#droomgroot17-kompetisie nou gesluit

21 Junie 2017

#droomgroot17-kompetisie nou gesluit

#droomgroot17

Vanaf 1 Julie tot 31 Oktober 2017 het graad 8 – 12-leerders die geleentheid gehad om op sosiale media aan Afrikaans.com se #droomgroot17-talentkompetisie deel te neem. Hoërskoolleerders kon met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter) in Afrikaans deelneem deur ’n video te maak waarin hulle op kreatiewe maniere spog met hulle talente. Die video’s is opgelaai en Afrikaans.com is ge-‘tag’.

Om te sien hoe jongstemme, elkeen op ‘n unieke manier, hul talente in Afrikaans uitleef, gee ‘n mens hoop, energie en hoendervleis!
Ons het meer as 70 inskrywings ontvang en die paneel van beoordelaars sal op 30 November die wenner bekend maak.
Inskrywings behels onder andere kletsrym, rieldans, sang, instrumentaal, video, drama en digkuns.

Die wenner ontvang R10 000 wat Afrikaans.com namens jou in jou droom belê.

Gaan bederf jouself en kyk na die inskrywings op ons YouTube kanaal.

Kyk hier ...

Voorbeelde van inskrywings:

https://www.youtube.com/watch?v=jXRPqyds-ao
https://www.youtube.com/watch?v=o2CW3QC9g4Q
https://www.youtube.com/watch?v=310inTgV36E
https://www.youtube.com/watch?v=hc1-G-FQvzI