Jou taal: Hoekom is dit so 'n emosionele saak?

01 Februarie 2018

Taal en enige kwessies rakende taal ontaard vinnig in emosioneel belaaide situasies. 

Die taalkwessie in Suid-Afrika is kompleks, maar wat veroorsaak ons gehegtheid aan taal en hoekom ontaard taalkwessies soms in 'n moddergooiery? Thought Leader het onlangs 'n insiggewende blog oor die fenomeen gepubliseer. In die blog gee Bert Olivier, 'n professor in filosofie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth 'n uiteensetting van hoekom mense soveel emosies aan 'n taal heg en waarom dit belangrik is dat Afrikaans nie as 'n sondebok beskou moet word deur die regerende party nie. Olivier bespreek ook die belangrikheid van moedertaalonderrig en waarom dit belangrik is dat ander Suid-Afrikaanse tale ook tot die (akademiese) vlak van Afrikaans en Engels ontwikkel moet word.

Lees die volledige blog hier.