Ontmoet die Klikkerlanders!

02 Augustus 2016

Ontmoet die dolle Klikkerlanders! Pret ... pret en nog pret!  

“Woepel Wappel, Huppel Hoepel en Boebel bly saam met Koekel die rekenaar in die Klikkerlandhuis en gaan saam op fantastiese avonture om meer oor die lewe en omgewing rondom ons te leer.“

Klikkerland is 'n nuwe Afrikaanse kindervermaaklikheidsreeks nou te sien elke oggend, van Maandag tot Vrydag, op kykNET NOU!, kanaal 146.

Hierdie nimlike karakters is lewe gegee deur Carina Beukes en Marinda Fourie van QMC Creative in George. Carina vertel dit was ‘n lang, maar lekker pad tot hier. Hulle het eers van fees tot fees getoer om te sien of hul geliefde karakters ook die gehoor betower waarna hul ‘n drie-stel DVD-reeks ontwikkel het wat nou in musiekwinkels regoor Suid-Afrika beskikbaar is.

Al die liedjies en stories is oorspronklik deur Carina en Marinda geskryf. Besoek www.klikkerland.co.za of deel in die pret en besoek die Klikkerland YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/watch?v=UNVT5wD_dNU.
Klikkerland het ook ‘n lekker lewendige Facebookblad met al die nuutste nuus: https://www.facebook.com/klikkerland/

Vir meer inligting kontak Carina Beukes by: 0829700964 of e-pos: Carina.beukes@gmail.com

Carina en Marinda vertel self: