Uitskieterlys

Pieter Cloete het 'n Afrikaans.com-uitskieterlys van 100+ liedjies wat oor die afgelope eeu 'n indruk gelaat het, saamgestel. 

Pieter Cloete se uitskieterlys 

Pieter Cloete is 'n omroeper op Groot FM en jy kan Sondaemiddae inskakel op sy program. Sy passie is Afrikaans en hy vervaardig weekliks Maroela Media se Top 20-liedjielys. Hy is ook verantwoordelik vir die radio-weergawe wat weekliks op 11 gemeenskapradiostasies uitgesaai word. Lees sy musiekblogs by www.pietercloete.com.

 

  1. image

    Ou tante Koba

    Chris Blignaut was 'n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba en Daar Oorkant Die Spruit.

  2. image

    Jan asb tog squeeze my

    Hy kon nie 'n bestaan voer uit musiek alleen nie en het as jong man by 'n versekeringsmaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi.

  3. image

    Ek verlang na jou

    Omstreeks 1923 het hy een van die eerste sangers geword wat oor die radio uitgesaai het en in 'n radiowedstryd die beste gevaar het in die afdeling vir baritons en oratoriums. Blignaut kon ook daarop aanspraak maak dat hy die eerste Afrikaanse sanger was wat in kort rolprente vir die Afrikaanse silwerdoek opgetree het.

  4. image

    Fanie se vastrap

    Sy begeerte is bewaarheid en hy het later so gewild geword dat hy saam met drie verskillende orkeste op dieselfde aand by danse gespeel het! Hy het so tussen die verskillende danse rondgery en kort-kort by elkeen so 'n paar nommers gespeel!

  5. image

    Ou ryperd

    Die liedjie was ook baie jare later uit die stof getel toe Dozi dit op een van sy albums geplaas het.

  6. image

    Ou waenhuis

    Tydens die 1930's het Boeremusiek 'n groot oplewing gehad. Orkeste soos die Vier Transvalers, die Vyf Hartbrekers en die Vier Namakwalanders het Boeremusiek op plaat vrygestel, wat die musiekvorm se gewildheid vinnig laat toeneem het.

  7. image

    Windvoël vastrap

    Fanie was natuurlik die eerste musikant wat inleidings vir sy musiek met die konsertina gespeel het. Hy het sy eie tegniek en styl gehad en kon sowel in die tradisionele as moderne styl speel. In 'n huldeblyk wat na sy dood oor die radio uitgesaai is, het Nico van Rensburg hom bestempel as "Die konsertinaspeler van die eeu".

  8. image

    Stellenbosch verlange

    Bodenstein se loopbaan het oor meer as 60 jaar gestrek en hy het saam met verskeie groot name soos Hendrik Susan, Taffie Kikillus, Gerrie Snyman en Arnout Malherbe opgetree. Hy was vir lank 'n waardevolle lid van die polisieorkes.

  9. image

    Wegloper vastrap

    Oom Gertjie was al redelik oud toe 'n platemaatskappy hom omgepraat het om plate te maak. Hy het die volgende 78-spoedplate gemaak:
    My Golfies polka, Die Deurstoot settees, Eenskaarploeg settees, Rekbek wal, Wegloper vastrap en Afsê wals.

  10. image

    My dolla is 'n loskop

    Al Debbo was nie net lief vir sing nie, maar het ook in altesaam twintig rolprente gespeel.

  11. image

    Hasie

    n Suksesvolle weergawe van Nico Carstens en Anton de Waal se komposisie.

  12. image

    Liefste Madelein

    In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. Alhoewel sy meer op operamusiek gefokus het, het sy ook Afrikaanse gunstelinge soos Liefste Madelein gesing. Die bekende radiopersoonlikheid Daniël Kirstein, wat onder die skuilnaam Chris Steyn talle Afrikaanse trefferliedjies geskryf het, het vir die lirieke van "Liefste Madelein" gesorg.

  13. image

    Kom haal my pappie

    n Ander baie populêre liedjie van hulle was Een aand op 'n trein na Pretoria.

  14. image

    Boetie

    Die groep reik 20 plate tussen 1953 en 1973 uit.

  15. image

    Ek is Fransie

    Die Briels, met hul skatkis van 480 oorspronklike Afrikaanse liedjies.

  16. image

    Goue vingers

    Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later.

  17. image

    Die ou Kalahari

    In die vroeë sestigs was Jim Reeves meer populêr in Suid-Afrika as Elvis Presley.

  18. image

    Bolandse Nooientjie

    In Augustus en September van 1964 het TEAL Records, die verspreiders van RCA Records in Suid-Afrika, so baie kopieë van Jim Reeves se Souvenir-album verkoop dat hulle te min kopieë van die oorspronklike albumomslag gehad het. Dit het hulle genoop om 'n tydelike omslag te maak todat die oorspronklike omslag weer indruk was.

  19. image

    Die lappop

    Die skepper van een van die bekendste kinderliedjies in Afrikaans, Betty Misheiker. Sy was ook verantwoordelik vir liedjies soos Ek's 'n dapper muis en Almal dra 'n jas.

  20. image

    Padda wou gaan opsit

    Die padda wou gaan opsit se gewildheid haal die nuusblaaie wat selfs die lirieke volledig weergee by 'n spotprent deur die legendariese T.O. Honiball, die vader van die Adoons-hulle-tekenprente.

  21. image

    Vat hom Dawie

    Die jaar 1968 was 'n groot jaar vir Springbokrugby met die Britse Leeus wat na Suid-Afrika getoer het. Die Springbokke se kaptein was Dawie de Villiers en ysters soos Frik du Preez, Tiny Naudé, Syd Nomis en Jannie Engelbrecht was in die span. "Ons is deur ons platemaatskappy gevra om 'n Afrikaanse popliedjie te skryf," vertel Eddie. "Ons was die dag in die ateljee en middagete het die base kom luister wat ons opgeneem het. Hulle wou toe weet wat op die B-kant sou wees. Ons het beplan om 'n instrumentele liedjie daarvoor op te neem, maar hulle het dit afgekeur. Ons is toe aangesê om 'n nuwe liedjie te skryf.
    "Barry Jarman het 'n meisie gehad wat ons almal Fluffy genoem het, en ons het altyd gespot: `Vat hom, Fluffy`.
    "Dit het toe Vat hom Dawie geword. Die liedjie is binne 'n uur geskryf en binne nog 'n uur opgeneem. Dit het die A-kant van die enkelspeler geword en is tot vandag The Bats se grootste treffer. Ek kan nie eens meer onthou wat die ander liedjie was nie!"

  22. image

    Die Oukraalliedjie

    Nick Taylor en Min Shaw het ook in dieselfde jaar, Die oukraalliedjie opgeneem, maar dis Groep Twee se weergawe wat die derde plek op Springbokradio se treffersparade behaal en 15 weke lank op dié treffersparade gekuier het.

  23. image

    Sonbrilletjies

    Seker een van Al Debbo se bekendste liedjies oor die jare.

  24. image

    Bymekaar

    Min Shaw en Lance James het saam gewerk en die album met dieselfde titel in 1968 uitgereik.

  25. image

    Sing Seeman Sing

    Gé Korsten was 'n legendariese Suid-Afrikaanse sanger wat 'n groot stempel op die Afrikaanse kultuur afgedruk het. Vandag nog word sy lied, Liefling, by rugbywedstryde in Bloemfontein en Pretoria gespeel. Sing Seeman Sing is ook eie aan Gé.

  26. image

    Die Banneling

    Die Banneling was ook die temalied van die fliek met dieselfde naam.

  27. image

    My hart verlang na die Boland

    Francois en Lucille Ackerman het in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld bekend geword. Hulle is dikwels met die wêreldberoemde sangpaar van weleer, Jeanette MacDonald en Nelson Eddy, vergelyk. My hart verlang na die Boland het veral vir Lucille bekendheid verwerf.

  28. image

    Liefling

    Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing.

  29. image

    Dink jy darem nog aan my

    Op 17 November 1972 betree hulle die Springbokradio top 20 op nommer 20.

  30. image

    Krokodil

    As jy 'n kind was in die vroeë sewentigs, sal jy onthou hoe jy voor die radio vasgenael was as die liedjie in storietyd gespeel is.

  31. image

    Die dapper muis

    As jy 'n kind was in die vroeë sewentigs, sal jy onthou hoe jy voor die radio vasgenael was as die liedjie in storietyd gespeel is.

  32. image

    Diki Diki Daai daai

    Al Debbo ontvang in 1999 'n toekenning van die ATKV vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak. In 2005 ontvang hy 'n SAMA-toekenning vir lewenslange bydrae.

  33. image

    Ek verlang na jou

    Haar deurbraak het gekom toe sy genooi is om op Gwynneth Ashley Robin's se program op te tree en daarna gevra is om Ek verlang na jou, op te neem.

  34. image

    Sonder jou

    Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing.

  35. image

    Ek kyk graag so diep in jou oë

    Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artes-toekenning vir sy TV-program Gê Sing.

  36. image

    Trein na Matjiesfontein

    Anton het in die tyd byna eiehandig al die musiek vir Sonja se albums geskryf. Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta' Mossie se sakkie-sakkie boeredans en Oberammergau is net van die treffers waarmee Sonja Heroldt die treffersparades en toekenningsaande verower het.

  37. image

    Pinocchio

    Sy het bekendheid verwerf met liedjies soos Ek Verlang Nog Altyd (saam met Jan Grové) en kinderliedjies soos Pinocchio en Tien klein paddatjies.

  38. image

    n Liedjie vir jou

    In 2011 vier hy 40 jaar van Afrikaanse musiek en sedert Christa Steyn se afsterwe in 2012 - na 'n jaarlange stryd teen kanker - werk hy veral saam met Susan Mouton (tjello), Clinton Zerf (verwerker), Coenraad Rall (klavier).

  39. image

    Gee haar 'n roos

    Cora Marie se deurbraak het egter in 1981 gekom. Die radio-omroeper Sarel Marais, wat haar die bynaam Bossiekop gegee het, het Pieter Britz se komposisie "Gee haar 'n roos" een Dinsdagaand op Radio Hoëveld gespeel en gedink dat min mense dit sou hoor omdat omtrent alma destyds na Dallas op televisie gekyk het. Die navrae het egter gegin instoom en op 13 Maart daardie jaar het "Gee haar 'n roos" tot Springbok Radio se Top 20 betree.

  40. image

    Rolbos

    Tannie Babs, wat van Janita se liedjies geskryf het, het in 'n Rapport-onderhoud die volgende gesê: "Ek het altyd vir Janita gesê dït ( Rolbos ) is haar Kinders van die wind ."

  41. image

    Harlekyn

    Sonja Herholdt is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres wat bekend geword het vir liedjies soos Ek verlang na Jou, Harlekyn, Waterblommetjies, Skipskop en Jantjie.

  42. image

    n Brief vir Simone

    Hierdie liedjie was die temaliedjie van die fliek met dieselfde titel wat deur Anton Goosen en FC Hamman vervaardig is.

  43. image

    Karoonag

    Hy het in die 1980's en 1990's hoofsaaklik in Siprus gewoon voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy is bekend as musiekskywer en sanger, maar ook as televisieaanbieder van Kwêla op KykNET. Hierdie was een van sy liedjies wat hom baie populêr gemaak het in die 1980's.

  44. image

    Ek wil jou ken

    Die liedjie was ook die temaliedjie van die televisiereeks: Skoppensboer.

  45. image

    Tikkie vryheid

    Weereens het Rina die kol getref met 'n bestaande liedjie waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf is. Die Duitse liedjie Take away the heartaches van die (Duitse) sangeres Nicole, is gebruik en Afrikaanse lirieke is bygevoeg.

  46. image

    Ek lewe

    Hoewel sy die album Soos ou vriende vrygestel en treffers met die enkelsnit Ek mis jou so gehad het, was dit die titelsnit van haar vorige album, Ek lewe, wat die treffer van die jaar geword het.

  47. image

    Reik na die sterre

    Bles se treffers, onder meer die liedjie "Reik na die sterre", was meestal Duitse komposisies waarvoor sy vrou, Leonie, Afrikaanse lirieke geskryf het.

  48. image

    Voshaarnooi

    Louis was 'n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir 'n enkeling, waaronder die liedjie "Voshaarnooi".

  49. image

    Laat my lewe laat my liefhê

    In 1989 het 'n rolprent oor Bles se lewe, The devil and the song, verskyn. Bles het homself gespeel en die draaiboek is geskryf deur niemand anders nie as PG du Plessis.

  50. image

    Daar is niks soos ware liefde

    Sy professionele sangloopbaan het in 1984 begin met die vrystelling van sy tweede album "Bles" wat in minder as 'n maand (25 000 kopieë) goue status bereik ket. Die oorspronklike liedjie is deur Groep 2 geskryf.

  51. image

    Hillbrow

    Rabie besoek Amsterdam in 1990. Byna terselfdertyd word die snit Hillbrow vanaf sy Eet kreef-album 'n treffer in België, waarna Rabie sy sukses met 'n solo-toer opvolg. Die liedjie was alreeds baie populêr in Suid-Afrika.

  52. image

    Sit dit Af

    In 1989 stel hulle die album, Eet kreef, vry. Die album was 'n kommersiële sukses, ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie geweier het om van die snitte uit te saai. Hulle daaropvolgende toer is Voëlvry genoem, wat aanleiding tot die sogenaamde Voëlvry-beweging gegee het.

  53. image

    Blou

    André Swiegers maak sy deurbraak in 1990 toe Laurika Rauch sy liedjie Blou sing en dit trefferstatus bereik.

  54. image

    Wenners

    Met 'n graad in bedryfsielkunde van die Potchefstroomse universiteit het hy vir 'n jaar en nege maande 'n "regte werk" by Sanlam gehad waar hy hom in personeelbestuur sou bekwaam. Dit is daar, by die werk, waar hy sy trefferliedjie, Wenners, geskryf het.

  55. image

    Stuur groete aan Mannetjies Roux

    Haar album met dieselfde titel was haar eerste album wat platinumstatus bereik het.

  56. image

    Houtkruis

    Die Apostoliese Geloofsending van SA (AGS), waarvan Geyser en Van der Merwe pastore was, het 'n kommissie van ondersoek aangestel en bevind dat "jeugrebellie" en 'n "vreemde jeugkulteur" deur Prophet gekweek word. Nà die demokrati­sering van Suid-Afrika in 1994 het daar egter 'n totale ommeswaai in die gesindheid teenoor die sanggroep gekom. Prophet het allengs "volksbesit" geword en is met agt ATKV-Liertoekennings vereer vir "Mees Uitnemende Geestelike Musiek", en Geyser en Van der Merwe is oor kerkgrense heen vir optredes uitgenooi. Onder meer die liedjie "Houtkruis" het groot gewildheid beleef .

  57. image

    Soos die wit duif vlieg

    Greta Jones se eerste album is uitgereik toe sy slegs sewe jaar oud was. Dié album is in 1991 opgeneem en is nou op CD en kasset deur BMG
    heruitgereik. Jones is 'n jaar ná die opname van die album op 4 April 1992 dood.

  58. image

    Hoor jy die klokke lui

    Van haar ander treffers sluit in Rolbos, My Danklied, Wilde Aalwyn en Meisiekind. Juanita het ook gereeld saam met Manuel Escorcio opgetree.

  59. image

    Dans met die rooirok

    Randall Charles Wicomb, gebore 30 Januarie 1949, was ‘n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).

  60. image

    Lisa se Klavier

    Koos Kombuis is in 1954 gebore in Kaapstad. As sanger het hy veral roem verwerf as deel van die Voëlvry-bewegin in die tagtigerjare. Vandag is hy bekend as sanger, digter en skrywer. Sy liedjie Lisa se klavier is gebaseer op 'n vriendskap met Liza Joubert. Hulle het ontmoet op biblioteektrappies na afloop van 'n etensuurkonsert.

  61. image

    Halala Afrika

    Hy word in 1987 afgedank omdat hy aanhalings uit PW Botha se toesprake in sy musiek gebruik het.

    Ná sy afdanking word Rabie 'n voltydse musikant onder die verhoognaam Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Die liedjie resoneer sy liefde vir Afrika en vertel die storie van "Afrika voor die skepe uit die weste kom" en hoe die reik minarale skate Suid-Afrika sou verander.

  62. image

    Die Sprokie

    Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: Hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op elfjarige ouderdom begin om musiek te skryf. Hy sê dit het als begin by 'n groentjiekonsert …

  63. image

    Hoe sê mens dankie?

    Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1991 as die algehele wenner van die eerste Noot vir Noot TV-vasvraprogram op televisie uit die stryd getree het. Els begin sy sangloopbaan in 1993 deur saam met Ken Mullan voor regstreekse gehore op te tree. Sy album Vat- Vat, was 'n platinumverkoper in 1995.

  64. image

    Hie' Kommie Bokke

    Sy CD met dieselfde titel wen die kategorie Beste verkoper in 1995 by die FNB SAMA toekennings.

  65. image

    Miljoen

    Hy was veral bekend vir sy treffer Ek sou kon doen met 'n miljoen. M-Net het byvoorbeeld die liedjie vir hulle TV-reeks "Doen met 'n Miljoen" gebruik.

  66. image

    Al lê die berge nog so blou

    Sy vierde album, Ge-Trans-For-Meer, is geskryf terwyl hy in Kaapstad gebly het en dit sluit ook sy eie weergawe van die tradisionele Afrikaanse liedjie "Al lê die berge nog so blou" in.

  67. image

    Stoksielalleen

    Die liedjie verskyn op sy album Alles van die beste, wat in 1996 vrygestel is. 19 jaar later het Coenie de Villiers David genader om die liedjie te verwerk en saam met die kletsrymer VITO te werk. Die liedjie en 'n onderhoud met David Kramer verskyn ook op 'n kykNET-episode van Vat die Rap.

  68. image

    Vanaand

    Johan Stemmet is 'n Afrikaanse sanger en jarelange aanbieder van die bekende TV-musiekprogram Noot vir Noot (sedert 1989).

  69. image

    Bokke se klok

    Die Baron is die verhoognaam van Deon Heyneke, 'n Afrikaanse sanger met verskeie treffers. Bokke se klok is een van die liedjies op sy album, Bakgat Boogie.

  70. image

    Die kleur van jou oë

    'n Bekende Suid-Afrikaanse Country-sanger. In sy sangloopbaan het hy net albums vrygestel wat hoofsaaklik in Afrikaans was.

  71. image

    Die Nostalgie

    Alhoewel sy nie die oorspronklike skrywer van die liedjie was nie, en die liedjie vroeër deur ander kunstenaars opgeneem is, het sy nuwe lewe in die ou liedjie geblaas.

  72. image

    In Beaufort-Wes

    Sy debuutalbum Vreemde Stad is in 2000 by die KKNK vrygestel en was ongelooflik suksesvol.

  73. image

    Potjiekos

    Die eerste liedjie op hulle album Yskoud, en was ook deels verantwoordelik vir hulle sukses

  74. image

    Ska rumba

    Juanita onthou nog goed hoe sy in 2001 toe nog vars in die bedryf – by die destydse Geraas-musiektoekenningsaand in Johannesburg moes optree. Haar liedjie Ska-rumba was die treffer van die jaar.

  75. image

    Afrikaners is Plesierig

    Haar eerste album, "Poles apart", is in 2001 deur EMI vrygestel. Haar populariteit en die impak van hierdie trefferliedjie lei daartoe dat die term die "Zoid-generasie" geskep is.

  76. image

    Rooi rok bokkie

    Hulle tweede album, Rooi Rok Bokkie, word in 2002 vrygestel en bereik binne weke treffer-status.

  77. image

    Meisie Meisie

    Kurt het in 2003 by die Geraas Musiek-toekennings die Liedjie van die jaar-toekenning vir Meisie meisie ontvang.

  78. image

    Sally Williams Nougat

    Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. 'n Jaar later skryf hy die treffer.

  79. image

    Ek wil my baby hê vanaand

    Sy solodebuutalbum, My Hart Is Aan Die Brand is in 2003 deur Select-musiek uitgegee. Een van die liedjies op die album, Ek wil my baby hê vanaand, was ondermeer diè liedjie wat tot die sukses van die album gelei het.

  80. image

    Hemel op die Platteland

    Hemel op die Platteland het geskiedenis gemaak toe dit offisieel op 5fm se nasionale speellys geplaas is.

  81. image

    Breyten se brief

    Jan Blohm se debuutalbum, Melkstraat Confessions, het in 2004 verskyn. Hierdie album het met die 2005 Geraas Musiek-toekennings die kollig gesteel toe dit te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het.

  82. image

    Skud jou "biscuit"

    Sedert 1997 is die vermaaklikheidswêreld al sy speelveld, maar dit was sy EMI Music trefferalbum, Skud Jou Biscuit, wat van Koen volksbesit gemaak het.

  83. image

    My ou tante Koba

    Haar album met dieselfde titel was ook in 2004 vir 'n SAMA-toekenning genomineer.

  84. image

    Sê my

    Alhoewel Fredi nie 'n kategoriewenner in die 2007 SAMA's was nie, het hy nog steeds kommersiële sukses met die liedjie behaal.

  85. image

    Ek herhaal jou

    Die album met dieselfde titel het in 2006 goue status bereik.

  86. image

    Pampoen

    In 2005 word sy liedjie, Pampoen, aangewys as Geraas: Liedjie van die jaar.

  87. image

    Leeuloop

    Die Leeuloop is 'n liedjie deur die sanger Robbie Wessels wat in 2006 vrygestel is. Die liedjie is voor en tydens rugbytoetswedstryde in die Drienasiesreeks op TV vertoon as deel van die selfoonmaatskappy Vodacom se reklameveldtog. Leeuloop was een van Wessels se snitte op sy tweede album, Halley se Komeet en is ook in die rolprent Poena is Koning (2007) gebruik.

  88. image

    Groen trui

    Die titelsnit van sy album, Groen trui, was ook deel van die kykNET-reeks Orion se klankbaan.

  89. image

    De La Rey

    Dié liedjie was baie kontroversieel, soveel so dat die Departement van Kuns en Kultuur 'n mediaverklaring in Februarie 2007 uitgereik het oor die lirieke en hoe sekere Afrikaners die liedjie interpreteer het.

  90. image

    Voorwaarts Mars

    'n Jaar nadat hy Voorwaarts mars vrygestel het, wen hy in 2008 'n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Dansalbum van die jaar vir sy CD met dieselfde titel.

  91. image

    Kô ma hier

    In 2006 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy 'n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.

  92. image

    Kaptein

    In 2010 ontvang Darren 'n SAMA-toekenning vir beste verkoper in die afdelings "true tone"-aflaaideuntjie vir "Kaptein".

  93. image

    Hoezit my tjomma

    Sorina se album Hoezit my Tjomma is ‘n toonvenster van haar veelsydigheid. Die album het reeds goue status bereik.

  94. image

    Wat het gebeur in Aliwal-Noord

    Met die liedjie "Wat het gebeur by Aliwal-Noord?" verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

  95. image

    Dit is U

    In 2009 reik hy sy CD en DVD uit van Luidkeels Oorgegee. Die populariteit van die CD maak dat hy in 2010 'n SAMA-toekenning vir die CD ontvang.

  96. image

    Cooler as ekke

    Die "zef" liedjie was verseker dié liedjie wat in 2009 uitgestaan het. Daar was wel gemengde gevoelens oor dié liedjie, maar of jy nou daarvan gehou het of nie, het jy verseker (tenminste een keer) daarna geluister.

  97. image

    Spieëltjie

    Die soeke na homself het gelei tot een van die grootste liedjies van 2010, Spieëltjie. In 'n onderhoud op Jacaranda FM het Bobby die volgende gesê: "In Junie 2009 het ek voor die spieël gaan staan en skryf wat ek sien en ervaar. Dit het my ongeveer twee ure geneem. Ek is nooit tevrede met ‘n song wat ek skryf nie, het altyd ander se raad en insette nodig. So ek het twee ouens in my band gevra om te help skaaf aan die liedjie en bietjie af te rond. Maar die lirieke en melodie het ek self geskryf. Spieëltjie is vir my ‘n ontvlugting wat my help om myself beter te kan sien en ervaar en verstaan … en dit help my om ‘n beter mens te word en te vorm, dit is my eie emosionele rollercoaster ride song."

  98. image

    Liefde en Genade

    Tydens die 2011 SAMA-toekennings is hy vir die beste countrymusiek-album bekroon.

  99. image

    Vreesloos

    Izak Davel is oral: In die hoofrol van 'n fliek, 'n hartebreker in 'n sepie en 'n verleier op CD! Alles wat hy aanpak, doen hy vreesloos. Daarom noem hy sy jongste album vir EMI bloot Vreesloos.

  100. image

    Madiba Dans

    Madibadans is een van die liedjies op haar album: Ek het jou lief.