak met die wewer se uitlating dat “die keiserskap die afgelope halfeeu bestaan uit die Keiser se klere... en uit goue paleise en monumente en standbeelde...”, terwyl die keiser droom dat hy “die volk bevry en beskaaf”.
MAAK ons hierdie fiktiewe verhaal van toepassing op die kulturele, sosiale, akademiese en ekonomiese sfere wat die Afrikaanssprekende beset, dan is dit baie duidelik dat van ons vandag in dieselfde strik vasgeval is.
In ons worsteling om “keiserskap” in die moderne konteks te verstaan, weier en huiwer ons selfs om apartheid te demistifiseer, want ons glo onwrikbaar dat die keiser se denkbeeldige kostuum, die antieke klere wat ons dra en die goue paleise en monumente – apartheid kortom – ons teen die dreigende “barbarisme” beskerm het en steeds gaan beskerm.
Hierdie denkfout vind verder neerslag in ons veronderstelling dat ’n eie identiteitsbewussyn en ’n volkstaat juis nou nodig is om die “volk” te beskerm en dat sonder die herlewing van identiteit, ons mede-taalgenote, die “volkies”, vasgevang sal bly in die spiraal van armoede en onderontwikkeling.
Skaamteloos oorskry ons die grense van paternalisme en verbeel ons ons ’n toekoms binne die ruimte van selfbeskikking, met die “volkies” ook in hul ruimte, wetend dat ook hierdie “keiser” eindelik maar kaal is.
In ons voorskriftelikheid: Het ons dan vergeet dat die “volkies” honger gely het, toe ons feesgevier het? Het ons ook vergeet dat, nadat ons die “volkies” na die vlaktes uitgedryf het, ons die beste grondgebiede wederregtelik vir ons toegeëien het en toe goue paleise daarop staangemaak het?
En het ons vergeet dat toe ons monumente ter viering van die “Taal” opgerig het, ons ons nie eens verwerdig het om die “volkies”, toe al uitgeskuif anderkant die spoorlyn, te nooi nie?
In een van sy gesprekke met die keiser antwoord die hofnar: “Ons oë sal tog nie vir ons lieg nie.”
Waarom ons dus voortgaan om die historiese onregte in die naam van kulturele dryfkragte te regverdig, gaan my verstand te bowe. Sien ons dan net wat ons wil sien, soos die keiser se amptenary, wat hom met komplimente bestuif, terwyl hy werklik niks aan het nie?
DIE waarheid is kaal, aldus die hofnar. Erken dus die foute van die verlede.
Want dit is nie die diverse Afrikaanse groeperinge binne die breë Afrikaanse gemeenskap wat die onderlinge harmonie bedreig wat die afgelope aantal jare gestalte gekry het in inisiatiewe soos die Afrikaanse Forum vir Afrikaans en die voorgenome Afrikaanse Taalbelangeraad nie, maar juis die ontkenning van hierdie historiese onregte en die onwilligheid om dit reg te stel.
Ook die onding om Afrikaanssprekendes op grond van etniese, kultuurhistoriese en onwetenskaplike aannames te kompartementaliseer, kompliseer verhoudinge net al hoe meer.
Dit ís so dat verskillende Afrikaanse individue hulle op verskillende vlakke van moderniteit bevind en dat die individu hom of haar óf in die milieu van die geskrewe woord óf die gesproke woord bevind.
Maar om gemeenskappe in terme van dié aannames te kategoriseer, is om soos die keiser te glo “die volk is dalk nog dieselfde arm kaal slawe” wat hy van sy vader geërf het.
Die “volkies” het lankal hul kinderskoene ontgroei en is mededingende wêreldburgers, wat geen behae daarin het om weer geëtiketteer te word nie. Ons durf hulle dus nie onderskat of stereotipeer nie.
Aan die einde van die drama vind ons die keiser heeltemal stapelgek en sonder ’n draad klere terwyl die volk hom toejuig: “Lank lewe ons Keiser. Heil ons Heilige Keiser!”
Die wewer en sy kamerade het natuurlik die teenoorgestelde verwag. “Watter volk wil ’n kaal, mal keiser hê? Hulle sal hom uitmekaar skeur...,” aldus die wewer.
Miskien was die Keiser nie heeltemal so stapelgek soos die wewer en sy kamerade veronderstel het nie. Wie weet, dalk wend hy sy naaktheid juis aan om berou te toon vir sy wandade en so die volk se vertroue te herwin.
Gestroop van etniese tooisels en die bagasie... Is dit nie dalk die oplossing om ware versoening tussen Afrikaanssprekendes en die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te bewerkstellig nie?
Christo van der Rheede is die hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.
Datum geplaas: 10/8/2008
Taalbasaar se vele voordele
Paasmaandag word basaar gehou in Worcester se bruin woonbuurt. Ná die gewigtigheid van die Goeie Vrydag- en Opstandingsdienste lui dié feestelikheid letterlik ’n nuwe siklus van hoop in.
Die plaaslike mense, kerke, moskee, winkeliers en deesdae ook die Somaliërs verkoop eetgoed, alles van koeksisters tot samoesas, terwyl die klanke van uiteenlopende orkeste en karaoke-sangers weergalm.
En die mense geséls...
Wat my veral opval van die gesprekke is die gespreksgenote se kommer oor die sosiaal-maatskaplike probleme in die bruin gemeenskap.
Hulle is begaan daaroor dat 91% van tik-verslaafdes in die land manlik en bruin is met ’n gemiddelde ouderdom van 16,6 jaar. Oor die feit dat bruin mans tussen 14 en 34 jaar 18% van die tronkbevolking uitmaak, al is net 8,9% van die totale bevolking bruin. Volgens Statistieke Suid-Afrika is 21,8% bruin jeugdiges teen hul sestiende verjaardag nie meer op skool nie – meer as al die ander bevolkingsgroepe in die land.
Daarby is die kwesbaarheid van bruin arbeiders, van wie 70% in die landbou-, vervaardigings- en handelsektor is, en die gebrek aan kundigheid om sinvol deel te neem aan die kennisekonomie van die 21ste eeu ’n bron van kommer.
Dis nie vreemd dat daar teen die agtergrond van die Paasmaandag-joligheid in Worcester oor hierdie dinge gepraat word nie. Die grootste deel van die bruin gemeenskap was nog nooit apaties teenoor die wel en wee van die armes, die verontregtes en onderdruktes nie.
Aktiewe deelname aan die stryd teen apartheid in die verlede en die stroom kritiek teen die huidige regering se doen en late is tekenend van ’n gemeenskap wat met hart en siel ons demokratiese bestel teen die kapitaal- en magsugtiges sal bly verdedig.
Wat my egter kwel, is die sterk ondertone van ontnugtering aanwesig in die gesprekke. En hierteen moet ons waak. As nageslagte van die Khoisan, slawe, ander inheemse volke, die vryburgers, Britse setlaars en Franse Hugenote is ons ’n potpourri van identiteite wat ondanks kolonialisme, imperialisme, apartheid en die hedendaagse neo-liberalisme nog altyd die beste kon maak van omstandighede.
Verder moet ons daarteen waak dat politieke opportuniste maatskaplike kwessies uitbuit vir politieke gewin op kort termyn – kwessies soos armoede, plaasafsettings, rassisme, ekonomiese uitsluiting, werkloosheid, dwelmmisbruik en marginalisering oor ’n breë front.
Die oplossing lê in selfhelp-optrede. Dit beteken dat selfonderhoudende en innoverende selfhelp-aksies op lang termyn geskep word wat nie net selfonderhoudende vaardighede oordra nie, maar ook mense se selfbeeld en menswaardigheid herstel.
Moderne denke in die openbare en sakewêreld beklemtoon die belang van netwerke bou in gemeenskappe én tussen gemeenskappe.
Hiervoor bestaan die infrastruktuur reeds in die bruin gemeenskap in die vorm van ’n magdom burgerlike organisasies, kerke, skole en kundiges in die openbare en private sektor.
As hierdie instellings en individue hul verskille en onderlinge magstryde in belang van ’n sosiaal-maatskaplike heropbou-en-ontwikkelingsprogram opsy skuif, kan dit ’n ongelooflike bydrae lewer tot die verdere uit-bouing van sosiale, menslike en intellektuele kapitaal in die bruin gemeenskap.
Netwerke moet egter nie net binne gemeenskappe gebou word nie, maar ook tussen gemeenskappe. Daar is ’n oormaat welwillendheid in sowel wit as swart gemeenskappe om saam die ideaal van ’n nierassige, vreedsame en vooruitstrewende demokratiese bestel te verwesenlik.
Hierdie unieke geleentheid om sosiale kohesie te bevorder, kan bruin mense nie deur hul vingers laat glip nie.
Want nie net dra sosiale kohesie by tot ’n beter verstandhouding en begrip tussen gemeenskappe nie, maar onderlê dit die fondament waarop intellektuele kapitaal in gemeenskapsverband ontwikkel kan word.
In dié opsig moet die opstellers van die Grondwet geloof word vir hul versiendheid om naas Afrikaans en Engels amptelike status aan die inheemse tale te gee.
Veeltaligheid bied ’n geleentheid om mense se taal- en menswaardigheid te herstel. Dit is ook die sleutel tot die ontsluiting van Afrika se intellektuele kapitaal.
Taalekonome is dit eens dat die uitbouing van veeltaligheid op plaaslike vlak tot die skepping van ’n magdom primêre en sekondêre ekonomiese bedrywighede kan lei wat Suid-Afrikaanse gemeenskappe op lang termyn minder afhanklik maak van ingevoerde taalverwante en kennisprodukte.
Afrikaans bied ons dus ’n unieke geleentheid om saam met ander Afrikaanssprekendes die volle potensiaal van die akademiese, kulturele, ekonomiese en maatskaplike voordele wat in die Afrikaanse taalmark en kennisprodukte opgesluit lê, te ontgin.
Net soos Worcester se Paasbasaar jaarliks gestalte gee aan ’n nuwe siklus van hoop, moet ons sonder voorbehoud toetree tot die Afrikaanse “taalbasaar” en ons regmatige aandeel opeis.
Daarsonder sal ware intellektuele, kulturele, maatskaplike en ekonomiese bevryding vir die grootste gedeelte van die bruin gemeenskap net ’n ydele droom bly.
Datum geplaas: 2/2/2009
In diens van kulturele bemagtiging en voetsoolvlak politieke aktivisme
In diens van kulturele bemagtiging en voetsoolvlak politieke aktivisme
Adam Small se bydrae tot Afrikaans
‘Man, fôk Afrikaans!’ Dít was die reaksie van een van my beste studentemaats nadat ek hom ingelig het van my aanstelling in 2005 as Hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).
Ag ‘fôk jou ook’ wou ek hom toesnou, maar het ter wille van ons jarelange vriendskap myself beteuel en die gesprek liefs in ‘n ander rigting gelei. Die koeitjies en kalfies, die ditjies en datjies en die joligheid wat die res van die telefoongesprek gekenmerk het, kon egter nie die letsel wat sy kru uitlating oor Afrikaans in my gemoed gelaat het, uitwis nie.
Dit bly my tot vandag toe by, maar het my emosioneel gestaal teen die talle versweë ‘fôk Afrikaans’- uitdrukkings en selfs hoorbare uitlatings deur die talle Afrikaanse mense wie ek in my omswerwinge as Hoof van die SBA gekontak het om ons finansiëel te ondersteun. Natuurlik het hierdie negatiewe reaksie my gekwel en was ek by tye spyt dat ek ooit aansoek gedoen het vir die betrekking. Andersyds het dit my aangespoor om die beste van die saak te maak en die breër Afrikaanse leefruimte, waartoe ek geen toegang gedurende die Apartheidsjare gehad het nie, ten volle te verken en af en toe te bestuif met bepaalde denkrigtings.
Vandag is ek nie spyt dat ek laasgenoemde keuse gemaak het nie. Wat ‘n fassinerende verkenningstog was dit en bly dit nie? Op een van hierdie togte het ek Adam Small herontdek en een van sy gedigte by geleentheid aangewend in ‘n artikel getiteld, ’n Afrikaanse ons? "Volkswording" herverbeel, wat ek vir die Vrye Afrikaan geskryf het.
Die doel van die artikel was om die kollig te plaas op die volgehoue fisiese en geestelike skeiding op grond van ras, klas, kulturele praktyke en geloof binne die Afrikaanse gemeenskap en die agterlikheid van dié tipe ekskluwistiese maatskaplike ordening wat die begrensing van Afrikaanssprekendes vooropstel en dit ten alle koste wil volhou. Die gedig lui soos volg:
"Aan die gatkant"
Ou bryn pêllie
ou swart pêllie
ek sê
wat is daa in die wêreld vir djou
sê vir my?
ek sal vir djou sê:
fôkol man, fôkol!
- die gatkant van die railwaytreine
die gatkant van die erouplyne
In hierdie gedig stel Adam Small die marginalisering van ‘n groot deel van die Afrikaanssprekende gemeenskap onder die apartheidsbewind sentraal, maar ook die agterdog, opgekropte emosies, bitterheid en uitsigloosheid wat as gevolg van rasseskeiding tussen die verskillende Afrikaanstalige gemeenskappe ontstaan het.
Terwyl sy letterkundige tydgenote, die sestigers, enersyds fokus op die uitbouing van die Afrikaanse letterkunde binne die konteks van Afrikanernasionalisme en andersyds worstel met die immoraliteit van die brutale verskuiwing en begrensing van miljoene Suid-Afrikaners tot ‘eie’ leefruimtes, neem hy die ongewone stap en plaas homself in diens van die kulturele bemagtiging en politieke bewusmaking van die gemarginaliseerde Afrikaanssprekende – hulle wat aan die ontvangkant was van die brutaliteit van die Apartheidsisteem. In hulle taal spits hy hom daarop toe om hulle emosies, hulle wel en weë, hulle bitterheid en drome deur unieke litirêre werke in Kaapse-Vlakte Afrikaans te verwoord. Dit sluit in:
·
Verse van die liefde (gedigte, 1957 - debuut)
·
Kanna hy kô hystoe (toneel, 1965) Kaapstad: Tafelberg.
·
Kitaar my kruis (gedigte, 1961)
·
Sê sjibbolet (gedigte, 1963)
·
Oos wes tuis bes Distrik Ses (gedigte, 1973)
·
Krismis van Map Jacobs (toneel, 1983) Kaapstad: Tafelberg.
Inderdaad ‘n ongewone stap vir ‘n hoogsbegaafde en intellektuele mens wat aan die Universiteite van Kaapstad, Londen en Oxford studeer het, sy magistersgraad in filosofie in 1963 behaal het, wat filosofie aan die Universiteit van Fort Hare en Wes-Kaapland (UWK) doseer het en wat vanweë sy betrokkenheid by die Swartbewussynsbeweging in 1973 as akademikus moes bedank.
Vir sy skryfwerk word hy nie net deur die apartheidsregering geviktimiseer en deur dié instellings gerelegeer nie, maar word hy deur talle progressiewe intellektueles en politieke bewegings vanuit sy gemeenskap veroordeel vir sy gebruik en bevordering van ‘Kitchen Dutch’ of Kaapse Vlakte-Afrikaans en die ‘steriotipering’ van die gemarginaliseerde Afrikaanssprekende in sy litirêre werke.
Wat baie van sy kritici egter nie besef het nie, is dat Adam Small se bemoeienis met die gemarginaliseerde Afrikaanssprekende presies dieselfde bevrydingsagenda gedryf het as hulle, maar dat hy dit gestroop het van die elitisme en klassisme wat baie van die politieke aktivisme van die tyd gekenmerk het. Hierdie elitisme het natuurlik nou saamgehang met die gebruik van Engels as taal en die heersende opvatting van die begrip ‘beskawing’ soos die Engelse gepropageer.
En omdat hy dit gestroop het van die elitisme en klassisme was sy bydrae eerlik en opreg. Dit het die werklikhede waarin baie gemarginaliseerde Afrikaanssprekendes hulle op daardie tydstip en selfs vandag nog in bevind, in aggeneem. Deur hulle metafore, gesegdes en uitdrukkings en deur hulle lewensbeskouinge en –ervaringe op ’n litirêre vlak te ontsluit, het hy nuwe betekenis aan hulle bestaan gegee.
Terugskouend, is ek van mening dat Adam Small se bydrae vandag nog meer relevant as ooit van te vore is. Dus, aan my studentemaat en al die ander, mag julle gewete jul pla. Dink net aan die gevolge as Adam Small gedurende die sestigerjare ook sou gesê het, ‘Fok Afrikaans!’
C.O. van der Rheede
Uitvoerende Hoof
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Datum geplaas: 5/29/2009
Suid-Afrika se toekomspad
Suid-Afrika se toekoms
Ek het baie respek vir dr. Mamphela Ramphela. Saam met wyle Steve Biko het sy die Swart Bewussynsbeweging begin en is vandag ‘n gerekende akademikus, sakevrou en gemeenskapsaktivis. Sy sê dat Suid-Afrika ‘n krisispunt bereik het. Dis die dat sy deel uitmaak van ‘n groep uiteenlopende meninsgvormers wat ‘n gesprek begin het oor die toekomspad van Suid-Afrika.
Volgens hulle is daar drie situasies of scenario’s waarin die Suid-Afrikaanse samelewing homself oor 20 jaar van nou kan in bevind. Die eerste een is die ‘apart loop’ scenario wat algehele chaos of anargie vir Suid-Afrika voorspel. Die regering is korrup, staatsinstellings het in duie gestort, almal leef in vrees, ly honger en dors en allerlei peste neem die oorhand.
Die tweede een is die ‘agterna loop’ scenario. Die mag van die staat geld op alle terreine en opposisie en individuele ondernemingskap word nie geduld nie. Die staat besluit self wat in belang van die gemeenskap is en tree outokraties op. Kundigheid verlaat die land op groot skaal en al hoe minder mense waag dit om besighede te begin en welvaart vir hulself te skep. Minder belasting vloei na die staatskoffers toe en die staat begin privaat ondernemings te nasionaliseer en in die buiteland te leen om sy inkomste aan te vul. Die bevolking is nou aangewese op die staat vir welsynstoelaes en aanvaar alles maar gelate - te bang om vervolg te word.
Die derde een is die ‘saam loop’ scenario. Almal werk saam om die land op te bou. Die regering lê die grondslag vir gehalte onderwys-, gesondheids-, beskermings- en munisipale dienste en die posbekleërs in die verskillende staatsdepartemente voer hul taak professioneel en toegewyd uit. Hulle neem ook die uiteenlopende behoeftes van die gemeenskappe in ag en moedig die gemeenskap aan om ten volle eienaarskap van die instellings op voetsoolvlak te neem. Ruim geleentheid vir deelnemende besluitneming, implementering en monitering vir die gemeenskap word geskep.
Gemeenskappe van hul kant gryp dié geleenthede aan en ouers en leerders versterk die prinsipaal en onderwysers se hande om gehalte opvoeding te lewer. Hulle sluit vennootskappe met die polisie om misdaad te bekamp en aktief mee te help om ‘n veilige omgewing vir almal te verseker.
Hulle kom ook hul plig na teenoor die munisipaliteit en stel hulle in staat om dienste soos vuilusverwydering, die instandhouding van riool- en waterstelsels, die voorsiening van brandweer-, biblioteek- kliniek, sport- en kultuurgeriewe, effektief te lewer. Hulle onderneem ook om bome en blomme op hul erwe te plant, die gras gereeld te sny, nie op elke straathoek en oop terrein vullis te stort nie en die die sport- en kultuurgeriewe wat vir hulle geskep is te benut en op te pas.
Die ‘saam loop’ scenario behels dus die neem van mede-verantwoordelikheid vir dit wat in belang van die gemeenskap se vooruitgang en ons nageslag se toekoms is. Dis egter makliker gesê as gedaan. Ons sit met ‘n stuk geskiedenis en ‘n verdeelde en verskeurde verlede wat groot wantroue en ongelykhede tussen gemeenskappe veroorsaak het.
Teen dit kan ons egter nie vir altyd teen vasstaar nie. En moet ek dr. Mamphela Ramphela gelyk gee dat ons nie veel van ‘n keuse het nie as om saam te begin loop nie. Hoe ons daar gaan kom eerder as waar ons vandaan kom moet ons bemoeienis wees. Nie ten koste van uniekhede soos taal, kultuur en godsdienste nie, maar ter aanvulling van ‘n groter fokus – die bou van ‘n verantwoordelike, welvarende en uitnemende nasie.
Christo van der Rheede
Uitvoerende Hoof
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Datum geplaas: 6/1/2009
THE ECONOMIC VALUE OF MOTHER TONGUE
THE ECONOMIC VALUE OF MOTHER TONGUE
Abstract
All languages have economic value. Some more than others. On the continent of Africa - as a result of a long and often violent history of subjugation and linguistic imperialism - the English and French languages are associated with prestige, economic progress and modernity. The use of indigenous mother tongue on the contrary is limited to social interaction and in many instances associated with backwardness, illiteracy and ethno-traditionalism. How can we change these perceptions and develop the economic value of indigenous mother tongue?
Introduction
South Africa is a multi-lingual country with 11 official languages. After decades of colonial and apartheid rule and the complete disregard of our indigenous languages, its instrumental role in terms of cultural, educational and economic empowerment and more importantly its role in nation building, is finally acknowledged.
Our national constitution in addition provides a policy and institutional framework for the protection, maintenance and promotion of all of these languages (The Constitution, 1996: Chapter 1). Hence a very specific constitutional obligation is placed on all spheres of government to create an enabling environment for all of these official languages to fulfil their rightful roles to spearhead community development, bring about modernization and assist in overcoming the prejudices and injustices of the past.
The fulfilment of these expectations after fifteen years into our democracy remains still unaccomplished. In fact we have reached a critical stage where we need to thoroughly assess the contribution of the language policy and institutional framework in fulfilling these expectations.
Related research done by distinguished South African linguistic scholars such as Neville Alexander, Vic Webb and David Mutasa affirms the extensive scope and good intent of the language policies developed by government, but confirms the lack of political will to give effect to these policies and failure on the part of the institutional framework mandated with the responsibility to protect and promote the linguistic interests of all South African communities in a fair and equitable manner.
¾
Neville Alexander in an article titled Proper use of mother tongue the way forward argues that our language policy, although very progressive on paper, has allowed English to become the ‘de facto sole official language’ , which benefits only the middle class and elite in our society. At the same time too little is done to transform our indigenous languages into ‘cultural capital’ in order to create a better life for the working class as well (Alexander, 2008: 9).
¾
The trend towards ‘institutional monolingualism’ and the ‘lack of support’ from public managers for our 11 official language policy are also of concern to Vic Webb. In an article titled Language policy development in South Africa he is of the opinion that in order to achieve the language dispensation as envisaged by our national constitution "the power relations between the official languages need to be balanced, so that formerly advantaged people do not continue to have an unfair advantage" (Webb, 2006: 11).
¾
David Mutasa, in his research on the language policy of Sooth Africa states the following: "The people do not see much value in African languages …? Authorities seem to be reluctant to ensure that African languages, by appropriate legal provisions, assume their rightful role as of official communication in public affairs, administrative and educational domains. No one seems to take African languages seriously. They seem to have nothing to offer except in everyday communication between members of families and informal conversation with friends and colleagues" (Mutasa, 2003: 6).
The aforementioned concerns regarding the promotion and protection of our indigenous linguistic interests are however not only an isolated South African issue. The spread of English all over the world and the impact it has on the status of indigenous languages are of great concern to many communities and scholars.
In the book Language policy and modernity in Southeast Asia , attention is paid to the impact of English on the status of indigenous Southeast Asian languages (Rappa, et. al. 2006: 5). While English is considered an ethnically ‘neutral’ language in countries such as Malaysia, the Philippines, Singapore and Thailand, its widespread use is considered problematic in certain domains. In an article titled Acknowledging value of mother tongue published on the Brunei Times website, the author Michael Tan has the following to say: "We need a national language, no doubt, but the current policy is worrisome because it promotes English first, Filipino second — both at the expense of other mother languages. We should allow Filipinos to nurture their own mother language and share this with other Filipinos or even the world. As we begin to appreciate the rhythms and cadences, the humour and the wisdom, in each of our many languages, we just might be able to overcome our parochialism and regionalism and build a nation strong in its multicultural foundations" (Tan, M. 2008).
How do we create an enabling environment in South Africa in which mother tongue can be nurtured and fully developed, not only for purpose of social and cultural interaction, but also to give it academic and economic value? In order for us to achieve this, a comprehensive understanding of community development theory, the role of mother tongue in this regard and why such an enabling environment is necessary, is required.
Community Development Theory and Mother Tongue
Community Development Theory and Practice focuses on planning and managing policy, projects, programs and processes relating to sustainable development, poverty eradication, unemployment, social inequality and the depletion of natural resources. On a tactical level, it explores monitors and evaluates the challenges with regard to community participation, empowerment, capacity building, sustainable development, self-sustainment and the learning process.
According to Davids, Community Development Theory and Practice is a relatively new phenomenon which as a discipline sharply emerged after the Second World War. Development theory is divided into different phases. The 1950s and early 1960s were dominated by the theories of the Modernization school of thought. During the late 1960s and early 1970s there was a strong focus on the theories of the Dependency school of thought and since the 1980s the focus shifted away from the previous macro theories to the development of micro theories or community-oriented development theories (Davids, 1998: 1).
The Modernization school presupposed that the practices of underdeveloped countries were primitive and that Western economic practices and values represented the only recipe to guide communities on a developmental and wealth-creating path. A classical example is the multi-levelled economic growth theory introduced in 1960 by the American scholar Walt Rostow. He proposed five levels which would ensure the development of underdeveloped countries. This entails substituting indigenous and traditional systems with Western practices, creating a new political elite, centralizing the political structures, aligning the political, social and institutional entities with economic goals, developing peoples’ technological and entrepreneurial skills and creating mechanisms and institutions which would create high levels of mass consumption and expenditure. This model was criticized mainly because of its strong colonial nature, the dependence on Western capital and its disregard for indigenous languages, culture and knowledge (Davids, 1998: 3-4).
The 1960s were also characterized by the development of language policy for social, political and education systems. According to Hartshorne in Mesthrie, the development of language policy on the African continent was influenced by, on the one hand, the total advantage of colonial languages on nearly all institutionalized levels of society and, on the other hand, the strong desire of academics and writers to use the mother tongues as educational and empowerment instruments to rid their countries of its colonial burden. He summarizes this situation as follows: "There has been a continuing tension in most African countries between these two tendencies accompanied by ambivalent attitudes towards English: on the one hand a recognition of its practical usefulness, on the other an uncomfortable frustration that Africans had little choice because of their subjection to a Western metropolitan culture" (Mesthrie, 1995: 307).
According to Hartshorne, this tension and ambivalence were complicated by the fact that the new political elite totally ignored the academics and writers who argued in favour of the use of mother tongue. After all, the colonial language provided in the immediate language needs of the elite who without due consideration accepted it as the best language option for political unity, international communication, a medium to transfer skills and knowledge and which would introduce them to Western value systems.
The rise of the Dependency school and their sharp criticism against the development methodology of the Modernization school rekindled hope among academics and writers who campaigned for the use of the mother tongue. According to Davids, the Dependency school also propagated the idea that development was not necessarily synonymous with Westernization. Hence developing countries were encouraged to break ties with Western capitalist countries and to strive towards self-sustainment and independence. Critics of the Dependency school though argue that it placed so much emphasis on identifying external stumbling blocks in the way of development that it failed to rise above the level of rhetoric and provide sensible and sustainable development initiatives (Davids, 1998: 12-14).
And although the intrinsic value of mother tongue for sustainable and independent community development was acknowledged by Dependency theorists, little progress was made in introducing the mother tongue at an institutional level, especially in Africa. The colonial language status quo was maintained. Alexander describes this situation as follows: "The African elites who inherited the colonial kingdom from the ostensibly departing colonial overlords, for reasons of convenience and in order to maintain their grip on power, have made nominal gestures towards equipping the indigenous languages of the continent with the wherewithal for use in powerful and high-status contexts" (Alexander & Busch, 2007).
With the development of micro theories or community-oriented development strategies during the late 1980s and early 1990s, the focus shifted to six important community building blocks, namely community participation, capacity building, empowerment, self-reliance, sustainability and social learning.
These micro theories are favoured by present-day development practitioners. It lays the foundation for a more context-specific approach to development and policy formulation, which takes cognisance of the unique circumstances, needs, skills, knowledge and values of communities and using it as a starting point to develop communities economically, culturally, educationally, socially and spiritually (Burkey, 1993: 56-70). It also emphasises the value of cultural constructs, such as language, cultural practices and indigenous knowledge systems as a means to restore communities’ self-worth. ‘The communitarian perspective attaches a higher value to human agency than either culturally or economically determinist views of social change. Culture and cultural constructions of reality, however, assume a central position in the communitarian perspectives’ (Tehranian 1994: 286 in Melkote and Steeves 2001: 335)
Hence it recognises that development initiatives cannot be detached from the context in which the community in question finds itself. It is within a complex framework of past experiences, metaphors, faith, values, perceptions, relationships, power struggles, economic activities, language, cultural and agricultural practices in which any development initiative becomes meaningful.
Communities will not take ownership of projects that they cannot relate to or that do not fit into their meaning-giving context. For their context is, after all, the only one within which they can confidently associate with projects designed to improve their living conditions. That these communities are also exposed to other contexts through the radio, television, computer, cellular phone, urbanization, migration and globalisation cannot be dispelled. However, this exposure is often limited to the supply of cheap labour in exchange for low wages that hardly provide in their basic needs. These communities consequently remain trapped in a spiral of disempowerment and generation after generation fail to escape from poverty, ignorance and despair.
Kotze concurs and makes the following valuable observation: "The people’s meaning-giving context is the only framework within which they can relate to developers. It is the framework within which development initiatives obtain meaning. It will either permit or block development, depending whether there is a ‘fit’ between development initiatives and context. People will not be steered, influenced or ‘taken with’ unless the development initiative has positive meaning within their context" (Kotze & Kotze, 1996: 7).
Given this background it is necessary to determine the scope and intent of our existing language policies, whether it is aligned with the meaning-giving context of the various indigenous language communities and whether if implemented it would be of tangible benefit to these communities.
Scope and intend of current language policies
Two very important policies are worth mentioning here, which is the National Language Policy Bill adopted by Cabinet in 2003 and the Indigenous Knowledge Systems (IKS) Policy which was adopted by Cabinet in 2004.
The SA Languages Bill strategic goals are as follow:
·
To facilitate individual empowerment and national development.
·
To develop and promote the Bantu languages.
·
To provide a regulatory framework for the effective management of the official languages as languages of the public service.
·
To facilitate economic development via the promotion of multilingualism.
·
To enhance the learning of various South African languages.
·
To develop the capacity of the country’s languages, especially in the context of technologisation.
The Indigenous Knowledge Systems (IKS) Policy seeks to recognise, affirm, develop, promote and protect IKS systems in South Africa. The main IKS Policy drivers include:
·
The affirmation of African cultural values in the face of globalisation – a clear imperative given the need to promote a positive African identity;
·
Practical measures for the development of services provided by IK holders and practitioners, with a particular focus on traditional medicine, but also including areas such as agriculture, indigenous languages and folklore;
·
Underpinning the contribution of indigenous knowledge to the economy – the role of indigenous knowledge in employment and wealth creation; and
·
Interfaces with other knowledge systems, for example indigenous knowledge is used together with modern biotechnology in the pharmaceutical and other sectors to increase the rate of innovation (IKS Policy, 2004: 9).
Given the scope and intent of the aforementioned goals as outlined in the SA Languages Bill and the policy drivers as outlined in the Indigenous Knowledge Systems Policy it is clear that ‘cultural constructions’ such as our indigenous languages and knowledge systems ‘assume a central position’ within the mandate of the various departments who developed these policies. One cannot but admire the efforts of the Arts & Culture and Science & Technology government departments and all those who helped them with the development of these policies.
Sadly however, their vision and insight to use our indigenous languages and knowledge systems in as many imaginative ways possible to transform our disparate society into a people-centred society cannot come to fulfilment due to the lack of political will to enact it as legislation through parliament.
One trusts that the Zuma-administration will soon take this matter up with parliament. Because not only will legislation in this regard enforce compliance at all levels of institutional governance and compel the private sector to play their part in promoting multilingualism, but it will also unlock a range of economic possibilities.
Indigenous Languages and its Economic Possibilities
Today we find ourselves at the threshold of the 21st century also known as the Information Society. According to the World Summit on the Information Society held in 2003, an Information Society is one in which "everyone can create, utilise and share information and knowledge, enabling individuals, communities and people to achieve their full potential in promoting sustainable development and improving their quality of life…" (World Summit on the Information Society, 2003 in Wesso, 2007). The Knowledge Economy is the economic component of the Information Society in which information is used productively or in innovative ways to create wealth.
Our diverse indigenous language heritage is an important enabling resource for developing communities to actively participate in the Knowledge Economy and to create wealth through the generation of knowledge. The perception that our indigenous languages are not fit for this purpose is preposterous. Because it merely requires a shift in mindset and dedication by its speakers to create a presence on the Internet, design websites and develop sustainable products and services in that particular language.
In this regard much can be learned form Afrikaans and how it is used as an instrument of academic excellence and cultural exchange. In addition it is also the primary driver for a range of economic activities. These economic activities entail the following industries: Education, Radio, Drama, Creative Writing, Poetry, Journalism, Television, Film, Language Practitioning, Advertising, Heritage and Tourism, Electronic Media, Traditional food, Fashion, Architecture, Medicine, Law, Social sciences, Design.
The IsiZulu market has also been very responsive to embrace the Knowledge Economy. Isolezwe.co.za is the world's first Zulu news site and it carries the same content as Isolezwe, South Africa's top Zulu newspaper. The site's main audience is drawn from the emerging, urban-based, aspirational and knowledgeable Zulu market. Whereas before, Zulu readers may have been hesitant or unable to go online, they are now encouraged to use the Internet as an information tool.
The Way Forward
South Africa’s divisive and often vicious past left us with a language legacy in which there is a tendency to equate mother tongue with backwardness and traditionalism. It also brings back memories of a divided past, substandard education and tribalism. Such notions are perfectly understandable, but we often forget that it is not language in itself that causes conflict and hatred amongst people, but rather the lack of opportunities and inability to access it.
Today South Africa is a democratic state with 11 official languages. Where we come from with respect to our divisive past, is an issue we should always be mindful of. My foremost concern is however our future. How do we create a fair and just society and start to close the everwidening gap between rich and poor. This in itself is a time bomb waiting to explode.
I am convinced that mother tongue can play a role in this regard, however a number of steps must be implemented to prevent a repeat of our language legacy of yesteryear. It entails the following:
¾
The National Language Bill and Indigenous Knowledge Systems Policy to be enacted as legislation.
¾
Schools to provide quality mother tongue education at primary level and where possible at senior level and learners having a choice to write their final examinations in either their mother tongue or English.
¾
Universities in a particular region can start to provide certain classes and depending on the availability of lectures and translation services in the indigenous languages. For example: UCT, UWC, CPUT, US can all work together to provide students with the choice to attend certain modules in English, Afrikaans and IsiXhosa. This will stimulate the need to translate or write academic textbooks in other languages and improve pass rates.
¾
The various products and services on offer by the cultural industry must be made available in all the official languages. Radio, Music, Books, Lexicography and even TV series are already available in most of the official languages. In doing so the cultural industry can become a leading employment industry and a major revenue contributor in South Africa.
¾
The various language units at our universities to become more industry focused and train potential artist, writers, musicians, journalist, etc, for the cultural and its related industries.
In Conclusion
South Africa stands to lose nothing if we take bold steps and start positioning our indigenous languages as major trajectories for academic excellence and economic empowerment. Instead we stand to gain much in terms of improved academic achievements, self-pride, self-reliance, a more tolerant society, high levels of creativity, communities taking ownership, more economic opportunities, etc.
This does not mean that we should dismiss the importance of English, because it enables us to communicate across local and international boundaries. A good verbal command of the English language and being able to write it fairly well is non-negotiable.
An English only approach is however contrary to the letter and spirit of our national constitution. Also we stand to lose too much if we would go this way. "A people that loses its language or languages is a people that loses its words, and when a people loses its words, it loses its soul and vision of the world. When this happens the community in question become lodged in dependence that lasts until it recovers its words and begins to articulate its past, present and future, nationally and internationally" (Ndumbe III: 39).
Article written by Christo van der Rheede
CEO: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Bibliography
Alexander, N. 2008. Proper use of mother tongue the way forward. Article published in Cape Times, April 21, 2008. South Africa
Alexander, N. & Busch, B. 2007. Literacy and Linguistic Diversity in a Global Perspective. An Intercultural Exchange with African Countries. Council of Europe. Strasbourg
Burkey, S. 1993. People First. A Guide tot Self-Reliant Participatory Rural Development. Zed Books. London
Davids, I. 1998. Development Theories: Past to Present. School of Public Management and Planning, University of Stellenbosch
Kotze, D.A. & P.M.J. 1996. What is Wrong in Development? Article published in In Focus of May/June 1996. Publication by Unisa. South Africa
Melkote, S.R. & Steeves H.L. 2001. Communication for Development in the Third World. Theory and Practice for Empowerment. Sage Publication. New Delhi. India
Mesthrie, R. 1995. Language Policy in Africa Education: a Background to the Future in Language and Social History. Studies in South African Sociolinguistics. David Philip, Cape Town
Mutasa, D.E. 2003. The language policy of South Africa: what do people say? University of South Africa. Pretoria
Ndumbe III, Prince K. 2007. Raising Citizen Awareness in the Learning Of African Languages: Approach and Experience of the Africavenir Foundation in Cameroon. In Alexander, A and Busch, B. 2007. Literacy and linguistic diversity in a global perspective. An intercultural exchange with African countries. European Centre for Modern Languages . Council of Europe Publishing. Strabourg.
Rappa, Al & Wee, L. 2006. Language policy and modernity in Southeast Asia: Malaysia, the Philippines, Singapore, and Thailand. Published by Springer
Tan, M. 2008. Acknowledging value of mother tongue. Published online - The Brunei Times at http://www.bt.com.bn/en/analysis/2008/02/21/acknowledging_value_of_mother_tongue
Webb, V. 2006. Language policy development in South Africa. Centre of Research in the Politics of Language. University of Pretoria. South Africa
Wesso, H. 2007. Presentation on Digital Broadcasting: Opportunities For Local Content Development And Multilingualism. ICT Policy Development: Department of Communication. RSA
Datum geplaas: 6/10/2009
DIE POLITIEK VAN HOOP
DIE POLITIEK VAN HOOP
Terwyl ek die R3, 75 aan die motorwag oorhandig, knoop ek ‘n gesprek aan en vra ek hom so terloops wat hy dink van die veranderde Suid-Afrikaanse politiek. Kort en kragtig kom die antwoord: ‘Manee, die politicians is almal mal. Hille baklei wragtag soe ori stoel innie palimint, wat hille ni eens ka saam vattie as hille vrekkie. Ek vi hille stem... ek issie mallie. They bring me no joy and no hope!’
‘Ja...maar dink jy nie dis tog belangrik om te gaan stem nie?’ ‘No komment!’ skreeu hy, terwyl hy hom haas na die volgende motoris wat besig is om te parkeer. Bedremmeld klim ek in my motor en top nadenkend oor sy kommentaar terwyl ek deur die verkeer vleg.
Is dit ‘n algemene opvatting dat die persone wie ons toevertrou het met die politiek van ons land, ons nóg vreugde, nóg hoop bring. Óf is dit slegs die motorwag se mening? As ‘n mens egter deur die koerante blaai, dan wil dit voorkom of die algemene publiek vertroue verloor het in ons politici. Sommige gemeenskappe dreig om die verkiesing te boikot, ander wend hulle tot protesaksie en sommige toon doodeenvoudig geen belangstelling nie.
Met die vrylating van Nelson Mandela en die daaropvolgende verkiesing in ’94 was dit ‘n ander storie. Daar was vreugde en hoop. Ons het dit beleef. Die uitbundigheid, die welwillendheid en afwagting... ja ons was daar, midde die aksie as kiesers waar ons deel was van die lang toue van hoopvolles om in die meeste gevalle ‘n eerste kruisie te trek. Maar nou blyk dit asof die politiek van vreugde en hoop in verdriet en wanhoop ontaard het.
Bloedbroers van weleer is nou geswore vyande. Hulle dreig mekaar, beskuldig mekaar en rand mekaar selfs aan. Die onderneming om ‘n beter lewe vir almal te help skep het soos mis voor die son verdamp en dis ‘n verbete geveg om politieke oorlewing.
In haar boek, getiteld The Politics of Hope: Reviving the Dream of Democracy , doen Donna Zajonc egter ‘n beroep op die burgerlike samelewing om nie die situasie gelate te aanvaar nie en hoop op te gee nie. Volgens haar bied ‘n oop en vrye samelewing altyd potensiaal vir spontane mobilisering om die gety van politieke onsekerheid en wanhoop teen te werk. Nie net dien dit as teenwig vir politieke marginalisering en selfs anargie nie, maar dwing dit die heersende hegemonie om sosiale, ekonomiese en politiese aanpassings te maak, al is dit soms net leë beloftes. Die velerlei deuntjies wat ons politici tans voor verskillende gehore sing, is tekenend van hul kommer oor hul kwynende ondersteuningsbasis en hul onvermoë om volhoubare oplossings te skep vir die komplekse sosio-maatskaplike uitdagings van die dag. Óf hulle daarin slaag om dié gehore se vertroue te wen en hulle steun te verwerf met dié verkleurmannetjietaktiek, bly dus ‘n ope vraag.
Wat Suid-Afrikaanse politici egter moet besef is dat die aanbreek van die derde millenium en die tegnologiese veranderinge wat daarmee gepaardgaan, die wêreld ingrypend verander het. Nooit sal dit weer dieselfde wees nie. Inligtingstegnologie stel ons in staat om toegang te kry tot letterlik enige brokke inligting onder die son, inligting self te skep, dit te manipuleer en te deel met ander. Vir diegene wat nie toegang het tot die Internet nie, is daar televisie, radio en koerante. Inderdaad ‘n opwindende, maar ook ‘n gevaarlike tydvak, want wie die inligting skep, het ‘n motief en ‘n teiken. Die motief om spesifieke politieke uitkomste te dikteer en die teiken dikwels diegene wat daarna streef om, om watter rede ookal, die politieke mag te bekom.
Vir hierdie ambisieuses hou die derde millenium groot verrassings in, want dis ‘n tydvak wat min erg het aan politieke heethoofdigheid en heldhaftigheid. Nie net maak die speelvelde van die Internetjunkies kort mette van driftige retoriek nie, maar verdra dit ook geen politieke grootsheid nie. Dis ‘n egogedrewe milieu waarin elke skepper van inligting hom of haar as belangrik ag en ‘n behae daarin het om elke keer ‘n ander standpunt te stel wat hopelik reaksie sal uitlok.
Die onlangse verkiesing van Barack Obama tot nuwe president van die VSA kan grootliks toegeskryf word aan die Internet. Volgens Simon Rosenberg, president and stigter van die nie-winsgewende denkskrum NDN het Obama die Internet uiters effektief aangewend om ‘n nuwe ondersteuningsbasis te skep deur gewone Amerikaners hoop te gee deur op kwessies te fokus en te onderneem om verandering te bewerkstellig. Nie net het hy nuwe koalisies in die proses geskep nie, maar het hy die tradisionele manier van verkiesings bedryf radikaal omvorm. Met die hulp van Facebook se mede-stigter Chris Hughes is die webwerf getiteld myBarackObama.com. geloots en het dit ’n tuiste vir miljoene Amerikaners gebied om aan die politieke proses deel te neem. Sodoende is vrywilliges op groot skaal gemobiliseer om hul medelandsgenote aan te spoor om te gaan stem of om op een of ander manier betrokke te raak. Of dít moontlik is in Suid-Afrika waar slegs 7 % van die bevolking toegang het tot die Internet, behoort nie die vraag te wees nie, maar eerder die redes waarom Amerikaners hul rug gekeer het op politici wat hulle geen vreugde en hoop bied nie.
In die boek The Politics of Hope: Reviving the Dream of Democracy , beklemtoon Donna Zajonc presies dit wat Barack Obama die afgelope tyd mee besig was: Die politiek van hoop, vertroue en inspirasie. Volgens haar behels dit samewerking om volhoubare oplossings te vind vir die vele sosio-maatskaplike kwessies wat verdriet en wanhoop veroorsaak. Die vorming van nuwe alliansies oor ou politieke grense heen, ‘n gedeelde politieke visie wat op die toekoms gemik is, effektiewe benutting van die nuutste kommunikasie tegnologie en ander media, die skep van ‘n deelnemende politieke kultuur en 100% politieke verantwoordbaarheid.
Die tyd het dus vir Suid-Afrikaanse politici aangebreek om ‘n kopskuif te maak weg van die baklei-ori-stoel-innie-palimint politieke benadering en om politiek van vreugde en hoop te beoefen. Dis vereis egter baie harde werk, want om volhoubare oplossings oor kwessies soos behuising, onderwys, gesondheid, dienstelewering, werkskepping, misdaad en omgewingsbewaring te vind, moet jy jou verstand gebruik.
Datum geplaas: 6/17/2009
Anderkant die kleurdenkbeelde van gister
Anderkant die kleurdenkbeelde van gister
Is die stigting van etniese bewegings gebaseer op velkleur die maklike keuse eerder as die regte keuse? Ek vra die vraag omdat gemeenskapsbou my na aan die hart lê en dit nodig is om ’n kritiese ontleding van veral bruin en wit etniese bewegings te doen en hul oproep om etniese publieke instellings, soos skole, radio- en televisiestasies en gedrukte media krities te ondersoek.
Want postuleer sosiale wetenskaplikes - enige konteks wat gekenmerk word deur sosio-maatskaplike, ekonomiese en politieke onstabiliteit bied ’n vrugbare teelaarde vir die spontane mobilisering van mense of gemeenskappe op grond van gemeenskaplike belange. Rasionele oordeel verdwyn soos mis voor die son omrede mense bedreigd voel en persepsies van marginalisering, miskenning en ondergeskiktheid die oorhand begin neem. Intussen begin die eerste krake in die onderbou van sosiale eenheid toon soos die ‘ons’ versus ‘hulle’ spanning opbou. Morele verantwoordbaarheid teenoor landsbelang word vervang met morele regverdiging van groepsbelange sonder inagneming van die langtermyn implikasies daarvan. En die herverbeelding en herlewing van ons nasionale identiteit kom onder skoot, want dit is die maklike keuse om eerder op groepsidentiteit te fokus.
Dus van die belangrike vrae wat gevra moet word voordat ’n oordeel gefel kan word óf die stigting van etniese bewegings die maklike óf die regte keuses was, hou verband met die strategie wat die leierskorps van sulke etniese bewegings ontplooi om dit van die grond af te kry. Eerstens was daar deeglik besin oor die morele, strukturele en politieke implikasies van so ‘n inisiatief óf is dit deur ’n valse etniese geborgenheid gedryf? En as dít so is, hoekom het niemand onthou dat hierdie etniese geborgeheid ‘n argetipe is van ons koloniale en apartheidsverlede, dit wil sê ’n oorgeërfde denkbeeld van wat wás. Óf is dit allerweë aanwesig in die kollektiewe onderbewuste van elkeen wat hierdie geknelde land hul tuiste noem? Daarom spring ons geredelik op die wa as die behoefte in ‘n paar individue manifesteer om vir watter rede ookal inhoud te gee aan die denkbeelde van gister?
As kind het ek reeds tot die verrassende slotsom gekom dat bruin, wit en swart tiperings maar net in die verbeelding bestaan – iets wat my liewe pa ons van kleinsaf van oortuig het. Vir etniese bewegings om inhoud te gee aan die kleurdenkbeelde van die verlede, strook dus na my mening nie met die morele verpligting wat die grondwet op ons almal plaas om nie-rassigheid in ’n diverse konteks na te streef. So ’n konteks vra vir versigtig trap - die handhawing van balans en vindingrykheid - om die voortdurende spanning tussen die strewe na nie-rassigheid en die eise wat diversiteit stel, te ontlont.
Diversiteit soos in ons Grondwet gestel, impliseer egter nie die herskepping van bruin, wit of swart denkbeelde nie, maar verwys eerder na ons verskillende tale, kulturele en godsdienstige praktyke, seksuele voorkeure, geslagsverskille, historiese bevoordeling of uitsluiting, gestremdhede en tradisionele sisteme. Hierdie diverse werklikhede is die grondslag vir gemeenskapsvorming en dien as belangrike vertrekpunte vir volgehoue opvoedkundige, ekonomiese, maatskaplike, kulturele en spirituele bemagtiging. Dit vereis ‘n konteksspesifieke aanslag, dus projekte en programme in ons moedertale en van ‘n bepaalde kulturele, tradisionele en godsdienstige karakter.
Waarteen ons egter moet waak om dit nie as ‘n dekmantel te gebruik om anderstaliges of ander kultuurgroepe opsetlik uit te sluit nie. En dit is presies wat etniese publieke instellings, soos skole, radio- en televisiestasies, gedrukte media tot gevolg het. Dit is egter teenstrydig met wat die Grondwet van ons verwag. Hierdie dokument wat die grondslag is vir die herskepping van ons nuwe demokratiese bestel plaas ‘n belangrike verantwoordelikheid op ons om toe te sien dat bemagtigingsaksies en instellings nie verdere verdeeldheid tot gevolg het nie - daarom die premie wat dit plaas op nierassigheid – maar dat dit die verdeeldheid van die verlede heel en ook ’n betekenisvolle bydrae lewer tot die herskepping van ons samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte. En hierin lê die kruks.
Hoe pak ons die saak aan sonder om romdom die bruin, wit of swart denkbeelde - simbole van ’n erg verdeelde en verskeurde samelewing - te mobiliseer, want ons gemeenskappe is in krisis. Onderwys gaan die kreeftegang, dwelmhandelaars en misdadigers neem die oorhand, ons inheemse tale en kulturele praktyke word bedreig, die kloof tussen ryk en arm word groter, die tronke bars uit hul nate en wetteloosheid is aan die orde van die dag.
Dit vereis ’n herverbeelding van wat anderkant die kleurdenkbeelde van die verlede moontlik is, die herdefiniëring van die begrip gemeenskaplike belang, identifisering van vennote en die loodsing van projekte en programme.
Dus om anderant die denkbeelde van die verlede iets nuuts te skep, is dit in die woorde van Breyten Breytenbach nodig om verby die skisofreniese politieke en historiese gemeenskapsafbakenings te kom. Gesprekke in die verband in die Afrikaanse taalgemeenskap tussen ’n reeks organisasies is reeds ’n geruime tyd aan die gang en is die Afrikaanse Taalraad as ’n eerste stap geskep om ’n koördinerings- en netwerkskeppende rol te vervul in die ontsluiting van Afrikaanse kundigheid, effektiewe benutting van infrastrukture en hulpbronne. Verder bied die taalraad ’n ongelooflike platform waar Afrikaanssprekendes (eerste en tweedetaalsprekers) vanuit verskillende gemeenskappe mekaar leer ken en begin om as gelyke vennote saam die pad stap om nuwe bemagtigings- en hoër funksie moontlikhede in en deur Afrikaans te skep en te ontgin.
’n Mens sou wou sien dat naas die taalraad ook ’n netwerk van organisasies wat ’n belang het by sosio-maatskaplike opheffing in die Afrikaanse gemeenskap aan die gang gekry word. Wat ons dus nodig het is nie etniese mobilisering en etniese instellings in die Afrikaanse gemeenskap nie, maar netwerking, die vorming van vennootskappe, beter koördinering om duplisering en wedywering uit te skakel, die versterking van bestaande organisasies en instellings se kapasiteit en transformasie van instellings wat nog nie verteenwoordigend is van die totale Afrikaanse gemeenskap se mense en hul aspirasies nie.
Organisasies met ‘n etniese karakter sal ernstig moet besin oor die implikasies wat dít inhou vir ons onderlinge verbondenheid. Want soos Albert Einstein dit stel "A human being is a part of the whole called by us universe, a part limited in time and space. He experiences himself, his thoughts and feeling as something separated from the rest, a kind of optical delusion of his consciousness. This delusion is a kind of prison for us, restricting us to our personal desires and to affection for a few persons nearest to us. Our task must be to free ourselves from this prison by widening our circle of compassion to embrace all living creatures and the whole of nature in its beauty." Dis die regte keuse.
Christo van der Rheede
Uitvoerende Hoof
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Datum geplaas: 6/17/2009
Armoede in die Bruingemeenskap Waar lê die oplossing?
Armoede in die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap van Suid-Afrika. Waar lê die oplossing?
Deur Christo van der Rheede
Abstrak
Armoede is ‘n sosio-maatskaplike verskynsel wat gekenmerk word deur ‘n gebrek aan lewensnoodsaaklikhede, ontwikkelingsgeleenthede, sosiale aanvaarding, sekuriteit, magteloosheid en uitsigloosheid. Dit onderskei nie tussen velkleur, ras, taal, geslag, godsdiens óf kultuur nie, maar die aard en omvang daarvan verskil tog van gemeenskap tot gemeenskap. Enige aksie of intervensie wat daarop gemik is om gemeenskappe te help om dit te oorkom, moet dus die konteks waarin dit manifesteer inagneem, anders bring dit slegs tydelike verligting. Hierdie artikel stel spesifiek ondersoek in na die voorkoms en die gevolge van armoede in die bruin gemeenskap en bespreek bepaalde strategieë om gemeenskappe in staat te stel om dit te oorkom en groter selfstandigheid en selfonderhoudendheid aan te moedig.
Inleiding
Om in ‘n land soos Suid-Afrika waarvan die meerderheid mense ‘n oorlewingstryd teen armoede voer, slegs oor die lot van ‘n bepaalde gemeenskap te skryf, loop ‘n mens die gevaar om van partikularisme beskuldig te word - dit wil sê die stel van eiebelang bo die algemene belang. Dit is egter noodsaaklik dat as ons konstruktiewe oplossings wil vind om armoede hok te slaan, ons ‘n deeglike begrip moet hê van die uiteenlopendheid van die politieke, sosiale, kulturele, ekonomiese en sielkundige karakter van Suid-Afrikaanse gemeenskappe (Swanepoel & de Beer. 2006: 11-13).
Die unieke gemeenskapskarakter wat baie Suid-Afrikaanse gemeenskappe kenmerk, het egter nie oornag ontwikkel nie. Dit het ‘n lang historiese verloop wat deur ‘n reeks natuurlike en selfs kunsmatige faktore beïnvloed is. Hierdie faktore het nie net bygedra tot die ontwikkeling van ‘n komplekse samelewing nie, maar dit het ook gemeenskappe op grond van kulturele, klasse en etniese verskille geskei.
Die beskrywing van gemeenskappe op grond van hul unieke gemeenskapskarakter bly egter ‘n kontensieuse aangeleentheid. Sommige vind gemeenskapsbeskrywings gegrond op taal, godsdiens en kultuur heel aanvaarbaar, andere vind steeds aanklank by gemeenskapsklassifikasies soos omskryf deur die geskrapte Bevolkingsregistrasiewet (Wet 30 van 1950) en andere handhaaf ‘n ambivalente verhouding met bepaalde beskrywings.
So ‘n ambivalente verhouding is aanwesig in die gebruik van die gemeenskapsbeskrywing ‘bruin gemeenskap’. Enersyds is dit ‘n oorkoepelende term vir die nageslagte wat voortspruit uit die natuurlike vermenging tussen die inheemse bevolkings van Suid-Afrika, die Europese burgers wat hulle sedert 1652 hier kom vestig het en die slawe wat ‘n paar jaar later op groot skaal na Suid-Afrika verskeep is. Andersyds word dit as ‘n kunsmatige etiket beskou wat ons herinner aan ‘n tydperk toe gemeenskappe onderwerp is aan drakoniese wetgewing wat skeiding en gedwonge verskuiwing op grond van velkleur en agtergrond tot gevolg gehad het.
Gegewe die afwesigheid van ‘n meer aanvaarbare gemeenskapsbeskrywing en vir die doel van hierdie artikel volstaan ek egter met die beskrywing ‘bruin gemeenskap’ as ‘n oorkoepelende term. Ek gebruik dit nie in as ‘n rasseklassifikasie nie en ek vra by voorbaat verskoning as dit as sulks geïnterpreteer mag word. Daar is immers net een ras en dit is die menseras.
Historiese agtergrond
Die geskiedenis van die bruin gemeenskap is nie ‘n geïsoleerde geskiedenis nie, maar dit is intens verweef met die pre-koloniale belewenisse van die inheemse bruin bevolking, die kennismaking met die eerste Portugeuse seevaarders, die bou van die eerste nedersetting aan die Kaap deur Jan van Riebeeck, die invoer van slawe en die verskillende gemeenskappe en individue van Europese oorsprong wat hulle mettertyd in Suid-Afrika kom vestig het.
Hierdie komplekse sosiale, kulturele, politieke en ekonomiese verweefdheid het veral na die kolonialisering van die Kaap ‘n belangrike rol in die ondergang van die inheemse bruin gemeenskap gespeel. Hierdie gemeenskap het uit verskillende subgemeenskappe bestaan soos die Goringhaikwa, Gorachoukwa, Goringhaicona, Cochokwa, Goerikwa, Attakwa, Hessekwa en Namakwa. Hulle het verspreid oor die Wes-Kaap ‘n herdersbestaan met hul skape en beeste gevoer (Giliomee & Elphick 1983: 7).
Reeds sedert 1590 is die herdersbestaan onder druk geplaas. Eers deur die seevaarders wat kom anker gooi het in Saldanha en Tafelbaai om hul watervoorraad aan te vul en om tabak, koper en yster in ruil vir vars skaap- en beesvleis aan die inheemse bevolking te bied (Giliomee & Elphick 1983: 9).
Later met die vestiging van die verversingspos in 1652 is die inheemse bevolking geleidelik gedwing om van hul weivelde af te staan en hul onafhanklikheid in te boet. En soos die nedersetting aan die Kaap uitgebrei het, het dit dikwels in geweldadige konflik tussen die koloniste en die inheemse bevolking ontaard. Verder het die verlies aan veë, wilskrag om kolonialisering teen te staan, onderlinge stryery, alkoholmisbruik en verskeie epidemies soos die Pokke-epidemie van1713, uiteindelik die grondslag gelê vir die stelselmatige verbrokkeling van die sosiale, ekonomiese en politieke strukture van hierdie gemeenskap (Giliomee & Elphick 1983: 15).
Soos die Kaap Kolonie uitgebrei het, het die behoefte aan goedkoop arbeid toegeneem en is duisende slawe van Afrika, Madagaskar, Indië, Indonesië, Ceylon en ander lande ingevoer. Na aanvanklike vyandigheid tussen die slawe en inheemse bevolking, het sosio-ekonomiese integrasie tussen die twee gemeenskappe stelselmatig toegeneem en so is ‘n nuwe arbeidersklas geskep (Giliomee & Elphick 1983: 38).
Hierdie nuwe arbeidersklas aan die Kaap is egter sedert 1652 onderwerp aan ‘n nuwe sosiale orde waarin velkleur, voorkoms en veral etnisiteit die bepalende faktor vir opwaartse mobiliteit sou word. Mettertyd is diskriminerende maatreëls en later wetgewing uitgevaardig wat die gemeenskap toenemend sosiaal, polities en ekonomies sou marginaliseer. Dit het gevolglik tot die manifestering van ‘n gevoel van uitsluiting in die bruin gemeenskap gelei (Flaendorp 2007: 287). In sy proefskrif oor die bruin gemeenskap van Zuurbraak doen Dr. Charles Flaendorp ‘n uitgebreide en wetenskaplik ondersoek na hierdie aangeleentheid. Volgens hom is die identiteit die gemarginaliseerdheid of uitsluiting een van die grootste struikelblokke op die weg van selfstandigheid en selfonderhoudendheid. Hy stel dus voor ‘n eiesoortige spirituele paradigma voor wat ten doel het om die menswaardigheid van bruin mense te herstel.
Aard en omvang van armoede
Ek is dit eens dat die herstel van menswaardigheid die grondslag is waarop die boustene vir ontwikkeling gelê moet word. Terwyl diskriminerende maatreëls en wetgewing onderliggend is aan die armoede waarin ‘n groot deel hierdie gemeenskap vasgevang is, is dit veral die identiteit van gemarginaliseerdheid wat aangespreek moet word omdat dit ‘n besliste invloed het op die aard en omvang van armoede in die bruin gemeenskap.
Hierdie aangeleentheid is reeds meer as dertig jaar gelede ook in ‘n verslag vervat wat deur die ‘Kommissie van Ondersoek na Aangeleenthede rakende die Kleurlingbevolking’ gedurende die sewentigjare vrygestel is. Dit meld dat ‘n "groot struikelblok in die weg van ‘n meer positiewe selfbeeld is sonder twyfel die neerdrukkende uitwerking van die bose kringloop van armoede waarin ‘n groot proporsie van die kleurlingbevolking vasgevang sit. Hierdie armoedesituasie gaan selfaangedrewe voort solank as wat Kleurlinge arm bly aan die dienste en geleenthede wat die armoede kan help uitwis. ‘n Chroniese armoedesituasie word sodoende die groeibodem van ‘n armoedementaliteit. Hierdie soort mentaliteit is sonder twyfel die belangrikste oorsaak van die gebrek aan vooruitstrewendheid, die maatskaplike verval, afwykende gedrag, afsydigheid, frustrasie en gebrek aan selfvertroue wat volgens die beskikbare gegewens so dikwels by die laer sosio-ekonomiese strata in Kleurlinggeledere aangetref word’ (Kommissie van Ondersoek. 1973: 458).
Stappe is egter deur die regering die afgelope aantal jaar gedoen om dienste en geleenthede aan alle gemeenskappe te voorsien om die armoedesiklus teen te werk. In alle gevalle was dit vanweë swak dienslewering nie baie suksesvol nie, maar alle gemeenskappe het egter toegang tot welsynstoelae, skole en tersiêre inrigtings en ander geleenthede.
En deels help dit om vooruitgang aan te moedig, maar dit spreek nie die fundamentele probleem van die identiteit van gemarginaliseerdheid aan nie. Dis ‘n uiters komplekse probleem wat diepliggend is en die oorsaak is van vele sosio-maatskaplike vraagstukke in die bruin gemeenskap. Dit behels onder meer hoë uitvalkoerse op skoolvlak, die misbruik van dwelms en alkohol, tienerswangerskappe, betrokkenheid by bendes en hoë vlakke van brutale bendeverwante misdade, swak akademiese prestasie en lae toetrede tot tersiêre inrigtings, asook hoë vlakke van vonnisoplegging in verhouding tot ander gemeenskappe. Die volgende tabel bevat skokkende inligting in die verband.
Volgens Andreas Plüddemann van die Mediese Navorsingsraad se Alkohol- en Dwelmmisbruik Navorsingsgroep, is die dwelm Tik of Metamfetamien verantwoordelik vir die hoogste groei in dwelmmisbruik wat nog ooit op die Kaapse vlakte en in gebiede soos Mitchells Plain, Manenberg, Elsiesrivier, Hanover Park en Retreat voorgekom het. Hy het ook bevind dat dit Mandrax as die voorkeurdwelm verbygesteek het en gesondheids- en sosiale gevare oor die kort en lang termyn inhou. Die meerderheid tienergebruikers is manlik en bruin (91%), en die gemiddelde ouderdom van tienergebruikers is 16.6 jaar.
Navorsing deur die Instituut vir Veiligheidstudie suggereer dat bruinmense waarskynlik twee keer meer as enige ander etniese groep vermoor word en twee keer meer as enige ander groep in aanhouding beland.
Volgens Statistiek Suid-Afrika het die proporsie bruin gevangenes (17%) hul verhouding tot die totale bevolking (8,9%) oorskry. Bv. bruin jeug tussen die ouderdom 14 en 34 het 22 000 van die jeug in aanhouding (18%) uitgemaak. Hierdie syfer is meer as dubbeld die aantal bruin jeugdiges in die land (8,7%).
In alle enkeljaar-ouderdomsgroepe, is dit minder waarskynlik dat bruin jeug ’n onderwysinrigting sal bywoon as diegene in die ander bevolkingsgroepe. Byvoorbeeld, op ouderdom 16 het 21,8% van bruin jeugdiges nie ’n onderwysinrigting bygewoon nie, vergeleke met 12,2% Afrikane, 9,3% Indiërs of Asiate en 6,4% wit jeugdiges. Op ouderdom 21 het 86,4% van die bruin jeug nie ’n onderwysinrigting bygewoon nie, teenoor 72,0% Asiate of Indiërs, 62,0% Afrikane, en 61,9% wit jeugdiges.
Volgens die 2001-sensusopname, maak Bruinmense 54% van die bevolking van die Wes-Kaap uit, gevolg deur Swartmense (27%), Witmense (18%) en Indiërs (1%), en 52% van die Noord-Kaap, gevolg deur swartmense (36%), Witmense (12%), en Indiërs (minder as 1%). Gegee die feit dat die Wes- en Noord-Kaap die hoogste matriekslaagsyfer in die land het, sou ’n vanselfsprekende strategie wees dat bruin gegradueerdes na die boonste vaardigheidsvlak van die arbeidsmark beweeg. Die resultate van die jongste sensus toon egter dat dit nie gebeur nie. Terwyl dit effens meer waarskynlik is dat Bruinmense sekondêre skool voltooi het as Swartmense (19% versus 17%), is dit minder waarskynlik dat hulle tersiêre onderwys voltooi het. Van die lede van die bevolking tussen ouderdom 5-24, is 36% van die bruin gemeenskap nie by ’n onderwysinstelling ingeskryf nie, vergeleke met 27% van die swart gemeenskap. Die rede waarom jong Bruinmense nie soos jong swart persone hul onderwys voortsit nie, is ’n onderwerp wat verdere navorsing verg. Maar diegene wat verkies om nie tersiêre studie te doen nie, dra by tot die poel van stedelike, ledige en gemarginaliseerde jeug.
Volgens Ted Leggett van die Instituut vir Veiligheidstudie, is die bruin gemeenskap beter daaraan toe as die swart Afrika-bevolking, alhoewel hulle aansienlik armer is as witmense of Indiërs. Byvoorbeeld, onder die wit bevolking van Suid-Afrika staan die werkloosheidsyfer op nagenoeg 6% terwyl 27% van die bruinmense en 50% van die swartmense werkloos is. As daar egter gekyk word na veranderings sedert 1994, het werkloosheid in die swart gemeenskap met slegs 19% toegeneem, vergeleke met 35% in die bruin gemeenskap. Die bruinmense het dus, relatief tot die gewone lewenstandaard, sedert 1994 meer nadelige verandering beleef as die swart gemeenskap. Daarby vind baie bruinmense dat die verlies aan werkvoorkeur wat onder apartheid aan hulle gegee is, meebring dat hulle vandag met swart Afrikane kompeteer vir werk met laerordevaardighede: .
Bogenoemde bevindinge skets ‘n uiters ontstellende situasie van ‘n groot deel van die bruin gemeenskap wat net nie in staat is om die sosio-maatskaplike uitdagings die hoof te bied nie. Terwyl die bruin middelklas die vrugte van ons nuwe sosiale orde pluk, is daar ’n gebrek aan wilskrag en belangstelling te bespeur by die res van die gemeenskap om ten volle eienaarskap te neem van die akademiese, ekonomiese, kulturele en politieke instellings wat tot hul beskikking is.
Waar lê die oplossing?
Ontwikkelingspraktisyns is dit eens dat gemeenskappe wat die wilskrag openbaar om eienaarskap te neem van die instellings wat die staat beskikbaar stel en wat aandring op die regte wat in die Grondwet vervat is, is suksesvolle gemeenskappe. Hierteenoor is gemeenskappe wat vasgeval is in ’n afhanklikheidsgroef minder suksesvol. ‘Development can never be something that is brought to communities, regions or countries from outside, as is sometimes assumed by donors in the development field. Development is not a once-off occurrence. It requires boldness, confidence and conviction that come from within a person and from within a people. As such, development is the releasing of creative energy that is awaiting its opportunity to give birth to something new’ (Theron, 2008: 98).
Durf, sefvertroue en moed (‘boldness, confidence and conviction’ ) gaan egter hand aan hand met die bou van ‘n identiteit van eiewaarde. Dít is egter nie iets wat uit die lug uitval nie óf wat gestalte kry deur middel van die swaai van ‘n towerstaffie nie, veral nie in ‘n land soos Suid-Afrika met ‘n geskiedenis van sosio-maatskaplike manipulering nie.
Die omskepping van ‘n identiteit van gemarginaliseerdheid in ‘n identiteit van selfwaarde ontwikkeling van eiewaarde is ‘n proses wat bestuur moet word. Dit vereis kollektiewe leierskap met ‘n gedeelde visie en ‘n duidelike begrip van die teoretiese raamwerk of ontwikkelingsteorie wat die strategiese en operasionele ontwikkelingsplan in die bruin gemeenskap behoort te onderlê. Verder vereis dit ook ‘n sterk en volhoubare finansiële bron, spesifieke kundigheid en ‘n netwerk van organisasies wat op bepaalde sosio-maatskaplike intervensies fokus.
Wat die keuse van teoretiese raamwerk of ontwikkelingsteorie sal wees is natuurlik ‘n ope vraag. In die verband moet daar gekyk word na die tendense in Gemeenskapsontwikkelingsteorie en –Praktyk. Hierdie studieveld fokus op die beplanning en bestuur van beleid en prosesse wat verband hou met die bestryding van armoede, werkloosheid, sosiale ongelykheid en uitputting van bronne.
Van die belangrikste teorieë in Gemeenskapsontwikkelingsteorie en –Praktyk behels die moderniseringsteorie (perspektief voorgeskryf deur ontwikkelende lande), afhanklikheidsteorie (reaksie vanuit die onderontwikkelde lande teen Westerse ontwikkelingsmodelle) en die gemeenskapsgerigte en -deelname teorieë (Theron, 2008: 7).
Laasgenoemde ontwikkelingsteorie vind deesdae aanklank by ontwikkelingspraktisyns omdat dit die uitdagings wat verband hou met gemeenskapsdeelname, bemagtiging, kapasiteitsbou, volhoubare ontwikkeling en selfonderhoudendheid ondersoek, moniteer en evalueer (Kotze, D.A. & Kotze, P.M.J. 1997). Ook stel dit ten doel om die plaaslike leefwêreld en kulturele konstrukte soos taal, kulturele praktyke en inheemse kennissisteme as vertrekpunt te benut om eiewaarde te herstel. ‘The communitarian perspective attaches a higher value to human agency than either culturally or economically determinist views of social change. Culture and cultural constructions of reality, however, assume a central position in the communitarian perspectives’ (Tehranian 1994: 286 in Melkote and Steeves 2001: 335).
Dit lê dus klem op die betekenisgewende en betekenisdraende rol van kulturele konstrukte soos taal, kulturele praktyke en inheemse kennissisteme (Van der Rheede. 2007). In dié verband wil ek graag die rol wat Afrikaans kan speel in veral die bruin gemeenskap beklemtoon. Dis ‘n taal met akademiese, kulturele, ekonomiese en wetenskaplike waarde en 80% van bruin mense se moedertaal. Ongelukkig faal die bruin gemeenskap jammerlik daarin om eienaarskap van die kulturele, ekonomiese en akademiese instellings te neem waar Afrikaans as onderrigtaal gebruik word om akademiese vooruitgang, kreatiwiteit en welvaartskepping te bewerkstellig.
Waarom?
Is moedertaal dan nie die mees belangrike instrument vir begripsvorming, kreatiwiteitsontsluiting en welvaartskepping nie? En waarom twyfel ons om dit as ‘n instrument van geestelike en sielkundige bevryding benut word nie? Is dit die gevolg van kolonialisering en apartheid wat soveel vervreemding veroorsaak het en die feit dat bruin mense huidiglik nog nie ten volle die ekonomiese, kulturele en akademiese voordele wat Afrikaans bied, geniet nie. Hoe kan ons dit en waar begin ons om dit reg te stel?
In sy boek Pedagogy of the oppressed beklemtoon Paulo Freire die hele aspek van taal en die rol wat dit speel in terme van geestelike bevryding en eiewaarde (Melkote & Steeves 2001: 339). Dit is die grondslag van gemeenskapsontwikkeling en in die verband het Afrikaanse organisasies ‘n belangrike rol te vervul deur die netwerk van sosiale instellings en kundigheid wat daar in Afrikaanse geledere bestaan toeganklik te maak en alle sprekers van Afrikaans aan te moedig om daarin te deel, dit te behou en dit te help uitbou vir die nageslag. Ontwikkelingspraktisyns is dit eens. ‘Communities with strong social capital tend to be more dynamic at making collective decisions that results in effective actions to collectively perceived problems, needs, challenges and opportunities’ (Theron, Ceasar & Davids 2007 in Theron 2008: 9).
Een van die struikelblokke wat die Afrikaanse gemeenskap moet oorkom om probleme, behoeftes, uitdagings te oorkom is dikwels die onvermoë om die etniese verdelingslyne van die verlede oor te steek. So gaan baie geleenthede verlore en ondermyn ons self die moontlikhede wat Afrikaanse sosiale instellings en kundigheid vir verdere netwerking en ontwikkelingsaksies.
Inisiatiewe in die verband is egter van stapel gestuur en in 2008 is die Afrikaanse Taalraad geloots. As ‘n netwerkskeppende en koördineringsliggaam speel dit alreeds ‘n deurslaggewende rol om organisasies bymekaar te bring, die publiek te mobiliseer om by projekte betrokke te raak en versoening en wedersydse begripsvorming aan te moedig. Dit gee hoop vir die toekoms en is die mees sinvolle manier om inhoud te gee aan ‘n nuwe Afrikaanse gemeenskap waarin waardes, eerder as afkoms en etnisiteit, die gemeenskaplike spilpunt word vir gemeenskaps-en nasiebou.
Ten slotte
Alison Gilchrist in ‘n referaat getiteld ‘The well-connected community: networking to the edge of chaos’ skryf die volgende: ‘Complex systems generate clusters and patterns of self-organization, some of which are more useful in a given situation and therefore more likely to survive. In human terms, groups and organizations crystallize and evolve in an environment of complex and dynamic social interactions. Complexity theory suggests that systems with low levels of connectivity and highly similar elements become ‘stagnant’ or frozen. Populations which have reached these states of isolation, fragmentation or homogeneity (either by choice or circumstances) are unable to innovate or adapt to change.’
Inisiatiewe in die bruin gemeenskap om die sosio-maatskaplike kwessies aan te spreek, moet dus bevry word van ’n staat van isolasie, fragmentasie en homogeniteit (states of isolation, fragmentation or homogeneity) . Dit is slegs deur middel van volgehoue medewerking tot nasiebou, netwerking, die neem van eienaarskap van taal en kultuur en die benutting van hierdie bronne om eiewaarde te verhoog dat die bruin gemeenskap sy regmatige plek in die reënboognasie kan inneem en met selfvertroue in die kennisekonomie van die 21ste eeu sal kan meeding.
Bibliografie
Flaendorp, C. 2007. Proefskrif oor die Bruinmense van Zuurbraak. 200 jaar Spiritualiteitsvorming deur ‘n Identiteit van Marginalisering . Unisa. Suid-Afrika
Giliomee, H. & Elphick, R. 1983. ‘n Samelewing in Wording: Suid-Afrika 1652 tot 1820 . Maskew Miller Longman. Suid-Afrika
Kotze, D.A. & Kotze, P.M.J. 1997. ‘Understanding Communities: A Holistic Approach’ in Kotze D.A. (ed) Development Administration and Management: A Holistic Approach. JL van Schaik, Pretoria.
Melkote, S.R. & Steeves H.L. 2001. Communication for Development in the Third World. Theory and Practice for Empowerment. Sage Publication. New Delhi. India.
Rapport: Titus, D. 2006. "Soek ander gom wat Suid-Afrika aanmekaar hou" in Rapport 18 Junie 2006. Suid-Afrika
RSA. 1973. Kommissie van Ondersoek na Aangeleenthede rakende die Kleurlingbevolking. Suid-Afrika
Swanepoel, H en De Beer, F. 2006. Community Development. Breaking the Cycle of Poverty. Fourth Edition. Juta and Co Ltd. South Africa
Theron, F. 2008. The development change agent – a micro-level approach to development . Van Schaik Publishers. South Africa
Van der Rheede, C. 2009. Artikel oor die betekenisgewende en betekenisdraende rol van moedertaal . Suid-Afrika
Datum geplaas: 6/17/2009
Gestroop van etniese tooisels bou ons 'n nuwe Afrikaanse ons
Gestroop van etniese tooisels bou ons 'n nuwe Afrikaanse ons
‘n Critique op die FAK se uitvoerende beampte, Johan Rossouw se lesing, getiteld Op pad na ‘n nuwe Ons wat in Die Burger van Woensdag 22 Augustus 2007 verskyn het.
In Bartho Smit se drama, Die Keiser, neem hy die Anderson-sprokie van die kaal keiser en plaas dit op ‘n uiters verbeeldingryke wyse in die konteks van ‘n moderne Afrika-land.
Die eerste toneel word ingelei deur die jong diplomaat en Minister van Buitelandse Sake wat hom driftig uitlaat oor die sewentiende eeuse Franse kleredrag wat hulle verplig word om daagliks te dra. Dit nogal in die twintigste eeu en in ‘n land wat op die ewenaar geleë is. Toe hy die dra van safaripakke en kaftans aanbeveel om van die hitte te ontsnap en aan te pas by die ‘tyd en omgewing’ , word hy deur sy kollegas, die Minister van Kultuur en Verdediging beskuldig dat hy onpatrioties teenoor sy land en die Keiser is. Volgens die Minister van Kultuur is dit dis dan juis dié ‘antieke’ klere wat hul ‘borswering is teen die barbarisme wat hulle van alle kante uit die bosse bedreig’.
Die verhaal neem ‘n interssante wending toe die Minister van Buitelandse Sake die Keiser inlig dat twee wonderwewers opgedaag het om sy kostuum vir die halfeeufeesoptog te maak. Na veel gewik en weeg stem die Keiser in dat die wewers aan die werk moet spring. Nou ja diegene wat bekend is met die drama, sal weet dat die Keiser met die eerste aanpasslag slegs in sy onderbroek paradeer, terwyl die amptenary wetend dat hy niks aan het nie, met lofspraak sy kostuum skaamtelose besing. Die stomme hofnar, die enigste een wat die moed gehad het om die ‘waarheid in sy Kroon se ore te fluister’ , is op bevel in die kerker gegooi.
In hierdie drama verdiep ‘n eenvoudige en komiese verhaal stelselmatig tot ‘n diep filosofiese vlak met die wewer se uitlating dat die ‘keiserskap die afgelope halfeeu bestaan uit die Keiser se klere…en uit goue paleise en monumente en standbeelde…’ , terwyl hy (die Keiser) droom dat hy ‘die volk bevry en beskaaf…’
Maak ons hierdie fiktiewe verhaal van toepassing op die kulturele, sosiale, akdemiese en ekonomiese sfere wat die Afrikaanssprekende beset, dan is dit baie duidelik dat van ons vandag in dieselfde strik vasgeval is. In ons worsteling om ‘keiserskap’ in die moderne konteks te verstaan weier en selfs huiwer ons om Apartheid te demistifiseer, want ons glo onwrikbaar dat die Keiser se denkbeeldige kostuum, die antieke klere wat ons dra en die goue paleise en monumente – Apartheid in kort, ons teen die dreigende ‘barbarisme’ beskerm het en nog steeds gaan beskerm.
Hierdie denkfout vind verder neerslag in ons veronderstelling dat ‘n eie identiteitsbewussyn en ‘n volkstaat juis nou nodig is om die ‘volk’ te beskerm en dat sonder die herlewing van identiteit, ons medevennote, die ‘volkies’, vasgevang sal bly in die spiraal van armoede en onderontwikkeling. Skaamteloos oorskry ons die grense van paternalisme en verbeel ons ‘n toekoms binne die ruimte van selfbeskikking, met die ‘volkies’ ook in hul ruimte, wetende dat hierdie ‘Keiser’ ook maar eindelik kaal is.
In ons voorskriftelikheid: Het ons dan vergeet dat die ‘volkies’ honger gely het, toe ons fees gevier het? Het ons ook vergeet dat nadat ons die ‘volkies’ na die vlaktes uitgedryf het, ons die beste grondgebiede wederegtelik vir ons self toegeëien het en toe goue paleise daarop staangemaak het? En hét ons vergeet dat toe ons monumente ter viering van die ‘Taal’ opgerig het, ons ons nie eens verwerdig het om die ‘volkies’ , toe al uitgeskuif anderkant die spoorlyn, te nooi nie? In een van sy gesprekke met die Keiser antwoord die hofnar ‘Ons oë sal tog nie vir ons lieg nie. ’ Waarom ons dus voortgaan om die hierdie historiese onregte in die naam van kulturele dryfkragte te regverdig, gaan my verstand te bowe. Sien ons dan net dit wat ons wil sien, soos die Keiser se amptenary wat hom met komplimente bestuif, terwyl hy werklik niks aan het nie?
Die ‘waarheid is kaal’, aldus die hofnar. Erken dus die foute van die verlede. Want dit is nie die diverse Afrikaanse groeperinge binne die breë Afrikaanse gemeenskap, wat die onderlinge harmonie bedreig wat die afgelope aantal jare gestalte gekry het in inisiatiewe soos die Afrikaanse Forum vir Afrikaans en die voorgenome Afrikaanse Taalbelangeraad nie, maar juis die ontkenning van hierdie historiese onregte en die onwilligheid om dit reg te stel.
Ook die onding om Afrikaanssprekendes op grond van etniese, kultuurhistoriese en onwetenskaplike aannames te kompartementaliseer, kompliseer verhoudinge net al hoe meer. Dit ís so dat verskillende Afrikaanse individue hul op verskillende vlakke van moderniteit bevind en dat die individu hom of haar óf in die milieu van die geskrewe woord óf die gesproke woord bevind. Maar om gemeenskappe in terme van die aannames te kategoriseer, is om soos die Keiser te glo dat ‘die volk is dalk nog dieselfde arm kaal slawe’ wat hy van sy vader geërf het. Die ‘volkies’ het al lankal hul kinderskoene ontgroei en is mededingende wêreldburgers, wat geen behae daarin het om weer geetiketeer te word nie. Ons durf hulle dus nie onderskat of stereotipeer nie.
Aan die einde van die drama vind ons die Keiser heeltemal stapelgek en sonder ‘n draad klere terwyl die volk hom toejuig. ‘Lank lewe ons Keiser. Heil ons Heilige Keiser!’ Die wewer en sy kamerade het natuurlik die teenoorgestelde verwag. ‘Watter volk wil ‘n kaal, mal keiser hê? Hulle sal hom uitmekaar skeur…’ aldus die wewer. Miskien was die Keiser nie heeltemal so stapelgek soos die wewer en sy kamerade veronderstel het nie, wie weet dalk wend hy sy naaktheid juis aan om berou te toon vir sy wandade en so die volk se vertroue te herwin.
Gestroop van etniese tooisels en die bagasie… is dit nie dalk die oplossing om ware versoening tussen Afrikaanssprekendes en die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te bewerkstellig nie?
Datum geplaas: 6/17/2009
TAALSTRYD MOET PLEK MAAK VIR TAALSTEUN
TAALSTRYD MOET PLEK MAAK VIR TAALSTEUN
Die Ministeriële Kommissie se nuutvrygestelde verslag oor rassisme aan Suid-Afrikaanse universiteite is na my mening een van die mees omvattende en gebalanseerde verslae oor die faktore wat sosiale kohesie, suksesvolle integrasie en veral akademiese prestasie aan ons universiteite ondermyn.
Dit gee veral aandag aan die rol van taal as onderigmedium en lig dit as volg uit: ‘...the language issue is undoubtedly one of the main obstacles to academic success for the majority of black students’.
In die Wes-Kaap is dit veral ons Afrikaanssprekende en IsiXhosasprekende studente wat uit werkersklasgemeenskappe kom wat ’n opdraande taalstryd voer, maar te skaam is om daaroor te kla. Almal swyg om hulself die verleentheid te spaar deur uitgesonder te word ‘as kan nie Engels praat en skryf nie’ en soek dikwels ander redes om uiting te gee aan hulle frustrasies.
Die taalkwessie by Stellenbosch en ons ander historiese Afrikaanse universiteite is dus maar die punt van die ysberg. By ’n onlangse simposium het die moedeloosheid en hulpeloosheid van veral Afrikaans- en IsiXhosasprekende werkersklasstudente my opgeval. Die vrae wat hulle gevra het dui daarop dat hulle worstel met dieperliggende moedertaalkwessies wat myns insiens voortspruit uit onkunde oor hul taalregte en wat allerlei wanpersepsies tot gevolg het. Dit sluit in:
¾
Die wanpersepsie dat hul moedertale geen waarde het nie,
¾
Die wanpersepsie dat hul moedertale vir hulle geen toekoms bied nie.
¾
Die wanpersepsie dat hulle ‘dom’ is as hulle nie die Engelse vakinhoud baasraak nie.
¾
Die wanpersepsie dat hulle geen werksgeleenthede sal kan bekom deur moedertaalonderrig nie.
¾
Die wanpersepsie dat hul moedertaal nêrens ander plek in die wêreld bruikbaar is nie.
¾
Die wanpersepsie dat hulle nie mag aanspraak maak op onderrigsteun deur middel van hul moedertaal nie.
¾
Die wanpersepsie dat onderrig en leer uitsluitlik in Engels sal en moet geskied.
En alhoewel baie universiteite verklaar dat hulle voorsiening maak vir onderrigsteun deur middel van moedertaal en ook hul grondwetlike verantwoordelikheid in die verband erken, bly dit steeds maar net lippediens. Hierdie aspek is ook vervat in die verslag en lui soos volg: "In this regard, all institutions are committed to multilingualism in one form or another, including the development of African languages as academic languages, and the introduction of African languages as languages of communication. However, more often than not, this commitment remains symbolic, as a range of factors, such as the availability of qualified staff, finances and student interest militates against the full implementation of multilingualism".
Die onvermoë van ons universiteite om veeltaligheid te bevorder en werklik stappe te neem om ’n praktiese strategie vir taalsteun te implementeer moet dus die spilpunt wees waarom die hele taalkwessie aan hoër onderwysinrigtings behoort te gaan. ’n Klemverskuiwing vanaf taalstryd na taalsteun is nou van uiterste belang. Gevolglik word alle universiteite tot verantwoording geroep om kollektief te besin oor prakties-haalbare oplossings vir ’n gemeenskaplike probleem en breek ons ook deur die parogiale grense waarin die taalstryd vasgevang is.
Die taalkwessie is inderdaad ’n gemeenskaplike probleem. Want die aangeleenthede wat studente en ouers tydens ons onlangse simposium onder ons aandag gebring het, is ‘n duidelik bewys dat die taalkwessie nie net tot wit Afrikaanssprekendes beperk is nie. Bruin Afrikaanse studente het tydens die simposium genoem dat hulle nie vir onderwysbeurse kwalifiseer nie omdat hulle Afrikaans as hoofvak neem. IsiXhosasprekende studente het genoem dat hulle deur dosente gepenaliseer word as hulle gedurende proeflesse vanuit Engels na IsiXhosa oorskakel omdat leerders hulle nie verstaan nie.
So ook het ouers na afloop van die simposium aan my genoem dat skole in Mitchell’s Plain op groot skaal oorskakel na Engels as onderrigmedium en dat hulle kinders sukkel om op skool te vorder. Hulle moet ook nou geld spandeer en verder reis om by skole uit te kom waar Afrikaans as onderrigmedium gebruik word. Wat het geword van die ideaal ‘the doors of learning shall be opened’? Tans dui die navorsing daarop dat die hoogste uitvalsyfer op skoolvlak onder arm Afrikaanssprekendes voorkom en óf ontoeganklikheid en onderrigtaal daarmee verband hou is ’n saak wat dringend deur die WKOD ondersoek moet word.
’n Taalsteunstrategie moet dus deur omvattende navorsing oor die impak wat ‘n slegs Engelse onderrigstrategie op elke terrein van die samelewing het voorafgegaan word. Op die sosiale terrein is dit duidelik dat dit deels aanleiding gee tot allerlei maatskaplike euwels en tot groter verdeeldheid tussen gemeenskappe lei. Op die opvoedkundige terrein ondermyn dit akademiese prestasie. Op die kulturele terrein belemmer dit kreatiwiteit en gee dit aanleiding tot allerlei wanpersepsies. Op die ekonomiese terrein verydel dit die moontlikheid om die kulturele industrie soos die koerant, boek, televisie, film, advertensie, ontwerp, musiek, drama en erfenisbedryf in al die inheemse tale uit te bou en nuwe werkgeleenthede te skep.
Alle universiteite in Suid-Afrika in die verslag oor rassisme word verantwoordelik gehou vir die situasie waarin hoër onderwys gedompel is en moet dus geroepe voel om oplossings te vind vir die taalkwessie en die onregte wat daarmee gepaardgaan. Taalsteun is immers in belang van akademiese voortreflikheid en nasiebou.
Datum geplaas: 7/13/2009
DIE EKONOMIESE WAARDE VAN ONS INHEEMSE TALE
THE ECONOMIC VALUE OF OUR INDIGENOUS LANGUAGES
Abstract
All languages have economic value. Some more than others. On the continent of Africa - as a result of a long and often violent history of subjugation and linguistic imperialism - the English and French languages are associated with prestige, economic progress and modernity. The use of indigenous mother tongue on the contrary is limited to social interaction and in many instances associated with backwardness, illiteracy and ethno-traditionalism. How can we change these perceptions and develop the economic value of indigenous languages?
Introduction
South Africa is a multi-lingual country with 11 official languages. After decades of colonial and apartheid rule and the complete disregard of our indigenous languages, its instrumental role in terms of cultural, educational and economic empowerment and more importantly its role in nation building, is finally acknowledged.
Our national constitution in addition provides a policy and institutional framework for the protection, maintenance and promotion of all of these languages (The Constitution, 1996: Chapter 1). Hence a very specific constitutional obligation is placed on all spheres of government to create an enabling environment for all of these official languages to fulfil their rightful roles to spearhead community development, bring about modernization and assist in overcoming the prejudices and injustices of the past.
The fulfilment of these expectations after fifteen years into our democracy remains still unaccomplished. In fact we have reached a critical stage where we need to thoroughly assess the contribution of the language policy and institutional framework in fulfilling these expectations.
Related research done by distinguished South African linguistic scholars such as Neville Alexander, Vic Webb and David Mutasa affirms the extensive scope and good intent of the language policies developed by government, but confirms the lack of political will to give effect to these policies and failure on the part of the institutional framework mandated with the responsibility to protect and promote the linguistic interests of all South African communities in a fair and equitable manner.
¾ Neville Alexander in an article titled Proper use of mother tongue the way forward argues that our language policy, although very progressive on paper, has allowed English to become the ‘de facto sole official language’, which benefits only the middle class and elite in our society. At the same time too little is done to transform our indigenous languages into ‘cultural capital’ in order to create a better life for the working class as well (Alexander, 2008: 9).
¾ The trend towards ‘institutional monolingualism’ and the ‘lack of support’ from public managers for our 11 official language policy are also of concern to Vic Webb. In an article titled Language policy development in South Africa he is of the opinion that in order to achieve the language dispensation as envisaged by our national constitution “the power relations between the official languages need to be balanced, so that formerly advantaged people do not continue to have an unfair advantage” (Webb, 2006: 11).
¾ David Mutasa, in his research on the language policy of Sooth Africa states the following: “The people do not see much value in African languages …? Authorities seem to be reluctant to ensure that African languages, by appropriate legal provisions, assume their rightful role as of official communication in public affairs, administrative and educational domains. No one seems to take African languages seriously. They seem to have nothing to offer except in everyday communication between members of families and informal conversation with friends and colleagues” (Mutasa, 2003: 6).
The aforementioned concerns regarding the promotion and protection of our indigenous linguistic interests are however not only an isolated South African issue. The spread of English all over the world and the impact it has on the status of indigenous languages are of great concern to many communities and scholars.
In the book Language policy and modernity in Southeast Asia, attention is paid to the impact of English on the status of indigenous Southeast Asian languages (Rappa, et. al. 2006: 5). While English is considered an ethnically ‘neutral’ language in countries such as Malaysia, the Philippines, Singapore and Thailand, its widespread use is considered problematic in certain domains. In an article titled Acknowledging value of mother tongue published on the Brunei Times website, the author Michael Tan has the following to say: “We need a national language, no doubt, but the current policy is worrisome because it promotes English first, Filipino second — both at the expense of other mother languages. We should allow Filipinos to nurture their own mother language and share this with other Filipinos or even the world. As we begin to appreciate the rhythms and cadences, the humour and the wisdom, in each of our many languages, we just might be able to overcome our parochialism and regionalism and build a nation strong in its multicultural foundations” (Tan, M. 2008).
How do we create an enabling environment in South Africa in which mother tongue can be nurtured and fully developed, not only for purpose of social and cultural interaction, but also to give it academic and economic value? In order for us to achieve this, a comprehensive understanding of community development theory, the role of mother tongue in this regard and why such an enabling environment is necessary, is required.
Community Development Theory and Mother Tongue
Community Development Theory and Practice focuses on planning and managing policy, projects, programs and processes relating to sustainable development, poverty eradication, unemployment, social inequality and the depletion of natural resources. On a tactical level, it explores monitors and evaluates the challenges with regard to community participation, empowerment, capacity building, sustainable development, self-sustainment and the learning process.
According to Davids, Community Development Theory and Practice is a relatively new phenomenon which as a discipline sharply emerged after the Second World War. Development theory is divided into different phases. The 1950s and early 1960s were dominated by the theories of the Modernization school of thought. During the late 1960s and early 1970s there was a strong focus on the theories of the Dependency school of thought and since the 1980s the focus shifted away from the previous macro theories to the development of micro theories or community-oriented development theories (Davids, 1998: 1).
The Modernization school presupposed that the practices of underdeveloped countries were primitive and that Western economic practices and values represented the only recipe to guide communities on a developmental and wealth-creating path. A classical example is the multi-levelled economic growth theory introduced in 1960 by the American scholar Walt Rostow. He proposed five levels which would ensure the development of underdeveloped countries. This entails substituting indigenous and traditional systems with Western practices, creating a new political elite, centralizing the political structures, aligning the political, social and institutional entities with economic goals, developing peoples’ technological and entrepreneurial skills and creating mechanisms and institutions which would create high levels of mass consumption and expenditure. This model was criticized mainly because of its strong colonial nature, the dependence on Western capital and its disregard for indigenous languages, culture and knowledge (Davids, 1998: 3-4).
The 1960s were also characterized by the development of language policy for social, political and education systems. According to Hartshorne in Mesthrie, the development of language policy on the African continent was influenced by, on the one hand, the total advantage of colonial languages on nearly all institutionalized levels of society and, on the other hand, the strong desire of academics and writers to use the mother tongues as educational and empowerment instruments to rid their countries of its colonial burden. He summarizes this situation as follows: “There has been a continuing tension in most African countries between these two tendencies accompanied by ambivalent attitudes towards English: on the one hand a recognition of its practical usefulness, on the other an uncomfortable frustration that Africans had little choice because of their subjection to a Western metropolitan culture” (Mesthrie, 1995: 307).
According to Hartshorne, this tension and ambivalence were complicated by the fact that the new political elite totally ignored the academics and writers who argued in favour of the use of mother tongue. After all, the colonial language provided in the immediate language needs of the elite who without due consideration accepted it as the best language option for political unity, international communication, a medium to transfer skills and knowledge and which would introduce them to Western value systems.
The rise of the Dependency school and their sharp criticism against the development methodology of the Modernization school rekindled hope among academics and writers who campaigned for the use of the mother tongue. According to Davids, the Dependency school also propagated the idea that development was not necessarily synonymous with Westernization. Hence developing countries were encouraged to break ties with Western capitalist countries and to strive towards self-sustainment and independence. Critics of the Dependency school though argue that it placed so much emphasis on identifying external stumbling blocks in the way of development that it failed to rise above the level of rhetoric and provide sensible and sustainable development initiatives (Davids, 1998: 12-14).
And although the intrinsic value of mother tongue for sustainable and independent community development was acknowledged by Dependency theorists, little progress was made in introducing the mother tongue at an institutional level, especially in Africa. The colonial language status quo was maintained. Alexander describes this situation as follows: “The African elites who inherited the colonial kingdom from the ostensibly departing colonial overlords, for reasons of convenience and in order to maintain their grip on power, have made nominal gestures towards equipping the indigenous languages of the continent with the wherewithal for use in powerful and high-status contexts” (Alexander & Busch, 2007).
With the development of micro theories or community-oriented development strategies during the late 1980s and early 1990s, the focus shifted to six important community building blocks, namely community participation, capacity building, empowerment, self-reliance, sustainability and social learning.
These micro theories are favoured by present-day development practitioners. It lays the foundation for a more context-specific approach to development and policy formulation, which takes cognisance of the unique circumstances, needs, skills, knowledge and values of communities and using it as a starting point to develop communities economically, culturally, educationally, socially and spiritually (Burkey, 1993: 56-70). It also emphasises the value of cultural constructs, such as language, cultural practices and indigenous knowledge systems as a means to restore communities’ self-worth. ‘The communitarian perspective attaches a higher value to human agency than either culturally or economically determinist views of social change. Culture and cultural constructions of reality, however, assume a central position in the communitarian perspectives’ (Tehranian 1994: 286 in Melkote and Steeves 2001: 335)
Hence it recognises that development initiatives cannot be detached from the context in which the community in question finds itself. It is within a complex framework of past experiences, metaphors, faith, values, perceptions, relationships, power struggles, economic activities, language, cultural and agricultural practices in which any development initiative becomes meaningful.
Communities will not take ownership of projects that they cannot relate to or that do not fit into their meaning-giving context. For their context is, after all, the only one within which they can confidently associate with projects designed to improve their living conditions. That these communities are also exposed to other contexts through the radio, television, computer, cellular phone, urbanization, migration and globalisation cannot be dispelled. However, this exposure is often limited to the supply of cheap labour in exchange for low wages that hardly provide in their basic needs. These communities consequently remain trapped in a spiral of disempowerment and generation after generation fail to escape from poverty, ignorance and despair.
Kotze concurs and makes the following valuable observation: “The people’s meaning-giving context is the only framework within which they can relate to developers. It is the framework within which development initiatives obtain meaning. It will either permit or block development, depending whether there is a ‘fit’ between development initiatives and context. People will not be steered, influenced or ‘taken with’ unless the development initiative has positive meaning within their context” (Kotze & Kotze, 1996: 7).
Given this background it is necessary to determine the scope and intent of our existing language policies, whether it is aligned with the meaning-giving context of the various indigenous language communities and whether if implemented it would be of tangible benefit to these communities.
Scope and intend of current language policies
Two very important policies are worth mentioning here, which is the National Language Policy Bill adopted by Cabinet in 2003 and the Indigenous Knowledge Systems (IKS) Policy which was adopted by Cabinet in 2004.
The SA Languages Bill strategic goals are as follow:
· To facilitate individual empowerment and national development.
· To develop and promote the Bantu languages.
· To provide a regulatory framework for the effective management of the official languages as languages of the public service.
· To facilitate economic development via the promotion of multilingualism.
· To enhance the learning of various South African languages.
· To develop the capacity of the country’s languages, especially in the context of technologisation.
The Indigenous Knowledge Systems (IKS) Policy seeks to recognise, affirm, develop, promote and protect IKS systems in South Africa. The main IKS Policy drivers include:
· The affirmation of African cultural values in the face of globalisation – a clear imperative given the need to promote a positive African identity;
· Practical measures for the development of services provided by IK holders and practitioners, with a particular focus on traditional medicine, but also including areas such as agriculture, indigenous languages and folklore;
· Underpinning the contribution of indigenous knowledge to the economy – the role of indigenous knowledge in employment and wealth creation; and
· Interfaces with other knowledge systems, for example indigenous knowledge is used together with modern biotechnology in the pharmaceutical and other sectors to increase the rate of innovation (IKS Policy, 2004: 9).
Given the scope and intent of the aforementioned goals as outlined in the SA Languages Bill and the policy drivers as outlined in the Indigenous Knowledge Systems Policy it is clear that ‘cultural constructions’ such as our indigenous languages and knowledge systems ‘assume a central position’ within the mandate of the various departments who developed these policies. One cannot but admire the efforts of the Arts & Culture and Science & Technology government departments and all those who helped them with the development of these policies.
Sadly however, their vision and insight to use our indigenous languages and knowledge systems in as many imaginative ways possible to transform our disparate society into a people-centred society cannot come to fulfilment due to the lack of political will to enact it as legislation through parliament.
One trusts that the Zuma-administration will soon take this matter up with parliament. Because not only will legislation in this regard enforce compliance at all levels of institutional governance and compel the private sector to play their part in promoting multilingualism, but it will also unlock a range of economic possibilities.
Indigenous Languages and its Economic Possibilities
Today we find ourselves at the threshold of the 21st century also known as the Information Society. According to the World Summit on the Information Society held in 2003, an Information Society is one in which “everyone can create, utilise and share information and knowledge, enabling individuals, communities and people to achieve their full potential in promoting sustainable development and improving their quality of life…” (World Summit on the Information Society, 2003 in Wesso, 2007). The Knowledge Economy is the economic component of the Information Society in which information is used productively or in innovative ways to create wealth.
Our diverse indigenous language heritage is an important enabling resource for developing communities to actively participate in the Knowledge Economy and to create wealth through the generation of knowledge. The perception that our indigenous languages are not fit for this purpose is preposterous. Because it merely requires a shift in mindset and dedication by its speakers to create a presence on the Internet, design websites and develop sustainable products and services in that particular language.
In this regard much can be learned form Afrikaans and how it is used as an instrument of academic excellence and cultural exchange. In addition it is also the primary driver for a range of economic activities. These economic activities entail the following industries: Education, Radio, Drama, Creative Writing, Poetry, Journalism, Television, Film, Language Practitioning, Advertising, Heritage and Tourism, Electronic Media, Traditional food, Fashion, Architecture, Medicine, Law, Social sciences, Design.
The IsiZulu market has also been very responsive to embrace the Knowledge Economy. Isolezwe.co.za is the world's first Zulu news site and it carries the same content as Isolezwe, South Africa's top Zulu newspaper. The site's main audience is drawn from the emerging, urban-based, aspirational and knowledgeable Zulu market. Whereas before, Zulu readers may have been hesitant or unable to go online, they are now encouraged to use the Internet as an information tool.
The Way Forward
South Africa’s divisive and often vicious past left us with a language legacy in which there is a tendency to equate mother tongue with backwardness and traditionalism. It also brings back memories of a divided past, substandard education and tribalism. Such notions are perfectly understandable, but we often forget that it is not language in itself that causes conflict and hatred amongst people, but rather the lack of opportunities and inability to access it.
Today South Africa is a democratic state with 11 official languages. Where we come from with respect to our divisive past, is an issue we should always be mindful of. My foremost concern is however our future. How do we create a fair and just society and start to close the everwidening gap between rich and poor. This in itself is a time bomb waiting to explode.
I am convinced that mother tongue can play a role in this regard, however a number of steps must be implemented to prevent a repeat of our language legacy of yesteryear. It entails the following:
¾ The National Language Bill and Indigenous Knowledge Systems Policy to be enacted as legislation.
¾ Schools to provide quality mother tongue education at primary level and where possible at senior level and learners having a choice to write their final examinations in either their mother tongue or English.
¾ Universities in a particular region can start to provide certain classes and depending on the availability of lectures and translation services in the indigenous languages. In the Western Cape for example UCT, UWC, CPUT, US can all work together to provide students with the choice to attend certain modules in English, Afrikaans and IsiXhosa. This will stimulate the need to translate or write academic textbooks in other languages and improve pass rates.
¾ The various products and services on offer by the cultural industry must be made available in all the official languages. Radio, Music, Books, Lexicography and even TV series are already available in most of the official languages. In doing so the cultural industry can become a leading employment industry and a major revenue contributor in South Africa.
¾ The various language units at our universities to become more industry focused and train potential artist, writers, musicians, journalist, etc, for the cultural and its related industries.
In Conclusion
South Africa stands to lose nothing if we take bold steps and start positioning our indigenous languages as major trajectories for academic excellence and economic empowerment. Instead we stand to gain much in terms of improved academic achievements, self-pride, self-reliance, a more tolerant society, high levels of creativity, communities taking ownership, more economic opportunities, etc.
This does not mean that we should dismiss the importance of English, because it enables us to communicate across local and international boundaries. A good verbal command of the English language and being able to write it fairly well is non-negotiable.
An English only approach is however contrary to the letter and spirit of our national constitution. Also we stand to lose too much if we would go this way. “A people that loses its language or languages is a people that loses its words, and when a people loses its words, it loses its soul and vision of the world. When this happens the community in question become lodged in dependence that lasts until it recovers its words and begins to articulate its past, present and future, nationally and internationally” (Ndumbe III: 39).
Article written by Christo van der Rheede
CEO: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Bibliography
Alexander, N. 2008. Proper use of mother tongue the way forward. Article published in Cape Times, April 21, 2008. South Africa
Alexander, N. & Busch, B. 2007. Literacy and Linguistic Diversity in a Global Perspective. An Intercultural Exchange with African Countries. Council of Europe. Strasbourg
Burkey, S. 1993. People First. A Guide tot Self-Reliant Participatory Rural Development. Zed Books. London
Davids, I. 1998. Development Theories: Past to Present. School of Public Management and Planning, University of Stellenbosch
Kotze, D.A. & P.M.J. 1996. What is Wrong in Development? Article published in In Focus of May/June 1996. Publication by Unisa. South Africa
Melkote, S.R. & Steeves H.L. 2001. Communication for Development in the Third World. Theory and Practice for Empowerment. Sage Publication. New Delhi. India
Mesthrie, R. 1995. Language Policy in Africa Education: a Background to the Future in Language and Social History. Studies in South African Sociolinguistics. David Philip, Cape Town
Mutasa, D.E. 2003. The language policy of South Africa: what do people say? University of South Africa. Pretoria
Ndumbe III, Prince K. 2007. Raising Citizen Awareness in the Learning Of African Languages: Approach and Experience of the Africavenir Foundation in Cameroon. In Alexander, A and Busch, B. 2007. Literacy and linguistic diversity in a global perspective. An intercultural exchange with African countries. European Centre for Modern Languages. Council of Europe Publishing. Strabourg.
Rappa, Al & Wee, L. 2006. Language policy and modernity in Southeast Asia: Malaysia, the Philippines, Singapore, and Thailand. Published by Springer
Tan, M. 2008. Acknowledging value of mother tongue. Published online - The Brunei Times at http://www.bt.com.bn/en/analysis/2008/02/21/acknowledging_value_of_mother_tongue
Webb, V. 2006. Language policy development in South Africa. Centre of Research in the Politics of Language. University of Pretoria. South Africa
Wesso, H. 2007. Presentation on Digital Broadcasting: Opportunities For Local Content Development And Multilingualism. ICT Policy Development: Department of Communication. RSA
.
Datum geplaas: 7/13/2009
DIE S.A. AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS ‘N EEU VERDER
“Laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en ver was van die pyn”
Uit die gedig Vroegherfs van N.P. van Wyk Louw
Deur C.O. van der Rheede
Abstrak
Die rol van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns (Akademie) in die ontwikkeling van Afrikaans as ’n hoëfunksietaal oor ’n periode van een honderd jaar is voorwaar ’n uitsonderlike prestasie. Met behulp van die SA-Akademie, die kritiese rol en toewyding van Afrikaanse akademici om nuwe terreine van kennis deur middel van Afrikaans te verken en te ontsluit, die taaltrots en gepaardgaande kreatiwiteit van menige spreker van Afrikaans en die institusionalisering van Afrikaans op vele vlakke van die samelewing met behulp van die staat, het ‘n unieke en waardevolle taalskat Afrikaans op Suid-Afrikaanse bodem gestalte gekry. Hierdie taalskat staar egter ’n onsekere toekoms vanweë sosio-maatskaplike, opvoedkundige, kulturele, ekonomiese en politieke veranderinge in die gesig. Daarom is dit nodig om te besin oor die rol van die SA-Akademie in die toekoms van Afrikaans.
Inleiding
Die toekoms van die Akademie hang ten nouste saam met die voortbestaan van Afrikaans. Sonder Afrikaans is daar geen toekoms vir die Akademie nie en óf Afrikaans as ‘n hoëfunksietaal en selfs as openbare taal oor ’n honderd jaar van nou nóg sal voortbestaan bly ’n ope vraag.
Dis egter nie die eerste keer dat daar oor die toekoms van Afrikaans bespiegel word nie. In die boek getiteld ‘Tuiste in eie taal’ voorspel die skrywer, Dr. J.C Steyn reeds in 1980 dat ‘...Afrikaans gaan in die volgende twee dekades al hoe kwaaier onder druk kom,...’ (Steyn 1980: 457). Die digter Breyten Breytenbach beskryf Afrikaans in die gedig getiteld ‘skrywende nou en van agter tot voor’ as ’n stuiptrekkende taal (Breytenbach 1964: 20). Let wel die digbundel ‘die ysterkoei moet sweet’ waarin die gedig verskyn is reeds in 1964 gepubliseer.
Huidiglik verskil die situasie met betrekking tot Afrikaans egter nie veel van die bekommernisse wat in die vorige paragraaf gehuldig word nie. Globalisering, die gebruik van ultramoderne kommunikasietegnologie, die nuwe grondwetlike bedeling en die snelveranderende kulturele, ekonomiese en politieke landskap in Suid-Afrika het inderdaad ’n impak op die toekoms van Afrikaans as ‘n hoëfunksietaal.
Betekenisvol is die reaksies van die verskeidenheid rolspelers wat die belange van Afrikaans op een of ander wyse bevorder. Sommige handhaaf ‘n behoudende gesprek oor die toekoms van Afrikaans, terwyl andere ‘n progressiewe benadering volg soos deur Andrew Nash in die volgende aanhaling omskryf: ‘The new politics of Afrikaans is primarily concerned with defending Afrikaans language and culture in the new South Africa. In contrast to Afrikaner nationalism, it seeks to ensure a vital and viable future for Afrikaans, which does not depend on white racial domination or Afrikaner political power. At the same time, it seeks... to defend cultural diversity and local forms of community against the homogenizing pressures of capitalist globalization’ (Nash 2000)
Afrikaans - Qua vadis?
In watter denksfeer bevind die Akademie haar en waarheen is die Akademie op pad met Afrikaans? Is dit ‘n behoudende en neerdrukkende dampkring waarin daar bloot oor die verlede van Afrikaans getob word? Óf is dit ‘n progressiewe en optimistiese gesprekskring waar daar aktief meegewerk word om ‘n nuwe toekoms vir Afrikaans te skep? Die antwoord op hierdie vraag is na my mening deurslaggewend vir die rol wat die Akademie behoort te speel om Afrikaans verder uit te bou en om heel moontlik weer oor ‘n honderd jaar van nou ‘n soortgelyke fees te kan vier.
Hierdie antwoord wil ek graag aan die hand van die digter N.P van Wyk Louw se gedig ‘Vroegherfs’ beredeneer en ‘n verband trek tussen die gedig en die toekoms van Afrikaans. Die belangrikste grondgedagte waarmee in ‘Vroegherfs’ omgegaan word, is die geleidelike proses van verandering in die natuur en hoe dit saamval met die worsteling van die mense en sy behoefte aan geestelike groei en hernuwing.
Hierdie seisoensverandering word ingelei met ‘n metafoor in die openingsversreëls wat lui ‘Die jaar word ryp in goue akkerblare in wingerd wat verbruin’ wat die oorgang van herfs na winter skets met beelde van weerloosheid (wind en klare son) stroping (blare val) en spanning (lang populiere (wat) al witter staan).
Hierdie beelde vind in besonder aanklank by die situasie van weerloosheid, stroping en spanning waarin Afrikaans as taal en selfs haar sprekers hul in bevind. ‘n Goeie tyd vir eeufeesvieringe kan dit seker nie wees nie, want die taal en die breë Afrikaanse gemeenskap word aan alle fronte met ‘n verskeidenheid van sosio-maatskaplike, opvoedkundige, kulturele, ekonomiese en politieke veranderinge gekonfronteer. Die ‘goue akkerblare’ is besig om te ‘verbruin’ en af te val en ‘(die) witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’ bring nuwe uitdagings van dikwels intellektueel verlammende aard en omvang. En nog is dit einde niet, want die strawwe winter lê nog voor en óf Afrikaans dit gaan oorleef en ’n nuwe lente sal beleef sal net die tyd ons leer.
In die gedig ‘Vroegherfs’ herinner N.P. van Wyk Louw ons egter dat net soos die natuur in ‘n voortdurende staat van verandering is, so ook groei die mens. In die sekstet pas hy dan hierdie natuurverandering ook op sy eie lewe toe. Dít doen hy egter nie lukraak nie óf kosmeties nie, maar hy doen dit wel besinnend deur dit versugtend in te lei met die uitroep ‘O Heer, laat hierdie dae heilig word:’
Hierdie strewe na innerlike rypwording of geestelike groei bekragtig hy met ‘n dubbelpunt om die erns waarmee hy die saak wil aanpak te beklemtoon. Ook is dit nié vir hom’n oppervlakkigheid nie, maar ’n diepgeestelike ervaring waarin hy ‘alles (laat) val wat pronk en sieraad was’ en gestroop wil word van ‘waan’ en ‘hoogheid’ .
Hy begeer veel meer as net ’n kosmetiese gedaanteverwisseling en is onbevange in sy begeerte om ‘nakend uit... teerder jeug (te) verskyn’, ongeag die pyn en kwesbaarheid wat daarmee gepaardgaan. Om as ’n nuwe mens na vore te tree en geestelike te groei wil hy homself stroop van onegtheid. Dit volgens hom is ‘n voorvereiste waarop die grondslag gelê word om ’n nuwe toekoms te verwesenlik.
Afrikaans en meer spesifiek die Akademie is huidiglik in dieselfde staat van weerloosheid, stroping en spanning vasgevang. En om daaruit te ontsnap en iets nuuts te skep vra vir visionêre leierskap, die stroping van die ‘pronk’ en ‘sieraad’, die ‘waan’ en ‘hoogheid’, en vir geestelike diepte om Afrikaans deur die ‘strawwe winter’ wat nog voorlê, te dra.
‘n Progressiewe en optimistiese gesprekskring
Teen hierdie agatergrond keer ek dus terug na my oorspronklike vraag wat handel oor die denksfeer waarin die Akademie haar bevind. Is dit ‘n behoudende en neerdrukkende dampkring waarin daar bloot oor die verlede van Afrikaans getob word óf is dit ‘n progressiewe en optimistiese gesprekskring waarin daar aktief meegewerk word om ‘n nuwe toekoms vir Afrikaans te skep?
Laasgenoemde gesprekskring vra vir vernuwing en die herskepping van ‘n nuwe entiteit wat Afrikaans in al haar gebruiksvorme erken en wat ‘n tuiste bied vir elke spreker van Afrikaans ongeag etnisiteit, geloof, kultuur en klas. Dit vra ook vir die stroping van die ‘pronk’ en ‘sieraad’, die ‘waan’ en ‘hoogheid’ wat so kenmerkend is van die prystoekennings, lidmaatskap en selfs van die navorsing wat deur Akademielede gedoen word. Let wel: Ek gebruik nie hierdie woorde in ‘n beledigende of neerhalende konteks nie, maar benut dit as beelde om die kloof tussen die akademie se werksaamhede en die wêreld van ontmagtiging waarin ‘n groot deel van die Afrikaanse gemeenskap vasgevang is en wat nie eens weet van die SA Akadmie se werksaamhede óf wat geen voordeel daaruit trek nie, te illustreer.
Vir die behoudende dampkring is so ‘n versoek ongehoord, maar midde die weerloosheid, stroping en spanning waarin die Afrikaanse gemeenskap gedompel is, het ons nie veel van ‘n keuse nie as om daaroor te besin nie. By besinning kan dit egter nie vasval nie, want Afrikaans is nie net ‘n taal nie, maar dit verteenwoordig ook ‘n leefwêreld van miljoene. Dit laat my dus met ‘n kwellende vraag: Hoe bring ons hierdie twee uiteenlopende wêrelde byeen ter wille van Afrikaans en haar toekoms en watter faktore moet ons inagneem om hierdie kloof te oorbrug?
In dié verband wys Robert Cooper, in sy boek getiteld ‘Language Planning and Social Change’ na ‘n reeks situasionele, strukturele, kulturele en omgewingsfaktore wat taal se groei kan striem of kan bevorder (Cooper. 1989: 93).
Hoe die Akademie in die uitvoering van haar werksaamhede ook hierdie faktore en die eise wat die Afrikaanse leefwêreld stel in die toekoms gaan hanteer, sal bepaal of daar soortgelyke feesvieringe oor ‘n honderd jaar van nou sal wees.
Ek sluit af met die voorlesing van die gedig Vroegherfs.
Vroegherfs
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Uit Vroegherfs
Bibliografie
Cooper. R.L. 1989. Language Planning and Social Change. Cambridge University Press.
Breytenbach. B. 1964. Die ysterkoei moet sweet. Perskor. Johannesburg
Steyn. J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Die behoud en bestaan van Afrikaans. Tafelberg. Suid-Afrika
Nash. A. 2000. The new politics of Afrikaans. South African journal of philosophy. Vol. 19, no4, pp. 340-364 (2 p.) Foundation for Education, Science and Technology, Pretoria, AFRIQUE DU SUD
Datum geplaas: 7/13/2009
ONDERWYS DIE KRAGSTIGSTE WAPEN OM DIE WÊRELD TE VERANDER
“Education is the most powerful weapon, which you can use to change the world.” Dis die gesegde van niemand anders as oud-president Nelson Mandela wat ook hierdie maand sy een-en-negenste verjaarsdag vier. Inderdaad profetiese woorde wat elke Suid-Afrikaanse burger tot verantwoording roep om rekenskap te gee oor hoe ons onderwys inspan om die Suid-Afrikaanse nasiebouprojek te laat slaag.
Onderwys lê die grondslag vir hierdie projek, want dit behels die oordrag van kennis, vaardighede en waardes. Faal onderwys is dit neusie verby met dit en alreeds word ‘n uiters ontstellende prentjie daagliks deur navorsers geskilder van ‘n onderwyssisteem wat net nie die mas opkom nie.
Ek was egter onlangs in die Oos-Kaap waar ek ‘n driedaagse onderwysleierskap en –bestuurskursus vir sowat vyftig onderwysers aangebied het. Hierdie opleidingsgeleentheid is deur die Enkwenkwezi trust, ‘n Media24-inisiatief geïnisieer. Wat my tydens die opleiding opgeval het, was die toewyding en entoesiasme van hierdie onderwysers wat hul wintervakansie vanaf 9h00 soggens tot 16h00 smiddae opgeoffer het om deur die modules te werk.
Hierdie ervaring dwing ‘n mens dus om kritiese vrae te vra oor die aard en omvang van die leiding en kundigheid wat op senior vlak in die onderwyssisteem beskikbaar is en wat veronderstel is om ons onderwysers te ondersteun. Want as die meerderheid van onderwysers op grondvlak bereid is om hul daaglikse taak met soveel toewyding en entoesiasme aan te pak, hoe is dit moontlik dat die meerderheid van ons skole klei trap met die oordrag van kennis, vaardighede en waardes?
My waarneming tydens al die werksessies die afgelope jare is dat baie van ons onderwysers die nuwe kurrikulum nie behoorlik onder die knie het nie. Daar is van ‘n generasie van onderwysers vanuit die ‘ou’ skool verwag om oornag ‘n kopskuif te maak vanaf die ‘oue’ na die ‘nuwe’ en binne ‘n paar weke van opleiding ‘n omvattende begrip te ontwikkel van die ‘nuwe’. Hierteenoor is die generasie wat huidiglik opgelei word, vir menige prinsipaal en hul senior bestuur ‘n ligpunt omdat hulle na vier jaar van studie ‘n deeglike begrip het van die nuwe kurrikulum. Vir die ouer geslag bly dit ‘n opdraande stryd, omdat ‘n paar weke van opleiding in die nuwe kurrikulum heeltemal onvoldoende is en hul heel dikwels meer verward en ontmoedig laat.
Hierdie probleem is egter die punt van die spreekwoordelike ysberg. Onder die oppervlak skuil daar egter ‘n dieperliggende probleem - die tekort aan ervare onderwyskundiges op senior vlak om stap-vir-stap leiding aan die ouer geslag onderwysers te gee en die nodige ondersteuningsdienste te bied. In sekere provinsies en in veral stedelike gebiede is hierdie kundigheid byderhand. Die skole het ook toegang tot die Internet en genoegsame bronnesentrums is beskikbaar waar onderwysers kan gaan aanklop vir hulp.
Dieselfde kan egter nie gesê word van baie skole wat in ons voormalige tuislande en in landelike gebiede geleë is nie. Hierdie areas beskik net nie oor die kundigheid op senior vlak nie om leiding te gee nie, nog minder het onderwysers toegang tot die Internet en die fasiliteite wat ons stedelike skole as vanselfsprekend aanvaar.
Hierdie onderwysers se grootste frustrasie bly egter die nuwe kurrikulum. Aan die hand van die volgende kurrikulumleweringsmodel ek probeer ek dikwels om ‘n omvattende begrip van die nuwe stelsel by hul tuis te bring. Dit illustreer ek soos volg:
Implementering van die Kurrikulum
Bestuur van Hulpbronne
Bestuur van Bewyse
Die rol van die Kurrikulumkomitee
Bestuur van Onderrig
Bestuur van Intervensie
Ontwikkeling van Leerprogramme
Bestuur van Observasie
Bestuur van Vordering
Ontwikkeling van Werkskedules
Bestuur van Portfolio’s
Ontwikkeling van Lesplanne
Bestuur van Profiele
Bestuur van
Appel
Bestuur van Plasing
Moderering van Inhoud
Moderering van Assessering
Verslagdoening aan Rolspelers
Die Beheerliggaam, Prinsipaal, Onderwysers en ander Rolspelers
Die Lewering van Kundige en Vaardige Menslike Kapitaal
Ondersteuning van die onderwysdepartement en senior onderwyskundiges
=
Hierdie model bevestig die rol wat die beheerliggaam, prinsipaal, onderwysers en ouers moet speel om die kurrikulum op skoolvlak te implementeer. Hierdie verantwoordelikheid word ook in die Suid-Afrikaanse Skolewet en ander verbandhoudende wetgewing in detail omskryf. Dit verwys ook onder andere daarna dat skole onder kuratorskap geplaas kan word indien die beheerliggaam, prinsipaal en onderwysers daarin faal om die skool behoorlik te bestuur en sorg te dra dat leerders akademies presteer.
Dis alles goed en wel, maar in die praktyk is daar ander uitdagings wat die effektiewe uitvoering van die wet ondermyn. Hierdie uitdagings sluit onder meer in ouers wat op beheerliggame dien met gebrekkige skoolopleiding en wat geen kennis het van skoolbeheer en kurrikulumlewering nie. Ook word daar groot gewag gemaak van die prinsipaal as die kurrikulumbestuurder, maar heel dikwels word die meeste van hom of haar tyd in beslag geneem deur ‘n magdom adminstratiewe en sosio-maatskaplike aangeleenthede. Intussen hol die onderwysers soos afkophoenders rond om die kurrikulum geïmplementeer te kry, dissipline te handhaaf en hulpbronne te vind om die leerlinge te help.
‘n Volgende aspek wat die model bevestig is die belangrikheid van moderering van die inhoud van onderwysers se lesplanne, werkskedules en leerprogramme. Dit gaan hand aan hand met die moderering van assessering van aktiwiteite en verslagdoening aan leerders, ouers en die onderwysdepartement. Hierdie aspekte word deur middel van die skool se kurrikulumkomitee bestuur. Dit staan onder leiding van die prinsipaal saam met senior personeel, vakhoofde en ander kundige en ervare personeel. Hul taak is om leiding te gee wat dié aspekte aanbetref. Ook moet hulle sorgdra dat kurrikulumriglyne in die verband nougeset gevolg en korrek geïmplementeer word.
Die taak van die kurrikulumkomitee word egter aan bande gelê deur die volgende faktore: Dit behels komiteelede wat self oorlaai is met die onderrig van vakke, nasienwerk, ander administratiewe werk en ekstra-kurrikulêre aktiwiteite. Hulle dien ook op verskeie ander komitees en sukkel derhalwe om nougeset aandag te gee aan die implementering van die kurrikulum.
Hierdie situasie word verder vererger as kurrikulumriglyne deur die loop van die jaar verander. As implementeringsagentskap is dit hul taak om die veranderinge aan die res van die personeel oor te dra en seker te maak dat dit wel uitgevoer word. Dit ontaard dikwels in konflik wat ‘n uiters negatiewe impak het op die vertrouensverhouding tussen die prinsipaal, die senior personeel en onderwysers.
Tydens die opleidingsessie in die Oos-Kaap het prinsipale dikwels na hierdie tipe konflik verwys en om raad gevra hoe om hul eie vertroebelde verhouding met van hul personeellede te hanteer. Want nie net put dit hulle geestelik uit nie, maar die hele proses van moderering van inhoud en assessering lei daaronder. Dit vind eenvoudig nie plaas nie óf dit ontaard in ‘n klug. En of ons dit wil erken of nie, moderering is die hartklop van kwaliteitsversekering en sekerlik dié belangrikste proses ten einde te verseker dat gehalte onderrig in elke klas en deur elke onderwyser gebied word.
Dus in die afwesigheid van intensiewe en deurlopende modering word die integriteit van die hele proses van kurrikulumlewering vanaf onderrig, observasie, bewyse, intervensie, appellering, plasing tot verslagdoening gekompromiteer. So ’n stelsel kan nie kundige en vaardige menslike kapitaal lewer nie en dit hou verreikende gevolge in vir die groter Suid-Afrikaanse nasiebouprojek.
Dit bring my dus by die laaste aspek van die model en dit is die ondersteuning wat die onderwysdepartment en senior onderwyskundiges moet bied. Dit vorm die onderbou van die kurrikulumleweringsmodel en hiersonder is enige poging om die stelsel te laat werk gedoem.
Ons regering en meer spesifiek ons Nasionale Departement van Onderwys moet hierdie aspek deeglik onder die loep neem en alle aanstellings wat verband hou met ondersteuningsdienste eerstens aan ‘n kundigheidstoets onderwerp en seker maak dat dié persone wel leiding kan gee en die taak voorhande met toewyding en professionaliteit kan verrig. Tweedens moet die uitsette van hierdie mense gemeet word aan die verskil wat dit maak op grondvlak. Tydens die opleidingsessie in die Oos-Kaap het onderwysers met genoegdoening vertel hoe hulle by senior amptenary se kantore opdaag net om ‘n baadjie wat oor die stoel se ruglening hang, te vind. Die persoon is egter skoonveld.
Nie net saboteer sulke gedrag die visie van Nelson Mandela om onderwys as ‘n magtige wapen te ontplooi om Suid-Afrika ten goede te verander nie, maar dit doen sy nalatenskap oneer aan. Elkeen van ons, maak nie saak wie en wat ons is nie, het ‘n gedeelde verantwoordelikheid om toe te sien dat onderwys in Suid-Afrika slaag. Dit is in belang van onsself en die groter nasiebouprojek.
Datum geplaas: 7/13/2009
Taalstryd moet plek maak vir Taalsteun
In view of the serious discrimination on the basis of race and gender noted in this investigation,
it is recommended that consideration be given to the development of a transformation compact
between higher education institutions and the DoE.
The Committee found that students who are not first language-speakers of English continue to
face challenges in many of the institutions. It also found that the implementation approach to
the parallel-medium language policies that are in place in a number of historically Afrikaansmedium
institutions discriminated against black students. The Minister is therefore urged to
initiate a broad review of the obstacles facing the implementation of effective language policies
and practices, including a study of the application of equitable language policies and practices
found in countries with similar social differences to those of South Africa.
In light of the difficulties many institutions are facing in implementing their intention to give
effect to their commitment to multilingualism and, in particular, the development of African
languages as academic languages and languages of communication, it is recommended that
the Minister should request institutions to indicate, as part of their institutional planning
processes, how they will be addressing these difficulties.
Given the decontextualised approaches to teaching and learning that are evident in virtually
every institution, it is recommended that institutions give consideration to the development
of curriculum approaches that sensitise students to the place of, and the issues surrounding
South Africa on the African continent and in the world at large.